English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 632
Total Replies: 254 182
Total Views: 83 292 717
topics: 1 001
replies: 14 185
views: 3 261 112
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Is 95K aanvaarbaar

replies: 28
views: 8625
09 May 2016 @ 15:18:12 pm
Anonymous

Saterdag het ek met so halwe oor by ons kleindogter se verjaarsdag geluister dat een van my seun se vriende hierdie 2000 model Penta wil verkoop vir R95k. 

Waardig die prys dit? Ek sal vra vir meer fotos sodra my seun en hy terugkeer vanaf Hatazel waar hulle tans field service verrig

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 15:29:30 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1224
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Sjoe! Van buite af (volgens die foto) lyk hierdie na 'n winskoop ..... sal graag inligting wil stuur aan my Skoonseun in Bloemfontein. Laat weet my?

Dankie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 15:43:06 pm
Anonymous

Sal so maak Nico. Ek wou destyds daai bakkie koop, maar toe gelos. Ek kan my eie gat skop daaroor.

Die bates is sy oorlede skoonpa se bates, volgens verstane wil sy skoonma nou die karavaan verkoop omrede die boedel nou finaal afgehandel is.

Ek wil ook graag sien hoe die verdere fotos gaan wees. Ek het belangestel, maar die ''bestuur''embarassed van die huis, sê NEE hy is te groot vir ons twee.

Hulle behoort terug te keer van Hotazel af teen Donderdag of Vrydag dan sal ek vra vir meer fotos.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 15:55:40 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1597
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Bleik n goeie kopie te wees ,veral dat dit aan die 'ou' mense behoort.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 18:48:26 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Prys hoog vir model.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 19:50:19 pm
Izak Holtzhausen
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 39
Joined: 18 Dec 2012
Experience: 8 years
Lieflike wa...as mens sien wat die nuwe Pentas kos...is die beslis n winskoop!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 19:55:51 pm
Anonymous

Nuwe penta kan jy kry vir 196k as jy hard werk daaraan.. mmmm... ek weet nie, 16 jaar oud... ek weet nie??

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 21:11:35 pm
Anonymous

Ek het geen planne om my 2005 Penta te verkoop nie, dit is my pension wa, maar ek sou reken as ek wel koop verloor, en juk, sal ek niks minder as R130k vat nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 21:15:35 pm
Anonymous

Nuwe penta kan jy kry vir 196k as jy hard werk daaraan.. mmmm... ek weet nie, 16 jaar oud... ek weet nie??

R269000.00 by Camp World.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 21:45:36 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Van die penta na elegance.... by loftus kos nuwe elegance 399k
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 00:20:27 am
Anonymous

Johann, glo dit of nie, jy kan hul arm goed draai... party dealers jaag jou mos weg maar ekt basies oor R40k afgekry op my fleetline nuut, en hul was bereid om nuwe penta onder R200k aan te bied.. dit sal steeds kan gebeur ;)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 06:56:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16209
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hel en ek dink ek het goed gedoen toe ek my 2000 model Penta in 2011 verkoop het vir R85000. Ander 2000 model Pentas het op daai stadium vir R71 000 gegaan.

Dit is seker 'n bargain as jy hom met 'n nuwe een se prys vergelyk maar daai wa is nou 16 jaar oud en nie net hoe hy opgepas is nie maar gereelde onderhoud oor die jare sal baie sê.

Ek sal bv kyk of hy enigsins oor die jare geherseël is want daar behoort verseker water êrens al ingelek het as dit nie gedoen was nie.

Ek sou maximum R65 000 tot R69 000 vir 'n baie goed opgepasde karavaan van daai ouderdom betaal. Dis in elkgeval R2000 meer as wat hulle vir hom nuut betaal het.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 07:12:56 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3327
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Prys hoog vir model.

Alles hang af van toestand.

Kyk maar wat ko 80 modelle en hulle bly diue moeite werd. Kos nie 'n arm en 'n been nie en kan dan bekostig om te gebruik!

