English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 220
Total Replies: 248 483
Total Views: 83 105 228
topics: 11 375
replies: 136 304
views: 39 261 402
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kaapse oorde stop besprekings

replies: 25
views: 652
21 Mar 2020 @ 15:33:48 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek wil net graag waarsku vir diegene wat wel wil gaan kamp. Van die Kaapse oorde laat nie enige nuwe kampers toe nie. Blykbaar geld die onder 100 dalk ook hier so as daar 30 staflede is mag daar net 70 "inwoners" kamp.

Dus wonder mens of dit nie later gaan uitkring en in alle kampe so gaan wees nie. Bepaald 'n moelike situasie as mens bv beplan het om oor 'n maand of 2 iewers te gaan kamp en klaar ten volle betaal het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 15:41:29 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Stormsrivier, Tsitsikama, Plett, wat nie nuwe inwoners toelaat nie tel onder die wat bevestig is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 16:34:06 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1451
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Hierdie draad skep verwarring.

Dit is amptelik aangekondig dat Kaapstad munisipaliteit al sy kampeer oorde toegemaak het. Daar is nege van hulle in die onmiddelike Kaapstad omgewing.

Waarvan word daar gepraat wanneer beweer word dat Kaapse oorde besprekings gestop het. Kaapstad Munisipale oorde of Westelike Provinsie oorde.

Kan ons asb nie veralgemeen met nuus wat kommer wek nie. Noem die spesifiek oorde of areas by die naam.  

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 16:51:25 pm

Ek neem aan dat die 3 wat ek spesifiek genoem het is sekerlik dan nie genoeg nie. Ek gaan defnitief nie almal bel om 'n volledige lys te plaas nie. Dit laat ek oor aan diegene wat wel beplan om te gaan kamp in die Kaapse streek (oos wes tuis bes) om hul eie huiswerk te doen.

Ek het bv nie geweet v d Kaapstad se oorde nie - ek dink dalk is daar ander mense wat ook toer en nie elke nuus berig na luister of kyk nie.

Welkom tot my verwarrende wereld!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 17:32:06 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1136
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Mens kan nie help om te wonder watter Kaapse oorde hier betrokke is nie. Stormsriviermond, inderwaarheid in die Tsitsikama, is 'n Sanparke oord. Sou dit wel Stormsriviermond wees, wonder mens hoekom nie ander Sanparke oorde ook nie. Op die Sanparks web wys hulle beskikbare plek. Ek 

En Plet kan amper net die Forever Resort wees. Kan nie help om te wonder oor die ander Forever Resorts nie.

Wie 's jou bron Danie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 17:53:42 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1451
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Die beperkings wat aangekondig is is voorwaar verwarrend.

 'n Restourant mag na 18:00 nie drank verkoop nie. Mnr Cele sê jy mag ook nie drank wat jy voor 18:00 gekoop het na 18:00 daar drink nie. Moet ek nou my half gedrinkte bier of glas wyn uitgooi wanneer die klok ses uur slaan?

Dieselfde met besprekings. Wat behels 50 persone. Ons plaaslike Spur het meer as 25 personeel lede. Tel personeel onder die vyftig?

Dieselfde met kampeer terreine. Indien daar reeds 50 persone kampeer, moet die oord nog twee meer weg wys? En wat van betaalde kampeerders wat onderweg is. Moet hulle die deur gewys word en hulle geld terug gegee word?

Ek het begrip dat oorde wat reeds 50 of meer kampeerders huisves nie verdere onbespreekte kampeerders sal inneem nie. Is dit miskien wat bedoel word met oorde wat besprekings stop, of is dit oorde wat tans vêr onder 50 kampeerders huisves wat nie meer wil inneem nie? Verwarrend voorwaar. 

Wie se wet sê nou weer "If someone can be misunderstood he will be misunderstood"?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
21 Mar 2020 @ 18:30:57 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Chris Nico is op 'n lang toer en was op pad Weskus toe en nou op Hartenbos en hy draai om terug huis toe. 

