Ek het vandag fotos gesien van n persoon op Nelspruit wat karavane herstel waar krake voorkom op die onderstel se balke .Dit is die onderstel met die gate in die staal balke maw die breë balk tipe .Die krake is reg langs die wiele dit ontstaan waar boute die as vashou .En kraak dan dwarsdeur van bo tot onder .Is daar dalk iemand op die forum wat so iets ondervind het .Ek vermoed dit ontstaan nie net, dit is waar mense lelike paaie ry .Ek vra ,want wat snaaks is ,as dit n probleem was, sou hulle mos nie die nuwes ook dieselfde onderstel gegee het .Jin jy kan dalk ook hier inkom jy het n nuwe Classique en volgens wat ek gekyk het het die nuwes ook dieselfde onderstel .Ek vra want my Classique het ook die modulêre onderstel en ek het nog nooit so probleem gehad .
Willem....
Laat ek môre vir jou n foto stuur.
Stuur my jou no: 0agttwee vyf vyf drie seweagtviervier
Dra ook nie kennis van die as 'n algemene probleem nie. Ek vermoed dat daai wa op 'n baie slegte pad gesleep was, maar ja...................... hierdie is die eerste noem van sulke krake.
Mense met die tipe van onderstel moet nou maar gaan kyk en terugvoer kom gee. Dalk is dit meer algemeen as wat ons dink.
Môre Jin ok ek gaan vir jou fotos stuur van die krake .Ek kry nie fotos gelaai op die Forum dit lyk nie goed .Wat hy ook vir my sê hy het al heelwat gekry wat so kraak .
More Julle
Ja my ma hulle het laasweek hulle 2014 Sprite SP ingevat vir sy diens by Camp Monkey en krake bo die as op die onderstel is ondek, bleikbaar is die staal wat vir die onderstel gebruik was net 2 mm dik, en die later jaarmodelle het hulle 4 mm staal gebruik, herstel kostes is +-R12 000.00. Eina
Sjoe wys jou net ons moet maar gereeld onder loer op waens ek kyk of alles nog ok is
Interessant! My Sprite SC het, na 'n trek van so 4000 km Waenhuiskrans toe en terug, met 40 mm na links gesak. Ek het alles gemeet en gepas, en uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat die 4 boute (aan 'n kant wat die as aan die balk monteer) nie korrek vasgetrek was nie (ge"torque"), wat veroorsaak het dat die een bout in werklikheid uitgeskeur het.
Tydens die herstel (hele kompleet as is vervang) het ek genoem dat ek 2 ekstra gate en boute gaan gebruik om die as met SES boute vas te trek (i.p.v. 4) wat sal werk. Die hersteller het dit dus aan ALKO in Vereeniging genoem wat gereken het dat dit 'n goeie plan sou wees, en dat hulle al (?) hulle nuwe aste op die manier sal voorsien - weet nie of dit ooit die geval was nie. Met die aanpas episode het my hersteller sommer daad by die woord gevoeg en, bo en behalwe die 6 boute per kant, ook die as aan die balk vasgesweis.
Ek moet erken dat, ná die episode, die karavaan BAIE ligter was om te stoot (ek het nie "movers" op nie, so Joanie en ek moet die dingetjie instoot as dit daarop aankom) en ook baie ligter getrek - ek dink in elk geval so. Dit is dus moontlik dat die as van dag een af (ek het "Pophuis" nuut gekoop) 'n probleem kon gegee het.
Pophuis het sedertdien seker so 10 000 km afgelê met geen verdere probleme nie .....
Ek het fotos vir Willem gestuur.
Plate op my wa is anders as die wat hy hier wys
Daar is ook ses boute wat hom vas hou.
Hi, i have learned from another forum of sprite tourer sp owners that Jurgens CI has in the past recalled all models from 2011-2014 to be fitted with a reinforcement plate just were i see the cracks on the photo. All owners who serviced thier caravans with agents got their vans fitted with the plate for free. For those who where not servicing with agents never got this service at all. My SP is also not fitted with the plate but have since ordered with Campworld for R360 a set.
Regards
Die manne met die Jurgens Classique karavane kan maar ontspan .Hierdie is n totale misverstand .Ek het vir Hannes van Camp Monkey op Nelspruit gevra wat dit sal behels om n Classique met n modulêre onderstel telig .Toe stuur hy vir my die fotos, wat die persoon ook hier op die forum geplaas het, van die Sprite SP .Dit het nou regtig n verwarring veroorsaak, maar dit het darem nou gemaak ,dat Jin onder sy karavaan ingeseil het en ek self ook om teondek die Classique se onderstel lyk anders .So ja jammer maar die Classique manne kan maar ontspan .