English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 439
Total Replies: 251 846
Total Views: 83 200 231
topics: 11 520
replies: 138 658
views: 39 318 640
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kamp chores / werkies

replies: 22
views: 436
22 Feb 2020 @ 18:47:11 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek sien almal het geite en giere, eie idees van n nice set up en om dinge by kamp " makliker" te maak. 

Nou vra ek? Al die ekstra goete soos wasbakke hoe Groot hoe Klein, wat maak jy met jy grys water. Slaan n afdakkie op met wind seile en dit vir privaatheid. Sukkel met warm water vir op was. Ekstra plek maak om al die goed in jou wa te pak, ekstra gewig om saam te sleep. Mense vat wasmasjiene, kanne, pompe, sukkel met beligting vir al die goed, extensions om van die goed krag te gee.

Hoekom gebruik julle nie die ablusie geriewe ?  Soveel makliker, skoner, Lok nie vliee, geen probleem met grys water en n goeie gap om nuwe pelle te maak tewryl jy opwas by die ablusie blok.

Dan met Al die gadgets, tente, goete en grys water kopseere, wanner kamp n mens ?daai goete alles kos geld en is baie werk en tyd rowend. 

Of wat praat ek nou.

 

 

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2020 @ 19:48:56 pm
Braam
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 24 Sep 2012

Omtrent tyd dat iemand dit se, as jy alles saam vat wat jy by die huis het, is dit nie meer wegkom van alles nie. Moet darem se dat die 'permanente' kampeerders wil darem seker huis geriewe he terwyl hulle die hele wereld vol reis.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2020 @ 20:05:28 pm
Anonymous

Die enigste gadget wat ek altyd saamry, is my windseil vir 2x redes.

Tydens Desember by Eastco Parys was die wind somtyds erg en die windseil het mooi gewerk.

Die 2de gedeelte los ek vir wie voor en langs my kamp.

Tydens die Desember kamp was my voorstaan buurman baie lief vir braai, asook "I amt the best".

My vrou het die aand op die stoof ń baie lekker pasta dis voorberei terwyl ek na die natuurskoon kyk.

My buurman se braaier was reg oorkant waar ek gesit het, terwyl ek die rivierloop bekyk.

Om die verhaal kort te knip:

Kom die ou en sê, ek hou nie daarvan as jy so staar na my braaier nie en bring 4x stukkies wors aan en plak dit op die tafel.

"Baie snaaks ongemaklikke bure met wie ek graag nie weer ń kamp wil doen nie"

My 4-been Puggy het sy geplakte worsies net geruik en verder ge-eet aan haar Pedigree.

Voortaan met so tipe houding van bure, sal ek eerder die seil span.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
1
22 Feb 2020 @ 20:42:59 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

As ek terug dink aan waarmee ons in die sestigs begin kamp het en hoe ding verander het, dan wonder ek of die duur veranderinge die kampervaring werklik verbeter het.

Daar was met 'n seil tent gekamp, meestal met 'n paal in die middel, en moeder aarde vir 'n vloer. 'n Cadac gas bottel met 'n "cooker top", 'n Rooi Coleman cooler boks, twee strechers, twee kamp stoeltjies,'n keter, pot, pan en messegoed, met 'n seil watersak voor aan die kar.  Die tent was gewoonlik te groot vir die kattebak en moes op die kar se dak saamry. Die res het in die kar gepas. Proviand was meestal daar naby iewers gekoop, of daarsonder gebly. Man, dit was 'n lekker gemeenskap voor die dae van elektrisiteit in kampeerterreine. Kommervry en geen toebehore wat jou in die steek kan laat nie. 

Nou word daar gekamp met grondpad karavane, watertenks onder die pens, eiland beddens, kombuis geriewe wat my oorlede ouma se kombuis na 'n veld kombuis laat lyk,  lugreeling en wat nog alles. 'n TV word nie meer saamgery nie, want TV word sommer op die iPad gekyk. Een yskas is nie meer genoeg nie, nee, 'n vrieskas ry in die kar saam, en die wat ys saam met hulle dop soek ry ook 'n ysmasjien saam. Boonop kan die hele spul onafhanklik van Eskom aan die gang bly. Die battery stelsel en sonpaneel rigting en wat nog alles moet net korrek "bestuur" word.

