Ek wil graag bebroep op die forum lede doen dat ons dit meer rustig moet vat met algemene insette by onder werpe op die forum. Die laaste paar weke was daar regtig onnodige konflik oor aspekte wat ek dink onnodig is.
Solank ons van die standpunt kan uitgaan dat elke ou geregtig is op 'n opinie teen oor 'n saak en ons respekteer sy stand punt al verskil dit van joune sal dinge mos sy normale gang gaan. Elke individu wat dit lees kan met die informasie maak soos hy of sy dan goed dink. Dis nie nodig dat ek my opinie op iemand anders af dwing nie. Elk een het dalk die neiging om dit te wil doen.
Kom ons probeer so effe harder om die forum weer rustig te maak. Dan sal ander gebruikers wat die laaste paar dae baie stil was weer by ons aansluit. Want die forum is niks sonder sy mense nie maar as daar deurgaans wrywing is vermy mense die forum.
Hoop julle sal my beroep onder steun.
Dankie Vir die draad Leon. My potloot gaan ek baie mooi dop hou en yes ek stem honderd met jou. Dalk moet ons Al die topics wat onrus veroorsaak identifiseer en forum bestuur dit ook verwyder. Ons moet n skoon bladsy begin.
Ek sien uit na n forum sonder n gehappery. Jy het my volle ondersteuning
Ja dit klink goed. Laat elkeen van ons wat so voel, maar begin né.
Leon, ek vra myself die vraag af - waarom besoek mense die forum?
Ek kan nie vir ander gebruikers praat nie, maar ek self doen so wanneer ek of iets wil deel, wil uitvind, wanneer ek verveeld is of wanneer ek wil sien hoe individue reageer op insette.
Indien die forum oniteressant en eentonig sou raak, wel, daar is baie ander forums, of beter nog, YouTube, waar ek my tyd kan verwyl.
Die internet is nou maar eenmaal 'n medium waar mense reageer soos hulle oor 'n saak voel, en indien lede voorskriftelik wil optree teenoor wat gepos word sal jy meer mense wegjaag as wanneer lede self kan besluit wat hulle wil lees en waaraan hulle deel wil hê.
Miskien is my uitkyk meer gemoedelik, maar ek kan my nie herinner dat ek al realsies hier gesien het wat vir my aanstoot gee nie. Miskien beoefen ek bloot net die onderskrif van my insette.
Ons is mos almal mooi groot, en baie van ons neem aanstoot wanneer daar 'n "hoofseun" houding ingeneem word en goedsmoeds voorskrifte uitgedeel word.
Ek vertrou jy sien my inset soos dit bedoel is - om vryheid van spraak te bevorder.
Ek stem saam met Pieter. Selfs Admin van Caravanparks smile want ons is weer die besigste forum op die internet. Vir jare was ek lid wat net gelees het en verby die verskille gesien het. Nou wat ek begin deelneem is dit lekkerder om jou opinie te gee. Alles op 'n forum sal goed gaan as mense insien en aanvaar dat dit slegs opinies is.
Selfs die roofkykers van die ander forum het kom inloer. Hylle het self my een topic's gecopy ure na ek dit geplaas het. Dit wil voorkom of hulle almal wil terugkom.
Tog stem ek saam met meer binne perke te reply maar soms is dit nodig om meer direk te wees.
Zack die bakleiery het hierdie forum drade behoorlik ge hot-wire.
Daar was n paar lekker onderonsies gewees maar ek stem dit het totaal hand uit geruk.
Zack - "Dit wil voorkom of hulle almal wil terugkom."
Baie van daai ander forum is wel hier en soms wil mens inligting van een na die ander forums deel maar soos ek ondervind het mag hier nie die ander forums genoem word nie maar wel op die anderkant.
Ai Leon,
Ek stem saam. Ek vra omverskoning oor my post "fight". Wat ek sien iemand verander het na Fight tussen Ford en Toyota.
Ekt dis juis onder comedy geplaas en nie sulke reaksie verwag nie.
Die ergste is ek ry nie eers meer n Toyota nie🤣🤣🤣🤣🤣
Nogmaals sorry
Baie dankie.
Hou maar die persoonlike gevoel vir die ander gebruiker vir jouself.
