English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 503
Total Replies: 234 913
Total Views: 82 550 344
topics: 10 944
replies: 127 793
views: 38 962 789
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Insekdoders as jy kamp

replies: 32
views: 10302
13 Apr 2016 @ 15:49:49 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ek glo nie mens kan regtig kamp sonder 'n voorraad insekdoders nie.   Ons gebruik dit nie gereeld nie maar daar is tog tye wat jy gryp na die blikkie of botteltjie.   Ons gebruik al die gewones soos die coil wat jy brand, sitronella emmertjie, spuitwerende middels (in die lug en op jou lyf).  

Ons was 'n paar jaar gelede by Gariep Dam en daar was ontsettend baie vlieë, dit was onuithoudbaar.  By die winkeltjie het hul die Vastrap Kill Pest verkoop.  Dit het die pers lig en die insekte word geskok.   Ons het vlieë daarin gevang dat dit swart gesit het op die drade.  Hier by Van Stadens het ons dit ook aangesit, vir die vlieë in die dag, maar hulle gaan nie juis daarin nie.  Maar in die aand trek dit insekte en motte, dit skiet aanmekaar.  Daar is geen insekte rondom ons ander ligte in die aand nie.   Hulle gaan nie eers in die karavaan in nie.

Ek sien op die draad oor muskiete word daar gepraat van 'n Zapper.  Wat is 'n Zapper en hoe werk dit?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2016 @ 15:58:07 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Freda, dis n ding soos n tennis raket. Werk met twee klei batterye. Jy druk n knoppie (daar brand n rooi liggie terwyl jy die knoppie druk) en jy waai dit so oor die goggas.. dit brand/skiet hulle dood.
Net nie aan die snare raak as jy die knoppie druk nie.... hehehe die oom het dit getraai... brand jou vingertjies dat die merke daar sit.
As Colin wil voel,,, brand hom oppie boude. Sorry Colin, no harm meant.. only n joke.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2016 @ 16:23:54 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dankie Koos.  Werk dit goed vir vlieë?  So jy moet die vlieg of insek in die lug vang terwyl dit vlieg?  Sit hul dan vas daaraan of val hulle op die grond?  En waar koop jy dit?  (Jammer vir al die vraelaughing)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2016 @ 17:25:55 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5662
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Builders en Makro weer ek het, moet net nie aan dir net vat as die hart nie lekker klop nie cool

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2016 @ 18:21:27 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4459
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Koop by Checkers Target Mortein power gard mosquito coils kos R 10 werk vir ons soos n bom
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2016 @ 21:46:07 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14524
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Builders en Makro weer ek het, moet net nie aan dir net vat as die hart nie lekker klop nie cool

 


Pick n Pay verkoop dit ook
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 06:50:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons gebruik ook die pers liggie met skok draadjies. En dan hou ma maar altyd die Peacefull Sleep/Tabbard  byderhand. Vir miertjies gebruik ons bluedeath poeier om die hoekstutte en tent kante. As daar van die op die tent kante kom was dit elkgeval maklik af.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 07:16:58 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Gebruik maar die elektriese skok lig, dit help vir die motte en muskiete.

In die bos gooi ek jeysfload om die wa en motbolle by die jacks, dit hou slange en ander kruipende goggas weg.

Die GIRL sorg vir binne, sy en n gogga is nie pÍlle nie.

Motbolle onder die bed vir die spinnekoppe.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 09:42:42 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

These work just fine.... Bin using them since army days back in 1979...

Work on unwanted visitors of both the animal and human kind as well

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 09:52:19 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Die zapper swaai jy net vinnig sideways daar waar gogga sit. So ook in die wa.
Ek put genot om dit voor die buite lig te swaai en na die klap geluid van die dooie te luister. Zapper droog hom uit en hy val op die grond "like zap". Dis eintlik n elektriese vlieŽ plak.. so jy moet nog die ander doders ook maar he en n paar "warren parabat boots"
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 22:34:48 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Warren, wat is daai tread pattern op sool? Myne in 76 was die RIP wat nie sulke gripps op kante had nie.
Daai goed stink elk geval so, geen oordentlike muskiet sal naby jou kom nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 22:40:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14524
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Eenkeer by Mbizi daai blou shock ligte gebruik....het omtrent die hele kamp se goggas na my site gelok. Sit toe daai lig af en geen goggas meer nie. Laaik as ander daai ligte gebruik...dan trek goggas soontoe😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2016 @ 06:44:06 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

Warren, wat is daai tread pattern op sool? Myne in 76 was die RIP wat nie sulke gripps op kante had nie.
Daai goed stink elk geval so, geen oordentlike muskiet sal naby jou kom nie.

