English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 709
Total Replies: 268 668
Total Views: 83 819 638
topics: 12 259
replies: 148 831
views: 39 646 850
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

KNP 2022

replies: 103
views: 1474
page 1 of 3
02 Jun, 2021 @ 09:05:11 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Omdat ons daarvan hou om gedurende April/Mei KNP te besoek  kon ons reeds gister al ons besprekings gedoen het. Wie se beplanning is ook al op die tafel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun, 2021 @ 09:19:51 am
RichardJ
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 778
Joined: 02 Sep, 2015
Experience: 54 years

Droom nog...

 

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun, 2021 @ 10:58:15 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5113
Joined: 11 Dec, 2013
Experience: 37 years

Ek bepan ook om oom Paul se tuin te besoek 2022 maar met al die aflegings hier by my werk moet ek  alles oorbeplan en sien hoe speel die dinge uit  

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun, 2021 @ 11:29:01 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11138
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Geert dis ons plan ook in April en Mei, of Julie en Augustus.

Is mos op lang verlof dan.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun, 2021 @ 13:33:17 pm
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1752
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Ek het 'n bly plek in die staff village in Skukuza so vir my is beplan en ry die naweek maklik

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun, 2021 @ 13:42:04 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1274
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Ook gister kant en klaar ge-bespreek en ge-betaal. Een en twintig dae in die Wille Kruger. Ezi-Bookings in Stellenbosch weereens uitstekende diens. 

10 Mei tot 08 Junie.

Nou moet ek maar net sit en wag. (Damn) Begin my toer in Addo en dan n horde plekke tot in die Kruger. Daarna weer plek-plek (julle Gautengers weet net nie hoe gelukkig julle is nie) by al die mooi oorde tot by die laaste drie aande in die Karoo-park.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun, 2021 @ 14:14:08 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1274
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Besprekings vir Die Eiland maak egter eers op 01 Oktober oop. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun, 2021 @ 15:03:40 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1544
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Ek het gister sommer hier in Onder-Sabie my bespreking vir volgende jaar gedoen. 26 Apr - 10 Mei in Krokodilbrug en 11 - 25 Mei in Onder-Sabie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun, 2021 @ 16:37:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het gister sommer hier in Onder-Sabie my bespreking vir volgende jaar gedoen. 26 Apr - 10 Mei in Krokodilbrug en 11 - 25 Mei in Onder-Sabie.

Gaan u nie noorde besoek nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun, 2021 @ 20:38:13 pm
pieterc
Gold Member
37% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 10 Mar, 2015

11 tot 17 Mei in Onder Sabie, ons eerste verblyf hier.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun, 2021 @ 20:55:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Lower Sabie bly maar lekker. Foto...1ste week in Mei 2021

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun, 2021 @ 22:13:07 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1544
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Gaan u nie noorde besoek nie?

U klink formeel.tongue-out

Nee, ek het vir lank die suide vermy en geniet dit nou tot só 'n mate, dat ek besluit het vlg jaar is 'n slag tyd vir die suide. Onder-Sabie is tans 'n wenner. Vanaand ons 4de aand hier en 'n addisionele 4 aande lê voor. Dan nog 7 aande in Krokodilbrug.

Maar die noorde het sy eie bekoring.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun, 2021 @ 22:17:27 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1544
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

11 tot 17 Mei in Onder Sabie, ons eerste verblyf hier.

Pieter - klink my dan gaan ons mekaar "raak kamp" in Onder-Sabie. Ons is ook daar (altans 'hier' waar ons tans is) vanaf 11 Mei en vertrek 26 Mei.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun, 2021 @ 03:19:38 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

11 tot 17 Mei in Onder Sabie, ons eerste verblyf hier.

Pieter - klink my dan gaan ons mekaar "raak kamp" in Onder-Sabie. Ons is ook daar (altans 'hier' waar ons tans is) vanaf 11 Mei en vertrek 26 Mei.

