English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 119
Total Replies: 227 539
Total Views: 82 271 919
topics: 4 359
replies: 29 232
views: 17 318 320
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 424
replies: 200
views: 8 757
topics: 3
replies: 31
views: 10 294
Andante Game Farm
Limpopo, Mookgopong (Naboomspruit)
13
Total Ratings: 13
11   
2
Rated: 20 Aug 2018
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Kamp by ANDANTE'

replies: 12
views: 6816
01 Dec 2015 @ 14:34:13 pm
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 227
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years
Ek het probeer om die kamp te "rate" onder die feedback rating hofie maar ek kry dit nie reg nie! Hoe ookal, ons het die pas afgelope naweek by Andante' gekamp en dit baie geniet. Dis 180km van ons huis in Centurion deels op tolpad en deels op redelike teerpad. Die wildsplaas word goed bestuur en die veld en wild is in goeie toestand. Die staanplekke is ruim en die meeste is groot genoeg vir ons Sensation en sal ook bv 'n Exclusive kan vat-dis net wys om tydens bespreking te meld dat jy 'n groot wa het anders mag jy dalk net op 'n staanplek land wat moeilik toegangklik is of wat lae bome het. Party staanplekke het welige gras en ander weer "bosveld gruis"(sulke ligte growwe sand wat heel skoon is), die meeste staanplekke het heelwat koelte en elkeen het 'n kraan, kragpunt(gewone driepunt),asblik en 'n los braaier op aanvraag. Daar is geen verkeergeraas, geen laatnag doef-doef musiek en geen klanke van veraf gekuier nie-dis doodstil behalwe vir die jakkalse se gehuil en die geroep van uile. Die nagapies het snags in die boom reg voor die wa, seker so drie meter vanwaar ons braaivuur was, kom rondspring tot groot vermaak van ons! Die ablusiegeriewe is netjies en voldoende(net-net). Daar was 'n probleem met die warmwaterstelsel aan die manskant maar as gevolg van die versengende hitte bedags het dit nie te veel gepla nie-dis later reggestel. Bedags kan jy 'n wildsrit meemaak op 'n sleepwa getrek deur 'n baie ou gerestoreerde Massey Ferguson en die wild is nie skaam nie-rooibokke, koedoes, blou wildebeeste, sebras,njalas,vlakvarke, volstruise en duikertjies is gesien terwyl die kameelperd homself skaars gehou het en net sy spore laat sien het. Die swembad by die kampterrein is mooi skoon en bied welkome lafenis en die klimraam hou die kleintjies goed besig. Negatiewe?-nie werklik nie behalwe dat jy maar (veral) die kinders moet oortuig om deurentyd skoene/plakkies te dra want daar is baie dorings hoewel die personeel gereeld die gras en kampplekke kom hark om die meeste dorings te verwyder. Sal ek weer gaan? Beslis! veral in die koeler maande . Die kamp was taamlik vol met slegs vier staanplekke oop. Groetnis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2015 @ 14:39:18 pm
EstelleJ
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 84
Joined: 16 Jul 2013
Experience: 9 years
Goeiedag Lein, Gee asseblief bietjie meer inligting oor waar die kamp gelee is.
Baie dankie. Estelle
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2015 @ 14:44:18 pm
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 227
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years
Die kamp is so twaalf kilo's buite Naboomspruit(Mookgopong). As jy van Nylstroom se kant af in Naboomspruit inry draai by die tweede robot links(Nelson Mandela straat) en ry dan ongeveer 10kilo's tot by T-aansluiting (die Olifant restourantkompleks is daar) en draai regs en ry so 4Kilo's, verby Edenpark, en draai regs af by die naambord van ANDANTE'
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2015 @ 23:25:31 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13427
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Dankie vir terugvoering...klink goed! Het jy foto's wat jy kan plaas?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2015 @ 15:41:01 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 61 years
Dit is mos Johan Stemmet van Noot vit Noot se Plek. Hoor dit is baie mooi.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2015 @ 15:57:01 pm
GerrieBuys
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 25 Nov 2015
Experience: 11 years
As dit moondlik is stuur vir ons fotos fan die kampplek(Andante)asb
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2015 @ 16:04:34 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Kamp tariewe ???
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2015 @ 08:48:04 am
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 227
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years
Die plek het aan Johan Stemmet behoort maar is onlangs verkoop maar dieselfde bestuurspan is in diens behou en gaan voort soos in die verlede. Tarriewe moet julle maar op die webwerf gaan soek-ek het my brosjure verloor! Ek het paar fotos van ons eie opset en van die staanplekke regoor ons geneem maar kry hulle nie hier geplaas nie-kyk asb by GALLERIES ek hoop hulle het daar geland!Groetnis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2015 @ 08:53:48 am
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 227
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years
Die plek het aan Johan Stemmet behoort maar is onlangs verkoop. Die bestuurspan is egter in diens gehou en gaan soos voorheen voort. Tarriewe moet ons maar op die webwerf gaan kyk-ek het my brosjure verle! Die enigste fotos wat ek geneem het is van ons eie opset en van die staanplekke direk oorkant ons. Ek probeer hulle plaas-as hulle nie heir uitkom nie kyk asb dan by Galleries
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2015 @ 08:53:50 am
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 227
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years
Die plek het aan Johan Stemmet behoort maar is onlangs verkoop. Die bestuurspan is egter in diens gehou en gaan soos voorheen voort. Tarriewe moet ons maar op die webwerf gaan kyk-ek het my brosjure verle! Die enigste fotos wat ek geneem het is van ons eie opset en van die staanplekke direk oorkant ons. Ek probeer hulle plaas-as hulle nie heir uitkom nie kyk asb dan by Galleries
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2015 @ 08:55:48 am
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 227
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years
Jammer vir die herhalings-ek hakkel nie rerig nie! Die gesukkel met die fotos het hierdie "airlock" veroorsaak!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2015 @ 14:05:17 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Baie netjies daar, het laas vrydag daar gaan kyk, Was die week by Rhemardo.
Wil die plek bespreek vir die GIRL se dogter se troue.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2015 @ 15:38:37 pm
Johnnie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 442
Joined: 30 Apr 2014
Experience: 51 years

Dit is mos Johan Stemmet van Noot vit Noot se Plek. Hoor dit is baie mooi.

Ek het gelees die WAS sy plek ?

 





BIG TIME!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required