English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 059
Total Views: 82 378 298
topics: 779
replies: 12 478
views: 4 978 273
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Inlooprem - skokbreker

replies: 35
views: 3312
22 Jan 2017 @ 08:11:12 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Ek begin n nuwe draad re die onderwerp wat Coenie gedeel het met ons oor die skokbreker.
Ek het vrae/bekommernisse oor dit.

Wat is die lewensduur van

Rede hoekom hy klaar raak

Hoe weet jy.
Is dit soos my onderving net as sleep, die ruk en pluk aksie gevoel en dan die ondersoek as jy afgehak is,,, die haak met die hand indruk om te voel.
Is daar n ander manier.
Ghries jy di gereeld met watse ghries ((( Ek spuit nog silikon spray ook in)))

Is dit net by campworld beskikbaar. Die swaardiens een ook ?
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2017 @ 17:28:51 pm
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
Het nou al so ses vervang op my wa, geen waarborg. Ek gaan nou kyk of ek iets anders kan uitwerk mer spiraal vere. Om elke paar maande R 650 te betaal is sommer strooi.
You only live once on earth, live life as if there is no tomorrow.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2017 @ 19:04:32 pm
Coenie
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 92
Joined: 14 Jan 2017
Experience: 29 years
Oom Koos ek ghries hom net so nou en dan omdat ek kan sien wanneer dit nodig is, lank voor hy droog is. Ek gebruik gewone wiellaerghries met lithium basis en met die nommer 2 dikte wat orals beskikbaar is. As die rubber bellows lyk of hy stukkend gaan moet hy dadelik vervang word want stof veroorsaak groot slytasie. Die skokbreker se lewe hang volgens my net af van hoe baie hy moet werk. Ek dink die swaar diens een gaan langer hou omdat hy minder hard werk.
Om te kamp is 'n voorreg!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2017 @ 19:07:40 pm
Anonymous

Johan, ek het nog nooit daai shock vervang nie, maar ek moet dalk noem dat ek probeer om so min as moontlik te rem, gebruik momentum so ver ek kan. Dit is wel met afdraendes en dorps gebiede moeiliker.

Selfs die rem skoene is nog die oorspronklikes wat deur Jurgens geinstalleer is. 

Ry rustig, ons hou vakansie al van die huis af.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2017 @ 20:14:20 pm
Coenie
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 92
Joined: 14 Jan 2017
Experience: 29 years
Oom Koos ek ghries hom net so nou en dan omdat ek kan sien wanneer dit nodig is, lank voor hy droog is. Ek gebruik gewone wiellaerghries met lithium basis en met die nommer 2 dikte wat orals beskikbaar is. As die rubber bellows lyk of hy stukkend gaan moet hy dadelik vervang word want stof veroorsaak groot slytasie. Die skokbreker se lewe hang volgens my net af van hoe baie hy moet werk. Ek dink die swaar diens een gaan langer hou omdat hy minder hard werk.
Om te kamp is 'n voorreg!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2017 @ 22:50:55 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 514
Joined: 16 Jun 2014
Experience: 44 years
N skokbreeker is nie gemaak om horisontaal te le nie Dit verkort sy lewe want dit skep lig en so doende raak dit ontklaar
Enige nuwe skokbreeker wat lank op sy sy gele het moet eers gebloe word voor jy dit insteleer om die lug uit te kry Dit is hoekom voortuig skokbreekers lank hou want hulle staan reg op
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2017 @ 06:16:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek self het ook nog nooit 'n skokbreker op een van my karavane vervang nie.  As ek reg verstaan en die karavaan sleep stang so bekyk dan ghries jy die stang wat vorentoe en agtertoe kan beweeg deur ghries by die "Ghriesnippels" in te pomp.

As jy die skokbreker sou wou ghries moet jy maar die blink middelstang daarvan met ghries smeer.  Dis soos oom Keith sê by meeste skokbrekers is hulle regop gemonteer sodoende lê die olie heeltyd teen die seel en verweer die seel minder.

Om rede die sleephak skokbreker deurgaans horisontaal lê kan 'n blerts ghries op die blink middel stang seker verhoed dat die seel so vinnig uit droog.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2017 @ 09:53:52 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Ja, daai klein skokbrekertjie het my baie skoolgeld laat betaal.

Ons het met `n Lexus gesleep (outomaties) en nooit agtergekom die skokbreker is kaput (of ons het, maar die effek was nie so groot).

Ek begin toe so jukkery kry en die Lexus word met `n Vito (handrat) vervang.

Om die karavaan uit die erf te kry is nogal `n proses en ek moes baie op lang nat gras agteruit en daar kalf die Vito se clutch oor die wa gerem het en ek teen die rem probeer reverse het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2017 @ 10:20:32 am
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Hierdie is 'n foto wat ek destyds gekopieer het uit hierdie einste forum. Dit sal nogal werk as die agteruit stoot probleme veroorsaak in jou erf:

Enigeen sal dit vir baie goedkoper kan maak as wat 'n swaardiens skokbreker of koppelaar jou sal kos.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2017 @ 10:33:08 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Hierdie is 'n foto wat ek destyds gekopieer het uit hierdie einste forum. Dit sal nogal werk as die agteruit stoot probleme veroorsaak in jou erf:

Enigeen sal dit vir baie goedkoper kan maak as wat 'n swaardiens skokbreker of koppelaar jou sal kos.

