English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 975
Total Replies: 225 373
Total Views: 82 172 252
topics: 6
replies: 80
views: 1 866
In this section we share and discuss visiting multiple resorts and let fellow campers know about your tour that you and your family have enjoyed.

Jan en Elmarie se toer na Elders

replies: 37
views: 656
27 Apr 2019 @ 16:57:10 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Op die vooraand van ons toer na Elders want na al die reen in Durban soek ons mooi en warm weer. Die Ford het sy eenjaar diens gekry, wa het nuwe bande op en alle onnodige goed is uitgehaal.

Nog steeds geen plan nie en sal maar soos kleintyd môreoggend in die palm van die hand spu en dan met die voorvinger slaan en kyk in water rigting ons moet gaan. Gelukkig kan ons ook vannaand daaroor slaap.

Opgewonde soos 'n kind en dit gaan 'n lang nag wees. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 18:11:07 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13078
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Eish...dit klink lekker om so te kan wegbreek....ek is sommer opgewonde vir julle part. Ek is nog binne seisoen gebonde...so moet maar besprekings maak vooraf, maar eendag sal ek ook so onbeplan wil sleep....êrens na nêrens. Julle moet veilig sleep waar julle ook al heen gaan....geniet gaan julle verseker. Ek sal die draad dophou waar bestemming/s was.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 19:03:46 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 502
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Jan jy sal vinnig moet besluit op 'n bestemming. Jy weet mos hoe sê die weervoorspellers altyd........dit is mooi weer en warm, behalwe elders waar dit kan reen. So jy moet maar elders vermy.

Veilig sleep en geniet elke oomblik van die vakansie.   

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 20:00:48 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1156
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Jan, julle moet dit geniet. So onbeplan kan net lekker wees. Veilige rit.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 21:03:52 pm
RichardJ
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 200
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 51 years

Safe and happy wandering.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 06:06:22 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1410
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Jan

Julle moet dit geniet.

Onbeplande toer is van die lekkerste maniere van toer.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 09:35:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit klink rerig baie lekker. Om so met die ingewing van die oomblik te haak en te sleep. Eendag as ek groot is sal ek dit ook wil doen.  Tans moet ons soos Geert maar bespreek en beplan.

Geniet die trip. Laat weet ons so met tyd waar julle jul self bevind.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 15:29:49 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7362
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Geniet dit en veilig sleep  

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 17:33:04 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Dankie aan almal. Toe besluit ons gaan kyk of ons die Kaap kan haal. So 5:45 by die huis weg en dapper besluit om die Transkei te trotseer. Baie min verkeer en enkele groot vragmotors. Lekker gesleep oor Port Shepstone, Kokstad, verby pad net voor Mthatha en so net na 2uur by Gonubie park aangekom. Pad slegs bietjie hobbelrig so vir 15km by Mount Frere maar andersins in baie goeie toestand. Wou Yellow Sands probeer maar die dame het gesê met al die reen is die pad die laaste 2 km baie sleg daarom Gonubie. 

Gonubie is 'n mooi park en hulle is besig met opgraderings. Nuwe ablusie is voltooi en is besig met nuwe kantore en 'n swembad. Ons het lekker uitsig oor die mond en wind het erg gewaai maar nou bedaar.

Sal fotos neem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 17:37:28 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13078
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dankie aan almal. Toe besluit ons gaan kyk of ons die Kaap kan haal. So 5:45 by die huis weg en dapper besluit om die Transkei te trotseer. Baie min verkeer en enkele groot vragmotors. Lekker gesleep oor Port Shepstone, Kokstad, verby pad net voor Mthatha en so net na 2uur by Gonubie park aangekom. Pad slegs bietjie hobbelrig so vir 15km by Mount Frere maar andersins in baie goeie toestand. Wou Yellow Sands probeer maar die dame het gesê met al die reen is die pad die laaste 2 km baie sleg daarom Gonubie. 

Gonubie is 'n mooi park en hulle is besig met opgraderings. Nuwe ablusie is voltooi en is besig met nuwe kantore en 'n swembad. Ons het lekker uitsig oor die mond en wind het erg gewaai maar nou bedaar.