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 08:50:17 am
Izak Holtzhausen
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 39
Joined: 18 Dec 2012
Experience: 8 years
Kennis Karavane adverteer n ouer model en n nuwer een wat heeltemal in lyn is met die prys......kyk gerus
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 08:58:32 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17550
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Kennis Karavane adverteer n ouer model en n nuwer een wat heeltemal in lyn is met die prys......kyk gerus

Het ook gesien prys is in lyn....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 09:11:05 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 712
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years

starlight caravans het  nou 'n penta 2003 vir R114  900, so dit lyk okay vir 'n 2000 model, maar okay hulle sit nog wins ook by?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 09:20:23 am
JAV
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 61
Joined: 09 Jun 2014
Experience: 11 years

Mens kan darem nou nie die pryse vergelyk tussen dealerships en privaat verkope nie. Daar is n hengse verskil tussen die twee. Dealerships verkoop ou karavane wat in die privaat mark vir R 20K gaan vir dubbeld, en beste van alles is, hulle kry dit verkoop!

Selfe gaan vir karre, bote, karavane, groot verskil tussen wat privaat mark en dealers bied, as dit by prys kom.

Ek dink ook R 95 k is te hoog.

Jy kan 2005 plus modelle koop, Regal, Romany, Penta, almal daai grote waens vir tussen R95 K - R 110K, maar natuurlik speel toestand n groot rol.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 09:52:42 am
Anonymous

Dealerships se meeste aankope is by ''auctions'' en by banke wat teruggeneemde voertuie verkoop waar hulle dit teen 'n winskoop koop asook met ''inside information''. 

Om individueel te gaan kompeteer by bogenoemd is duidelik 'n mors van tyd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 09:57:39 am
Anonymous

starlight caravans het  nou 'n penta 2003 vir R114  900, so dit lyk okay vir 'n 2000 model, maar okay hulle sit nog wins ook by?

 

Tel by die R114 900 nog so +/- R 4500-00 by vir padwaardigheid en registrasie.

Vir sommige instansies kan jy dit noem dat jy dit self gaan doen, maar die meerderheid noem dat dit hulle beleid is om die padwaardigheid en registrasie te doen en weier volstrek. Die rede daarvoor is om daai ekstra ''moelas'' in die maatskappy te plaas.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 10:32:41 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9930
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years


n Bargain bly n Bargain, al is daar net R 2 verskil.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 11:06:24 am
Anonymous

Tel by die R114 900 nog so +/- R 4500-00 by vir padwaardigheid en registrasie.

Vir sommige instansies kan jy dit noem dat jy dit self gaan doen, maar die meerderheid noem dat dit hulle beleid is om die padwaardigheid en registrasie te doen en weier volstrek. Die rede daarvoor is om daai ekstra ''moelas'' in die maatskappy te plaas.

 

ekt dit als laat insluit in al my aankope, hul het dit almal sover gratis gedoen, as hul wil weier, stap ek uit want ander dealer wil die sale kry

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 11:20:01 am
Anonymous

ekt dit als laat insluit in al my aankope, hul het dit almal sover gratis gedoen, as hul wil weier, stap ek uit want ander dealer wil die sale kry

 

Ag jouself as 'n gelukkige koper, want by sommige handelaars is dit uitgesluit

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2016 @ 07:12:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16209
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dis moeilik om by R4500 uit te kom as Padwaardigheid R360 kos. Lisensie geld ongeveer R500. Nommerplaat is mos klaar daar. As die padwaardigheid toets faal kan hulle jou nie laat betaal as daar foute op die wa is wat reggemaak moet word nie. Die wa moet mos reg wees as jy hom koop. 

Soe hulle ruk 'n mens darem vir so klein joppie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2016 @ 07:16:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16209
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

As dit die pryse is wat tweedehanse Pentas nou voor verkoop kan R95K seker maar doen. Toe ek my Penta verkoop het in 2011, het ek my laat lei deur die tweedehanse mark van daai tyd. Het ekstra by gesit want my Penta was in 80% beter toestand as dit wat op die vloere gestaan het.

Ek was dom. Moes hom vas gehou het tot nou toe..................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2016 @ 07:19:48 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17550
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ag jouself as 'n gelukkige koper, want by sommige handelaars is dit uitgesluit

 


Dink veral by 2de handse handelaars
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2016 @ 07:26:09 am
Anonymous

Twee jaar gelede toe ek my karavaan gekoop het was die koste R 3200 vir padwaardigheid en registrasie, maar gelukkig het die handelaar ingestem nadat ek aan hom genoem het dat ek dit self gaan doen en natuurlik op sy voorwaarde dat dit binne 21 dae geskied.

