English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 714
Total Replies: 255 300
Total Views: 83 336 577
topics: 11 682
replies: 140 700
views: 39 388 713
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Interesante kampers

replies: 23
views: 8649
25 Nov 2014 @ 21:58:28 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 51 years
Dagse,

Die afgelope 3 weke, het ons lekker gekamp, en die raad wat ek so baie gehoor het van om met die oe te steel by ander kampers defnitief gedoen.
Wat my byval, is dat daar geen einde is aan ons volkie se vermoens om n plan te kan maak nie, en dan ,daai uitdrukking op die gesig as jy uitvra, is goud werd.
Gister was hier n kampeerwa, so self omgeboude Iveco paneelwa, die eenkant van die bakwerk sak met katrolle en wat nog af, met dan n seildak wat die bed maak, n moerse groot Kingsize katel. Toe ek die kontrepsie binne bekyk, sien ek n Vuvuzela aan n tuinslang vas op die onderkant van die bed. Tuinslang gaan deur die vloer. Ja, die Vuvuzela is nou n pslelie.

Dan het n seker die grofste "rig" op ons paaie ook beleef. Die wa is n dubbel as, seker n Gypsey van lank voor die brandstof beperkings van die 70s, maar dis vrek groot. Elk geval, die sy kante is vol snye, van hulle is gelap met stukke plat geslaande sinkplate. Ligte agter so met n extention koord hier teen die kant van die wa na die ryding. Die ryding n Ford Falcon Ranchero van laat 90s met die die skuim stofering wat deur die lap loer. Maar wragtig, toe daai man hier wegtrek pluk daai bakkie die wa amper van sy geroeste wiele af.

Groetnis,

Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 07:00:39 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1209
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 8 years

Lekker storie Herman.   Party mense het 'n vermoë om skeppend te wees en dol gelukkig met die resultaat te leef.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 07:03:15 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 49 years

Soos jy se Herman dit is altyd intersant om so deur te loop dan wonder jy hoekom het ek nie daaraan gedink nie

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 07:04:32 am
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 50 years
Kamp gaan ons kamp.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 07:05:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16255
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ja kyk daai man is baie lui om in die nag op te staan om te gaan fluit. Hy doen dit sommer so lê lê deur die pslelie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 07:05:57 am
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 50 years
Toe ek Froggy gebou het, het ek ook orals met die oog gesteel. Dit werk. Soms was ek te laat.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 08:00:38 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4826
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years
Herman dis lekke om met die oe te steel so leer n ou baie van ander mede kampers
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 09:13:04 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2260
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years
Herman volgende keer moet jy met die kamara 'n foto steel!!!
Sal interesant wees om die mooiste, snaakste "rigs" op die forum te sit.
Het 'n jaar lank geneem om my meenthuis oor te doen. Almal in die kompleks was nuuskierig en wou sien wat ek doen maar het geweier en gese julle kan kyk as ek klaar is. Twee weke gelede klaar en huis oopgemaak om te "brag". Baie komplimente gekry oor my idees. Net geantwoord dat ek al jare met die oog steel.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 11:07:04 am
camperfan
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 445
Joined: 27 Jul 2014
Experience: 27 years
Herman ek laaik die p lelie kwaai!:)

Africa is not for sissies. Die bosveld is nie speletjies nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 12:15:52 pm
Anonymous

Herman, baie interesant, veral die lelie, maar ek het dit amper nodig gehad toe ek jou laaste stukkie lees van wieleLaughing