Om te skimp ? Vir my tel dit ook as persoonlik.
Die spreekwoord se mos. Eks baie slimmer as wat jy dink.
Yes kom ons gesels lekker saam. Beur mekaar op
Leon ja jy vat dit raak.
Vergewe as ons nie saamstem is maklik maar ooo wee daai vergeet. Ja ons hoef moes nie mekaar aan te val en name te noem nie. Maar ja dis elke ou se besluit.
Ons weet mos Bakoor wil ons siel uitrek met tye. Oom Jeep wil vrede hê. Ek praat weer te veel :) Geert kry elke nuwe gadget in rekord tyd. So kan mens nog baie ander lede noem en saam is dit lekker.
Dis mos maar hoe ons is en ons laat tiek.
Waar oor gaan die remoer
Konflik lok gewoonlik baie views....soos ons gesien het op die een dag was daar 2x drade gelyktydig geplaas en die een wat konflik bevat het, het 14x meer views gehad as die een wat oor kampeer gegaan het. Maar wie is die mense wat kyk? Laasgenoemde konflik was daar seker so 4 of 5 by betrokke gewees....en met hoeveel toeskouers? ......miskien 100? Van daai 100 is miskien 80 wat buitendien nie deelneem aan forum nie, lees net hier. Intussen kry jy lede wat gereeld goeie bydraes op ander drade lewer wat nie hou daarvan om heeltyd in konflik vas te kyk nie....sodoende verlaat hul die forum. Nou is die konflik verby en diè wat gewoonlik net lees is ook weg, maar intussen het ons paar goeie gereelde lede wat bydraes lewer ook verloor. So op die einde dink ek dit maak tog skade aan n forum al lyk die views vir n oomblik baie goed. Ons het al in die verlede al n hele klomp lede verloor op dieselfde manier wat gereeld puik bydraes gelewer het, maar wegbeweeg het as gevolg van konflik onder mekaar.....en hulle was nie eers deel van die konflik nie, wou maar net hul insette lewer op gewone drade, maar moes heeltyd vaskyk in konflik. Gelukkig is darem lyk my al daai lede darem weer terug by ons wat goeie bydraes lewer en mens kan agterkom hulle was nou weer stil tydens hierdie konflik periode. Nou moet ons maar besluit wat ons soek.....soek ons rekord hoeveelheid views, maar net paar mense wat nog deelneem.....of soek ons minder views, maar met meer mense wat hul gewaardeerde insette lewer en lekker saam gesels?
Bogenoemde is maar hoe ek dit sien....mag verkeerde siening hê
Ek sien die forum as n plek waar ek beste moontlik inligting will bekom as ek dit nodig het. Ek wil natuurlik dit gee ook. Ons mag verskil, terg maar n graaf is n graaf en beslis nie n lawn mower nie.
Lewe is te kort, smiles is te min en sukkel is oorgenoeg. Daarom is daar niks fout om n bydrae te lewer en ook pret te he.
Om ander te laat sleg voel en sleg lyk issie pret nie.
Die hoeveelheid mense wat in klok is nie onse probleem en dis nie wat saak maak. Dit is die kwaliteits terugvoering's wat tel
Dan se die ingelse mos "the more the merrier"
As jy die dag nie goed voel nie, sit dan eerder op jou hande.
Dit lyk my almal is dit eens dat jy het die reg om jou denke oor 'n saak te plaas. Net so het Jan, Piet en Sakkie. Dit maak die forum universeel en kan ek wie se info ookal vat en met dit maak wat ek wil.
Stamp ek my kop is dit my eie skuld of werk dit puik uit beide gevalle het ek iets geleer.
Dankie vir die bereidheid om konflik laag te hou. Vir ons as forum lede dink ek is die aantal lede se by dra meer belangrik as die views per dag.
Ons soek tog kwaliteit tyd op die forum waar Kwantiteit dalk admin se siening sou wees.
Chapperig om deel van die forum te wees.
Ek dink daar was n paar skouervryf sessies gewees. Maar, ek dink nie dit was regtig ongesoond nie. Ek hou van aksie movies, maar moet partykeer saam met vroulief n drama of love store kyk (hulle noem did "together time"). Dankie vir n lekker lewendige forum, together time is vir vroulief bedoel.
