Julle praat nou van KFC ....
Tydens die tyd waar ek 'n maatskappy bedryf het wat vervoerbande vir die Voedselbedryf verskaf het, het ek met 'n spesery maatskappy gewerk wat die opdrag gekry het om die smaak van die KFC hoender te verander, sonder om die mark daarvan in kennis te stel - blykbaar is sulke veranderinge groot geheim!!!😉
Wil jy dit glo dat hierdie maatskappy dit binne 3 weke glo reggekry het om dit wel te kan bemagtig ..... die huidige speserye is stelselmatig verander na die nuwe - bietjie minder van hierdie, bietjie meer van daardie - totdat die spesery in geheel verander is.
Ek is nou nie so 'n groot ondersteuner van die produk nie, maar ek het wel daarvan geeet en kon nie werklik sê wanneer wat verander was nie, maar, het in werklikheid van die nuwe smaak gehou (dink ek!!).
Dis egter nie juis iets nuuts nie ... ons het 'n soortgelyke ondervinding gehad met Sigaret vervaardiging waar 'n sekere tabak wat moeilik bekombaar was, stelselmatig verander is na meer bekombare blare ...... en niemand het dit agtergekom nie. Wys jou!!