Ek het ook al so paar dinge gesien, is nou jammer ek het nooit daaraan gedink om foto's te neem nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 13:12:43 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 51 years
Jong, ek was maar skrikkerig vir fotos neem .
Wou graag een steel van die ou Gypsey en die Ford,maar daai man het gevaarlik gelyk, Crocks en Jeans en n onderbaadjie se duidelik vir my, ek slaan voor ek praat. Sou my ook nie glo dat ek die foto wil gebruik vir voorblad nie.
Elk geval, hier langs my kamp n man met n Sprite Swing, 2009 model. Die wa staan hoog , toe vra ek bietjie uit. So vertel hy, ons wil n eiland bed h, groot yskas, en plek vir ysmaker. Die Sprite is reg, maar net vir teerpad. Toe laat hy paar goete verander.
Soliede as met bladvere, skokbrekers. Onderstel versterk en bakwerk aan vloer vasgebout, ekstra knippe op deure.
Hy kom nou van die Kgalagadi af. Gesleep 2 Rivieren, Nossob en Mata Mata, nie n krakie of n rattle nie. Daai pad maak my gedaan, net met ry, ouma moet haar bolyf vashou , ek stamp duike in die dak met my kop, die Cruiser se deure maak self oop. En dan ry ek mooi stadig soos dit hoort.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 13:52:14 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2260
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years
Herman mooi man met ouma wat bolyf vashou. Laat my dink: Iemand moet al die stories en goette wat rondom kamp plaasvind opteken. Daar is mense op die forum - soos jouself - wat regtig stories en dinge op besondere manier kan beskryf en ons lagspiere laat oortyd werk. Dit is 'n gawe om 'n storie so te vertel dat jou gedagte/verbeelding presies sien wat aangaan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 13:56:08 pm
Anonymous

Jan, sê ek mos ook. Ek wou hoeka vir Herman vra of hy familie van Jan Spies of Tolla VD Merwe is, maar het gedink, dalk neem hy aanstood.Laughing

Dit is 'n gawe wat nie verberg moet word nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 13:57:56 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5841
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

Daai ding lyk of hy op sy hurke sit en wag vir die oomblik ....

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 15:09:10 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10068
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Dis hoe n 4 x 4 wa moet lyk.

Herman, jy moet maar vir ouma vas bind dat sy nie so erg skug nie, of doen jy die vryf werk?

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2014 @ 18:33:12 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 51 years
Daar is mos iets anders in buitelanders, veral as hulle dalk Switsers is.

Vandag slaan n couple hulle tent op, hy staan haaks in n skewe staanplek, die bakkie staan weer presies haaks met die tent. Tafel met rooi en wit blokkies op, twee drinkbottels met seker Avian water in op die tafel. Twee stoele presies regoor mekaar en 2 dik boeke wat gelees word.

Mens kan sien oormatigheid is nie in die woordeskat nie, nie n teken van n boepie nie, inteendeel, daar is sulke fyn plooitjies op sy pens soos n maer Kalahari boesman. Mevrou sweef in n tabberd soos Meryl Streep nog moet leer. Ek dink my gevoel van Swiss, is dalk reg.

Hier loop mos die ou groot Bergskilpad rond, het al baie moeilkheid gemaak in sy dae as ek die flenter dop so kyk. Ons het hom Hecules gedoop, want daai ou het stamina. So gebeur dit toe dat Hercules n ietsie raakloop by die netjiese kampers,en daar gaan hy, gaank, ggaankk, ggaaannkk.
Meryl verdwyn van die toneel en Trados bly maar sit probeer lees, sien net sy nek trek so styf elke keer as ou Hercules daai ggaannkk gee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2014 @ 13:44:48 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 49 years

Herman doet so voort geniet jou storries

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2014 @ 22:42:53 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 15 years
Herman, ja hou so aan broer. Ons geniet jou stories en manier van vertel.... Net jammer jy support nie die Lions nie....
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Nov 2014 @ 08:50:57 am
Anonymous

Herman, stem saam gesels swaer, ons kort die lekker lag.