Sover gaan ek julle raak kamp, maar dink daaraan om bietjie te verander....ons het dit baie by Berg en Dal geniet en sal n paar dae soontoe wil skuif

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun, 2021 @ 07:25:19 am
REAList
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 211
Joined: 11 Aug, 2015
Experience: 27 years

Klaar geboek vir die hele Mei 2022.

Junie 2022 besprekings maak eers 28 Julie oop - hulle doen dan die Jun & Jul besprekings saam agv skoolvakansie.

Tans hier vir 15/29 dae - geniet dit.

Weer bietjie koud maar nie soos op die hoëveld nie  

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun, 2021 @ 13:01:01 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1274
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Maggies, lyk my ek gaan vir Geert en vir Chris en vir Pieter by Laer Sabie kry. Ons kamp daar vanaf 13 Mei tot 17 Mei.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun, 2021 @ 20:30:07 pm
pieterc
Gold Member
37% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 10 Mar, 2015

Maggies, lyk my ek gaan vir Geert en vir Chris en vir Pieter by Laer Sabie kry. Ons kamp daar vanaf 13 Mei tot 17 Mei.

Onbeplande forum saamtrek smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun, 2021 @ 13:19:58 pm
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 18 Apr, 2016
Experience: 52 years

Chris, ek hoop jy lees dit. Die dag nadat jy weg is van Satara het ons op 11 leeus afgekom op die S 100 wat teen die pad vir lank vertoef  het.  BY Thendze het ons wilde honde asook 2 jagluiperds gekry. Ongelukkig kan ek nie die fotos laai nie Groete Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun, 2021 @ 08:10:40 am
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1544
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Maurits - tot dusver ontbreek die geluk ons nog wat die "special sightings" aanbetref. Lyk my ek voeter elke dag verkeerde rigting in. Maar daar is darem nog 'n week oor waartydens ek hulle kan kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun, 2021 @ 11:39:09 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Maurits - tot dusver ontbreek die geluk ons nog wat die "special sightings" aanbetref. Lyk my ek voeter elke dag verkeerde rigting in. Maar daar is darem nog 'n week oor waartydens ek hulle kan kry.

Ek dink die special sighting wat ons afgelope besoek gekry het was die krokodil wat n rooibok ram gevang het. Dit was op die brug by Lower Sabie. Selfoon fotos....nie baie duidelik nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun, 2021 @ 18:54:47 pm
pieterc
Gold Member
37% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 10 Mar, 2015

Wow...... baie spesiaal!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun, 2021 @ 19:09:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ander sighting wat ook spesiaal was, was die servet kat wat elke aand kom kuier het by Berg en Dal se heining

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul, 2021 @ 12:57:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het my bespreking by KNP bietjie verander en rondgeskuif. Ek het toe paar dae by Lower Sabie gekanseleer wat ek nie moes nie....nou is dit weg. As iemand hier 3-6 Mei 2022 in Lower het wat hy nie meer gaan gebruik nie, laat weet my asb

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul, 2021 @ 13:41:06 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2284
Joined: 31 May, 2014
Experience: 55 years

24 April - 4 Mei 2022 Laer Sabie. 

Besluit nog vir ander datums.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul, 2021 @ 15:07:14 pm
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2059
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

Ek het laas week vir einde Julie 2021 tot einde Augustus 2021 in Kruger bespreek. My eerste poging was so 80% van wat ek wou hê. Ek het nou net my suksess tempo aangeskuif na so 95%. Mens moet maar net wag vir kanselasies en bly by jou plan.

Laas jaar het ons party keer vir 2 weeke by een kamp gastaan. Dit het nie vir ons gewerk nie. Hierdie keer bly ons kort (4 nagte) by een kamp. Ons gaan ook meer fokus op die sateliet kampe. Die onbeskikbaarheid van krag is nie juis n' probleem nie. Die rustigheid maak dit oor en oor die mooite werd.

