English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 529
Total Replies: 252 793
Total Views: 83 248 674
topics: 251
replies: 3 857
views: 97 293
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Jurgens Fleetline 2014 Grondpad

replies: 9
views: 239
30 Aug 2020 @ 17:49:15 pm
Mareiks
New Member
37% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 12 Jun 2019

Enige raad om 'n Jurgens Fleetline 2014 meer grondpad vriendelik te maak. Ons boer 25km uit dorp...25km van vreeslike slegte grondpad. Teen die tyd dat ons op die teerpad kom is alles uitmekaar geskud. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2020 @ 17:55:05 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Yep 😊, en die pad van Bfn na De Wet's Dorp is ook vol gate.

Los hom by iemand op die dorp.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2020 @ 18:35:59 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Daar is ongelukkig niks wat jy kan doen om die wa meer grondpad vriendelik te maak nie.

Al hoe jou wa heel gaan bly is om nie vinniger as stapspoed te ry nie….so dit gaan jou omtrent  2 uur 30 minute neem om tot by die teerpad te kom of terug by die huis.

Die ander opsie is soos wat Jin voor gestel het om die wa op die dorp te stoor.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2020 @ 07:27:15 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17416
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dis altyd lekker om jou wa by jou te hê.....veral as jy spasie het soos jy wat op n plaas bly. In jou geval sal ek die Fleetline vervang met iets wat die punch kan vat....off roader. Jy kan selfs iets soos n gravel roader kies.....afhangende hoe rof die grondpad is. Om wa in dorp te los gaan jou baie ekstra km uitwerk net om naweek weg te gaan......as jy wa by jou huis wil pak is dit n 50km trip en aflaai weer 50km.....totaal ekstra 100km slegte grondpad trip per wegbreek.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2020 @ 08:52:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

My karavaan het 30km van my afgestaan omdat ek nie aanvanklik plek gehad het by my huis nie. Dit is maar iets wat jy bestuur en waaraan jy gou gewoond raak.  Dus stel ek ook voor dat jy die wa op die dorp gaan stoor.  Twee redes:

  • Die wa gaan baie langer hou en sy waarde behou, want grond pad is 'n baie groot nee nee vir 'n pad karavaan.
  • Die wa gaan baie skoner wees vir die kamp trippie.

Ek het die wa gaan haal, hom skoongemaak, gepak en dan met die kamp vertrek.

Met die terugkom slag het ons die wa op sy stoorplek gaan stop net die klere en bietjie orige kos weer uitgehaal en in die voertuig gesit en huis toe gery.  Julle sal  maar net die klere en kos met die kamp slag in die wa moet gaan sit.

Mens raak gou gewoond aan die prosedure.  Op die lang duur gaan jul beter baat deurdat die wa nie beskadig raak nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2020 @ 14:34:35 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek kan vir julle reël of help met iemand op die dorp.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2020 @ 14:36:53 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom hier op die forum.

Het vergeet.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2020 @ 17:21:41 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1590
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Het self erge skade opgedoen met omwee tydens padwerke van ongeveer 7-8 km en myself belowe om ver weg van grondpad met slaggate en slote te bly,Oorweeg gerus die dorp opsie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 09:36:15 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Welkom en ja daar is nie veel wat jy op die wa kan doen nie sterkte met jou besluite

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2020 @ 16:27:31 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 875
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ek blaas wiele af to so 1 bar as ek op grond moet ry.   dit help bietjie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za