 



Jip, baie oulik. Onthou julle nog die ou-ou waens wat so'n braket op die handbriek lever gehad het. Om hom vas te maak as jy opgetrek het OF oorhak asjy terug stoot...... was nog voor die moderne terugstoot meganisme in die drom.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2017 @ 10:35:51 am
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
Die inloop remme collapse as jy agteruit stoot. Die skok breker is om die rem te beheer dat hy nie ten volle aangaan elke keer as jy rem nie. Dit is seker een van die swakste eenhede wat ooit gemaak is en die karavaan mense buit jou uit.
You only live once on earth, live life as if there is no tomorrow.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2017 @ 12:40:44 pm
Coenie
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 92
Joined: 14 Jan 2017
Experience: 29 years
Oom Koos, dit is nou 'n puik idee veral as dit net gaan oor agteruit stoot van die karavaan. Vir my is stop en wegtrek met die karavaan ook nou beter omdat hy te swaar is vir die ligte skokbreker wat dan maak dat jy hom meer moet vervang. Baie gaan egter baat by Oom Koos se voorstel want dit kos amper niks.
Om te kamp is 'n voorreg!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2017 @ 14:48:14 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Sorry Coenie,
Dis n uitretreksel wat "somer kamper " vorentoe gebring het. Nie ek wat nou so oulik was nie.

Ag ek weet eks oulik, dankie, maar daars ander oulike manne oppie forum ook. LOL
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2017 @ 14:55:13 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Nou nog net uitvind wie verkoop die "swaar diens"
Kannie glo dis campworld nie,, dalk roadque ?????
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2017 @ 15:12:43 pm
Coenie
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 92
Joined: 14 Jan 2017
Experience: 29 years
Dit is Roadque part nommer 1349950. Ander part plekke vir sleepwaens sal dit ook verkoop.
Om te kamp is 'n voorreg!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2017 @ 09:06:20 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Hierdie is 'n foto wat ek destyds gekopieer het uit hierdie einste forum. Dit sal nogal werk as die agteruit stoot probleme veroorsaak in jou erf:

Enigeen sal dit vir baie goedkoper kan maak as wat 'n swaardiens skokbreker of koppelaar jou sal kos.

 

Daai is `n excellent patent ek dink ek gaan een bou.

Het `n nuwe swaar diens shock ingesit na die een gekalf het, maar die patent is net die ding.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2017 @ 10:25:52 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Daai is `n excellent patent ek dink ek gaan een bou.

Het `n nuwe swaar diens shock ingesit na die een gekalf het, maar die patent is net die ding.



En die voordeel is nog as die wa eers begin agtertoe loop dan werk die inloop remme ook nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2017 @ 09:31:51 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years



En die voordeel is nog as die wa eers begin agtertoe loop dan werk die inloop remme ook nie.

Sal die ding maar versigtig gebruik. Skat dit is soos die safety op `n vuurwapentongue-out

Wil nie agter wa aan hardloop teen `n afdraande af. (ek vat te lank om op spoed te kom)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2017 @ 11:17:46 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
LOL
Sit die yskas se handbriek aan.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2017 @ 22:00:44 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek verbeel my hier is op 'n stadium gepraat oor die voordeel van swaardiens skokbreker.

Ek glo die voordeel kom in dat as mens teen bergpasse af ry al rem jy nie maar die wa druk van agter af sal die remme minder werk en nie so gou warm word.

My skokbreker is so styf dat ek hom nie eers 'n mm kan laat inbeweeg nie. Met my rit na KNP teen Magoebaskloof af het ek wel agtergekom my remme raak warm selfs met die stywe skokbreker. Die remme wat ook warmer as die Landy se agter trommelremme. Ek is seker daarvan met die gewone diens skokbreker kon my remme op die wa dalk oorverhit het. Ek moet byvoeg dat die warm word v d remme het ook gebeur waar ek in 3e rat teen die pas af is en baie min moes rem. Sekere plekke wat mens vir so lank afdraende ry poog ek om stadig te ry met ratremming.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 06:38:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Danie ek sien dit so en help my reg as ek skeef dink.

As die inloop skokbreker baie styf is beteken dit dat die wa steeds vorentoe gaan druk en sy eie rem aktiveer maar net stadiger. Met ander woorde die wa se rem gaan effens langer neem om te aktiveer maar werk gaan hy werk. So ook met die de-aktiveering wanneer jy bv gestop het. Sou jy dan nou weg trek gaan die skokbreker effens stadiger uitrek en sodoende stadiger as normaal die wa se remme los maak.

Wat ek wil by uit kom is dat die wa tenvolle rem elke slag, want die skokbreker druk tevolle in weens die wa se gewig verskil is hy druk net stadiger in en trek stadiger uit as jy weer wegtrek of versnel.