En dan is daar manne wat verkies om net te kampeer waar terrein personeel hulle tente op en af slaan. Bid jou aan!

Wanneer ons Kgalagadi toe gaan doen ons dit met ons tent. Wat 'n katoetervrye ervaring.

Ek vra weer, het deesdae se kampervaring werklik verbeter?  Nie die kampeer toerusting  en privaat badkamer geriewe nie, daardie antwoord ken ons, maar die rustigheid, eenvoud en die natuur belewenis.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2020 @ 21:17:13 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

Hi Pieter,

You are spot on. Sometimes I wonder  whether we haven't strayed of course quite a bit, after all what got us addicted to camping in the first place and set the course for the rest of our lives.  Certainly not a Microwave or an air fryer, a fridge with freezer or an air con and very often not a Porta  Pottie or shower for many miles.

Ja !!!!      We all sigh about the good old days,  and then pull up our electric blanket, switch off the electric  light and fall asleep on our coil spring  ultra deluxe mattress and our memory foam pillow in our 6 meter climate controlled Caravan.

SWEET DREAMS

 

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2020 @ 22:01:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17337
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek dink kamp het deesdae so geword dat dit lekker raak om dit vir jouself so gerieflik as moontlik te maak. Die gadgets op die mark maak dit juis so aantreklik. 

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 07:13:39 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2229
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons kamp om verskeie redes.

By die huis maak Elmarie kos. As ons kamp maak ek die kos.

By die huis kyk ons TV en is besig met allerhande dinge. As ons kamp sit ons rustig en praat baie meer met mekaar. 

By die huis staan ons vroeg op om alles reg te kry vir 'n besige dag. As ons kamp staan ons ook vroeg op maar net om rustig te buite te sit en te besluit of ons iets gaan doen vandag of nie. 

Met die weer wat so warm is deesdae sal ons nie kamp sonder ons lugverkoeler nie. Ons het ook heelwat "gadgets" maar alles het sy plek in die wa en niks staan rond nie en ons kan enige plek stop en in wa klim en slaap sonder om eers iets te moet uitpak.

Op sewentig jarige ouderdom wil ons ook die buite lewe geniet en sal dit so gerieflik maak as moontlik. Kamp ook in Namibië in tente en dit is 'n "ander" gevoel maar as ons met wa kamp is "gerief" lekker. Ons geniet nie die buite lewe meer omdat ons "primatief" kamp as met gerief nie. Daar is plek vir albei. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 09:27:28 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1473
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

Could not have said it better Jan!

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 09:55:03 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3419
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Langtermynkamp is nie juis kamp nie- dis bly in 'n mobiele huis weg van jou huis en dan probeer jy natuurlik om dit so gemaklik moontlik te maak, en jy kom in elkgeval nie naby die gemak van die huis nie.  Dit sal ons nooit doen nie- ek sal my dood verveel.

Regte kamp is myns insiens vakansie hou en toer.  Daar kry jy ook twee skole:  een waar jy jou so inrig om so na aan die huis te wees en 'n ander om avontuur te beleef.  Laasgenoende is ons styl.  Ons kamp op verskillende maniere al baie lank, die laaste 32 jaar meestal maar met 'n karavaan, so nou en dan, ook in die buiteland, met 'n tent.  Ek dink dit is goed om dan en wan uit die groef te kom en weer terug te keer na die basiese.  Dit neem ons so vyf minute om die Oyster kampbaar te maak, of sowat 'n uur as ons ook die tent opslaan.  Met die Oyster kan ons nie veel saamneem nie maar selfs vantevore met ons Supersport het ons net die basiese saamgeneem.  Die enigste luukse was en is nog steeds, 'n mikrogolf oond omdat dit ook ons lewe eenvoudiger maak.  Ons is nie juis braaiers nie en die oondjie sorg daarvoor dat jy vinnig kan eet.

Ek kritiseer nie mense wat uitkamp anders sien nie- elke ou doen maar soos hy wil.  Ons kry net soms mense jammer wat baie toerusting saamneem en 'n halwe dag spandeer om kamp in te rig en netsoveel tyd om weer op te breek.  Aangesien ons deesdae meestal maar kort toere van so tien dae onderneem en gewoonlik maar so een tot vier dae op een plek staan, wil ons beslis nie te veel van ons kamptyd bestee om kamp op en af te slaan nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 12:21:25 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

As ek terugdink hoe ons vroeer jare gekamp het, sal nie daaroor uitbrei nie aangesien baie reeds genoem is, sal ek nie daarna terugkeer nie. 

