English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 294
Total Replies: 262 870
Total Views: 83 600 669
topics: 990
replies: 15 479
views: 4 053 009
In this section we welcome you, and introduce you to everyone on our forums.

Jan se Namibie toer

replies: 23
views: 7405
30 May, 2016 @ 13:15:45 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2281
Joined: 31 May, 2014
Experience: 54 years

Uiteindelik fotos begin oplaai van ons toer sonder woonwa. Ons het op die laaste ons reisplan verander en al die oornag plekke is op die internet bespreek. Was baie gelukkig met die meeste van die plekke.

Eerste nag by Digggies Lodge in Kimberley. Baie mooi plek wat maar 'n jaar oop is en bestuur baie vriendelik en ons het vooraf laat weet ons gaan laat (nege uur die aand) arriveer en geen probleme gehad nie.  Enigste negatiewe moontlike probleem is dat hulle Vrydag en Saterdag aande kareoke aanbied maar dit is vêr weg van die kamers af en ons het niks gehoor nie.

Prys:      R 820 per nag vir twee persone wat onbyt insluit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May, 2016 @ 14:03:32 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2281
Joined: 31 May, 2014
Experience: 54 years

Volgende was twee nagte by Kgalagadi Lodge so 3km van Tweerivieren se hek af.  Kon nie blyplek in die Kgalagadi kry wat by ons reisplan gepas het nie. Pragtige plek wat bo op die duine gebou is. Verskeie huisies asook kampplek wat elkeen sy eie badkamer en kombuisie het. Daar is kleinwild wat in die kamp rondloop met 'n winkeltjie met die nodigste en vars vrugte en groente met  restaurant waar jy etes kan bestel wat by jou huisie afgelewer word.  Sal beslis weer besoek.

Prys:  R600.00 per nag vir twee persone sonder onbyt. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May, 2016 @ 14:51:57 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2281
Joined: 31 May, 2014
Experience: 54 years

Van Kgalagadi is ons na Augrabies valle toe en het in Sanpark se huisie gebly. Was nie baie beindruk nie want die yskas se kompressor het so hard geraas dat ek hom later afgesit het. Die lugverkoeler was ook nie baie doeltreffend nie.  Die rivier was nie baie vol nie maar die park rit het vergoed daarvoor en die natuur bly maar iets besonders. Het die aand in die restaurant geëet en kos en diens was uitstekend.

Prys :  R1009.00 vir die huisie vir twee persone. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May, 2016 @ 17:22:36 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10668
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 41 years

Glad nie beindruk nie.

Want ek moet werk!!!!!!

Baie, baie mooi fotos en lieflike plekke.

Dankie en geniet dit wat oor is.
Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May, 2016 @ 18:25:41 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct, 2013
Experience: 43 years
Baie mooi fotos Jan.
Wat het van die kamp geword?
Is dit nou skielik glamping?
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May, 2016 @ 18:29:41 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2295
Joined: 12 May, 2015
Experience: 49 years
Pragtig Jan. Geniet die reis en verblyf en veral die natuur.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May, 2016 @ 18:33:52 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2281
Joined: 31 May, 2014
Experience: 54 years

Edge - te min tyd en te veel grondpad. Van Augrabies tot in Walvisbaai omtrent net grondpad gery. Sal môre storie verder met fotos van die Rigtersveld opsit.

Begin dink om Swing te verkoop en grondpad wa aan te skaf.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May, 2016 @ 18:37:01 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5906
Joined: 20 Jan, 2003
Experience: 34 years

Pragtig, nou wag ons vir die Nimib foto's en inligting.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May, 2016 @ 18:54:51 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan, 2015
Experience: 57 years

Edge - te min tyd en te veel grondpad. Van Augrabies tot in Walvisbaai omtrent net grondpad gery. Sal môre storie verder met fotos van die Rigtersveld opsit.

Begin dink om Swing te verkoop en grondpad wa aan te skaf.

 


Jan jy sal nie spyd wees nie as jy van die teerpad wil afdwaal nie.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May, 2016 @ 23:33:07 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18696
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years
Dankie vir die terugvoering. Pragtige foto's. Daai leeus is darem pragtig. Sal uitkyk vir res van foto's
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May, 2016 @ 10:06:41 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2281
Joined: 31 May, 2014
Experience: 54 years

Van Augrabies terug na Kakamas en by Lutz links weggedraai met 'n grondpad en aangesluit by R10 van Upington na Ariamsvlei. B3 na Karasburg, Granau en by kruising die C12 reguit geneem. Hier vandaan alles grondpad vir volgende twee dae. C12 verby Klein Karas en links afgedraai op die D601 wat jou verby die Canyon Road house (en 'n moet stop om die hamburgers wat Piet genoem het te geniet) neem. Paaie is in baie goeie toestand.  Dan na Hobas en die Visrivier afgronde se uitkyk punt waarvandaan die stappers begin. Terug na Hobas en regs op die D324 na C10 en regs na Ais Ais oord. Hier het ons in die Hotel geslaap wat 'n warm water swembad in die hotel het. Warm water vir die storte kom direk van die warmbron af. Hotel bietjie afgeskeep want ons kamer se plafon was stukkend en slordig gelap.  Kamp terrein het mooi kombuisies met stoof en kragpunte orals. 