Dankie Danie SLK vir jou advies oor die timer op die inverter van die 220V yskas. Dit werk puik met die toets loopie hier by die huis!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul, 2021 @ 23:17:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het my bespreking by KNP bietjie verander en rondgeskuif. Ek het toe paar dae by Lower Sabie gekanseleer wat ek nie moes nie....nou is dit weg. As iemand hier 3-6 Mei 2022 in Lower het wat hy nie meer gaan gebruik nie, laat weet my asb

Ek het Krokodilbrug daai tyd in ruil

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul, 2021 @ 16:51:39 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2113
Joined: 19 Jul, 2012
Experience: 53 years

Dankie aan die manne wat hul Mei 2022 bespreking by Ondersabie gekanselleer het  -  ek het 7 dae daarvan dadelik gegryp : in 10/5 en uit 17/5.  Voor O/S is ons by Pretoriuskop en na O/S is ons by Berg-en-dal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul, 2021 @ 17:33:21 pm
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2059
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

Great Len. Dit bly ń lekker area. En baia populeer. Staanplekke net beknop en geen view nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul, 2021 @ 18:29:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Dankie aan die manne wat hul Mei 2022 bespreking by Ondersabie gekanselleer het  -  ek het 7 dae daarvan dadelik gegryp : in 10/5 en uit 17/5.  Voor O/S is ons by Pretoriuskop en na O/S is ons by Berg-en-dal.

Ek wag nou juis vir iemand wat dieselfde doen....loer maar kort-kort vir kanselasies. Ek het darem alternatief kon kry by Krokodilbrug en sien Skukuza het ook nog heelwat, maar sou verkies om by Lower Sabie te bly. 

Ek het juis vanmiddag vir Sanparks in Pretoria geskakel net om te hoor of ou bespreking nie hopenlik nog êrens hangende is nie, maar hulle het gesê hy is weg🥲

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul, 2021 @ 10:42:15 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek dink ek gaan my bespreking weer skuif....miskien maar na Junie maand, nog voor die skool vakansies. Ek sien my huidige bespreking van einde April / begin Mei het te veel vakansie dae in. Onlangse besoek het ek agtergekom dat daai dae baie dagbesoekers trek en nie altyd baie aangenaam is nie......dae buiten dit was hemels

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul, 2021 @ 06:29:42 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het my bespreking by KNP bietjie verander en rondgeskuif. Ek het toe paar dae by Lower Sabie gekanseleer wat ek nie moes nie....nou is dit weg. As iemand hier 3-6 Mei 2022 in Lower het wat hy nie meer gaan gebruik nie, laat weet my asb

Ek kon darem al die gekanseleerde dae weer terug kry. Nou moet ek finaal besluit wanneer...

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul, 2021 @ 20:05:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Is daar van julle wat eergister die rush moes meemaak om kampplek te kry vir Julie skool vakansie? Het jul gekry waarna jul opsoek was?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug, 2021 @ 06:31:41 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Maggies, lyk my ek gaan vir Geert en vir Chris en vir Pieter by Laer Sabie kry. Ons kamp daar vanaf 13 Mei tot 17 Mei.

Ek het nou finaal vasgemaak. Ek gaan julle manne nou ongelukkig mis kamp....het my bespreking geskuif na April

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug, 2021 @ 09:13:26 am
Bushbaby
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 207
Joined: 21 Jun, 2017
Experience: 37 years

Well I am trying again, and decided this time to concentrate only on 2 rest camps in the South and booked:

14 May B&D as stopover 1 night

 15 to 29 May Skukuza 14 nights

29 May till 11 June Satara 13 nights

11 June B&D stopover return home.

My wife and I love Skukuza ,the new Salati restaurant,4 directions to go viewing  ,nursery ,golf coarse  etc. We will  even see if we can spent a night sleeping in the new hotel on the bridge .

Well there is hoping

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Dec, 2021 @ 21:01:34 pm
pieterc
Gold Member
37% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 10 Mar, 2015

2022 will be our first time camping @ Lower Sabie and i can`t wait.

Can any of the regular / recent campers @ Lower Sabie please tell me if each stand has a braai and condition please. I do have a braai, but it is quite heavy and i don`t want to carry unnecessary weight around.

Thanks

Pieter

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec, 2021 @ 07:10:24 am
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1544
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Yes, each stand has a braai.