Kanneman as dit verwarring skep druk dan die REPORT knoppie regs onder my plasings en vra sommer dat admin die draad verwyder. Ek kan ongelukkig nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 18:31:49 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Danie moet jou nie steur aan Kanneman. Daardie man is nou nog  vasgehaak in n matriek eksamen klas en wil nie daar uitkom tot alles honderd persent reg is. 🤣

Ons sal n plan moet maak en hom gaan rescue, vat vir n lekker kamp

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 18:59:03 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1451
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Was daardie vyandige opmerking van jou nou regtig nodig Bak oor?  Ek was onder die indruk ons spreek die probleem aan en nie die persoon nie. Blykbaar het jy anders besluit. 

Ek het bloot die draad se opskrif, wat ek as verwarrend ervaar gegewe bestaande inligting aangespreek, nie vir Danie nie. As hy dit so ervaar dan vra ek graag om verskoning.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 19:19:30 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek dink weer Kanneman se kommentaar dat JP Smith, Burgemeesterkommiteelid van Kaapstad, verwarring veroorsaak het dat alle openbare plekke, parke en kampeerplekke onmiddellik gesluit is, het inderwaarheid meriete  -  dit is verwarrend.

JP kon moontlik verwys het na plekke wat onder direkte beheer van die Munisipaliteit is, maar hy het geen sê oor privaat kampeerplekke of oorde wat privaat gehuur en bestuur word nie.  Ek kan onmiddellik 'n klompie opnoem wat geensins onder beheer van Stad Kaapstad is nie en wat oop is vir kampering.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 19:24:35 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Kanneman, vriend. Ek mag dalk te fyn gevoelig wees maar jy doen die ding gereeld. Dit is great as jy saam gesels en ek sien jy is n intellegente persoon. Ek gee nie om as jy reg stellings will maak op die forum, in fact ek waardeer dit.

Dit is hoe jy dit doen. Ek praat nie eens so met my Klein kinders as hulle stout is. Jy is sterk op jou opininie met hoe jy oor goed voel. Onthou net ek byvoorbeeld is nie jy nie ek dink, se en voel anders ( my eie ek )

Ek gesels graag met jou maar vind jy kan soms beledigend jou standpunt oordra en dit is nie nodig nie. As jy grap, gee ons n indikasie. Humor is baie welkom.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 19:59:53 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1171
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Die oorde wat so "gesluit" is sluit in Buffalo Bay, Buffelskop, Keurboom, ens. Plekke in Stormsrivier en Plett dieselfde.(Ek het vanaf Google  talle gebel en probeer ... glo my)

Van die plekke het 60% kansellasie gehad en hulle laat wel vooraf-bespreekte klante toe  maar geen "nuwe" kampeerders nie. Eienaardig genoeg het ek ons huidige staanplek hier in Hartenbos ATKV oord (fantastiese plek  - sal wel later terugvoering gee) sonder probleme verleng met 'n verdere 2 dae.... die virus is seker nog nie hier niefrown

Ek glo dat die virus totaal en al hopeloos oordryf word, maar ja, dis my persoonlike mening.

Baie de duiwel in, maar ons sal ons toer kortknip en oor Graaf Reinet huiswaarts keer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 20:50:22 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1451
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Bak oor, indien ek sou sê "gee jy om as ek na jou as Hoofseun verwys?  Self aangestel? Meng goedsmoeds ongevraagd in by ander ouens se gesprekke?" Wel, ek sê dit nie, ek gebruik dit as voorbeeld van hoe iemand 'n ou die mo#r in kan maak.

Ek wil graag die saak probeer uitklaar.

Enige verhouding is gedoem indien partye mekaar wil verander. Dit is waarkynlik die belangrikste boodskap wat aspirant huweliksmaats moet verstaan. Dit geld oral. Mens kan vaardighede ontwikkel en verander, maar nie karaktereienskappe nie.

Daar is 'n uitdrukking wat sê "Jou persepsie is jou realiteit." Ek lees elke keer my insette twee keer deur. Eerstens voor ek pos, en dan voor edit verdwyn, om seker te maak ek is tevrede daar mee. Ek sê dit soos ek dit sien, en meestal verander ek dit omdat dit dalk anders verstaan kan word as die bedoeling. Ek maak gereeld foute. Ek leef daarmee saam. Lees weer my onderskrif. Dit op sigself is veelseggend, na my beskeie opinie.

