Jurgens Fleetline : 2011 Autumn Edition : No 12 van 120.
Te Koop
Weens my gesondheidstoestand is ek genoodsaak om ons geliefde Fleetline Autumn van die hand te sit. Die Fleetline is ‘n Limited Autumn Edition en in n uitmuntende toestand. Onlangs gediens en nuwe bande opgesit. Dit het Ewiks movers wat ook onlangs deur Ewiks in Durban gediens is.
Dit het n dubbel hooftent met n rally tent wat gemaak is om almal aanmekaar te rits. Dan het dit ook n ekstra afskorting (deur Jurgens gemaak) wat binne in die hooftent kan opslaan om n aparte kamer te vorm. Dit het n grondseil spesiaal gemaak om vanaf die karavaan se deur, deur die twee hooftente tot aan die einde van die rally as een stuk te lê.
Dit het n driewiel (groot wiele) jockey wat verhoed dat dit in die sand met die movers vasval. Dit het ook n rearview kamera. Dit het ook n aparte 12 volt ligte sisteem met LED ligte wat die hele karavaan verlig tydens “load shedding”.
Die karavaan het al die normale toebehore insluitend breekgoed en alles wat as normale toerusting daarmee saamgaan.(ook n spaarwiel). Binne is ook heelwat ekstra proppe aangebring wat ekstra gemak verseker. Dit kom saam met n straightliner stabiliseerder.
Lisensie is reeds betaal tot einde Desember 2021. Die rally het n voorkant wat driekwart van die rally voor toemaak en net n deurgrote oop is. Dit is gemaak van 90% beige skadunet en baie handig om koue wind van voor af te keer as net die rally met sy sykante opgeslaan word. Wanneer ons nie kamp nie word hy in n vliegtuigloods parkeer wat hom teen alle elemente beskerm. Die karavaan is soos n baba opgepas en sal vir sy volgende familie groot plesier verskaf.
PRYS IS R180000.00 en omdat dit reeds billik en laer as sy normale prys is is dit ongelukkig nie onderhandelbaar nie. Dit is geprys om te verkoop!!!!! Voordat ek van gedagte verander.
Piet Goosen.
0827717616
Dankie aan Geert en Leon wat namens my baie hulp verleen het. Dit maak die forum so waardevol dit voel soos n familiebesigheid. Ek se weer dat ek ons Fleetline verkoop as gevolg van my gesondheid (Kolonkanker graad 4 ) en dat ek nie van plan is om hierdie forum te velaat nie. Ons doen die karavaanvakansies sedert 1974 en sal daarom altyd daaraan verbind wil bly.
Nogmaals baie dankie aan almal se bystand en ondersteuning en ernstige gebede in hierdie moeilikke tyd.
Ek is seker daarvan dat hierdie wa gaan baie vining 'n nuwe eienaar kry.
Ek het dieselfde wa…..nommer 16 en ssal hom nie verruil vir 'n ander een nie.
Baie sterkte met die gesondheid en onss dra jou op in ons gebedee.
Hel, dis n baken, ek hou van die 3 x tente.
Dan kan ek die koekies wat op die bed lê kom haal asb.
Sterkte en Sy hoër Hand ✋ sal met julle wees.
Aiii, jammer om te hoor van die gesondheid, hoop alles gaan sommer vinnig weer regkom. Ek glo dat julle weer n ander geliefde ontspanning-metode sal vind.
Dit lyk asof die uitleg lank beplan en opgebou is, pragtig!
Darem al heelwat likes gekry op fb......mense hou van die karavaan
Hulle moet koop, nie like nie...
Iemand het die advertensie op facebook gesien. Hy is van Kimberly maar hou vakansie hier in Margate. Hy kom vandag kyk.
Het die info ook aangestuur.
Vir hulle gese. If you snooze you will loose.
Iemand het die advertensie op facebook gesien. Hy is van Kimberly maar hou vakansie hier in Margate. Hy kom vandag kyk.
Hoop regtig die wa word vinnig verkoop.