Ek dink nie konflik is noodwendig sleg of jaag lede weg nie. As 'n klomp mense om 'n braaivleisvuur staan en een ou maak 'n stelling en almal beaam dit, is dit mos die einde van die gesprek. En dit sal hierdie forum doodmaak. Mense het ook soms snaakse of wanidees en die feit dat ander van hom verskil maak dan soms dat hy sy posisie oordink. Daar is sulke voorbeelde op hierdie forum. Ek het al Britse en Amerikaanse forums gelees waar die stryery werklik onaangenaam is en waar mense mekaar lelik uitskel. Ek sou nie aan so 'n forum behoort nie. Ek dink hierdie een is redelik gematig en na hierdie en ander drade sal ons almal sekerlik bietjie versigtiger weer oor presies hoe ons ons bydraes bewoord.
Ek is bly om te sien julle gesels nou weer lekker. Ek het gister omtrent 'n hoofpyn gehad van al die drama. LOL
Elke forum lid, het die reg om sy opinie met ons te deel, dis juis hoe mens begin gesels, is dit nie?
Maar as iemand begin name noem en mense af breek en en en, dan gaan julle 'n baie kwaai tannie hier sien. Respek kos ons mos niks. Dis al wat ek vra.
Dankie vir al die lekker topics, ek leer elke dag ook iets nuut.
Vriendelikke Groete
Jolene
Hi Jolene, Have a great day.
Leon, goed gestel. Ons kan verskil sonder om te beledig en persoonlik te raak.
Op 'n ander onderwerp is die stort en gryswater punt aangeraak. Dit is verstommend wat party mense se standpunt is wat dan maklik aanleiding gee tot persoonlike opmerkings.
Groete en 'n beter dag vir almal. Ek sukkel steeds om my voorlopige belasting vorm wat uitgereik is, oop te maak. SARS sê hulle werk aan die probleem - dis nou al sedert begin Februarie. Volgende Vrydag sluit dit; daarna word jy beboet.
Theo dit sal dalk wys wees om na die belasting kantoor self toe te gaan. Die tydjie daar kan die boete dalk verhoed.
Forum loop weer soos STROOP.
Chapperig.
Hi Jolene
So jy is die antie wat (moeg gepraat) uitpluk as dinge hand uit ruk.
Soms het ons so n slap of twee nodig. Dankie dat jy n ogie hou
Frik jy moet meer saam met ons kuier dan sal jy niks mis nie......................
Ja....Speknek is nie meer hier om af te kondig nie....moet self soek😎
Lyk my ek moet meer hier uithang!!!
Mis ook alles.
Van Spekkies gepraat, wat het van hom geword?
Goeie vraag, wonder waar hang Spek deesdae rond....
Sover ek kon onthou was hy n bekende forum gebruiker, asook "speknek" wat ook deur admin afgegooi is a.g.v. omstrede uitlatings. Ek kannie die detail van dit onthou nie en ook nie sy gewone forum naam nie.. Hy was ook lid van die buurman forum.
Sover ek kon onthou was hy n bekende forum gebruiker, asook "speknek" wat ook deur admin afgegooi is a.g.v. omstrede uitlatings. Ek kannie die detail van dit onthou nie en ook nie sy gewone forum naam nie.. Hy was ook lid van die buurman forum.
Oom Jeep, eerste prys vir diplomasie, goed gestel.
Ja....hy het mens lekker laat lag. En hy was altyd van die 1stes wat opgemerk het as daar n faait is. Eintlik was sy insette tydens n faait altyd goed gewees....as dit vuurwarm geraak het en Spekkies kom met sy kommentaar, het almal sommer weer afgekoel....hoe kan jy kwaad wees as jy lag. Hy is deesdae lyk my meer aktief op facebook. Kyk....baie van ons het lank gewonder en gespekuleer wie hierdie Speknek moes wees
Ja....hy het mens lekker laat lag. En hy was altyd van die 1stes wat opgemerk het as daar n faait is. Eintlik was sy insette tydens n faait altyd goed gewees....as dit vuurwarm geraak het en Spekkies kom met sy kommentaar, het almal sommer weer afgekoel....hoe kan jy kwaad wees as jy lag. Hy is deesdae lyk my meer aktief op facebook. Kyk....baie van ons het lank gewonder en gespekuleer wie hierdie Speknek moes wees
Netso Geert, hy vermom hom goed vir die wat hom nie ken nie, hehehehe..
