English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 308
topics: 923
replies: 12 367
views: 3 198 196
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Jerry Kanne of Lang afstand tenk

replies: 21
views: 338
05 Sep 2019 @ 15:20:11 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Weet nie of van julle al probleme gehad het met brandstof wat skaars raak by petrolstasies as jy op vakansie is nie en wat julle doen om dit te vermy. N paar jaar terug was ek op pad na die Richtersveld. Het op Springbok volgemaak, maar by Port Nolloth was daar nie diesel nie. Moes die ontvangs bel by Richtersveld en hoor of hulle diesel het (Gelukkig het die Richterveld toe diesel gehad en gelukkig was dit 50ppm). Het ook die problem gehad waar daar nie 50ppm was nie en ek gedwing was om 500ppm te gooi. Gelukkig het ek net 20 litter nodig gehad om weer te kan volmaak 200km verder met 50ppm.

Dit is van die redes hoekom ek op my vorige Wildtrak n longrange tenk gehad het. Dit het wel oor die R2200.00 gekos om die twee tenks vol te maak, maar dan het ek gemiddeld 3 tot 4 weke gery (1250km gery sonder die karavaan) voordat ek weer moes volmaak.

As ek reg onthou, het ek gemiddeld 960 km gekry op n tenk (+/- 140 liters) met die karavaan (wat baie beter is as +/- 530 km op n 80 litter tank). Ons doen ten minstens een keer n jaar n lang afstand vakansie en dan werk n longrange tenk baie lekker, veral as jy sleep i.e. toe ons in die noorde van Mozambique was (Desember 2016) en Richtersveld, Namibia, Kgalagadi ( Desember 2018).

By die grenspos aan die Mozambique kant het hulle my gevra of ek Jerry kanne met diesel het. Al die mense met Jerry Kanne moes invoer belasting betaal. Hulle het nie eens gedink aan n longrange tenk met n extra 63 liter diesel nie (gelyk aan 3 x jerry kanne).   

Ek het gewoond geraak aan die lekker lang afstand wat ek kon sleep as dit nodig was met n 140 litters in die tenks. Net die gedagte het my meer gemoedsrus gegee. Alhoewel ek nog steeds volgemaak het waar ek kon. Nou mis ek die langafstand tenk en wil ook een op die nuwe Wildtrak sit. Met die nuwe Wildtrak (2 l bi Turbo) behoort ek dan so 1100km te kan doen met die karavaan. Dis n plaas se geld (R7000) maar ek dink dis moeite werd. Ek het by Port Nolloth gewens ek het daardie R7000 gespandeer vir n lang afstand tenk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2019 @ 15:53:38 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek sal lang afstand tank se rigting beweeg. Een jerry kan vir back up as iets jou tank puncture.

So maak jy dit moeiliker vir die aasvoëls om diesel te steel

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2019 @ 16:06:41 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2696
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Die langafstand tenk betaal vir homself, indien jy elke keer volmaak voor die diesel prys opgaan. Dis die eerste modifikasie wat ek doen met nuwe tipper.   Gee baie gemoedsrus waar diesel skaars is, en help baie waar brandstof duurder of goedkoper is. Wanneer ons die land se grense verlaat, kom ons by die goedkoper diesel met net genoeg in die tenk. Wanneer ons weer die plek verlaat is die tenks vol. Met mooi ry kan ek nog met goedkoop diesel by die huis kom, voor ek weer moet volmaak. Kan 1500 km mooi ry met lang afstand tenk...

 

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2019 @ 16:20:24 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

'n Kollega van my het 'n syncro Kombi gehad met twee 60 liter tenks wat weerskante onder die voertuig gemonteer was.  Met ander woorde saammet die 80 liter tenk van die Kombi, 200 liter.  Aldrie tenks is vanaf die standaard petrolgat volgemaak.  Hy sê dit was gereeld pret as hy petrol ingooi en die tenk kom nie vol nie en die petroljoggie sien ook nie petrol wat onder die voertuig uitloop nbie.  Hy het die voertuig van sy swaer gekry wat heelwat in Afrika rondgery het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2019 @ 17:30:02 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3665
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Vir iemand wat net in ons land rondry is 'n langafstandtenk geldmors.

Sal moet 80 kg minder (bier, vleis ens) inpak om steeds onder die GWM van my kombinasie te bly.smile

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 10:18:08 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Het self `n kontrapsie vir lang afstande.

`n 60L plastiek longrange tank wat op die bak kom en met `n brandstof pomp en pyp. Die diesel transfer via oorspronklike  gat. (ek wou nie die permanente rigting gaan nie)

Met die kan ons so 1300Km haal voor ons seker sal gaan staan.