Hannes, I don't know...

See when I did camps, (one year local and the next year border for 3 months, and 5 cycles to complete my forced labor)

I thought to me-self... Warren lad, this washing your brown's a bit of a doggie-do-do..

So I reported that all my kit was "stolen" and got issued a whole new lot... So I had 2 lots of kit...

Enough to get me through 2 weeks, take one "home" for washing then use the other lot..

But as I've gotten older, my feet have gone from a size 9 to a size 11, so my boots went to "charity"... (exchanged them for something I wanted at the refuse collection site)..

I believe it's called the middle age-drop.... How's that go?

I used to be broad-minded and narrow hipp'd, Now I'm narrow minded and broad hipp'd, except mine plunged like the Titanic alll the way down my 6'2" to my feet.....

SIGH... Getting old's definately not for sissies... So I suppose I'm a sissy... And a big one ta' boot (skuus the pun)

Home.... Yeah well, "home" them days was actually a residential hotel in Hillbrow, as by then I had completely cut ties with any (let's call them "family")... Best move I ever made...

Climbed on my bicycle and ran-away to boarding school to escape another throw-me-on-the-floor-and kick-me-around-session I saw comming on, and never ever been back...

And to keep my room at the res-hotel... I had to still pay rent even though I was in the Army... And boarding fees included laundry so........

Anyhow, never mind, all good now, (Chapter's closed)

Those camps really buggered my life around... Couldn't buy anything of consequence... furniture / motor car / or anything because for 3 months, every second year, I was a thousand miles away... So I hit on the idea of residential hotels...

Them was my wild days... Got a bike, ran with a really rough biking group, and they looked after my bike while I was away doing "military-slave-service".....

Anyhow I've wobbled way off the topic, and managed to hi-jack Frieeda's post....Sorry Frieda....forgive me....but I'm old, so old that my son says the only way to reasonably determine HOW old is for me to be carbon-dated.... (Cheeky sod)...

Back to the boots...

So, long story short, and a moerse confession.... I just lifted a picture off the net...embarassedlaughing

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2016 @ 10:52:33 am
Anonymous

More Freda, hier het ek vir jou 'n foto van my zapper gelaai, hoop jy kom reg. Ek het ookdaai ultra violet (pers) ligte, maar die sit ek so ver van die wa af, anders pla die muskiete en goggas naby jou staanplek.

Ek het die skok lig se draad vervang met 6m captyre draad om dit so ver van my af te kry.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2016 @ 15:21:35 pm
Willie Kotze
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 265
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 27 years

Gebruik maar die elektriese skok lig, dit help vir die motte en muskiete.

In die bos gooi ek jeysfload om die wa en motbolle by die jacks, dit hou slange en ander kruipende goggas weg.

Die GIRL sorg vir binne, sy en n gogga is nie pÍlle nie.

Motbolle onder die bed vir die spinnekoppe.
Eenkeer by Mbizi daai blou shock ligte gebruik....het omtrent die hele kamp se goggas na my site gelok. Sit toe daai lig af en geen goggas meer nie. Laaik as ander daai ligte gebruik...dan trek goggas soontoe😁


Die blou lig skokkers werk werklik baie goed, die geheim is net dat jy dit ongeveer 10m weg moet sit van waar jy kuier dit lei die muskiete weg van jou en zap hulle daar!
-----------------------------------------------------
SKOP HOOG!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2016 @ 20:28:53 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3730
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Please do not kill all the insects. Even mosquitos play an imortant part in  the ecosystem. They are food for fish, other insects, lizards and frogs.

Rather use repellents to keep them at bay.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2016 @ 07:39:58 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1320
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years
Agree 100% Hendrik!!
Just look at the world-wide bee problem.
Everything in balance please!!
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2016 @ 08:39:03 am
Anonymous

And in the mean time we must also survive. With global warming it is predicted that there will be a rise in the insect population even the insects that are harmfull to humans and crops.

I think the few we kill during camping is like a drop of water in the Vaaldam. My 2c

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 10:37:26 am
Hennie2809
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 20 Oct 2019
Experience: 11 years

Dagsê mense.

Ek weet hierdie bespeking is oud, maar ek gaan nerens sonder my spuitbottel met snake repellant nie. Ek is @#$%^&*() bang vir slange. Enige ander raad om die !@#$%^&*() weg te hou.