Gewoonlik as iemand met n ander naam op die forum kom, herken jy hom na n rukkie oor die manier van skrywe en dinge sê. Maar sy persoonlike profiel en Spekkies se profiel was asof dit regtig 2 verskillende mense moes wees.....hy het dit regtig puik gedoen. Ek het lekker met "altwee" van hulle gekuier.....het eers na "hulle" weg is gehoor wie dit was🙂
Leon, van ons is nie bang om rond te loop nie en kuier op al die forums.
Ja....hy het mens lekker laat lag. En hy was altyd van die 1stes wat opgemerk het as daar n faait is. Eintlik was sy insette tydens n faait altyd goed gewees....as dit vuurwarm geraak het en Spekkies kom met sy kommentaar, het almal sommer weer afgekoel....hoe kan jy kwaad wees as jy lag. Hy is deesdae lyk my meer aktief op facebook. Kyk....baie van ons het lank gewonder en gespekuleer wie hierdie Speknek moes wees
Geert hy is nie baie op fb nie, dalk verwar jy hom met iemand anders ?
Leon, van ons is nie bang om rond te loop nie en kuier op al die forums.
[quote]4205,1720[/quote]
Geert hy is nie baie op fb nie, dalk verwar jy hom met iemand anders ?
Dis hoe ek met hom kontak het.....nog hierdie week weer gesels
Frik hierdie drade was rooi warm. Van ons het ring side seats gehad by n rofstoei match waar iemand enige tyd bo op jou gegooi Kan word. Van ons het saam gestoei.
Geen wenners net casualties en skuld gevoel.
O ok, het nie geweet jy ken hom nie.
Ek ken hom nie persoonlik nie....nog nie persoonlik ontmoed nie....het paar keer deur facebook pm gesels nadat hy hier weg is. Miskien kamp ek hom nog raak...klink na baie aangename persoon
Hom nog nie gemis eers nie, hier is meer narre waarvoor ek lag.
Ja so met die stry kom die lag darem ook aan die einde. Dit sou bad in die lewe gewees het as mens dit nie kan doen nie.
Lyk my ek het alweer iets gemis?
Op 'n stadium gesien die sake raak warm, maar nie warm genoeg om destruktief te raak nie.
Het ek uitgemis of lees ek verkeerd?
Lyk my ek het alweer iets gemis?
Op 'n stadium gesien die sake raak warm, maar nie warm genoeg om destruktief te raak nie.
Het ek uitgemis of lees ek verkeerd?
Niks wat sonder rooi krae al op ander drade bespreek is nie. Net die opinies rakende sekere make/ modele in voertuie. Maar ons ken mos maar meeste se insette en dit waarin hul vertrou.
Glo dit sal weer as onder werp voorkom later.
Niks wat sonder rooi krae al op ander drade bespreek is nie. Net die opinies rakende sekere make/ modele in voertuie. Maar ons ken mos maar meeste se insette en dit waarin hul vertrou.
Glo dit sal weer as onder werp voorkom later.
Ek hou ook van n vreedsame forum, dis baie lekkerder as om te baklei die hele tyd.
Ek dink Admin moet rooi vlae opsit by al die Krismistree manne, hulle is die onminsaaires hier op die familie platform.
Ek hou ook van n vreedsame forum, dis baie lekkerder as om te baklei die hele tyd.
Ek dink Admin moet rooi vlae opsit by al die Krismistree manne, hulle is die onminsaaires hier op die familie platform.
Verskille is noodsaaklik dit skep nuwe en vars idees asook n maatstaaf van jou kennis wat wel kan uitstaan of tekort kom. As hierdie forum n ja en amen plek word sal die bad se prop uitgetrek word en die forum sal leeg tap.
