English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 312
Total Replies: 250 431
Total Views: 83 154 898
topics: 11 437
replies: 137 696
views: 39 292 645
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Internet verbinding

replies: 22
views: 371
22 Mar 2020 @ 10:04:55 am
Schalla
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 13 Feb 2012
Experience: 18 years

Ons huis is in die mark en sodra dit verkoop wil ons ook met die karavaan rondtoer deur die land.  Ek benodig +- 20gb data per maand en my vraag aan u is: wat is die beste internet verbinding, nie net prysgewys nie maar veral goeie, beskikbare verbinding oral in die land.  Ek hoor graag van u.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 10:34:44 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1241
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek kan nie vir jou sê dit is die beste nie, maar ek gebruik 'n Vodacom modem en koop data soos benodig wanneer ons van die huis-af weg is. In die enkele jare wat ek dit gebruik, het ek nog slegs goeie diens uit die modem en vanaf Vodacom ontvang. Dalk is daar andere wat ander diensverskaffers gebruik en ook daarvan kan getuig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 11:09:27 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek en Susan reis baie met die karavaan. Ek maak ook maar gebruik van die Vodacom modem soos Chris en het nog nooit sonder verbinding gesit nie. Somtyds stadiger op plekke met baie swak ontvangs (as dit dit is) maar was nog nooit sonder sein nie. Daar is dalk beter opsies maar die een werk vir ons.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 11:38:43 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2207
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons gebruik Vodacom modem by die huis en wanneer ons toer. 

Nog altyd sein gehad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 11:45:19 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 639
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Ons maak ook gebruik van 'n Vodacom modem en kry 20GB spitstyd en 20GB nie pitstyd vir R199pm. Dit hang maar af of daar opvangs in die gebied is en hoe sterk die sein is. Moet sê, ons het nog nie werklik op 'n plek gekom waar daar geen opvangs was nie.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 11:53:01 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Wag tot 1 April. Dan kom die pryse af

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 11:54:37 am
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 428
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 47 years

Ons toer permanent deur die land rond en het al letterlik honderde karavaanparke besoek. Ons gebruik Vodakom en Cell C verbindings.  Vodacom is by verre die beter netwerk, maar ook hulle sukkel soms.  Dan gebruik ons 'n "directional" lugdraad en seinversterker.  As jy dit reg instel kan jy 'n goeie sein tot meer as 20Km van die toring af opvang.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 12:17:22 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het ook die 20Gb + 20 Gb pakket by Vodacom.  Toe ek dit uitgeneem het, was dit nie aangetoon in hulle brosjure nie maar Vodashop kon dit wel vir my gee.  Ek raai dus aan dat  jy na 'n Vodashop gaan eerder as om dit per internet of telefonies te doen.  Ek het ook geen probleme met Vodacom nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 12:51:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek is by Cell C. Hele naweek sonder data sein gesit by Basslake....maar kon  wel sms en bel. Sommige oorde het boosters, maar gewoonlik ook net op een netwerk. As ek sou permanent toer sou ek ook heel moontlik Vodacom oorweeg het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 13:05:52 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4432
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Onlangs 'n Vodacom 20+20 kontrak met Huawei B315 router uitgeneem. Die ontvangs van die router met sy antennas is uitstekend. Die router kan van enige 12 volt bron gebruik word. 

Al verminder die prys van pre-paid data met 50% bly dit nog 'n duur opsie as jy 20 G nodig het.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 13:12:25 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4432
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek is by Cell C. Hele naweek sonder data sein gesit by Basslake....maar kon  wel sms en bel. Sommige oorde het boosters, maar gewoonlik ook net op een netwerk. As ek sou permanent toer sou ek ook heel moontlik Vodacom oorweeg het

Gewonder waarom jy so stil was. Het jy lekker gekamp met die nuwe woonwa?

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 13:29:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Gewonder waarom jy so stil was. Het jy lekker gekamp met die nuwe woonwa?

 

Heerlik, maar moes in gietende reen oppak

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 13:50:39 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink nie die 30% korting waarna Vodacom verwys het, sal die 20+20 pakket raak of minstens veel raak nie.  Dit klink vir my dit sal meer gekonsentreer wees op klein kontantaankope (wat die naam ookal is) van 1 Gb en minder, dus vir die minder gegoede verbruikers.  Ek hoop natuurlik ek interpreteer dit verkeerd en dat ek net R133 vir my 20+20 sal betaal.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 14:00:40 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 408
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 33 years

Despite the fact that you will occasionally experience weak signals Vodacom is by far the best. I say this taking into consideration that MTN and CELL-C is still piggyback on Vodacom's towers.