REMEMBER!! You live every day, but you only die once.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 11:13:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Redelike bedrywigheid by jou kamp plek sal hulle op 'n afstand hou. Dan moenie 'n klom goed iewers in jou tent of in die omgewing op mekaar stapel nie, hulle gaan kruip daar onder in.  Soos

  • Pakke hout vir braai
  • Kamp sakke en houers wat jy tydens die kam nie gebruik nie
  • Die strand goed soos sambrieel, strand stoele, boetie en sussie se padda voete en duik brille, strand matjies asook opblaas matrasse.

Hou die omgewing netjies en hulle sal nie kom skuilplek soek nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 11:51:04 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 886
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

My broer het in Mopani (Krugerwildtuin) se winkel hout gekoop. Hy's aangesê om self 'n sak hout uit die houtkamer te neem. Toe hy die sak optel, maak een of ander kobra vir hom bakkop. Nodeloos om te sê, moes een van die werkers in die winkel maar vir hom 'n sak hout gaan uithaal.

My seun het weer eenkeer in Berg-en-Dal 'n sak hout gekoop. Toe hy die hout uit die sak gooi, val daar 'n dooie slang ook uit. Sedertdien is ek ook maar versigting vir sakke hout.

Ek sal nogal laaik om te weet wat is die inhoud van die sogenaamde "snake repellent". Ek het so 'n "gut feeling" dit is ook maar 'n "gimmick".

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 12:34:42 pm
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 305
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

As ons klaar opgeslaan het gooi ek onmiddelik Blue Death reg rondom my staanplek.

Daarmee klaar kook ek stywe pap, meng dit deeglik met Two-Step en sit dit op verskeie strategiese plekke rondom ons staanplek.

Whala, kruiperige lot uitesort en ons het geen las van simpel ape en voels nie, die Two-Step sort hulle uit.

Geseende Kersfees vir almal en voorspoed vir 2020!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 12:58:26 pm
Hennie2809
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 20 Oct 2019
Experience: 11 years

Jammer ek vra, wat is Two-step

 

REMEMBER!! You live every day, but you only die once.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 13:16:23 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 886
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Two-step is die "township" naam vir aldicarb, 'n landbou-chemiese middel wat a.g.v. wangebruik glad nie meer in Suid-Afrika verkoop mag word nie. Die algemene handelsnaam was Temik. Dit is nog op die swartmark beskikbaar en is die middel wat misdadigers algemeen gebruik om honde mee te vergiftig. Dit is ook die middel wat grootliks gebruik word deur stropers om karkasse mee te vergiftig sodat aasvoëls nie hulle ligging moet weggee nie. Dit is 'n uiters toksiese middel wat met verantwoordelike gebruik 'n groot hulpmiddel vir baie boere was om o.a. aalwurms te beheer. Maar dwase en swape het daartoe bygedra dat hierdie fantastiese hulpmiddel nie meer vir boere beskikbaar is nie. Onverantwoordelike gebruik (soos hierbo beskryf) is laakbaar. Inteendeel, die ongeregistreerde gebruik van enige landbou-chemiese middel is strafbaar onder Wet 36 van 1947. Ons ouens in die bedryf swoeg ons gatte af om verantwoordelike gebruik aan te moedig, maar ons poep teen donderweer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 14:21:12 pm
Hennie2809
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 20 Oct 2019
Experience: 11 years

Wow, nee dit is wreed, n mens vergiftig nie diere nie.

REMEMBER!! You live every day, but you only die once.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 14:59:01 pm
Wetkit
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 92
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 39 years

Ek vat maar my gifspuit saam kamp toe.

http://www.cooperses.com/product-detail/coopers-ultrakill-wettable-powder/

As die site klaar skoongemaak is, spuit ek die hele site met insek gif. Veral onder die bosse.

Dit hou miere en vliee weg vir weke.

Muskiete en motte is maar n ander probleem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 12:12:16 pm
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 305
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Two-step is die "township" naam vir aldicarb, 'n landbou-chemiese middel wat a.g.v. wangebruik glad nie meer in Suid-Afrika verkoop mag word nie. Die algemene handelsnaam was Temik. Dit is nog op die swartmark beskikbaar en is die middel wat misdadigers algemeen gebruik om honde mee te vergiftig. Dit is ook die middel wat grootliks gebruik word deur stropers om karkasse mee te vergiftig sodat aasvoëls nie hulle ligging moet weggee nie. Dit is 'n uiters toksiese middel wat met verantwoordelike gebruik 'n groot hulpmiddel vir baie boere was om o.a. aalwurms te beheer. Maar dwase en swape het daartoe bygedra dat hierdie fantastiese hulpmiddel nie meer vir boere beskikbaar is nie. Onverantwoordelike gebruik (soos hierbo beskryf) is laakbaar. Inteendeel, die ongeregistreerde gebruik van enige landbou-chemiese middel is strafbaar onder Wet 36 van 1947. Ons ouens in die bedryf swoeg ons gatte af om verantwoordelike gebruik aan te moedig, maar ons poep teen donderweer.