Iemand het die advertensie op facebook gesien. Hy is van Kimberly maar hou vakansie hier in Margate. Hy kom vandag kyk.
Ek het dit omtrent op 30x verskillende kamp facebook blaaie geplaas. Die terugvoering is oor algemeen baie positief. Ek dink wel die feit dat karavaan in Uvongo staan en meer potensiele kopers in Gauteng het wel n invloed, maar glo hy sal gou nuwe voete kry.
Baie mense stuur ook bemoedigende boodskappe aan oom.....siende dat oom groot liefde in die wa het
Daar was egter een facebook kampgroep wat so bietjie meer as n jaar bestaan en deur 2x vrou mense bestuur word wat eers sarkastiese opmerkings gemaak het hoekom ek nie liewer die karavaan op hulle opesisie se blad waar ek meer by betrokke is adverteer nie. Ek het egter vir hulle genoem dat ek reeds het. Daai 2 vrou mense het toe die advertensie verwyder en vir my boodskap privaat gestuur en genoem het dat hulle dink ek is besig met iets onderduims. Ek het hulle na hierdie forum draad verwys, maar nie gehelp nie. Na onder onsie het ek hulle gevra om my van hulle groep te verwyder, want ek het daar aangesluit om lekker oor kampeer te gesels en nie deur hulle kinderagtigheid gemanupileer wil word nie. Ek is nou van die groep afgegooi. Ek was stom geslaan deur daai 2x dames se kinder agtige optrede.....gelukkig bied die lewe meer keuses en het nie hulle kinderagtigheid nodig nie

Wie is die groep?
Sjoe, Geert het nie gedink jy sal ooit van n groep afgegooi word nie en dit deur 2 x "dames". Duidelik hulle verlies. Soos die engelsman se" some are wise and some are otherwise"
Ai Geert baie jammer om te hoor dat jy nou die onsmaaklikheid moes deurmaak deur my te help. Jammer man maar dit is beslis n verlies vir hulle. Verseker het hulle hierdie keer die pot totaal mis gesit en dit doen hulle forum meer skade as goed.
Neels en sy broer en hulle vrouens(van Kimberly) was vandag hier by my en hulle het die karavaan gaan besigtig in die vliegtuigloods waar hy staan. Hulle is regtig beindruk en het geen fout te vind met die karavaan nie. Hulle gaan nou hulle geldsake uitsorteer omdat die karavaan se prys bietjie bokant hulle budget is. Hulle sal seker more laat weet van hulle besluit.
Geert, vertel ons nog,,,,,,
Ek het dit omtrent op 30x verskillende kamp facebook blaaie geplaas. Die terugvoering is oor algemeen baie positief. Ek dink wel die feit dat karavaan in Uvongo staan en meer potensiele kopers in Gauteng het wel n invloed, maar glo hy sal gou nuwe voete kry.
Baie mense stuur ook bemoedigende boodskappe aan oom.....siende dat oom groot liefde in die wa het
Daar was egter een facebook kampgroep wat so bietjie meer as n jaar bestaan en deur 2x vrou mense bestuur word wat eers sarkastiese opmerkings gemaak het hoekom ek nie liewer die karavaan op hulle opesisie se blad waar ek meer by betrokke is adverteer nie. Ek het egter vir hulle genoem dat ek reeds het. Daai 2 vrou mense het toe die advertensie verwyder en vir my boodskap privaat gestuur en genoem het dat hulle dink ek is besig met iets onderduims. Ek het hulle na hierdie forum draad verwys, maar nie gehelp nie. Na onder onsie het ek hulle gevra om my van hulle groep te verwyder, want ek het daar aangesluit om lekker oor kampeer te gesels en nie deur hulle kinderagtigheid gemanupileer wil word nie. Ek is nou van die groep afgegooi. Ek was stom geslaan deur daai 2x dames se kinder agtige optrede.....gelukkig bied die lewe meer keuses en het nie hulle kinderagtigheid nodig nie
Geert stuur 'n Whatsup wat is die groep se naam. Wil weet want so iets wil ek ook nie deel van wees nie.
