English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 535
Total Replies: 252 845
Total Views: 83 251 587
topics: 11 580
replies: 139 250
views: 39 344 168
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kaapse Draai

replies: 4
views: 4323
16 Jul 2004
Anonymous
Ek gaan Desember vir die eerste maal karavaan sleep Hartenbos toe.  Ek het klaar baie raad gekry oor stadig ry, baie stop, pasop virrie wind op die berg en pak reg.  Wat ek niks van weet nie is hoe berei ek voor vir die wind en die weer wanneer ek daar is? Ek kry al nagmerries van al die stories wat ek gehoor het oor tente opgefrommel deur die wind ens.  Help asb ... ek kort die slaap!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2004
Piet
Platinum Member
11% Profile Strength
Posts: 412
Joined: 01 Jan 2007
Gieljam,

Sorg net dat jou assuransie op datum is dan het jy mos nie worries met 'n tent wat wegwaai nie!  Lekker kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2004
Jannie
Silver Member
14% Profile Strength
Posts: 68
Joined: 15 Jul 2004
Ontspan maat.

Die trip af is nie so erg nie. Ons het die pad so drie weke gelede gery. Die N1 is in 'n puik toestand, met padskouers. Behalwe vir die gereeld stop en bene rek sal ek voorstel dat jy oor twee dae ry. Ons staan by Klein Karoo Nas. Park oor. Daar is ook heelwat mense wat by die Gariepdam oorstaan.

Die ergste is die rukwinde tussen Bloem en Colesberg. Die ander faktor is die rukwinde van die swaar vragmotors, veral as jy afgaan en die wind is van die westekant.

Op Hartenbos is dit waar jy staan. (watter blok). Ek weet van die groot Hartenbos manne wat nog nooit skade daar opgedoen het nie. Dirk Pretoruis sal jou dalk meer hieroor kan inlig.

Ons staan hiedie jaar weer in blok J.

Geniet

Jannie
duplessisjp@aforbes.co.za
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2004
Mark
Platinum Member
14% Profile Strength
Posts: 329
Joined: 13 Aug 2002
Daar is ‘n paar voorsorg maatrëels wat jy kan gebruik om die effekte van wind en weer teen te staan. Verskoon my Afrikaans waar nodig.

1) Probeer ‘n staanplek kies wat beskud is teen wind, veral vanaf die see afkomstig. Die eerste ry karavane het miskien die beste uitsig maar is baie ontbloot . Die duin bosse bied gewoonlik goeie beskerming teen wind.
2) Draai jou karavaan (indien moontlik) sodat die tent se ingang (e) skuins weg van die aankomende wind wegwys. Dit sal voorkom dat die volle sterkte wind reguit in  jou  tent se openinge in blaas.
3) Dit is verkiesbaar om jou tent op digte grasperk op te slaan, in plaas van los sand of ou duin grond. Die tent penne moet ordentlik en korrek ingeslaan word en sit beter in gras.
4) Moet nie jou tent opslaan in a holte waar reenwater kan akkumuleer…behalwe dat jou tent onder water raak as dit reen, sal die reen ook die grond los maak wat veroorsaak dat die penne makliker los ruk in die wind. Die geheim is om jou tent so styf as moontlik te span sodat die wind nie ‘n maklike houvas op hom kan kry.
5) Vir die beste beskerming moet die toue soos volg vasgemaak word. Trek die toue af teen die pale vir omtrent 20cm en draai om hulself in ‘n sluit knoop . Slaan die penne in binne 50cm vanaf die pale en trek styf. Dit veroorsaak dat die spanning van die tou op die paal vertikaal af is en nie sy waarts nie.
6) As jy teleskopiese tipe tent pale het wat draai in die middel om styf te maak, kan ‘n sterk wind geneig wees om dit los te werk sodat die paal insak wat jou tent dan ‘n in los stuk materiaal omskep. Gebruik ‘n gewone water pyp “klamp” en draai vas op die onderste helfte van die paal om te keer dat die teleskopiese draaislot loskom.
7) Gebruik  een of twee storm toue (hoe breë webbing hoe beter) wat oor die hele tent pas om addisionele beskerming te bied teen die wind vir die tent as geheel. Die storm tou moet  in die middel van die nok oorgaan asook die voorkant so naby as moontlik aan die horisontale pale en weerens met stewige penne ingeslaan word so na as mootlik aan die tent. Om wrywing en skade op die tent te verhoed, gebruik ek dun sponse tussen die storm tou en die tent seil. Klere penne help keer dat die tou in die wind raas.
8) Gedurende swaar reen is dit soms nodig om die helling van die tent dak en sy stoepe te stel om die afloop van water te fasiliteer. Die akkumulasie van water op ‘n tent kan die pale baie maklik buig of  selfs breek. In baie erg winde sal ek selfs die sy oorhange laat sak om te keer dat die wind hulle te veel ruk.
9) Ek het ook my voorstoep verander deur om  horisontale pale in te bou, wat die seil van die stoep baie stewiger maak.
10) As jy vir die dag uitgaan, maak alle deure en vensters toe....jy weet nooit wanneer die wind sal opkom, of dit begin reen.

Laastens, ontspan en geniet die vakansie.

Groete
Mark Lowe
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2004
NicoBo
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 220
Joined: 04 Jul 2007
Hi
Hoop nie die wind waai ons weg Desember nie, dit sal my eerste keer wees dat ek op Hartenbos gaan kamp. Was laas jaar in Oos London en Port Elizabeth en het darem nie probleme gehad nie.
Lekker kamp en miskien braai ons saam daar onder.
Nico
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za