@ Schalk nee man, Herman moet maar Cheatah ondersteuner word, dis al wat ons wen, is so nou en dan 'n supporterLaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Nov 2014 @ 18:14:03 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 51 years
Dagse,

Ons by die huis, Jurgie gewas, onder sy afdak. Ouma Vonnie se toe ons so besig is met di, ek kan verstaan hoekom die Gypseys sulke gelukkige mense is, ek sal dit maklik doen. Sy is mal oor wat sy nou " haar karavaantjie" noem. Maak my hart bly.
Elk geval.
Ekke is nie familie van Tolla nie, hy is baaie aantrekliker, ou Jan Spies kon wragtig n storie so uitrek , maar sy manier van praat het die ding gedoen. Hy weer te slim gewees om my as familie te he.

Eers gou vertel waar ek aan die naam Trados hom vir die Switser hierbo.
P J Schoeman het boeke geskryf wat ek as jonge, seker almal gelees het.
Trados die swerwer Boesman was een van sy boeke.
Op n dag vra iemand vir Trados hoeveel vroue hy het. Sy antwoord drie. Trados, nou hoe sal jy die vroue beskryf, was die volgende vraag. n Slimmetjie , n malletjie, en n dommetjie se hy. Nou vir wie is jy die liefste Trados ?
Die dommetjie se hy,die ander twee gee my te veel moeilikheid.

Die Switser is met die slimmetjie getroud, sy kry skaam en gaan kruip weg.
Die malletjie sou n klag van onsedelike gedrag van die skilpaaie gemaak het by die owerhede.
Die dommetjie sou kom tent toe geroep het.

Groetnis.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2015 @ 19:25:52 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 51 years
Gedink die een sal dalk vir Warren idees gee. Die man woon in Holland, en het die opvou waentjie daar laar bou. Dit slaan plat tot by die Zebra strepe. Binne is n enkel bed, en die uitvou deel noem hy sy " patio" waar ook n matras is vir warm aande.
Toer hier vir 3 maande elke jaar, het die wa en bakkie hiernatoe verskeep op n stadium,en staan nou langs ons in Punda.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2015 @ 19:46:20 pm
Izak
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 225
Joined: 16 Sep 2014
Experience: 11 years

Ja Herman, jy kan maar n mooi storie vertel en ons lag spiere goed prikkel.

Hi there fellow camper, enjoy camping.
When you leave just leave your foot prints and nothing other than a clean site as you found it.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2016 @ 21:52:03 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 51 years
Die een moet ek deel, maar omdat daar nie n foto is nie, teken maar die prentjie in die kop.
Gesien nou die dag hier op die dorp, seker n KKNK besoeker, en dalk een van Warren se pelle.
Die beplanning moes n hele paar bottels Klipdrift geneem het, en die uitvoering net so besig glo ek maar.
Voor jou n 4 voet Venter waentjie, met die klein wieletjies wat so weerskante uitsteek. Dan begin jy n grondpadwa in jou agterkop sien. Eerste belangrike punt is n hoge suspensie, maak die bladvere se hangers langer. Nou staan die body lekker hoog, en die wieletjies daar onder.
Nou gaan ons n daktent opsit, maar hoe. Die daktent is wyer en langer as die wa, so n platform moet gebou word, en maak toe n platform vir daktent. Maar n daktent sit mos so hoog soos nToyota se dak, nie laag nie, anders gaan die leer te lank wees, en die veiligheid teen leeus ook nie werk nie.
Wel, die oplossing is eenvoudig, bou n canopy op die venter wat so tregter na buite maak sodat dit groot en hoog genoeg is vir die daktent!! En so is dit gedoen. Nou is daar hope plek vir al die ammo bokse, sommer baie pakplek. O ja daar was nou lekker plek vir n Easy awn op die kant gewees.
Ons volk het geen einde aan idees nie. Maar hy gaan k@k optel by daai weegbrug, verseker.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2016 @ 06:48:26 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3329
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 54 years

Toe ek Froggy gebou het, het ek ook orals met die oog gesteel. Dit werk. Soms was ek te laat.

Jy sê nie vir wat was jy soms "te laat" nie - ek hoop nie jy verwys na die lelie nie! wink

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za