Neels ( van Kimberly) het so pas na my teruggekom. Hulle het hul bes probeer om die ekstra kontant in die hande te kry wat hulle kortkom om die karavaan te koop voordat hulle Saterdag teruggaan Kimberly toe. Ongelukkig kon hulle nie ekstra bedrag in die moeilikke ekonomiese tyd bymekaar kry nie.
So hulle koop is af en die karavaan is weer oop vir enigiemand. Ek dink Geert is reg as hy se dat die karavaan vinniger sou verkoop as hy nie hier aan die Natalse suidkus gestaan het nie. Daar is n ernstige koper in Robertson Wes Kaap maar die afstand bly nog n probleem. Ons wag maar weer die regte baas sal wel opdaag.
Yep, gee net kans, alles gebeur met tyd.
Sterkte
Sterkte met gesondheid die karavaan sal vinnig n nuwe eienaar kry
Baie dankie vir almal se terugvoer en seenwense met my gesondheid. Ek kom so pas van my 4de chemo sessie af. Die onkoloog is meer as tevrede. Ek het met kankermerker van 292 begin. Gister se bloedtoets het n merker van slegs 7 gemeet. Dit bevestig net dat die behandeling werk. Ons dank ons Hemelse Vader hiervoor en ook almal wat gebede opgestuur het. Dit het beslis voorkeur aandag gekry. Nogmaals dankie aan almal van julle.

Ag,, dis sommer wonderlike nuus. Sterkte met res van behandeling🙏🙏🙏
Baie dankie vir almal se terugvoer en seenwense met my gesondheid. Ek kom so pas van my 4de chemo sessie af. Die onkoloog is meer as tevrede. Ek het met kankermerker van 292 begin. Gister se bloedtoets het n merker van slegs 7 gemeet. Dit bevestig net dat die behandeling werk. Ons dank ons Hemelse Vader hiervoor en ook almal wat gebede opgestuur het. Dit het beslis voorkeur aandag gekry. Nogmaals dankie aan almal van julle.
Soe dis GREAT NUUS.
Prys ons Liewe Vader daarvoor! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! !
Iemand het die advertensie op facebook gesien. Hy is van Kimberly maar hou vakansie hier in Margate. Hy kom vandag kyk.
Kry oom nog navraag op die karavaan? Andersins afhaal en weer plaas op fb, dat hy vars bo is
Geert......
Ek dink jy moet dit maar doen, daar is min wat die agter blad lees.
Geert ek het gister weer n navraag gehad maar dit was van n plaaslikke ou wat by n vriend van die karavaan gehoor het. Ons het nie eers gaan kyk nie want hy wil nou die helfte gee en die res maandeliks afbetaal. My antwoord was dadelik nee.
Maar die navrae op die advertensie het opgedroog. Almal wat gekontak het wil hom graag koop maar die finansies is nie reg nie. Dit is maar n moeilikke tyd en jaar. As dit nie te veel moeite is nie sal ek dit waardeer as jy hom dalk weer adverteer. Nogmaals dankie vir jou moeite.
Weer navrae gehad wat wil he ek moet die karavaan Gauteng toe bring vir besigtiging en as hy aan vereistes voldoen dan sal hulle koop. Ek kry tans Chemo en is nie instaat om nou die karavaan te sleep Gauteng toe nie. Ek glo as die regte koper ernstig is om so n karavaan in so n kondisie te wil koop, sal hy die afstand tot hier ry om n een maal in n leeftyd opgepaste karavaan te kom haal.

Stem 100%. Daar is ook soveel kans vatters.
Ja Hennie jy is heeltemal reg. Mens kan niemand meer vertrou nie. Dit is regtig jammer dat dit so moet wees.
Geert ek het gister weer n navraag gehad maar dit was van n plaaslikke ou wat by n vriend van die karavaan gehoor het. Ons het nie eers gaan kyk nie want hy wil nou die helfte gee en die res maandeliks afbetaal. My antwoord was dadelik nee.
