English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 504
Total Replies: 234 930
Total Views: 82 553 700
topics: 1 131
replies: 11 567
views: 4 810 890
Jokes and everything else that makes you laugh

Jonk en Jikkerig

replies: 5
views: 3477
14 Jan 2017 @ 08:58:56 am
Celtic Moon
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 10 Jan 2017
Experience: 39 years
Was laat in die tagtigs...ons gaan vir skoonouers kuier met die Camry en Slipstream. Soontoe besluit manlief ons moet net 'n draai gaan maak by Beau Brummel se nudiste-kamp. Daar gekom, ons is die enigste mense in die kamp. Na opslaan besluit ek om so 'n bietjie die son te vang by die swembad. Na so 'n rukkie voel ek die skaduwee oor my liggaam en toe ek opkyk toe sien ek die bebaarde en harige iets bo my staan...ek was lam geskrik (gelukkig het ek my bikini aangehad). Die man was wildvreemd, in sy geboortepak maar vriendelik. Hel, ek het nie geweet waar om te kyk nie, gelukkig het my man my te hulp gesnel...dit was die opsigter van die park. Na 2 dae se bly daar (heerlik!!) kies ons koers maar eers moet ons die karavaan by daardie styyyyyl bult opkry. Die Camry wil net nie. Ek sien al in my geestesoog hoe skoonouers ons daar moet kom uittrek en die verleentheid dat hul sou weet hoe stout ons was...ai jinne ons het so gesukkel en uiteindelik is ons bo maar die ratkas het uitgebrand met die laaste poging. Dit kom van jonk en jikkerig wees.
Die 80's...so het ons gekamp!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2017 @ 09:09:28 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Lorraine, baie welkom op die forum.   Laat ons sommer baie van jou hoor en vertel maar jou lekker stories.

Dit is mos lekker om die jonk en jikkerige dinge te onthou, al het dit soms goeters soos uitgebrande ratkaste veroorsaak.   Nou kan julle lekker daaroor lag.

Ek het nooit besef jy kon kamp in Beau Brummel se kamp nie.  Jy sê jy het 'n bikini aangehad, ek was ook onder die indruk jy mag nie klere daar dra nie, almal moet kaal wees, anders dink hulle jy kom "koekeloer net".laughing   En het 'n paar kaal manne julle nie kom help by daai bult nie?

Groete, Freda

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2017 @ 10:06:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14526
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Lekker storie...lekker gelag....gelukkig net uitgebrande ratkas. JaNee mens is soms verbaas om te dink tot wat mens alles in staat was toe mens nog jonk was😆
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2017 @ 12:25:27 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4459
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
He he lekke julle
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2017 @ 14:32:01 pm
Celtic Moon
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 10 Jan 2017
Experience: 39 years
Nee wat Colin daar was geen ander kampeerders om te help nie, net die een man maar hy was seker elders. Hulle het ook nie omgegee vir die bikini nie, was seker maar te bly hul het kampeerders gekry.
Die 80's...so het ons gekamp!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2017 @ 18:08:30 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Altyd jukkerig.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required