English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 243
Total Replies: 229 719
Total Views: 82 363 338
topics: 1 125
replies: 11 448
views: 4 803 716
Jokes and everything else that makes you laugh

Kamp en waterski .

replies: 5
views: 991
18 May 2017 @ 20:43:32 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Een Vrydag middag besluit die 5 maats hulle gaan Loskop dam toe vir die naweek om te kamp en ook om Pietie se nuwe boot uit te toets .So ry die manne die middag laat dam se kant toe dis nou Harry ,Pietie ,Gawie ,Stoffel en Hannes .By die dam gekom is die 1 man tente vinnig op geslaan en die kuier kan nou ernstig raak .Pietie se boot le reeds in die water vas gemeer maar dit is nou te donker om boot te ry .Die kamp vure brand en die vogies vloei vrylik .Dis al laat maar die manne braai hulle het net wors oor om te braai .Hannes het so lekker gekuier dat hy naderhand getiep het so reg langs die vuur .Die ander manne stuur hulle nou nie juis aan Hannes wat soos koeksuster om die vuur le nie .Die wors wil ook nie mooi saam speel en so nou en dan rol 1 van die braai af .Gawie het die knyp gereedskap by die huis vergeet so moet hulle die wors met die hand omdraai en dis warm pappa die wors brand hulle vingers .So sien Stoffel dat Hannes se hand so binne reik afstand van die wors wat geval het le hy besluit sommer om Hannes se hand te vat en sy wors uit die kole krap .Hannes is n lala land hy weet van niks .

Die volgende oggend vroeg is die manne op Hannes kyk verbaas na sy hande wat nou so lekker blasé op het van die warm kole .Hy skud sy kop en se Kyk ek weet ek het gister aan my kar se exhaust gewerk maar jinne daai exhaust was yskoud .Natuurlik weet die anner manne niks van Hannes se hande nie hulle is opgewonde hulle wil gaan water ski .So vaar die klomp die water binne en jaag met die boot op en af in die water .Stoffel is die 1 ste ou wat die ski’s aantrek en so windgat ski hy dat die water so boog agter hom staan .Die boot maak n draai naby die wal en die skier los dan die tou en ski dan die laaste stukkie op die water totdat hy die wal bereik is so knie diep water diep .Okay die manne op die boot het weer begin suip so daar was definitief weer drank betrokke Gawie se okay dit is nou my beurt .Hy sak agter die boot weg ski’s aangesit Pietie gooi daai throttles wyd oop en daar trek die boot ou Gawie word so wreed uit die water gepluk dat hy vir n wyle soos Donald duck wyds been ski .Die wat kan ski weet jy moet jou bene bymekaar hou .So 500 meter verder kry Gawie sy lam bene bymekaar en nou ski hy te lekker .Maar Gawie het nie mooi opgelet in die klas toe Stoffel naby die wal kom was die boot stadiger en Stoffel het lankal die tou gelos Gawie is salig onbewus van die boot wat volstoom hardloop en hy hou nog steeds die tou vas .Te laat besef hy is op pad land toe en los die tou maar daai ski’s loop bo-op die water asof hulle Teflon ingekry het .Gawie slaan land met die ski’s en net daar verander hy van vertikaal na horisontaal .Die ski’s het agter gebly en Gawie se gil klink soos n hadeda wat landing plek soek .Hy slaan moeder aarde nog steeds met daai hadeda geskree .Sy mond is vol sand en hy het sy broek verloor in die proses Mammas hardloop en druk hulle kinders se ogge toe want dit lyk of die oom dood is hy le net daar en nou en dan n sagte kreun wat die hadeda gil vervang het

Die ambulans wat Gawie kom haal het se hulle het nog nooit n ou gesien wat homself so in ander bloed groep geval het nie gesien hy is die 1 ste .Natuurlik is die kamp toe oor en Hannes moes saam met iemand anders huistoe ry sy hande was so vol blasé hy kon nie die stuur wiel vashou .Nou hoor ek die manne wil volgende week Harties toe gaan om vis te vang ek hou verby .
Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2017 @ 08:23:32 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ja, kyk, manne wat alleen gaan kamp is moeilikheid soek.   Hulle verbrand of die vleis of kry dit gladnie gaar nie!   Ski is heeltemal bo hul vuurmaakplek.   Goeie storie, Dassie. laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2017 @ 08:32:48 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7803
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Vis van is nog goed. Ek wag vir die diepsee duik.
LMGA

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2017 @ 10:50:29 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Laat my dink aan jare terug. Nog by Yskor Vanderbijl gewerk.
Vyf van ons gaan nou vir 10 dae st.lucia toe vir n visvang trip.
My swaer en ander ouboet is die oudste. Hulld ry voor in die XR6. Eks die grootste sit in die middel agter. Twee jonger manne weerskante agter. As jy daai XR6 geken het sal jy weet die middel agter het so n boggel gehad,, was nie bedoel vir vyf mense nie.
Agter het ons n venter gehaak met al die nodige. Lang visstokke op houers oppie dak en daar gaan ons. Was in die tyd van Castle. Nie light of flying fish nie.
Omies voor drink nie. Ons kuier hier agter n hond uit n bos.
Nou ,, die boggel in die sitplek was van do n aard dat jy oop moet sit op hom ,, een boud eenkant en ander een ander kant. Daars nou nie brieke nie. My paar lang bend hier tussen die voorseats ingewangel. En ons ry. Swarie laat waai. Naby Melmoth het die castles en garage-pies nou begin werk. Onthou ek het nie brieke nie... almal behalwe swarie le nou en indut, dis middernag. Vensters is toe , dis koud buite. Augustus.
So voel ek hiers nou n windjie aan die kom en ek los hom masr so stadig as moontlik om nou nie die dennim dalkies te bevuil nie. Eks mos nou wydsbeen. Daai klankie... ek hoor hom nie. Le agteroor. Maar met die toe ruite sirkuleer hy met die heaterfan deur die kar.
Volgende oomblik kom die XR6 met skreeuende bande tot stilstand, deure vlieg oop. Die manne val behoorlik by die deure uit. En ek le rustig en slaap, lag my vrek. Jou eie piep stink mos nie so erg nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2017 @ 14:41:00 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Oom Jeep lekker storie ja kyk n ander man se poep ruik mos vreeslik vir jou Kan sien hoe die manne spook om die deure oop te kry en VARS asem te haal
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2017 @ 14:49:40 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
[quote]1024,250049841[/quote
Net vir Chuck Norris
My vriend Joe en n ander paar manne het gaan diepsee duik by Aliwal Reef hier by Umkomaas in KZN .Die duik het lekker afgeloop en hulle het die haaie wat le en slaap gaan lastig val .Nee rerig daai haaie le onder die lyste doodstil dis amper asof hulle slaap .My vriend Joe voel sy maag maak sulke draaie en hy swem so entjie van die ander manne af .Kyk dit help nou nie om op te gaan boot toe nie waar skyt jy nou op n boot lol. Hy trek sy "wet suit" af en spuit poep so onder die water daar is letterlik n drol in die drinkwater . .Die ander manne sien Joe so half uit sy "wet suit" en dog daar is probleme en swem nader .Hoe meer hy beduie hulle moet terug gaan hoe nader kom hulle totdat hulle in die wolk bruin massa swem .Dis toe wat hulle besef wat dit is en almal laat spander op na die boot .Daai trippie terug land toe was doodstil niemand het met Joe gepraat nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required