Prys:   R880.00 vir twee persone per nag ontbyt insluit. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May, 2016 @ 10:17:09 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2281
Joined: 31 May, 2014
Experience: 54 years

Ais Ais op C10 en regs op D316 en weer regs op D207/C37. Dan weer regs op C13 wat jou deur die Richtersveld neem al langs die Oranje rivier na Sendelingsdrif. Vir my seker die mooiste gedeelte en het kort kort gestop om die natuur te bewonder. By Sendelingsdrif regs na Rosh Pinah. Hier begin die teerpad weer en die wereld word lelik opgemors met 'n myn wat daar besigheid doen. Volg die pad na Aus en links op B4 na Luderitz. Het by die wilde perde op die pad gestop.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May, 2016 @ 16:12:17 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct, 2013
Experience: 43 years
Jan,
Nou byt die gogga. Piet sal jul vertel. Jul sal nie maklik spyt wees nie, maar boswa is kleiner as padwa. Dis om die regte kombinasie te kry wat voldoen aan jul behoeftes, maar moennie hastig wees nie.
Verder van die gronpaaie af, op tweespoor en rivierbeddens is nog iets om te beleef. Daar is pragtige plekke om te sie in Namibia.
Indien jul van Grunau reguit gaan op die D601 en draai net voor Klein Karas regs op daai paadjie wat net voor Keetmanshoop uitkom is ook 'n mooi roete om te ry. Al daai klein paadjies is anders en het hul uie mooigeid.
Net voor die pont voor sendelingsdrif soos jul gery op pad na die myn, is daar 'n rivier bed wat daar tussen die berge regs ingaan.
Dis eintlik 'n kortpad na die bronne op Ai-Ais, en kom op die C10 uit.
Dit is ook 'n pragtige plek om te ry wat min mense van weet. Dit word as 'n 4x4 roete gegee, maar kan met 4x2 gery word met goeie klerance.
Jan, neem en pos baie fotos, dit bring baie herinneringe terrug.
Geniet die toer,
Edge.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May, 2016 @ 16:34:56 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan, 2015
Experience: 57 years
Jan hoe verlang ons nou weer terug na ons toer. Dankie vir die mooi fotos. Sien altyd iets nuut wat ek op my lys gaan sit vir die volgende toer.
Geniet die res van die toer.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May, 2016 @ 19:50:08 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr, 2011
Experience: 3 years

Baie dankie vir die vertellings en pragtige, interessante foto's. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun, 2016 @ 21:05:01 pm
Jaco13
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 03 Jun, 2016
Experience: 49 years

Glad nie beindruk nie.

Want ek moet werk!!!!!!

Baie, baie mooi fotos en lieflike plekke.

Dankie en geniet dit wat oor is.

Elke hond kry sy dag...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun, 2016 @ 08:02:04 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5906
Joined: 20 Jan, 2003
Experience: 34 years

Ek bly droom en lek.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun, 2016 @ 08:17:39 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 584
Joined: 19 Jul, 2015
Experience: 29 years

as ek so na Jan se fotos kyk raak ek so lus dat ek die wiele moet oprol en gaan toer.... Jan pragtige fotos en dankie vir jou terugvoering. daai leeu is baie groter as die wildtuin leeus.

ek dink nou baie ernstig daaraan om my padwa in te ruil op grondpad wa.....my vrou gaan my skei maar wie's bang! sal die punch vat.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun, 2016 @ 09:26:25 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2281
Joined: 31 May, 2014
Experience: 54 years

Nabib Naukluft Lodge 18km suid van Solitair. 

Prys R1200.00 per nag met ontbyt vir twee persone.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun, 2016 @ 18:19:16 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2295
Joined: 12 May, 2015
Experience: 49 years
Mooi gestel Willem........skerp.....ons is meer wat so voel.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun, 2016 @ 18:58:59 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan, 2015
Experience: 57 years
Dit is so lekker om in die swembad te kan spring na so warm dag.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun, 2016 @ 19:31:16 pm
Anonymous

Kan maar net fotos sit en kyk en lees hoe julle dit geniet.undecided

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun, 2016 @ 19:43:34 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr, 2011
Experience: 3 years

Ek moet sê, die verblyf oral lyk fantasties.  'n Lekker bederf!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 19:23:35 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1555
Joined: 26 May, 2013
Experience: 47 years

Nou raak ek lus vir Namibie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za