Ek het vanoggend twee oorspronlike Jurgens tafels met ou Afrika kaart op opgespoor, op hulle staan Jurgens kenteken en Kennis Karavane.
'N ou kamper wat 2 jaar gelede oorlede is, se sy seun het alles nou al verkoop, ek het na multi room gaan kyk, want ek soek nog 1, in die man se gerage hang die 2 tafels soos nuut.
Lag maar vir my, maar ek was so opgewonde soos 'n kind toe ek die toestand sien, absoluut foutloos, die alluminium is soos dit maar met tyd verdof, maar die blad is spotless, nie eens gekrap nie.
Dit was vir buite gebruik gemaak, want die poot verstel en die "noord" van die blad, haak netjies en stewig in die extusion vas.
Plaas vir ons 'n foto asseblief !
Was someone not desperately looking for one of these on te forum a little while ago?
Here is the link to the other thread.
Click this link. http://www.caravanparks.com/35?forumaction=1&loadcategory=1027&loadpost=2564&highlight=jurgens%20table#ForumsAnchor
Johann hulle lyk baie mooi.
Dis nou die tafels waarna ek opsoek is. Ai kon dit maar nie ek gewees het wat op hulle afgekom het nie.
Johann jou gelukkige................ ja gelukkige................. enjoy. Sal eerder niks verder sê nie.
Sal maar soek dalk eendag is ek ook gelukkig.
Leon, kry my e-pos by admin, dan kan ons praat, ek het 2 maar wil net een hou.
Daar is sterk moontlikheid dat ek more (17 Sept) Boksburg toe gaan, indien so sal ek ingeveer 10 of 11 uur by Bell in No. 1 Griffiths rd wees.
Ek het R150.00 elk betaal, en soek geen wins op dit nie.
Johann dankie het jou oproepe gemis. Sal weer netnou terug skakel.
Kyk daar is verseker goeie mense in die land van ons. Het nou net met Johann op "Whats-up" gepraat. Hy het een van die tafels vir my gegee.
Johann net om jou goeie hart aan almal te toon wil ek net hier baie dankie sê vir die tafel. Ek waardeer dit opreg. Sê net waar en hoe, dit is nou my beurt om 'n klip uit jou pad te rol.
Jy's die beste! ! ! ! ! !
Leon, dit is net 'n plesier, hoop daai tafel gee jou baie jare se gebruik. Ek gaan myne se poot moet verleng, hy is bietjie kort vir die Penta, maar ai hy is mooi.
Ek sal myne nog pas en kyk. My Pa het jare terug die poot verleng deur 'n "net net" dikker pyp bo oor die bestaande een te druk wat veskeie gaatjies in gehad het en dan 'n pennetjie deur gedruk.
Deesdae is daar gemakliker metodes ek wil net nie sommer aan die bestaande poot peuter nie. Sal maar sien wat ek gaan maak.
Myne se poot is 18mm round bar, ek gaan kyk vir stukkie pyp van 19 of 20mm en dan 'n moertjie aansit met boutjie wat hom vas druk op lengte soos nodig. Die een van jou het verstelbare pooitjie, jy kan dalk makliker regkom met 'n klein modifikasie.
Regso Johann sal na hom kyk. My broer het geraporteer hy het hom opgetel by Comet. Weereens dankie.
Leon, het jy al jou tafel getoets, myne moet ek mooi ballanseer, hy is so bietjie los in die extrution. Al gedink ek moet iets aan die plaat se wand sit wat dit so 1mm dikker maak.
Johan ek is gelukkig. Het nog 'n stukkie van die oorspronklike aluminium extrution wat gebruik was om hulle oorspronklik aan te haak. Jy moes die tafel se weg kant so effe laatsak dan hom in haak en as jy die wegkant oplig tot waterpas kan hy nie uit haak nie.
Die sal ek nou eers kan prakseer as ek terug in SA is.
mense maar bring daai tafels memmories terug
Ai Leon, en ek was vandag in Boksburg by Comet, ek sal bietjie kyk as ek weer in JHB kom vir so stuk van daai extrution. Ek het ook oorweeg om vir my so adaptortjie te maak wat ek op die tafel kan gebruik, solank mens die goed op hom mooi pak staan dit stil, maar ek het mos so klein wille wragtigie wat ek altyd saam vat.
My kleinseun leef vir kamp saam oupa.
Nico, ja ou name en mooi paaie
Johann as Comet nie het nie probeer Benoni Caravans ook.
Sal hulle probeer dankie Leon.
Ons het baie jare gekamp met Jurgens karavane met daai tafels in. Kpffie en beskuit op daai tafels was vakansie
Kon nie regte extrusion kry vir my tafel nie, toe verander ek die pote om dit 'n stand alone te maak.
Hy lyk mooi Johann.
Ek het nou die dag bo in my motorhuis se balke laat reg pak en op 'n ou tafel af gekom wat ek in my eerste karavaan gehaad het. Ek gaan net 'n ander blad moet opsiten dan kyk of ek 'n kaart kan kry en hom op 'n manier vasplak op die tafel en dan met iets seel sodat hy mooi bly.
Dalk iemand kry om 'n kaart op vynal te print die dan op plak en dan seel, ek dink die tweede opsie sal betar werk.
Johan, dit het my baie lank gevat om die pote te verander, wou graag oorspronklik hou, maar, ek berre die poot en "haak" wat af kom. Nou kan ek dit beter benut.
Herman, ek het 'n ander ou tafel se toe vou pote gevat en net die Jurgens tafel se poot af gehaal en stoor dit nou. Die mooi tafel kan nou alleen staan. Baie maklik moes net 'n middelpunt vir balans meet en gou vas sit
Te danke aan Johann het ek ook so tafeltjie.
Hier is hy nou standaard uitrusting vir Krip Varkie.
Johann jy moes net gepraat het oor die "extrusion" hier by NFM in Pretoria is baie.
Dankie Leon, ek het bietjie op geslip, maar nou staan die tafeltjie lekker.
Moes jy joune se poot verander, of het dit gewerk soos dit was. Lyk baie mooi by Krimpvarkie.
Herman, wou nog byvoeg, as die tafel se pote in gevou is, vat dit min plek en dan kan die tafel op geslaan ook nog op die toe pote staan.
Jammer, ek hoop jy kan op die foto die lip sien wat keer dat pote te ver oop maak, en dus as stut dien.
As jy wil, kan ek nader foto plaas.
Hy werk selfde soos ek hom gekry het met net 'n langer pypie om te verstel. Het ook net die ketting waaraan hy gehang het as hy gestoor was afgehaal.