My kampervaring van destyds is beslis nie beter as vandag nie. Ek dink dis 'n persepsie soos "back in the days when men were men ..."

Wat kan nou lekkerder wees as om onder jou stoeptent to sit op 'n gemaklike stoel, met 'n yskoue drankie met ys uit jou ysmasjien en die natuur te bewonder?

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 12:50:01 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 416
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 33 years

WIFE WILL HAVE ALL THE ANSWERS TO YOUR QUESTIONS. HAPPY WIFE HAPPY CAMP.cool

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 13:56:33 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

WIFE WILL HAVE ALL THE ANSWERS TO YOUR QUESTIONS. HAPPY WIFE HAPPY CAMP.cool

You have hit the nail square on the head Errol.laughing

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 14:12:29 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9702
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Met dit wat daar beskikbaar is en ek dit kan bekostig sal ek gerieflik kamp.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 14:20:37 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9702
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Die lewe is in elkgeval te kort en my vorige 40 jr van kamp was harde tye..

Hoekom moet ek gaan sukkel as ek rustig wil wees en ontspan.

Nee wat as dit daar is vat dit saam en geniet dit.

Ou met n  TV langs my geniet ek want hy het hom saam gery en ek kyk ook daar, gooi water in sy ys masjien en ek het ook vir my whiskey.

Kamp is wat jy daarvan maak.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 14:26:00 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek kan ook noem dat ek drie of Vier keer mense genooi het om saam te gaan kamp. Die is mense wat teen kamp is en bekommerd is oor ongerief.

Almal se terugvoering's was hul Kan nie glo kamp het so verander, gemaklik en huislik wees. Gereeld kamp die mense saam ons en geniet dit gate uit.

Ek voel net dit is vrek baie werk om Al die goete uit te pak in te Pak, wiring, ligte wat trip en op en af te karring. Lekker vit die wat net die goed aanskakel en die geriewe gebruik. Ander storie Vir die wat alles moet aanmekaar slaan, laat  werk en instand hou.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 17:26:24 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Ek glo aan KISS....Keep It Simple Stupid..😁👍

Hou my kampplek eenvoudig maar gerieflik. Glo nie Darin om onnodige goeters aan the dra nie. Ek kamp om te ontspan - nie om te werk nie.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 19:14:06 pm
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 420
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

I like Frans motto Kiss. I am too lazy to bring the kitchen sink literally and especially when camping the shortest time of 4 days we go for. It still takes me 1 1/2 hours to set up or pack up and you really need to be in a site for a month if you spend half a day setting up. Never camped for that time and wonder if it would change my attitude.

Think we are pretty limited to the amount of stuff we can pack because of the load space we have so we keep it KISS

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 21:10:53 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek het in 'n inset hierbo gesê "Ek vra weer, het deesdae se kampervaring werklik verbeter?  Nie die kampeer toerusting  en privaat badkamer geriewe nie, daardie antwoord ken ons, maar die rustigheid, eenvoud en die natuur belewenis."

Die bedoeling is nie om gerief te kritiseer nie. Ek is self versot op my eiland bed en wat alles saam gaan met hedendaagse kampeerdery. My sinspeling gaan meer oor rustigheid, 'n natuur belewenis, en bowenal stilte, sodat ek die voeltjies kan hoor en hulle kan geniet wanneer hulle kom kuier.

Met televisie stelle in elke tweede karavaan en musiek masjiene wat blêr verlang ek gereeld na die dae voordat kampterreine elektriese aansluitings gehad het.

Ek verstaan die hedendaagse gejaagde lewe produseer deesdae kampeerders wat verslaaf is aan geraas van die een of ander aard van die more tot die aand. Dit is regtig 'n gatslag as jy langs sulke kampeerders beland. 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 07:49:12 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ons het nie baie nie, maar n paar goedjies wat die lewe makliker maak as jy kamp.

Al wat ek nog in my wa wil sit is n aircon, klaar gekoop moet hom nog net maak pas.

