English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 604
Total Replies: 253 803
Total Views: 83 281 383
topics: 11 619
replies: 139 836
views: 39 360 331
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

KEUSE VAN SLEEPVOERTUIG

replies: 3
views: 6234
09 Oct 2003
Anonymous
Ek oorweeg om vir my 'n Camry 200SI (1995 {160 000km})aan te skaf om my karavaan (1989 Sprite Swift) te sleep. 'n Persoon wat saam met my werk het egter aanbeveel dat ek eerder kyk na die 220 aangesien hy dieselfde karavaan met beide voertuie gesleep het en die 220 baie meer krag het. Volgens hom het hy tydens 'n rit vanaf die kus terug na Pretoria, bykans in 1st rat moes ry om die steiltes baas te raak. Die spesifikasies van die voertuie volgens handleidings is soos volg:
200 = "torque:170nm @ 4400r/min"
"power: 93kw @ 5600r/min
220 = "torque:186nm @ 4400r/min"
"power: 97kw @ 5600r/min"
Uit bogenoemde blyk daar nie so drastiese krag verskil te wees nie, volgens my beperkte kennis. Ek sal dit waardeer as daar enige lesers is wat vir my meer inligting hieroor gee. Brandstofverbruik tydens sleep sal ook waardeer word.
Ek stel ook baie belang in die Maxima 300 of die Mazda 626 (2ltr of 2.5I v6). Ek besef dat laaste voertuie swaarder op brandstof sal wees, maar volgens inligting veskaf is die Maxima se verbruik baie goed. Die voertuig sal ook vir alledaagse gebruik (50kilometer)gebruik moet word. Ten laaste wil ek net byvoeg dat ek slegs na handrat modelle kyk aangesien ek nie 'n groot liefhebber is van outomatiese voertuie is nie. Enige inligting sal waardeer word, of waar sleeptoetse verkry kan word.
Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2003
Mark
Platinum Member
14% Profile Strength
Posts: 329
Joined: 13 Aug 2002
Die krag verskil tussen die Camry 200 en 220 masjiene is minimaal, maar daar bestaan wel 'n 10% verskil in draaimoment (torque) wat 'n verbetering in sleep vermoe met die 220 enjin teweeg sal bring, asook ten opsigte van brandstof verbruik.

My mening is dat albei hierdie voertuie geskik is om die Sprite Swift te sleep met gemak. Die feit dat die voertuig reeds 160 000km gery het is egter 'n bron van kommer. Maak seker dat jy die voertuig goed nagaan en ook moontlik 'n kompressie toets op die enjin laat uitvoer.

Ek het ongelukkig nie brandstof verbruik syfers vir die Camrys nie, maar jy kan verwag om ongeveer 40-50% meer brandstof te gebruik onder sleep toestande (afhangende van spoed, bestuurstyl, gewig ens.)as wat die fabrieks spesifikasie sal wees.

Die verhaal deur 'n kollega dat hy 1ste rat moes gebruik om bulte uit te ry klink vir my na 'n uitsondering en kon deur verskeie redes veroorsaak word, onder andere die volgende; 'n Sterk kop wind, brieke wat gebind het, stadige verkeer voor, oorbelading of enjin krag verlies ens.

Indien jy 'n keuse wil uitoefen tussen die Nissan Maxima en die Mazda 626 sou my persoonlike keuse op papier beslis die Nissan wees. My inligting uit 'n goeie bron is dat die 2,5 V6 motor van Mazda/Ford verskriklik duur is om reg te maak en omdat hy nou reeds lang in die tand is, sou dit vir my te groot 'n risiko wees om so tweedehandse voertuig aan te skaf. Die motor is ook bekend daarvoor dat hy baie swaar op brandstof is.

Neem asseblief kennis dat ek hiermee net my persoonlike kennis en ervarings uitspreek, en dus verwelkom ek enige kommentaar wat my menings bevestig of andersinds verwerp.

Groete

Mark Lowe
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2003
Anonymous
Hi Eugene
I have a Gypsey 4B that I tow with a 2.8 Cressida
but now and then I use my company 2.2 Camry. The Camry is a fantastic tow vehicle and using 4th gear you would get about 17l/100km towing at 95 - 100km/h. Without the van better than 10l/100km. I have used the 2l Camry and the difference on the road equates to 30-40% more performance
from the 2.2 with a better consumption. The only problem is the rear suspention is a little soft but then again I have never achieved less than 95kg nose weight on the 4B. I have also towed with the Maxima 300e(manual) and the consumption was very close to the 2.2 Camry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2003
Anonymous
Eugene laat ek jou gerus stel en se dat as daardie Camry n volle diensgeskiedenis het jy hom maar toe o kan koop. Camrys is bekend daarvoor om baie hoe myle sonder probleme te hardloop. Ek ry tans my 2de 300 en het vroeer n 2.2 gehad.my 1ste 300 het 290 000 km gedoen sonder probleme. Beide voertuie sleep soos n droom en brandstofverbruik is billik vir die grootte van die motor. n Toyota Camry is regtig die arm man se Merc in my oe en ek sal nie sommer weer n ander voertuig ry nie. Dink ook aan herverkoopwaarde en dan sal die Mazda en Nissan vinnig uit die bus val. Maar ek herhaal- daai motor moet n volle diensgeskiedenis he. Lekker koop en lekker kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za