Ek het die Jockey Carrier wat ek ekstra het. R380 Sou iemand belangstel.
Die Jockey wiel wat aanvanklik op die Maia was se wiel het so gelyk. Ek het 'n beter en sterker Jockey wiel opgesit en die oorspronklike een geskuif na Krimp Varkie toe. Die Jockey Carrier was toe daar gebruik.
Krimp Varkie is verkoop en DIE het agter gebly.
Leon gaan hy werk op my Fleetline?
Ja Piet, hy behoort. Dit is as jou Fleetline die oorspronklike jockey wiel nog op het.
Die pen wat onder by die karavaan se Jockey wiel moet indruk se deursnee is ongeveer 35mm so jy kan meet en kyk of hy sal ingaan.
Hy behoort want meeste Jockey wiele se binne pyp is die selfde groote. Behalwe die off-road jockey's.
Dankie Leon. Ek het my jockey vervang met n driewiel. Die driewiel sukkel in die sanderige grond met die mover en ek is seker jou patent gaan beter werk. Ek wou nog een soos joune maak maar het nie die projek voltooi nie weens n gebrek aan tyd.
Ek het nog my enkel jockey wat net n wiel kort. Dit sal ek koop. Ek het hom nou gaan meet en hy is 35mm.
As dit reg is met jou sal ek graag joune koop. Laat my jou bankbesonderhede kry by goosenp@absamail.co.za en ek betaal dadelik die geld vir jou oor. Ek sal n plan moet maak om hom hier in Natal te kry. As jy hom by jou hou tot ek n plan kry sal ek bly wees.
Hallo Piet,
My kinders ry Dinsdag 9/10 terug huistoe(Ballito) indien dit dalk sal help
Leon kan dit dalk by my besorg(Highland winkel sentrum-Lyttelton)voor 6/10
Groete
Hein
Dankie Hein ek praat met jou as ek en Leon klaar gepraat het.
Dis reg Piet Hy is vir jou geboek.
Ek hou hom en ons sort die betaling uit eers as hy op 'n manier oppad is na jou toe.
Dankie vir die voorstel om dit in Natal te kry Hein. Die Winkel sentrum behoort naby my werk te wees.
Dankie Leon ek is seker dit gaan vir my beter werk as my huidige opset.
Ek kyk net of of ek nie n makliker geleentheid kan kry na hier aan die suidkus nie. As dit nie uitwerk nie sal ek graag van Hein se aanbod gebruik wil maak. Ballito is darem al in Natal en vandaar sal ek sekerlik ook regkom.
Nogmaals dankie.
Piet ek het vir jou epos gestuur.
Dankie Danie ek het hom gekry en jou geantwoord.
Ek kan ook help...maar ongelukkig eers Desember
Leon,
Ek sou ook graag die Jockey carrier wou oorkoop - waar eht jy dit gekry/laat maak??
Wil graag vir my ook een in die hande kry.
As jou ander transaksies nie uitwerk nie, dan sal ek dit neem.
Ek in Pretoria.
Jy is welkom om my direk te e-pos by (egbert.uys at necsa.co.za)
AS Leon se eenheid verkoop is, ek het myne gekoop by campworld met 3 wiele aan en skuif ook so onder in. Al wat hier gebeur is dit vervang jou hele wiel... Jy haal dit uit as jy haak en sit terug as jy afhaak. Maar werk baie lekkerder met 3 wiele
Leon,
Ek sou ook graag die Jockey carrier wou oorkoop - waar eht jy dit gekry/laat maak??
Wil graag vir my ook een in die hande kry.
As jou ander transaksies nie uitwerk nie, dan sal ek dit neem.
Ek in Pretoria.
Jy is welkom om my direk te e-pos by (egbert.uys at necsa.co.za)
Sal jou in agneem as Piet vir watter rede ookal anders besluit.
Dit is my eie patent wat ek self onwerp het. Die groot ding van hom is dat die buite wiele so na as moontlik aan die binne wiel wees en hulle moet effens agter die middel wiel ook wees dan behou jy die checkers trollie effek van die enkel wiel.
Dankie Leon ek is seker dit gaan vir my beter werk as my huidige opset.
Ek kyk net of of ek nie n makliker geleentheid kan kry na hier aan die suidkus nie. As dit nie uitwerk nie sal ek graag van Hein se aanbod gebruik wil maak. Ballito is darem al in Natal en vandaar sal ek sekerlik ook regkom.
Nogmaals dankie.
Piet vat jou tyd met die reelings. Ek sien ons het darem so week en 'n half tot volgende Vrydag vir die afsny tyd wat Hein gegee het.
Leon,
Dankie vir die verduideliking.
Sal jy bereid wees om nog so 'n carrier te bou (net die raamwerk - ek sal self wiele kry wat selfde is as my bestaande wiel - groen 'velling') en indien wel, wat sou dit kos??
Dankie en hoor graag van jou.
Dankie Leon. Ek het vir jou n e pos gestuur oor n moontlikke ander oplossing om die jockey hier te kry.
Jammer ELU dat ek jou voorgespring het. Die kanse is ongelukkig baie min dat ek hom nie sal neem nie. Ek wag al lankal vir so n geleentheid. As iets werklik onvoorsiens gebeur sal ek jou dadelik laat weet......maar ek twyfel regtig.