Well done vir die mense wat die guts het om n deurdenkte mening te lig. Hierdie forum is beter af as n opbouende forum as wat dit omskep word in n popularity contest met net ja en amen
Ek stem volkome met Bak oor saam. Die oninteressantste mense wat ek al ooit ontmoet het is die wat net soos ek dink en voel. Wat 'n eentonige besigheid.
Dink net, as jy met 'n vrou getroud sou wees wat net soos jy dink. Jy hoef nie met haar te praat nie, want jy weet mos voordat jy haar iets vra wat haar antwoord gaan wees.
Debatvoering gaan tog mos nie om dieselfde standpunt as jou opponent te handhaaf nie, en wat is gesels hier dan anders as 'n soort van debatvoering.
Wat konflik betref, jare gelede was ek op 'n kerkraad waar die dominee altyd in die openingsgebed by die kerkraadsvergaderings gebid het dat waar ons mag verskil, dat ons in liefde sal verskil.
Kommunikasie is, so lyk dit vir my, die groot probleem, want wat regtig saak maak is nie wat bedoel word met wat gesê word nie, maar wat verstaan word. Hoeveel keer is ons nie skuldig daaraan om oorhaastig te lees of te luister nie, en dan mis verstaan ons die skrywer.
Mense MOET verskil van mekaar---Dis hoe verandering plaasvind. Dink net as ons almal nou nog vuurgemaak het deur twee klippe teen mekaar te slaan? Dis hoe die Groot Trek ook ontstaan het. Dink nou net as almal Stormers was en vir die DA gestem het.
Ek ken 'n paar maatskappye wat 'n Groen Kamer het. In daai Groen Kamer is almal gelyk van die CEO tot die man op die vloer. Hier kan jy reguit 'n probleem of persoon aanvat sonder om agteraf te skinder en kwaad te stook of in briewe te sinspeel. Dis gewoonlik die ou wat vredeliewend is en wat eerste "Vrede" skreeu wat die meeste baklei. As jy uit die Groen Kamer stap tel die rang struktuur. Almal weet waar hy staan en almal werk aan 'n gesamelike doel.
Dis nie nodig om "Rooi Vlae" om iemand of 'n groep te hang nie. Nethou hang dieselfde rooi groep 'n "Pienk Vlae" om jou nek en brandmerk jou as die onminsaaier. Hier is niemand reg of verkeerd nie want jou opinie tel net so baie soos die ander ou sin. Dis waarom dit 'n forum is waaraan almal kan deelneem sonder om jouself as klaskaptein aan te stel en ander te probeer beheer. Die enigste werkbare opsie is om nie deelteneem aan 'n besprekings onderwerp as jy nie daarvan hou nie. Lees verby die persoon of persone wat jou hare laat regop staan. Jy kan bepaal of jy wil deelneem of die onderwerp vermy.
Die grootste oorsaak van onmin, bly die "attack/defend" spiraal.
Dit gebeur sodra ons nie meer die bal speel nie, maar die man (Stormer of níe). Dit raak dan persoonlik (die situasie, nie die Stormers nie).
So as ons dit onpersoonlik hou en net oor die onderwerp jou eie opinie, idees of kennis deel, dan kan niks skeefloop nie en almal gaan gelukkig wees.
Geen fout om 'n sterk standpunt te huldig nie, maar dit vat 'n man om 'n ander feitestel te aanvaar wat sy standpunt 'verkeerd' bewys. Dis dan wanneer mens by die onderwerp hou en nie die man aanvat nie.
Prof. Ek hou nogal hoe jy hierdie verduidelik.
Ek het Al gesien hoe die manne die REF ook speel. Die manne het n paar keer lelik bont getrap 😅
Ek twyfel....op fb is daar gedurig verskille waar mense warm onder die kraag word....dit word oombliklik gestop {drade word verwyder en betrokke lede word gestraf}.....dink nie facebook staan deur daai optrede die gevaar dat hulle gaan toemaak nie
Wat 'n bekgeveg op sosiale media makliker maak, is die feit dat mens nie die ander party in die oëe kyk nie.
Dis semi gesigloos en daarom baie makliker om iemand aan te vat.
Ek vra altyd of ek iets vir so 'n persoon in sy gesig (persoonlik) sal sê.
As ja, laat waai. As nee, los liewer.
.