Wat is die beste pad vanaf Johannesburg na Swadini?
Pietersburg, Tzaneen, Gravelotte, Mica, Hoedspruit
Ons het via Magoebaskloof gery
Beste pad huidig is via Pietersburg Tzaneen ,Gravelot,Mica, Hoedspruit Swadini .Ek het Duiwelskloof gery baie mooi pad nuut oorgebou ry hom vinniger as Magoebaskloof .Ek staan huidig in Swadini tot einde Aug .Vriende van ons het gister Pretoria toe gery net met die motor oor Leydenburg Dulstroom Belfast daai pad is gladnie geskik vir n karavaan .Hy sê dit is amper telelik gewees om met die Prado tery .So bly weg daar .
Ek sien die "pothole" roete is ook nie veel vinniger nie.....maar 15min
Toe ons laasjaar daar gery het, was die aanbeveling ook dat ons nie kortpad vat vanaf Tzaneen na Swadini nie.....GPS vat jou op daai roete, maar dis blykbaar deur informele nedersettings waar daar gereeld klippe gegooi en tyres gebrand word
Ja moenie die Gps roete vat die pad gaan deur informele nedersetting .Vat die Phalaborwa afrit en as jy bo op brug kom draai links volg dan net daai pad hy loop dan teen Mall verby en dan Is jy op die pad na Gravelotte.
Stem saam, ry eerder oor Pietersburg. Better kans vir bande en rims om te oorleef.
Dankie vir die aanbevelings. Het toe my eie koppige kop gevolg en oor Lydenburg gery. Baie stamperig en heelwat potholes tussen Belfast en tot anderkant Lydenburg waar jy Limpopo provinsie ingaan. Daarna is dit 'n mooi pad. Deur die mooiste pas gery, dis 'n beeldskone mooi deel van ons land. Sal die roete beslis nie met 'n pad karavaan ry nie! Het heel gemaklik gegaan met die semi boswa, hou net die spoed so 80-90 dan het jy genoeg tyd om met die potholes reg te kom. Die terugtog sal oor Tzaneen wees.
Ek stem saam met die roete oor Pietersburg wat slaggate betref, maar dit is raadsaam om maar steeds uit te vind wat die posisie met opstande is wanneer jy vertrek. Luister maar na die nuus of bel mense op die roete wat jy wil volg. Dis ook 'n goeie idee om by polisiestasies aan te gaan om uit te vind hoe veilig die pad vorentoe is. Sulke dinge kan nie vooraf voorsien word nie omdat dit baie skielik kan ontstaan. Daar was ook al insidente naby Phalaborwe so geen roete kan as altyd veilig beskou word nie. 'n Wyse reël is ook om nie op enige pad in die donker te ry nie. Selfs of die hoofpaaie kan dit gevaarlik wees.
Maar moenie paniekerig raak nie- ons ou volkie is gewoond aan probleme en maniere om daar om te werk.
Patetiese regering wag seker vir privaat besigheid en oord eienaars om daai paaie reg te maak. Sien dit al hoe meer waar publiek maar uit eie sakke geld haal om sekere dinge gedoen te kry.
Dankie vir die aanbevelings. Het toe my eie koppige kop gevolg en oor Lydenburg gery. Baie stamperig en heelwat potholes tussen Belfast en tot anderkant Lydenburg waar jy Limpopo provinsie ingaan.
Daarna is dit 'n mooi pad. Deur die mooiste pas gery, dis 'n beeldskone mooi deel van ons land. Sal die roete beslis nie met 'n pad karavaan ry nie!
Het heel gemaklik gegaan met die semi boswa, hou net die spoed so 80-90 dan het jy genoeg tyd om met die potholes reg te kom. Die terugtog sal oor Tzaneen wees.
Ons beplan om oor ‘n paar dae na Palaborwa te gaan en dan na Swadini.
Wat is die beste pad vanaf Johannesburg na Palaborwa?
Ons beplan om oor ‘n paar dae na Palaborwa te gaan en dan na Swadini.
Wat is die beste pad vanaf Johannesburg na Palaborwa?
Nee, regtig.......
Die wêreld eindiig mos op die suidelike oewer van die Jukskei rivier vir baie Gautengers. So eindig die wêreld aan die suidelike hange van die Hexrivier berge vir baie Bolanders. My buurman hier in die Suikkaap is al oor 60 en hy het npg nooit die gevaarlike trippie die woeste binneland aangepak nie! Hy is nie uniek nie.