English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 276
Total Replies: 230 125
Total Views: 82 382 150
topics: 1 125
replies: 11 448
views: 4 804 041
Jokes and everything else that makes you laugh

Kamp by die huis

replies: 8
views: 1394
10 Apr 2017 @ 07:49:13 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Tot 13 jaar gelede, voor ek in 'n meenthuis ingetrek het, het ons 'n groot agterplaas gehad, met groen gras, bome en 'n swembad.

Ek is al partykeer spyt dat ons nie 'n naweek net lekker daar gekamp het nie.  Stel jou voor.  Jy nooi miskien 'n familielid of vriende, wat ook kampeerders is, maak jul karavane staan en kamp net daar.   Alle vertrekke in die huis is taboe, jy moet heeltemal selfonderhoudend wees daar in die tuin en alles daar doen.  Al wat jy mag gebruik in die huis, is die badkamers.  Die ander vertrekke moet sommer gesluit word en die sleutels weggesteek word.   Wat jy nie by jou het nie, mag jy nie in die huis gaan haal nie, jy moet sonder dit klaarkom, net soos wanneer jy kamp.  Jy maak vuur, braai, eet, gesels en kuier en lê by die swembad, as daar een is.

Ek dink mens sal sommer 'n jolly lekker naweek so kan geniet.  So kan familie of vriende dalk oor en weer in mekaar se tuine kamp.   Kwaliteit tyd saam met jou kinders.  Gooi 'n brown eye vir die oorde met hul hoë tariewe.   Geen potholes oppad soontoe nie en die brandstofprys kry jou nie onder nie.    Jy mag jou hond saamneem, jy mag jou TV aansit en musiek maak, nes jy wil.

Klink vir my sommer lekker.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2017 @ 08:02:50 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Baie goeie idee.

Wou al so by my kinders se huise kamp

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2017 @ 09:40:33 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years
Toe my ma hulle in 'n aftree oord in Nylstroom gebly het, het ons oor Kersfees altyd so daar gaan kamp. Hulle het dan by ons kom sit en kuier. Was heel gesellig.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2017 @ 09:49:30 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1007
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years
Toe my Tannie in die Vrystaat gebly het, het ons familie so gekamp oor Desember, sommiges het nou wel in die huis geslaap maar dit was vet pret, nou is my erf so klein kan skaars tentjie opslaan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2017 @ 12:50:45 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Klink nogal lekker. Was amper so hier by ons laas Desember maar dit was nie lekker nie. Die klomp kinders het in die huis gebly en heelnag geremoer en vuil gemors.
Dan moes Elma elke oggend kom raas en baklei.

Kan onthou toe my kinders nog klein was het ons by Abrahamsrus gestaan vir twee weke. Dit was op die rivier walle by Vaalpark. Ek het elke oggend werk toe gery. Moeder het deur dag gou gou huis toe gegaan in Vanderbijl om die katte en honde kos te gee.
Dit was nogal lekker. Kinders was op vakansie en ek het nie my verlof geneem nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2017 @ 13:41:42 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Klink ok maar as ek kamp moet dit uit Secunda ek soek vars lug
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2017 @ 06:22:23 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13777
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
....vuil ablusies is jou eie skuld. As eienaars sÍ jy moet voor 10am daar uit....vrienskap?
Grap net...dink dit kan lekker wees, maar ek dink meeste van ons wat in stede bly se tuine het te klein geword. Lekker as jou vriende op n plaas bly!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2017 @ 10:55:39 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ons, dis nou Joanie en myself, het een Paas naweek ook so 'n ding gedoen. Nou weliswaar nie uitgekamp nie, maar net "iets anders" gedoen. Ons het in 'n ander slaapvertrek ingetrek vir die naweek, elke oggend gaan ontbyt eet by verskillende restaurante, rondgery vir die dag, dinge gedoen wat ons nie altyd doen, of lankal uitgestel het om te doen (bv. ons was na die Voortrekker Monument toe, het 'n klassieke musiek konsert bygewoon, na "The Wilds" in Johannesburg gegaan, gaan fliek, ens.) Moet erken dit was heerlik en avontuurlik. Voel skoon anders! Was werklik 'n goedkoop vakansiebreuk!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2017 @ 12:30:26 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Freda wannier die famielie by my ouers oor Kersvees kuier, dan slaan ons behoorlik plakkerskamp op, woonwaens, tente en boswa, net die wat nie kam nie slaap in die huis. Ons kuier in pa se toegeboude lapa, klein kombuisie, braai plek onder die lapa is die wyn kelder. Gaan min in die huis in, al die geriewe is buite beskikbaar, net Sondae en Kersdag word daar om die famielie tafel gesit en ge eet.  Hoe verlang ek nou na 'n lekker kuier.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required