Ek het vir 75 jaar baie suksesvol met my karakter eienskappe oor die weg gekom. Ek sê nie ja en amen en dankie baas nie. Ek oorweeg ander situasies en interpretasies. Ek geniet gesprekvoering. Ek maak foute. Aanvaar dit as ervaring. As die ander ou nie van my geselskap hou nie - daar is ander wat dit geniet. Dink net hoe eentonig sou dit wees as ons almal wit Fortuners gery het.

Jy het my met jou ongevraagde opmerking regtig die moer in gemaak, en ek het dit nie nodig nie. Dit is jou siening, en ek aanvaar dit so. Ek was van mening dat ek leesbare bydraes lewer, maar nou betwyfel ek dit.  As lesers dit onaanvaarbaar vind, wie is ek om te redekawel.

Ek het nog nooit waarvan ek weet jou doelbewus te na gekom oor die kortpad vat taalgebruik met jou Engelse foon nie. Inteendeel, ek admireer jou vermoë hoe jy met die ding om gaan. Waar jy jou aantygings teen my vandaan haal is vir my vreemd. Ons kan dink wat ons wil, maar verkieslik nie sê wat ons wil nie. Verskoon asseblief hierdie uitsondering.

Ongelukkig laat jy my nie welkom voel met die manier waarop jy my as persoon aanval nie. Dit is die tweede keer dat jy dit so pertinent gedoen het, In hierdie konteks vind ek die "my vriend" aanspreekvorm vreemd. 

Ek vertrou jy verstaan my uitgangspunt en beskou die gesprek nou as afgehandel.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 21:43:48 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Kanneman jy het my verskeie kere  Klein, ongeletterd en ongeskoold laat voel. Verskeie kere het jy my skool gegee oor my terugvoering's. Ek is ook nie die enigste een. Daar gelaat.

Ek is seker hierdie gesprek irreteer forum lede , daar is belangriker goed om oor te gesels. Ek en jy het die boodskap gekry.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 23:06:57 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1451
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ag nee kom nou Bak oor, ek het nie vir jou skool gegee oor jou terugvoerings nie. As jy my sienings or jou sogenaamde terugvoerings soos klasgee ervaar het voel ek gevlei. Ek het bloot met jou verskil oor die empiries onbewese en aanvegbare opinies wat jy oor Toyotas uitgespreek het. Dit is mos normaal vir volwassenes om van opinie oor onderwerpe te verskil.

Kan ons asseblief nou maar die onderwerp los?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 10:00:31 am
George
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 356
Joined: 01 May 2016
Experience: 12 years

Danie moet jou nie steur aan Kanneman. Daardie man is nou nog  vasgehaak in n matriek eksamen klas en wil nie daar uitkom tot alles honderd persent reg is. 🤣

Ons sal n plan moet maak en hom gaan rescue, vat vir n lekker kamp

it appears that you may have missed this post

My Dearest Forum Members

Yes. I'm the Kwaai Tannie (Jolene) in the office who must help keep this forum up to standards... Oppas.

It is with great disappointment that I sit here today, having to talk to you with regards to your behaviour as of late. I see people being very “sneaky” about the way they approach certain topics, that they know we would find unacceptable in any other situation. This is a forum for camping and outdoors-related topics and everything in between. This isn’t a WhatsApp group to "skinder" or discuss other’s behaviour or life choices.

We understand that you have your own issues with current/old members. Everyone is entitled to their own opinion. But please, keep it to yourself, discuss it with your wife/husband or even write it down in your diary, if you can’t be polite about it. We now have a clear set of rules for this reason and you can follow the link below to see the rules clearly if you’re not sure.

If rules are not adhered to, we will investigate the infringement and a warning or suspension will be issued. If you feel someone has overstepped, report them to us and let us deal with it. Do not post a topic about it. We do not appreciate this kind of behaviour.

I’d like to also just point out something that has been bothering me quite a bit. Some members tend to mention “the other forums” or “those members from the other forums”, like it’s a crime. I’d like to see less of this. We are not in competition with others, there is no first place here. We are a family who all love this industry, some more than others, but you get the idea. Don’t talk down to someone who might prefer the other forums to this one. To each their own. We need to respect this and behave accordingly.