Het ook die jerrykan rigting  gebruik maar na so klein probleempie wat ek opgetel het, nie weer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 12:11:30 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3665
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Was inquisitive about the origin of the name "Jerry Can" so here is some useless information.

The Germans were the first to use them on their vehicles during the Second World War and the Allied Forces named them "Jerry Cans".

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 14:53:34 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het op die Hilux die extra tenk op gesit en dit was n lekker bederf.

Daar is orals nou vulstasies tot in Mozambique en is ekstra brandstof nie nou vir my nodig nie. 

As ek moet Sal dit met die Jerry kanne wees. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 15:38:15 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het die Long Range Tank (LRT) van my vorige Wildtrak oor geskuif na nuwe tipper toe.  Die gemak daarvan veral oor vakansie tye as die vulstasies so bessig is werk vir my.  Om nie eers te praat van die voordele wat Herman genoem het nie.  By meeste vulstasies stop ons  net vir toilet en dalk iets te eet  en drinke.

As ek weer n ander Tipper sou koop is dit weer die eerste wa ek sal op sit. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 15:41:12 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 616
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Na amper 19 jaar se reise na alles suid van die Kongo het ons nog nooit n groter tenk op die Colt of Cruiser of die Fortuner laat sit nie. Nog nooit nodig gehad nie.

Ses tienliter tenkies op die dakrak. Vier 15 liter tenks op die boswa. 70 liter in die Fortuner.

En ek was nog nooit kort nie.

Ek glo VAS om my karre stock standard te hou. Ek het n kleintjie dood teen opge-supe-te karre met reuse bull bars en verhoogde kar-liggame en vrees-aanjaende skokbrekers en nog alles wat jy kan aanskroef. Jy sien baie kere sulke show cases op die sypaadjie by die Mall geparkeer gepolish om nooit modder te sien nie. Ek lag my dood. 

 

Nee wat manne. Geniet jou kar soos wat hy vervaardig is. Hy is goed genoeg. As jy meer brandstof nodig het .... neen meer brandstof saam.

 

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 16:17:17 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Danie, jy is reg vir die Kaapstad na Kaïro roete!  The probleem wat ek het met kanne op die dak is die effek wat dit het op die brandstofverbruik. Met addisionele tenks skakel jy die faktor uit.

Ek stem heelhartig saam oor jou gevoel oor die opjazz van jou wa.  As daar nie 'n werklike behoefte is om iets by te voeg nie en dit nie by dra tot die funksionaliteit nie, is dit nie nodig nie.  Eksta tenks sal egter nie juis die voertuig nie-standaard maak nie en dit is waarskynlik maklik om te verwyder.  Op my eerste kar, 'n skuinsrug Anglia, het ek allerhande goed bygevoeg soos "freeflow" uitlaatstelself, instrumente en so meer, soos almal daardie tyd gedoen het,  maar dit was meer as 50 jaar gelede en sederdien het ek nie veel die behoefte daarvoor gevoel nie. Ek het wel 'n dubbele toeter met 'n mooi sterk geluid (geraas?) op my VW Kombi gesit in plaas van die aaklige Volkswagen een waarmee hy uitgekom het, wat gekink het of jy op 'n kat se stert trap, en die sogenaamde "reverse monitor" ook op die Kombi gesit.  Enigeen wat al met 'n Kombi moes parkeer sal weet dit vrek moeilik sonder die hulpmiddel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 16:31:45 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Vir die trip van Luderitz tot in Walvis Big Dune Driving 6dae in die woestyn se speel was LRT en nog drie kanne diesel net genoeg.

Elke voertuig moes 60L water vir die kombuis ook saam ry.  Sonder die LRT sou plek vir als maar min gewees het.

So verskil elke ou se opinie maar.  Ek self sal nie bv swaar goed hoog laai as ek duine ry nie.

LRT  werk nou maar net puik vir my.   Veral met die ekstra reik afstand wat dit bied met of sonder karavaan. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2019 @ 09:24:11 am
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 525
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

LongRange tank klaar.  Mens word ouer en die optel van die 20 l Jerry kan raak 'n werk.  Dan nog die pak spasie jy jy hulle nie op die dak dra nie .  Ek verkies die Long range tank.  Sorg net dat ek onder dag tot dag gebruik nie die extra 60+ l dra nie.  

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 10:57:34 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

Was inquisitive about the origin of the name "Jerry Can" so here is some useless information.