Sal fotos neem.

Dankie vir terugvoer....geniet dit! Sal uitkyk vir fotos 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 17:51:05 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2673
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Vir hoe lank is julle in Gonubie. Gelukkig is die reen van die paasnaweek, nou verby, so weer gaan beter wees, vir 'n ruk. Ry gerus met die voertuig na Yellowsands, dat julle self kan sien hoe dit daar lyk.

Ek wou byvoeg dat julle maar daar bo moet bly tot so October, voor julle suidwaards beweeg. Die Swaeltjies is almal oppad noorde toe, vir die wintersmaande. Weer kan nog goed wees tot middel na einde Mei, maar dit gaan beslis koeler raak wanneer die son sak. Verder suid raak dit nog koeler.

Gewoonweg is die 1 tot 2 uur by sonsondergang die koelste, dan begin dit weer warmder te word, na donker.

Geniet die toer en veilig reis. Dit gaan 'n groot awontuur wees...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 18:05:10 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1822
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Geniet  dit Jan en mooi ry.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 09:02:55 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Hoe verlang ek nou. Het die naweek bietjie gaan kyk of die wa nog in een stuk is by die stoorplek hier in die dorp. Alles was goed en wel daar. Die verlange om te gaan kamp raak nou groot maar ons besluit om ons eerste winter by die huis in Ballito deur te bring staan van. Moet sê dit voel nog al die pad asof ons op een lang vakansie is. Gister van "Granny's Pool na Salt Rock gestap. Laasgenoemde het nogals heelwat karavane gehad. 

Ek moet nou eers hout gaan koop om 'n nuwe "court yard" hekkie te maak nadat die vorige (hy was maar bietjie vrot) met verlede week se stormwind afgebreek het.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 May 2019 @ 18:02:23 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Het gister in Willow oord  aangekom en die wind was baie erg. Vandag Addo besoek en nog nooit so baie kudus gesien nie. Pragtige windstil dag.

Willow oord goed versorgde park met mooi grasperke en sommige plavleisel. Mooi ablusie geriewe en as pensioenaris R295.00 vir 2nagte. 

More vat ons die pad verder.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 May 2019 @ 18:34:11 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1156
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Dankie Jan. Geniet dit en veilig reis.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 May 2019 @ 18:38:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13078
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dankie vir terugvoering....wat van so n foto of 2? Veilig verder toer!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2019 @ 15:55:44 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Ons is so besig on te rus dat en nie eers hier rapporteer nie.

Vanoggend weg van 'n nat koue Hartenbos. Amper huistoe gedraai so koud gekry.

Nou moet ek dankie se vir Piet Goosen dat hy so 'n rukkie terug gepraat het oor van Zylsrus woonwa park. Gelukkig het ek John gaskakel en het ons plek gekry. Wat 'n pragtige plek en seker een van die bestes wat ons nog gesien het. Ablusie klein maar baie netjies en aan alles is gedink om kamp lekker te maak. 

Sukkel nog met fotos laai op die tablet maar sal môre weer probeer.

O ja die park is in Kuilsrivier wat dit baie sentraal maak. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2019 @ 16:16:02 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1486
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years

Jan as julle dalk na Worcester se kant uitry,sal julle graag ontmoet,skakel  of WA 072 739 846 4 sien daarna uit om lekker te kuier

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2019 @ 17:43:54 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1822
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Jan ek is bly julle vorder goed en is veilig. Jammer julle het die koue op Hartenbos geslaan. Dit is ongelukkig maar deel van kamp. Van Zylsrus is regtig een van die beter terreine wat ons ook teegekom het. Jy kan ook die hele Kaap omgewing vandaar bereik. Geniet dit. Se asseblief groete vir Maggie......sy sorg dat daardie ablusieblokkie altyd silverskoon is. Jy kan haar se dit is ons wat met die nagemaakte Jack Russel hondjie daar was September toe almal gedink het dit is n regte hond. John se Pa (Tobie) wie die stigter van die park was is so twee maande gelede oorlede aan kanker terwyl hy gekamp het op Jongensfontein. Baie aangename persoon gewees.