In my 8 years here at CaravanParks.com, I have come to enjoy your daily banter and to have a good laugh when someone challenges another regarding a certain topic. But it’s always been quite friendly. We have systems in place to monitor user activity and will step in if anyone tries to be sneaky again.

We provide you with this platform for YOUR enjoyment, don’t spoil it for others, please. I’m asking this very nicely. Our team will be keeping a closer eye on things and we hope that everything will settle once again.  

Should you have any questions at all, please send us an email via the admin contact option. If you’re not sure how ask.

2020 will bring some exciting new developments from our Team and I thank you for your continued support over the years. Without you, this would all be for nothing.

Kind Regards

The Kwaai Tannie “Jolene”

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 10:30:48 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1136
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

The same past my mind.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 10:56:07 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1136
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

The same past my mind.

I meant "passed my mind".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 12:28:50 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Chris, jy skrik so groot vir die tannie se inskrywing jy spel sommer verkeerd. Haha

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 13:21:12 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Wel wel wel - wat kan mens se kort nadat die kwaai Tannie ons mooi gevra het om te let op die reels v d forum.

Laat ons kortliks kyk wat was geplaas.

Danie-SLK yesterday @ 15:33:48 pm

Ek wil net graag waarsku vir diegene wat wel wil gaan kamp. Van die Kaapse oorde laat nie enige nuwe kampers toe nie.

Danie-SLK yesterday @ 15:41:29 pm

Stormsrivier, Tsitsikama, Plett, wat nie nuwe inwoners toelaat nie tel onder die wat bevestig is.

Hierdie inligting is woordeliks geplaas soos ek dit van 'n baie teleurgestelde Nico ontvang is. Ek het gehoop hiermee plaas ek inligting om ander daarop te wys maar nee dis in 'n baie slegte lig ontvang. Hiervoor vra ek dus onverskoning.

Kanneman yesterday @ 16:34:06 pm

Kan ons asb nie veralgemeen met nuus wat kommer wek nie. Noem die spesifiek oorde of areas by die naam.

Ek sou gedink het dat ek dit alreeds 53 minute tevore gedoen het. Probeer ons nou die man speel ipv die bal?

Danie-SLK yesterday @ 16:51:25 pm

Ek neem aan dat die 3 wat ek spesifiek genoem het is sekerlik dan nie genoeg nie.

Danie-SLK yesterday @ 18:30:57 pm

Kanneman as dit verwarring skep druk dan die REPORT knoppie regs onder my plasings en vra sommer dat admin die draad verwyder. Ek kan ongelukkig nie.

Kanneman yesterday @ 18:59:03 pm

Ek het bloot die draad se opskrif, wat ek as verwarrend ervaar gegewe bestaande inligting aangespreek, nie vir Danie nie. As hy dit so ervaar dan vra ek graag om verskoning.

Ek dra nie kennis daarvan dat mens nie die plasing hoef te lees nie maar net die onderwerp. Ek kan steeds na ure se gesprek nie sien wat is die sogenaanmde verwarring nie. Dalk is dit net my halwe breinsel wat dit nie kan raakvat nie. Stormsrivier, Tsitsikama, Plett was uitgespel heel aan die begin v d draad.

Selfs na Nico al die oorde genoem het waarheen hy probeer gaan het glo ek steeds enige kamp is nou 'n risiko. Dit bly dus raadsaam om uit te vind voor mens sou vertrek waar mens alreeds is. Jammer as dit common sense is en ek spasie op die forum mors met hierdie draad.

My 2c en ek het niks verder om by te voeg nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 13:39:09 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

I meant "passed my mind".

Chris gelukkig was die a in die 2e probeerslag nie 'n i nie - hehehehe

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 14:14:52 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 396
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 33 years

Reference was made to  "Kaapse oorde". That is exactly what it meant.. 