Maar die navrae op die advertensie het opgedroog. Almal wat gekontak het wil hom graag koop maar die finansies is nie reg nie. Dit is maar n moeilikke tyd en jaar. As dit nie te veel moeite is nie sal ek dit waardeer as jy hom dalk weer adverteer. Nogmaals dankie vir jou moeite.
Sal hom so teen Donderdag weer vars opsit.....
Dankie Geert ek waardeer al jou moeite en hulp.
My seun van Pretoria kom oor die feestyd kuier. Hulle gaan weer vroeg Januarie terug Pretoria toe. Ek wonder maar by myself of dit nie dalk n goeie geleentheid is om die karavaan saam met hom te stuur Gauteng toe nie.Hy het n vriend in Pretoria met n groot afdak om hom onderdak te stoor. Die karavaan sal dalk meer aftrek kry as hy in Pretoria is. Wat dink julle?
Baie dankie aan almal wat die woord versprei het om my Fleetline te bemark. n Spesiale woord van dank aan Geert wat baie moeite gedoen het (en ook van onheilighede beskuldig moes word). Die karavaan is vanoggend verkoop aan n man van Pretoria. Hy het gereageer op een van Geert se advertensies. Ons was in gesprek en toe stuur hy n vriend van hom wat hier naby vakansie hou vanoggend om te kom kyk of alles waar is soos hy dit van die fotos kon sien. Die vriend was hoogs beindruk en het aan sy vriend verslag gedoen. Hy het my teruggebel en bankbesonderhede gevra om die geld oor te betaal. Hy kom Maandag van Pretoria af om die karavaan te kom haal.
Piet, bly en ook hartseer vir jou en Susan.

Piet, alles gebeur volgens "SY" tyd. baie bly vir julle. Sterkte vorentoe.
Ek stem saam met Jan Meyer.
Gelukkig het julle baie goeie herinneringe wat niemand van julle kan weg neem nie.
Baie sterkte voorentoe met die gesondheid.
Baie dankie aan almal wat die woord versprei het om my Fleetline te bemark. n Spesiale woord van dank aan Geert wat baie moeite gedoen het (en ook van onheilighede beskuldig moes word). Die karavaan is vanoggend verkoop aan n man van Pretoria. Hy het gereageer op een van Geert se advertensies. Ons was in gesprek en toe stuur hy n vriend van hom wat hier naby vakansie hou vanoggend om te kom kyk of alles waar is soos hy dit van die fotos kon sien. Die vriend was hoogs beindruk en het aan sy vriend verslag gedoen. Hy het my teruggebel en bankbesonderhede gevra om die geld oor te betaal. Hy kom Maandag van Pretoria af om die karavaan te kom haal.
Ek is bly PietG....geweet so n mooi opgepaste karavaan behoort vinnig n nuwe baas te kry. As n mooi opgepaste wa se prys reg is, is die R2000 brandstof wat die persoon gaan uithaal om wa te haal nie eintlik ter sprake nie. Stem saam met Jan Meyer....aan die ander kant is dit ook hartseer waar so n hoofstuk afgesluit word. Ten minste kan jy nog hier kuier en in n chalet in n karavaanpark inboek en saam met familie in die karavaan park kuier. Ook nog sterkte met die laaste gedeelte van behandeling
Sterkte met die totsiens se van jou pronkstuk Met groot Genade van BO moet ons glo dat die behandeling net so suksesvol sal wees
Sterkte,
Darm gaan die nuwe eienaar gelukkig wees.
Ons het vanmiddag, so op die ou jaar, afskeid geneem van ons karavaan. Die nuwe eienaar en sy vrou (van Pretoria) het vanmiddag die karavaan kom haal. n Deel van ons is saam met hom weg.
Piet, sterkte vir julle. Dit is weer nuwe hoofstuk in jul lewe. Ons gebed is dat julle net van vrede, vreugde en geluk in die hoofstuk skryf. Voorspoed en seeninge vir julle.