Geniet julle reis en vakansie verder.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 14:57:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13078
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Julle nog op die pad?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 19:16:45 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Oppad huistoe. Na Kaapstad by van Zylsrus het ons die Karoo nasionale park vir die eerste keer besoek en was so verras met seker van die beste geriewe van Sanparke wat ons nog teegekom het. All die geriewe is opgegradeer en het so lekker gekamp dat ons langer gebly het as wat beplan is. 

Ons is nou by Clarens wat ook 'n eerste vir ons is.

Beplan om voor die naweek by die huis te wees.

Sukkel met my SD kaart leser en kan nie fotos laai op die tablet nie en sal by die huis al die fotos van die kampe waar ons was laai met beskrywing en die roetes wat ons gery het.

Baie tevrede met die toer en hoe ons dit gedoen het. By plekke uitgekom wat ons seker nooit anders sou sien nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 20:32:45 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 502
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Jan julle moet die laaste doodsnikke van jul toer geniet en veilig terug sleep Durban toe. Sien baie uit na die fotos.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 01:06:00 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13078
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ja....veilig verder reis....sal uitkyk vir fotos 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 06:19:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kyk die spreek woord "A picture is better than a thousand words" geld nou maar net wanneer dit kom by toere. Ek wag ook gretig vir daai fotos.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 18:44:56 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Willow resort in PE en Addo Elephant park

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 18:57:01 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Hartenbos

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 19:05:13 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Van Zylsrus oord in Kuilsrivier en Kaapstad

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 19:13:02 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Karoo nasionale park

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 19:26:07 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Kombuis by Karoo nasionale park

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 19:34:54 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Veilig terug by die huis na 'n toer van 4800km. 

Baie geniet en fotos opgelaai waar ons orals gekamp het. Was goeie besluit en ons het by plekke uitgekom wat ons nie anders sou sien nie. Omdat ons nie bespreek het nie kon ons langer bly by plekke waar ons wou.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 20:56:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13078
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Bly julle is veilig terug! Darem pragtige fotos....dankie vir die deel daarvan. Die nasionale parke lyk darem pragtig groen....en sien julle het op n paar besondere groottes afgekom. Mens kan aan die fotos sien dit kon net lekker gewees het!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 21:02:07 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1822
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Dankie Jan. Ons is bly julle is veilig en het julle toer geniet.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 04:34:00 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1156
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Jan, bly julle is veilig tuis.

So n onbeplande toer klink baie lekker. Dit is sorg vry, bly waar jy wil solank as jy wil. Kan net lekker wees.

Dankie vir foto's.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 08:01:02 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 502
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Bly julle is veilig uit en tuis.

Dankie vir die deel van die fpragtige foto's. Kan sommer die koue sien daar by Hartenbos wat julle beleef het. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 10:22:23 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5577
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Dankie Jan, dit lyk lekker.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 16:14:12 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 3969
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Jan looks like you had a wonderful time, glad you travelled safe. Those photos bring back many memories. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 18:23:03 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13078
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek sien julle het daar by Hartenbos voor teen die see gestaan....julle het seker ook sterk winde moes trotseer. Hoe het die leisure awn dit hanteer?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2019 @ 09:02:43 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1970
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Geert, by Hartenbos en Willow oord in PE het ons by die see gekamp en sodra die awning staan het en dadelik een storm band regoor die awning net agter die breë aluminium strook gespan met storm penne. Geweet ons gaan deur die dag rondry en wou  seker maak daar is nie probleme nie. 

My awning het Velcro strips op die drie horisontale pale en as dit vas is het ek tot nou toe nie probleme gehad met flap nie.

My awning het twee sykante en 'n voorkant wat net vas hak as die wind pla van die kant af. Nog nooit die voorkant gebruik nie. 

Sien die bespreking op die awning draad en al wat ek doen as dit reen is on die een voorpaal bietjie te laat sak en en dan dam die water nie op nie maar hardloop mooi af. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required