Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22084 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17816 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6275 |
Bostoe | 5480 |
BrianB | 5363 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2715 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2152 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1871 |
Nico | 1773 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1690 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1467 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1268 |
Gerden | 1260 |
Louvan | 1255 |
RichardJ | 1180 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 857 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Willie54 | 445 |
1Pierre2 | 435 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 367 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 187 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
mplester | 157 |





Kambiki Upington
Het enigiemand al hier gebly? Is dit ‘ n opsie om met ‘n gravel roader hier te oornag op pad Kgalagadi toe? As gevolg van die vloed probleem by Oranjerus is ek op soek na moontlike ander oorde om te oornag. Sal asnbevelings waardeer.
Never too old to have a happy childhood
Kgalagadi Lifestyle Lodge so 5km diekant van Twee Rivieren (2R) het ook karavaan plek. Elke staanplek het 'n eie ablusie eenheid - lekker ruim - en 'n buite opwasplek vir die skottel;goed. Ons was daar in 2022 toe daar kwansuis nie plek by 2R was nie. Daar is 'n oulike winkel, bakkery en restaurant. Het pensionaris afslag gegee.
Koop kameeldoring hout by Askham Trading Post teen R95 vir 'n groot streepsak. Sommer twee as julle plek het. Daar is ook blyplek wat karavane insluit maar ek het nie 'n naam nie. Google Maps die dorp.
groete

Frans, ons het met ons onlangse kuier by Kgalagadi oor Hotazel en Van Zylsrus gery. Vanaf Van Zylsrus is dit grondpad. Die pad was beter as die pad vanaf 2R na Nossob. Bande op 1,5 en lekker gery teen hoogsten 75/80.
By Hotazel by Hotazel Recreation Club oorgebly. Hulle voorsien hout vir die aandbraai. By Van Zylsrus gaan brandstof optop en die bande afgeblaas na 1,5 weens die grondpad tot by Askham.
Pad word nie aanbeveel vir 'n padkaravaan nie tensy die band e op 1,5 loop.

Ons het al twee keer by Kalahari Monate lodge net buite Upington lekker gekamp.
Dankie vir die terugvoer. Lyk my et het ‘ klompie opsies
Never too old to have a happy childhood

Het enigiemand al hier gebly? Is dit ‘ n opsie om met ‘n gravel roader hier te oornag op pad Kgalagadi toe? As gevolg van die vloed probleem by Oranjerus is ek op soek na moontlike ander oorde om te oornag. Sal asnbevelings waardeer.

Hi Louvan, ek het 18 Apr daar oorgebly. Baie netjies en skoon geriewe.
Ek kan die plek aanbeveel. Dis nie teen die rivier nie, so jy hoef nie bekommerd te wees oor die watervlak nie.
Die braaiers is gemaak uit ou rem dromme, so jy moet vat om hulle te skuif. ð
Daar is basies 3 staanplekke - ek het op no 2 gestaan. Baie stil en rustig.
Add Life to Days
Met die terugkom het ons by Ghoerapan oorgebly.
Dit was BAIE stil.
Die pan het water op, so dis nie aan te beveel om deur die water te ry na die lodge nie. Sout gehalte is >80%. Ek het maar al om die rand van die pan gery.
Daar is lekker 4x4 roetes in die duine waar jy kan speel as jy genoeg daglig toelaat.
https://www.kalaharigoerapan.co.za/
Add Life to Days
