Arrie
Jy het twee nodig, die dakke is 2.4m en as jy die kant oorhang dakkies inreken (wat beter is vir die opspat) dan moet hy 8m wees.
So 2 x 2.5m x 8m en as jy voor nog so ekstra stukkie wil hê dan 8m x 3m
Tik bo in die "Title search" WilSur in dan sal jy al my inligting en wenke oor my Exclusive (2011 model) kry wat jou dalk kan help.
Hi, baie dankie maar ek soek ‘n grondseil só wou weet hoe groot ek moet kry?
Arra dit is presies wat Willem vir jou gee. Jy het 2 grondseile van daardie grootte nodig.
Ok jammer ek is nou met julle!😆 So die tent is dan +-2.5mt breed?
Dit sal my 1e keer wees met die Exclusief tent, voorheen kleiner waens gehad
Hi daar, Ek het 'n 6 x 8m op my woonwa, twee aanmekaar laat werk.
Hi Gus dnq sal dit kry
Dit is soos Willem noem raadsaam om die grondseil effe grooter te laat maak. Weens die klein varandas by elke venster loop die water van die dakkies af en spat modder op teen die hooftent se sykante.
As die grondseil effe groter is val daai water op die seil dan is die vuil spatsels baie minder teen die tent se sykante.
Dnki Leon
Ja dit kan ook werk maar om 'n 6 x 8m grondseil te was is nie 'n grap nie. Ek sukkel klaar om myne op te hang as hy gewas is.
SA Shade maak dit volgens jou mates.
Hier is so skuins foto waar jy die grond seile kan sien.
Ja dit kan ook werk maar om 'n 6 x 8m grondseil te was is nie 'n grap nie. Ek sukkel klaar om myne op te hang as hy gewas is.
SA Shade maak dit volgens jou mates.
Hier is so skuins foto waar jy die grond seile kan sien.
2 kleiner groottes sal maklik werk/hanteer.
Dankie manne, voorraad is ‘n probleem op die stadium, verval hier in Limpopo! Ek sal soek vir 2x, maar klink my standaard is hulle nie langer as 6mt só Sal moet bestel
Onthou "SA Shade maak dit volgens jou mates".