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 15:08:39 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1188
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Schalk, ek is by Telkom vir data en Vodacom vir selfoon gebruik.  Ek het by PEP Stores 'n Telkom MiFi modem gekoop (R599) en die SIM nr gekoppel aan my hoof kontrak met Telkom.  Wanneer ek reis neem ek net die klein modem saam en gebruik my hoofkontrak se data pakket.    As jy 'n 20 of 40GB kontrak sou neem by Vodacom, oorweeg die klein MiFi router en vra of dit aan die hoofpakket gekoppel kan word.  Die kleintjie se battery hou so 4 ure voordat dit herlaai moet word.  Voorheen het ek my B618 router saamgery maar dit neem plek op.

In KNP het ek gevind dat beide Telkom en Vodacom se seine is maar swak.  Die staf by Letaba en Shingwedzi het dit beaam.   Selfs by Ngwenya Lodge met 2 selfoon torings langs die oord, was Vodacom power met sein net by die restourant-kroeg - en nou sluit dit 1800 frownfrown.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 10:14:21 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 418
Joined: 28 Feb 2018

A Butts the 18:00h rule, but it now means the lunch time beer can be used, don't know about them airplane starting rule, as most planes are grounded 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 10:27:38 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Maybe that is why the aeroplanes have been grounded- to assist in enforcing the no drinking ruling.   Brilliant thinking!undecided

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2020 @ 18:37:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9564
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het Vodacom en Telcom.

Het al plekke gekry waar Vodacom nie werk nie Dan werk Telcom.

Of anders om.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 08:57:15 am
Henry en Karin
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 12 May 2012
Experience: 47 years

Wonder nou, is daar n verskil tussen die gebruik van jou foon as n 'hotspot' en n MiFi router?

Soos U will.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 12:10:59 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4432
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Terwyl ons getoer het het ons n ou Blackberry foon gebruik vir n hotspot. Ontvangs en spoed was nie altyd goed nie maar ons kon die noodsaaklike doen.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 13:44:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Wonder nou, is daar n verskil tussen die gebruik van jou foon as n 'hotspot' en n MiFi router?

Miskien waar n aparte router handig te pas kom is as jy slegs data pakette uit wil neem. Ek het byvoorbeeld n gesamentlike pakket met voice en data, maar die verhouding tussen 2 werk nooit vir my nie....praat tyd is miskien baie, maar data min...om apart aan te vul is soms duur. Cell C het so n pakket wat jy kan optop teen R100 vir 1gig data, maar slegs 15min airtime. 2 oproepe en 15 min is weg....maar sit dan miskien met nog 900m data

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 14:16:38 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Kan jy nie dalk data koop met jou airtime nie?  Sommige Vodacom pakkette laat dit toe, ander nie. Ek het geen kennis van CelC se voorweaardes nie.   Dit mag dalk 'n oplossing vir jou wees.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 14:34:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Kan jy nie dalk data koop met jou airtime nie?  Sommige Vodacom pakkette laat dit toe, ander nie. Ek het geen kennis van CelC se voorweaardes nie.   Dit mag dalk 'n oplossing vir jou wees.

Daar is verskeie opsies, maar kostes gewys nie baie effektief nie. As mens n stelsel gebruik soos n router aanvaar ek so n persoon gebruik relatief baie data. In daai geval het ek.....as ek reg onthou, al gelees dat hier gebruikers is op die forum wat onder die R200 betaal vir 20gig data op n aparte data kontrak. Iets wat mens nie kry met gewone praattyd nie. Cell C het ook n ruk terug n data pakket aangebied van R99 vir 10gig....maar vir my wat lugtyd ook benodig nie effektief nie. Vir my wat tans optop teen R100 per gig sou dit seker meer ekonomies uitgewerk het om losstaande router kontrak uit te neem teen R99 vir 10gig as om op te top teen R100 vir 1gig. Dieselfde prys vir 10x die hoeveelheid data. Plus kry nog n addisionele 10gig midnight data.

Ek moet miskien herbesin oor my opsies in die nuwe maand waar sommige diens verskaffers stewig hul pryse gaan verlaag

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za