En terloops - ek het ons hele Kruger-bespreking (Onder-Sabie en Krokidilbrug) gekanselleer - inderwaarheid net nie die deposito betaal nie. Ons hoop om eerder vir ons kinders anderkant die water te gaan kuier. As Covid ons teen die middel van 2022 steeds verhoed om te gaan kuier, sal ons waarskynlik weer probeer om wildtuin toe te gaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec, 2021 @ 07:34:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

2022 will be our first time camping @ Lower Sabie and i can`t wait.

Can any of the regular / recent campers @ Lower Sabie please tell me if each stand has a braai and condition please. I do have a braai, but it is quite heavy and i don`t want to carry unnecessary weight around.

Thanks

Pieter

Lekker driepoot kudu braai wat mens kan rondskuif

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec, 2021 @ 15:20:17 pm
pieterc
Gold Member
37% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 10 Mar, 2015

Dankie Chris en Geert.

n Braaier wat kan rondskuif is altyd n "bargain" .

Chris, ek glo julle sal kan gaan kuier. Sonder om nou weer n ding te begin, dink ( hoop ) ek die groot Covid skrik begin kalmeer. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec, 2021 @ 15:33:03 pm
pieterc
Gold Member
37% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 10 Mar, 2015

Well I am trying again, and decided this time to concentrate only on 2 rest camps in the South and booked:

14 May B&D as stopover 1 night

 15 to 29 May Skukuza 14 nights

29 May till 11 June Satara 13 nights

11 June B&D stopover return home.

My wife and I love Skukuza ,the new Salati restaurant,4 directions to go viewing  ,nursery ,golf coarse  etc. We will  even see if we can spent a night sleeping in the new hotel on the bridge .

Well there is hoping

 

Skukuza is not to everybody`s taste, but we also enjoyed our stay there. In May the camp was packed and we ended up in full sun for a week but still enjoyed it. Enough options around the camp to explore and enjoy.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb, 2022 @ 09:43:49 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ons het besluit om Maroela kamp hierdie keer te los agv die min rigtings waarin mens kan beweeg vanaf kamp....bygevoeg by Satara

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb, 2022 @ 10:07:18 am
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1752
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Ons het besluit om Maroela kamp hierdie keer te los agv die min rigtings waarin mens kan beweeg vanaf kamp....bygevoeg by Satara

Satara is vir my 'n goeie roep kan redelik rond beweeg en wild nogal volop

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar, 2022 @ 13:49:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Early bird special 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar, 2022 @ 16:23:00 pm
sparky1
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 19 Sep, 2018
Experience: 8 years

Ons het ook besluit op n wille tuin die jaar. klaar geboek en lus vir kamp. 19,20 maart by malelane sat kamp en dan 21-28 maart berg/dal. die bos roep ons. bietjie die foon af sit en kop skoon maak. sien julle da

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar, 2022 @ 16:45:40 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2113
Joined: 19 Jul, 2012
Experience: 53 years

Adriaan, ek het op FB gesien diefstal van kampitems het ook by Malelane-kamp plaasgevind.  Sorg maar dat julle goed behoorlik weggesluit is.  Ek kamp daar op 1Mei vir die eerste keer en sal graag wil hoor hoe het jy dit ervaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar, 2022 @ 07:04:49 am
sparky1
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 19 Sep, 2018
Experience: 8 years

Adriaan, ek het op FB gesien diefstal van kampitems het ook by Malelane-kamp plaasgevind.  Sorg maar dat julle goed behoorlik weggesluit is.  Ek kamp daar op 1Mei vir die eerste keer en sal graag wil hoor hoe het jy dit ervaar.

hi dis 100 baie dankie. ek het ook gehoor van die diefstalle maar het gehoor van skukuza en laer sabie. dis ook ons eerste keer by malelane en sal graag terugvoering gee. dit is dalk n lekker onderwerp om te bespreek, die diefstalle in die KNP. ek dink dis die werknemers daar, nie gaste nie. maar dit daar gelaat. ons sal maar fyn dop hou, dankie vir die info.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar, 2022 @ 09:35:01 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2113
Joined: 19 Jul, 2012
Experience: 53 years