Piet, as jy hulp nodig het van Durban of Ballito kan ek help. Ons werk in Ballito en ek ry weekliks Mthatha toe en gaan by jou verby.
PietG,
Eek kan die jockey Carrier vir jou bring, dit sal net so paar jaar vat om dit af te lewer......
Nee, jy hoef nie jammer te wees oor die voorspring nie, |"die eerste voëltjie vang die wurmpie"!! Ek dink wel dis 'n puik patent van Leon en gaan maar my eie probeer maak - sal net eers sy 'blessing' kry op my kopiëring van sy idee!!
Hoop jy komreg met die vervoer van die Carrier na jou toe.
Groete. Egbert
Dankie Jan en Egbert.
Jan dankie vir jou aanbod. As ons nie regkom met die koerier nie sal ek graag van jou aanbod gebruik maak. Ek laat jou weet.
Egbert jy moet net met Leon gesels. As ek reg onthou het n paar manne al saam met Leon vir hulle so n carrier gaan maak. Onder toesig van Leon. Miskien het hy lus vir weer so n projek want dit lyk asof die belangstelling daar is.
Leon soos jy nou sien is hier 2 opsies om die jockey by my te kry. Watter een ookal vir jou die gerieflikste is sal vir my goed wees. Dit is nou Danie se koerier opsie of Hein se opsie tot in Ballito en dan kan Jan vandaar help tot by my. Laat maar weet wat die gerieflikste vir jou is. Dankie.
Dankie aan Danie en Leon wat die vervoer van die Jockey na my uitgestryk het. Julle is voorwaar twee staatmakers en ware vriende. Leon ek het vir jou n e pos gestuur om jou besonderhede vir my te laat kry vir die betaling.
Aan Hein en Jan vir die hulp wat julle aangebied het ook n groot dankie. Dit is wat hierdie forum so uniek maak. Staatmaker vriende.
Baie dankie vir almal se hulp.
Dis 'n groot plesier Piet. Ek hou jou op hoogte van die aflewering daar na jou kontrei toe sodra ek dit more middag by Leon opgetel het.
PietG,
Eek kan die jockey Carrier vir jou bring, dit sal net so paar jaar vat om dit af te lewer......
Nee, jy hoef nie jammer te wees oor die voorspring nie, |"die eerste voëltjie vang die wurmpie"!! Ek dink wel dis 'n puik patent van Leon en gaan maar my eie probeer maak - sal net eers sy 'blessing' kry op my kopiëring van sy idee!!
Hoop jy komreg met die vervoer van die Carrier na jou toe.
Groete. Egbert
Egbert ek het vir jou die detail gemail hoe om die Jockey carrier te maak. As jy nie regkom met die sweis en so aan nie. Praat maar dan kan ons seker 'n plan maak.
Leon,
Baie dankie, gaan vandag my agterstallige e-posse inhaal. Sal dan sommer daar 'reply'.
Groete, Egbert
Net 'n plesier Piet, daar gaan my geleentheid om Leon te ontmoet.
Sterkte met die reelings
Net 'n plesier Piet, daar gaan my geleentheid om Leon te ontmoet.
Sterkte met die reelings
Hein wil jy nie aub vir my 'n epos stuur aan woonwaled dan gmail kol com............
Piet jou pakkie is opgetel deur die koerier. Ek glo jy sal die rubber wiel wat ek saamstuur kan gebruik met die paar gate in die hub.
Baie dankie Danie vir jou en Leon se groot hulp. Ek waardeer dit regtig.
Danksy Danie en Leon het my Jockey Carrier van Leon en Solenoid van Danie vanmiddag veilg hier by my in KZN aangekom. Dankie julle en aan almal wat hieraan meegewerk het.
Bly jy is uitgesorteer en ek kon deel van hulp wees.
Leon was so goed hartig om gister vir my n' Jockey Carrier te bou. Ons het lekker gesels en geskinner. Wat n' vriendelike, hulpvaardige man.
Ek wardeer dit baia Leon.
Ek het n' paar gebuigde Jockey wiele by Campworld en Leisure World by mekaar gemaak en daaruit het hy n' carrier vir my gemaak. Daar is nog genoeg spares om nog een te maak.

Nice...ek dink dit gaan net plesier verskaf....werk regtig baie lekker.
Ek is nou nie 'n pro welder nie, maar hy is daar. Was n plesier en ja ons het lekker gesels
Ek dink ek moet ook mooi vir Leon vra om een vir my te bou.....
Ek het baie gesukkel met die enkel wiel jocky wat ek gekry het met die bushlapa. Het rond gesoek en die een gekoop by n Trailer plek in Boksburg (Oscar Straat). Werk baie goed. Geen probleem met die movers op die dik gras by die huis.
Wees voorbereid hy is baia duur :))))
Ek het baie gesukkel met die enkel wiel jocky wat ek gekry het met die bushlapa. Het rond gesoek en die een gekoop by n Trailer plek in Boksburg (Oscar Straat). Werk baie goed. Geen probleem met die movers op die dik gras by die huis.
Die probleem met die permanente dubble of tripple wiele is dat dan gaan dit nie meer in die woonwa se A raam in nie.
Hi Herman. Ek stel belang in daai jockey wiel. Wat is die treilerplek se naam in Boksburg?
Ek dink dit is die een?
Lyk soos Alko produk
Dankie, sal gaan loer.