Hallo almal.
Sien dis so bietjie stil op die resepte onderwerp en gaan 'n kans vat om een te plaas. ๐
Jan se bruinbroodjie op die rooster.
Bestandele.
Skoon tuna blikkies of jou kamp broodpannetjie ( gesmeer).
Meng sommer vooraf al die droe bestandele by die huis en berg in 'n zip sakkie.
Voeg die jogurt by die droee bestandele en meng. Indien dit te droog is voeg bietjies melk by.
Plaas die deeg in jou gesmeerde broodpan of tuna blikkies sit op die rooster oor matige hitte.
Ek sit een van daai diep foelie bakke bo oor as ek die blikkies gebruik om 'n oondjie te vorm. Pasop vir brand en loer nou en dan tot hy reg lyk.
Baie lekker saam met daai "VET" skaapribbetjie wat jy juis mos nou daar braai! ๐
Geniet en kamp groete. Jan.
Dankie Jan....klink lekker en maklik om te maak. Watter grootte jogurt houer gebruik jy?
Ek gaan dit probeer. Baie nuuskierig hoe dit smaak. Dalk net hoef ek nie meer my brood bak masjien saam te karring.
Hallo almal.
Ek gebruik die groot houer en skep maar by en roer todat hy darem soos 'n brood deeg lyk.
My koppie groote wissel so ek pas maar aan.
Groete.
Heel nuwe resep. Dink dit kan nogal okay smaak.
Jan het jy fotos van die broodjie?
@ Leon.
Sal plan maak om af te neem as ek weer maak om 'n idee te gee.
Ek het ook nie daai snoek, vuur, Alto, ens.. afgeneem nie. Eish. Moet die kamara beter benut ne!! ๐