Ek het my karavaan die Vrydag middag gaan haal en teen die volgende week Woensdag was alles afgehandel. Die karavaan was deur die toets en gerigistreer op my naam.

Al wat dit my gekos het was 'n bietjie ekstra moeite en tyd en 'n maks van +/- R 500.

Met my swaer se karavaan het Waterkloofrif Campworld daarteen besluit en dit was 'n ekstra koste van R 3800 by sy karavaan se koop bedrag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2016 @ 08:22:09 am
Anonymous

Al my voertuie was nuut gekoop sover, en nou die fleetline ook, en ja, die kostes was op kwotasies maar ekt vir hulle gese haal af, of deal is af. As dealer jou dwing, dan is dit jou eie skuld as jy val daarvoor. Eks nie gelukkige koper nie, ek val net nie vir verkoopstories nie, ek weet mos hul maak groot genoeg geld op verkoop, dan wil hul jou nog melk? Ek draai net daar om. Op pad uit het hul dit geskrap en my deal was done. 

Met die voertuie het almal darem dit geskrap. Jy kom gou agter wanneer sales ou voorgee, maar oor sy voete val as jy belangstelling verloor.. 

 

Ek verstaan dus hoekom n bakkie vandag R600k kos, want mense val vir die salestalks.. suid afrikaners het steeds te veel geld dan. Maar dit raak minder, en verkope sal erens val

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2016 @ 08:57:41 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Ek weet al klaar nie hoe iemand n nuwe kar kan koop nie. Dink die meeste verkope is deur maatskappye.
Ek beskou my karavaan as my aftree huis. Met gewigs en ander probleme is dit darm nog goekoper as n huisie by die C.
En... ek kan die huisie rondskuiwe.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2016 @ 09:34:21 am
Anonymous

Al my voertuie was nuut gekoop sover, en nou die fleetline ook, en ja, die kostes was op kwotasies maar ekt vir hulle gese haal af, of deal is af. As dealer jou dwing, dan is dit jou eie skuld as jy val daarvoor. Eks nie gelukkige koper nie, ek val net nie vir verkoopstories nie, ek weet mos hul maak groot genoeg geld op verkoop, dan wil hul jou nog melk? Ek draai net daar om. Op pad uit het hul dit geskrap en my deal was done. 

Met die voertuie het almal darem dit geskrap. Jy kom gou agter wanneer sales ou voorgee, maar oor sy voete val as jy belangstelling verloor.. 

 

Ek verstaan dus hoekom n bakkie vandag R600k kos, want mense val vir die salestalks.. suid afrikaners het steeds te veel geld dan. Maar dit raak minder, en verkope sal erens val

Jy noem so van die sales talk. Kopers moet gedwing wees om 'n koop kontrak noukeurig te lees voordat daar enige handtekening geplaas word. Ek het destyds toe ek die GWM D/C gekoop het 'n bloutjie geloop.

Op die kontrak het hulle gestipuleer dat daar 'n koste is van R 2500 vir die diens van die voertuig wat nie gedoen was nie en 'n verdere R 1000 vir aflewerings kostes wat nie uitgewys was tydens die verduideliking van die kontrak nie. Nadat ek die voertuig in beslag geneem het, het ek die voertuig geneem vir 'n diens omrede die waarborg dit vereis het. Daarna lees ek die kontrak noukeurig en merk bogenoemd op. Ek het die faktuur vir die handelaar geneem om 'n terugbetaling te eis vir die diens. Hulle betaal toe slegs 50% van die bedrag wat ek vir die diens betaal het.

Omrede die voertuig nog 'n 30 dae handelaars waarborg ook gehad het, het ek die voertuig noukeurig deursoek vir foute. Die foute wat ek opgemerk het, het ek op papier geplaas en die voertuig terug na die handelaar geneem.

Ek het al die eerste paaiement op die voertuig betaal, toe staan hy nogsteeds by die handelaar om al die foute wat ek genotuleer het reg te stel en sodoende het dit my uitgawes dubbel en dwars gedek.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za