Kamp moenie vir jou werk raak nie.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 07:51:18 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years

Dis maar net om gerieflik te wees.  Solank alles op hulle plekkies is.

Die warm water ding vir my, is net die uitsig by my karavaan in lekkerder as die opwas by 'n oord, ek staan rustig en luister na die voeltjies, dalk my radiotjie saggies binne die tent aan. dan is ek in 'n ander wereld. Dis maar net persoonlike keuse. Dis vir my baie lekker buite in die natuur.  BY die opwas voel dit ek kon netsowel by my huis wees. Plus my kinders moet nou leer help met skottelgoed, en hulle is te kort om by die wasbakke van die opwas by tekom. Plus my seuntjie is so skaam, hy sal eerder dood gaan as om daar met ander mense te gesels, so hy sal eerder skottelgoed was by die karavaan waar hy in sy eie borreltjie kan wees. Dis natuurlik anders met maats om die swembad lol.  Elke staanplek het gewoonlik 'n kraan met 'n dreintjie, so ek gooi die water daarin.  OF hoe ookal ek nie my bure hoef te verontrief nie. Hou maar altyd ander mense in gedagte.

Ons karwy nie te veel saam nie, maar mens wil net gerieflik wees. Hoef nie luuks te wees nie, net gerieflik is my leuse.  

Ek dink ook , volgens my eie opinie. My kinders is onder geweldige druk by die skole, so kamp is waar hulle kan wegkom van dit alles en ontspan. So hoe ookal mens dit gemaklik kan maak vir almal sal ek dit doen, gegewe dat mens nie te veel saam vat dat dit meer 'n straf raak om alles in en uit te pak nie.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 09:26:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sien almal het geite en giere, eie idees van n nice set up en om dinge by kamp " makliker" te maak. 

Nou vra ek? Al die ekstra goete soos wasbakke hoe Groot hoe Klein, wat maak jy met jy grys water. Slaan n afdakkie op met wind seile en dit vir privaatheid. Sukkel met warm water vir op was. Ekstra plek maak om al die goed in jou wa te pak, ekstra gewig om saam te sleep. Mense vat wasmasjiene, kanne, pompe, sukkel met beligting vir al die goed, extensions om van die goed krag te gee.

Hoekom gebruik julle nie die ablusie geriewe ?  Soveel makliker, skoner, Lok nie vliee, geen probleem met grys water en n goeie gap om nuwe pelle te maak tewryl jy opwas by die ablusie blok.

Dan met Al die gadgets, tente, goete en grys water kopseere, wanner kamp n mens ?daai goete alles kos geld en is baie werk en tyd rowend. 

Of wat praat ek nou.

 

 

 

Wel daar is verseker 'n trade-off tussen al die beskikbare gadgets hê en jou dan self dood werk om die gadgets te laat werk.

Ek dink kamp het deesdae so geword dat dit lekker raak om dit vir jouself so gerieflik as moontlik te maak. Die gadgets op die mark maak dit juis so aantreklik. 

 

Ek is mal oor gadgets Geert en het al 'n paar vir myself gemaak om die lewe te vergemaklik.  Maar dan lê die klem op vergemaklik.

My moto is en was nog altyd.  As Ma gelukkig en gemaklik is tydens 'n kamp dan kamp jy baie, as sy nie gemaklik is nie kamp jy eenkeer 'n jaar.

My rerige WERKIES as ons kamp (nadat als in plek is) is om die grys water uit te gooi en seker te maak die wa se water tenk is vol.

Die res is ons baie gemaklik en word geag as deel van kamp.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2020 @ 20:52:20 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

Ek is nou nie  n' ja broer nie, but I must say that I see merit in everything that has been said above.

Really it all boils down to, " different strokes for different folks"  I personally can't  sit still for very long, I love gadgets of all types,   I enjoy peace and tranquility with all the birds the insects.  I love cooking on a camp fire a braai and even in the microwave.

Kiss is the way to go, but it's great to try different ways of doing things.

IF YOU'R HAPPY YOU ARE DOING IT RIGHT.........IT'S CAMPING AND WE EACH ENJOY IT  OUR OWN WAY.!!!!!!!!!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2020 @ 17:29:21 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 806
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

 

vang nou eers op maar baie interesant

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za