Chris en Hennie,

My plasing was tong in die kies snert en om ooit te glo dat ek diere sal vergifting moet jy baie galable wees.

Chris, ek is impress, jy klink soos n gif smous van formaat.

Op n ernstige noot, die omvang van ons "gif" is n blik Doom All Purpose blik vir miere ens, en dan natuurlik die alomteenwoordige Peacefull Sleep want muskiete wedywer om my bloed.

Ek glo ons betree hulle ruimte en nie andersom nie en ons moet respek he daarvoor.

Bobbejane is natuurlik n ander skepsel op sy eie, my Rapier se opligdak seil stukkend geskeur in Marakele en my wa beskuit......

Vir hulle dink ek nog aan n plan.....

 

 

Geseende Kersfees vir almal en voorspoed vir 2020!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 12:46:53 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 886
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Dan is ek bly Frik. Jy't my ge-"worried" gehad. Ek het gedink ek is verplig om my opinie te verander oor iemand vir wie ek groot respek oor etlike jare op meer as een forum opgebou het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 12:59:23 pm
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 305
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Dan is ek bly Frik. Jy't my ge-"worried" gehad. Ek het gedink ek is verplig om my opinie te verander oor iemand vir wie ek groot respek oor etlike jare op meer as een forum opgebou het.

Hahaha, dankie Chris!

Waardeer jou!

 

Geseende Kersfees vir almal en voorspoed vir 2020!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 13:50:33 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Two-step is die "township" naam vir aldicarb, 'n landbou-chemiese middel wat a.g.v. wangebruik glad nie meer in Suid-Afrika verkoop mag word nie. Die algemene handelsnaam was Temik. Dit is nog op die swartmark beskikbaar en is die middel wat misdadigers algemeen gebruik om honde mee te vergiftig. Dit is ook die middel wat grootliks gebruik word deur stropers om karkasse mee te vergiftig sodat aasvoëls nie hulle ligging moet weggee nie. Dit is 'n uiters toksiese middel wat met verantwoordelike gebruik 'n groot hulpmiddel vir baie boere was om o.a. aalwurms te beheer. Maar dwase en swape het daartoe bygedra dat hierdie fantastiese hulpmiddel nie meer vir boere beskikbaar is nie. Onverantwoordelike gebruik (soos hierbo beskryf) is laakbaar. Inteendeel, die ongeregistreerde gebruik van enige landbou-chemiese middel is strafbaar onder Wet 36 van 1947. Ons ouens in die bedryf swoeg ons gatte af om verantwoordelike gebruik aan te moedig, maar ons poep teen donderweer.

Dit is soos Chris sê en die Two step naam is omdat daai dier wat vergiftig word gee werklik net "two steps" dan is hy dood.

Baie gevaarlike middel om te hanteer selfs.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 13:54:30 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Chris en Hennie,

My plasing was tong in die kies snert en om ooit te glo dat ek diere sal vergifting moet jy baie galable wees.

Chris, ek is impress, jy klink soos n gif smous van formaat.

Op n ernstige noot, die omvang van ons "gif" is n blik Doom All Purpose blik vir miere ens, en dan natuurlik die alomteenwoordige Peacefull Sleep want muskiete wedywer om my bloed.

Ek glo ons betree hulle ruimte en nie andersom nie en ons moet respek he daarvoor.

Bobbejane is natuurlik n ander skepsel op sy eie, my Rapier se opligdak seil stukkend geskeur in Marakele en my wa beskuit......

Vir hulle dink ek nog aan n plan.....

 

 

Bobbejane = Ketty, Rooi lasertjie, Paitball Gun

 

Maar as jy self nie by jou kamp is as hulle nader kom nie................. daarvoor nog nie raad nie.

Rubber slange op die dak werk ook net tot op 'n punt.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 13:57:44 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 886
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Boere wat destyds die middel as aalwurmdoder gebruik het moes kennisgewings rondom 'n land plaas dat Temik daar gebruik is. Hulle moes ook spesiale kennisgewings by hul "gifstore" opsit om te waarsku dat daar Temik gestoor word. Dit gaan amper mens se verstand te bowe dat só 'n toksiese middel wel geregistreer was.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 14:03:40 pm
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 305
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Waar pas Strignien in, toe ek n laaitie van so 5 jaar oud was in 1974 het die boere Strignien in die lande gebruik.

Ek weet hy was ook baie toksies.

Geseende Kersfees vir almal en voorspoed vir 2020!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required