All resorts that fall under the jurisdiction of the City of Cape Town had been closed. I was supposed to go camping this weekend at Ganzekraal but got a call on Friday that the Swartland District mayor has closed all caravan parks in that district until further notice. So my Easter camp was also cancelled undecided 

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 15:34:50 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1173
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

As gebore Nataller wat lank in Simonstad gewoon het, wil ek net stuiwertjie in die beursie gooi.  My vriende, kennisse en kinders praat van hulle gaan Kaap toe.   Dan vra ek altyd "waar in die Kaap" en kry die effe vies antwoord 'Kaapstad".

Reageer ek met Worcester, George, Mosselbaai of Hermanus is ook in die 'Kaap", word ek skeef aangekyk.  My kinders het juis gister via George na Gouritsmond vertrek en bly daar iewers op 'n plaas vir die week maar hulle is nie in die Kaap nie. 

Ek dink in die algemene volksmond is die term "Kaap" of 'Kaapse' gevestig as bedoelende Kaapstad alhoewel ekself nie so praat nie.   Ons sê nie dat ons Natal toe gaan as ons Richardsbaai of Margate toe gaan nie; netso besoek ons PE, OL of Tshipise sonder om die provinsie-naam te gebruik.  

Ek verstaan dat die oorspronklike plasing die wye Kaap ingesluit het.  Vir andere was dit dalk meer beperk - soos my buurman sê dat die Paarl nie in die Kaap is nie maar in die Boland.   Terloops Stellenbosch ook behalwe as WP of Stormers rugbyspelers soek - dan, anders as met ander sportsoorte, is die dorpie in die WeePee. sealedsealed

Groete en gesond bly liewe mense.

(En my teller klim met een persentasiepunt  cool)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 20:32:48 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

it appears that you may have missed this post

My Dearest Forum Members

Yes. I'm the Kwaai Tannie (Jolene) in the office who must help keep this forum up to standards... Oppas.

It is with great disappointment that I sit here today, having to talk to you with regards to your behaviour as of late. I see people being very “sneaky” about the way they approach certain topics, that they know we would find unacceptable in any other situation. This is a forum for camping and outdoors-related topics and everything in between. This isn’t a WhatsApp group to "skinder" or discuss other’s behaviour or life choices.

We understand that you have your own issues with current/old members. Everyone is entitled to their own opinion. But please, keep it to yourself, discuss it with your wife/husband or even write it down in your diary, if you can’t be polite about it. We now have a clear set of rules for this reason and you can follow the link below to see the rules clearly if you’re not sure.

If rules are not adhered to, we will investigate the infringement and a warning or suspension will be issued. If you feel someone has overstepped, report them to us and let us deal with it. Do not post a topic about it. We do not appreciate this kind of behaviour.

I’d like to also just point out something that has been bothering me quite a bit. Some members tend to mention “the other forums” or “those members from the other forums”, like it’s a crime. I’d like to see less of this. We are not in competition with others, there is no first place here. We are a family who all love this industry, some more than others, but you get the idea. Don’t talk down to someone who might prefer the other forums to this one. To each their own. We need to respect this and behave accordingly.

In my 8 years here at CaravanParks.com, I have come to enjoy your daily banter and to have a good laugh when someone challenges another regarding a certain topic. But it’s always been quite friendly. We have systems in place to monitor user activity and will step in if anyone tries to be sneaky again.

We provide you with this platform for YOUR enjoyment, don’t spoil it for others, please. I’m asking this very nicely. Our team will be keeping a closer eye on things and we hope that everything will settle once again.  

Should you have any questions at all, please send us an email via the admin contact option. If you’re not sure how ask.

2020 will bring some exciting new developments from our Team and I thank you for your continued support over the years. Without you, this would all be for nothing.

Kind Regards

The Kwaai Tannie “Jolene”

Dankie George.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 20:55:39 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Julle het dit nou finaal reggekry. Dit is nou regtig nie lekker om die eentonige gesanik  te lees nie.

Hoop nie ek raak seniel eendag nie.  Mens raak dan al ewig op die geringste ou dingetjie op hol.

Baie jammer dit gaan bykans elke dag so

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 10:30:52 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 410
Joined: 28 Feb 2018

Fortunately, did not read this topic, only placed this 2c worth...........hehehe  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
This topic has been locked so you cannot reply to it.
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za