Malelane-satelietkampie :

Die polisie-ondersoekbeampte wat die Ondersabie diefstal ondersoek, het die slagoffers daar vertel van die onlangse diefstal by Malelane-kamp.  My raaiskote : (1) Dis 'n sindikaat wat in 'n gelokaliseerde gebied (die suidelike kampe) bedrywig is. (2) Dis twyfelagtige tipe "kampeerders" wat by twee of drie kampe tuisgegaan het met die doel om te steel (3)  Ek twyfel, maar as dit personeel is moet dit rondreisende personeel (instandhouding/aflewerings) wees.  In aldrie hierdie moontlikhede moet 'n voertuig by die punt van diefstal beskikbaar wees omdat om rond te loop met 'n ysmasjien of vrieskassie vol vleis is darem te opvallend.

Nog 'n raaiskoot : Krokodilbrug en Pretoriuskop is die volgende teikens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar, 2022 @ 09:59:22 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2113
Joined: 19 Jul, 2012
Experience: 53 years

Diefstal by kampeerterreine in KNP :-

Nou wonder ek, miskien moet ek my dash-cam binne-in die Exclusive by 'n venster wat op die tent/rally uitkyk, monteer.  Dit het 'n wyehoek-lens en sal alles afneem wat onder die rally aangaan !

Jammer vir die vrot foto, maar alles refekteer as ek die foto van buite af neem.

Wat sê julle ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar, 2022 @ 10:16:02 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Malelane-satelietkampie :

Die polisie-ondersoekbeampte wat die Ondersabie diefstal ondersoek, het die slagoffers daar vertel van die onlangse diefstal by Malelane-kamp.  My raaiskote : (1) Dis 'n sindikaat wat in 'n gelokaliseerde gebied (die suidelike kampe) bedrywig is. (2) Dis twyfelagtige tipe "kampeerders" wat by twee of drie kampe tuisgegaan het met die doel om te steel (3)  Ek twyfel, maar as dit personeel is moet dit rondreisende personeel (instandhouding/aflewerings) wees.  In aldrie hierdie moontlikhede moet 'n voertuig by die punt van diefstal beskikbaar wees omdat om rond te loop met 'n ysmasjien of vrieskassie vol vleis is darem te opvallend.

Nog 'n raaiskoot : Krokodilbrug en Pretoriuskop is die volgende teikens.

Steel hulle deur die dag as die mense uit is op wildsbesigtiging of in die aande as kampeerders slaap?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar, 2022 @ 10:54:21 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2113
Joined: 19 Jul, 2012
Experience: 53 years

Die gevalle ter sprake was almal gedurende die dag wanneer toeriste op wildritte uitgery het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar, 2022 @ 11:00:23 am
sparky1
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 19 Sep, 2018
Experience: 8 years

Die gevalle ter sprake was almal gedurende die dag wanneer toeriste op wildritte uitgery het.

en dit maak dit regtig moeilik want mens moet dan soveel wegpak net om n ent te gaan ry. as hulle yskaste en stoelle steel, wat keer hulle nie om tafels en gasbottels te steel nie. en ons dog die ape is n probleem...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar, 2022 @ 11:10:41 am
Proffie
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 04 Aug, 2017
Experience: 32 years

Malelane sateliet kamp sit teen die Krokodil rivier regoor Mhlati suiker plaas.

Die rivier in daardie deel loop redelik laag en dit is geen probleem om met 'n voertuig oorkant te parkeer, deur te loop en te vat en te kom laai nie.

Dit kan mense van buite wees. Vroeër toe ek nog gewerk het, was die sekuriteit op die plaas oorkant die rivier van Malelane kamp, baie goed. Verstaan dis nou maklik om by die plaas in te kom van Malelane se kant af.

So, buite betrokkenheid daar nie uitgesluit nie, so ook nie 'inside job' (personeel) nie.

Onder Sabie is groot genoeg om personeel wat rond beweeg en goed dra, mis te kyk. Daar is ook baie wegsteekplek. Grootste moontlikheid is 'n 'inside job'

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 3