English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 522
Total Replies: 252 732
Total Views: 83 244 871
topics: 11 571
replies: 139 178
views: 39 340 555
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Jurgens Fleetline

replies: 3
views: 4588
15 Jul 2004
Anonymous
Ek is die trotse eienaar van 'n 2004 Fleetline. Ek voorsien een probleem en dit is dat die woonwa net met 220V krag uit gelê is met 'n afbraak na 12V vir die ligte. Kan iemand my meer inlig hoe om te werk te gaan om 'n battery pak te installeer vir 12V krag om ten minste net die ligte te laat werk ten tye van 'n krag onderbreking.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2004
Prof
Moon Member
14% Profile Strength
Posts: 821
Joined: 14 Jul 2003
Die jongste Fleetline is, na my mening, een van die mooiste waens op die pad (self besit ek 'n 2003-model). Teleurstellend is egter die klompie fabrieksfoute wat ek sedert my aankoop in Des 2003 moes herstel. Ek wil nog die fotos wat ek daarvan geneem het na CI stuur. Dit daar gelaat.

My pa besit 'n nuwe- model Raven (werk ook net met elektrisiteit). Hy het 'n motorfietsbattery by 'n Willard-handelaar gekoop (en vir die handelaar mooi verduidelik wat hy daarmee wil maak) wat hy in sy wa geinstalleer het. Hy koppel leesligte ens daarop. Die battery word na afloop van elke kampgeleentheid op 'n "trickle-charger" gesit om te herlaai.

Dis dalk nie beste opsie nie, maar dit is volgens hom die goedkoopste. 
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2004
Anonymous
Hi Johan,
Ek het laas jaar op die PTA skou vir my 'n nuwe Sprite Swing gekoop, en ek het presies dieselfde probleem as jy en dit is dat die Swing ook net op elektrisiteit werk. Kan iemand dalk vir ons rede gee hoekom het CI weg beweeg van die battery pakke? Ek onthou my ou CI Sprite het op krag, battery, en gas(Yskas)gewerk.
Mooi bly
Chris van Niekerk
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2004
Mark
Platinum Member
14% Profile Strength
Posts: 329
Joined: 13 Aug 2002
Johan,
Volgens die spesifikasies is die Fleetline die enigste model van die Jurgens reeks wat nie met 'n battery en laaier toegerus is. Benewens die ligte, werk die water pomp ook met 12V.

Daar is egter verskeie maniere om 12V krag reserwes te voorsien, waarvan die maklikste behoort te wees die installering van 'n battery en laaier soos per die ander modelle, bv. Penta ens.

Indien die bedradings "harness" gemeenskaplik tot alle modelle is behoort hierdie taak nie moeilik te wees en sou ek voorstel dat jy die handelaar nader vir kostes (sal nie goedkoop wees) en verdere inligting.

Sou die voorsiening van die bedrading nie daar wees, sal jy 'n eiesoortige stelsel moet installeer met modifikasies aan die bestaande bedrading.
Sonder om die bestaande uitleg te sien, is dit nie moontlik om oor hierdie forum akkurate advies te gee nie.

Groete

Mark Lowe
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za