The Germans were the first to use them on their vehicles during the Second World War and the Allied Forces named them "Jerry Cans".

And the design was very clever as well.

There are 3 handles so that a man can hold two empties in each hand.The 'X' indentations on the sides are to prevent buckling due to expansion/contraction.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 13:02:35 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

LongRange tank klaar.  Mens word ouer en die optel van die 20 l Jerry kan raak 'n werk.  Dan nog die pak spasie jy jy hulle nie op die dak dra nie .  Ek verkies die Long range tank.  Sorg net dat ek onder dag tot dag gebruik nie die extra 60+ l dra nie.  

Ek ry die 140 liter elke keer uit en maak dan eers weer vol.  Die minste wat ek nog konry was 7 km volgens die voertuig se beraming.

Ja dit kos 'n groot begrag in een slag maar dit is dieselfde as ek twee keer in 'n maand sou vol maak.  Dit spaar darem die moeite een keer.  Op die lang pad net 'n plesier.

My oorlede kamp maat het ook eers die ekstra plastiek tenk agter op die Tipper se bak gehad en die brandstof so dan oor ge pomp.  Met die canopy was dit effe van 'n Shlep maar dit het puik gewerk met ons Trip Mozambiek toe.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 07:21:50 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Wat belangrik is om seker te maak jy laat n tenk deur die kenners pas. Ek doen baie dinge myself, soos om duel battery stelsel te instaleer (nou weer die stelsel na die nuwe Wildtrak oorgeplaas), packing systems en dak rakke te maak, maar n lang afstand tenk laat ek doen. In Desember 2018 by Soususvlei het ons vir n paar km n nat streep in die pad gesien en later by n Furtuner langs die pad gestop wat se DIY tenk op die grond pad gely het. Ek het nou al 3 tenks op drie verskillende voertuie gehad en nog elke keer laat pas deur dieselfde mense en nog nooit issues gehad nie.  

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 12:34:09 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Party keer laat DIY jou ook in die steek. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 06:29:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Safari 4X4 in Centurion het die eerste instalasie gedoen en toe weer die tenk af gehaal.

4X4 Mega world het hom weer op die nuwe tipper geinstaleer.

Loop soos stroop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 08:06:51 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Wel nie almal is altyd (weereens) gelukkig met die installasies nie. Hier kom baie 4x4 voertuie by my verby en mense het maar baie klagtes oor hul ekstra tenks ens.

Ek sou self so 50 liter ekstra wou he, maar bevrees ek gaan nie die storie vertrou nie en met my geluk gaan hulle droogmaak met installasie. 

As ek dit nodig vind sal ek ook maar net 2 of 3 kannetjies maar saamneem....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 08:16:50 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 616
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek het ook vriende wat ekstra tenke het en byna elkeen van hulle sê dis onnodig. Vir n once of toer per jaar na Moremi is 10 liter jerrykanne vir my voldoende. My boswa kan vier 15 liter kanne vat so dis nie vir my moeite nie. Ons moes al ure spandeer in Mabuasehube om n Pajero se ekstra tenk se pomp te probeer regmaak. Sonder die pomp het hulle geen manier gehad om die ekstra petrol te gebruik nie en die tenk is te laag om uit te filter.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 08:38:22 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek het ook vriende wat ekstra tenke het en byna elkeen van hulle sê dis onnodig. Vir n once of toer per jaar na Moremi is 10 liter jerrykanne vir my voldoende. My boswa kan vier 15 liter kanne vat so dis nie vir my moeite nie. Ons moes al ure spandeer in Mabuasehube om n Pajero se ekstra tenk se pomp te probeer regmaak. Sonder die pomp het hulle geen manier gehad om die ekstra petrol te gebruik nie en die tenk is te laag om uit te filter.

Jip, en ekt nou die dag juis 'n skakelaar wat onklaar geraak het moes vervang vir so pomp. Helse job om als weer te seël en en en. Nee dankie


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 10:08:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Gelukkig is die Ranger se tenk van so aard geplaas dat dit nie nodig is vir skakelaars pompe en dies meer nie.

Die oorspronklike aanvul pyp kry 'n T-stuk in wat maak dat die aanvulling na beide tenks to geskied in een slag.  Oorspronklike tenk raak eers vol dan die ekstra long range tank.

Daar is ook 'n t-stuk in die breather pyp.  Die oorspronklike tank bly vol totdat die ekstra een leeg is dan eers begin die brandstof meter wys sodra uit die hoof tank begin leeg raak.

Net 'n paar pype en t-stukke.  As dit netjies vas gedraai is loop hy soos stroop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required