Ander manier om te te stel is met die gewone skokbreker neem die wa ongeveer kom ons sê 5 meter om te begin rem na jy die sleepvoertuig se rem geaktiveer het. Met die swaar diens skokbreker kan dit dan verleng na 8 of 10 meter.  Hy sal ook maak dat die wa se remme effens meer egalig as die gewone manier aangewend word.

Rede vir my denke is dat die skokbreker werk nie nou soos 'n fiets pomp wat as jy die gaatjie toe druk kan jy nie die pomp aksie tenvolle uitvoer nie. Die skokbreker kan elke keer tenvolle ingedruk of uit getrek word maar net met meer weerstand.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 06:41:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

So in my opinie sou die remme dieselfde warm geword het met 'n gewone skokbreker of die swaar diens een.

Die enigste verskil in die skokbrekers is dat die swaar diens een maak net dat die remme van die wa meer egalig aangewend word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 06:41:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Help my reg as ek verkeerd dink.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 09:58:08 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Leon.
Dit klink vi my reg.
As ek die wa gehaak het rem ek eenkeer hard om te kyk of die remme inskop.daarna sal dit net wees in n noodsituasie aangesien ek nie op remme ry nie...... ry dan soos Johann.
Ek rem altyd betyds, kannie dink dis nodig om die remskoene te laat onnodig werk nie.
Suinigge oom hierdie. 😎😎😎
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 10:23:33 am
Coenie
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 92
Joined: 14 Jan 2017
Experience: 29 years
Hi. Julle is reg. Die swaar diens een werk net baie minder en beter volgens my met 'n swaarder karavaan. Hy behoort ook baie langer te hou want hy werk nie sy g@t af nie 😀.
Om te kamp is 'n voorreg!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 18:51:55 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Ek bly maar by die standaard skokbreker. Het nog noit een vervang nie. 

Eerstens ry ek nie hard op die remme nie.

Tweedens stel ek my karavaan se remme na elke 2000km wat ek gesleep het. As jy dit nie doen nie werk die skokbreker harder en trek verder in en uit.

Ek glo dat die karavaan sy deel van die remwerk moet doen en die voertuig sy deel. 

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 19:25:27 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

So in my opinie sou die remme dieselfde warm geword het met 'n gewone skokbreker of die swaar diens een.

Die enigste verskil in die skokbrekers is dat die swaar diens een maak net dat die remme van die wa meer egalig aangewend word.

Leon ek sou se teen nie steil afdraendes sal die inlooprem se swaardiens skokbreker nie die remme aktiveer nie. As ek bv normaal stadig rem en ek stop dan kan mens sien die hefboom vir die inlooprem het glad nie remme geaktiveer nie. Dus juis hoekom ek die plasing gemaak het want weens die ekstra krag nodig om die remme aan te sit gebeur dit baie minder. Ek wil glo as ek 'n normale skokbreker gehad het sou my remme vuurwarm geword het. Ek kan net byvoeg na 1 uur se ry sonder om te rem was die wa se trommels nog  warmer as normaal.

Die krag van die wa wat stoot moet eers genoeg wees om die krag v d skokbreker te oorkom. Soos genoem is die krag meer as wat ek kan druk om hom te beweeg en 'n normale skokbreker kan ek maklik indruk.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 20:00:18 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 451
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years
Ek verstaan dit ook soos Leon hierbo verduidelik het. Ek hou eerder by die standaard skokbreker, ek dink dit is beter as 6 wiele rem (enkel as karavaan) as net die 4 wiele van my motor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2017 @ 05:15:33 am
Coenie
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 92
Joined: 14 Jan 2017
Experience: 29 years
As jou karavaan ligter as 1.6 ton is bly by die standaard anders gaan jou inlooprem nie reg werk nie. My karavaan se bruto is 1.9 ton daarom werk die swaardiens skokbreker vir my. Ek dink pary ouens verstaan die onderwerp verkeerd want as die skokbreker voldoende is waarmee jou karavaan uitgekom het is die raad nie vir jou nie. Dit was vir my ook belangrik dat remme ensovoorts korrek werk. Ek het die draad oorspronklik begin omdat ek gevind het dat die swaardiens skokbreker my probleem geëlimineer het.
Om te kamp is 'n voorreg!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2017 @ 00:07:58 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years
Dankie vir die gewig syfers Coenie. My wa is wel net 1350kg maar die swaardiens is ingesit deur die kliniek wat my houtvrot reggemaak het en hy het gese dit is beter anders sou ek by die standaard gebly het. Voor dit vervang is was myne pap gewees. Ek is egter tevrede dat remming wel werk as dit moet.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2017 @ 20:50:17 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon ek sou se teen nie steil afdraendes sal die inlooprem se swaardiens skokbreker nie die remme aktiveer nie. As ek bv normaal stadig rem en ek stop dan kan mens sien die hefboom vir die inlooprem het glad nie remme geaktiveer nie. Dus juis hoekom ek die plasing gemaak het want weens die ekstra krag nodig om die remme aan te sit gebeur dit baie minder. Ek wil glo as ek 'n normale skokbreker gehad het sou my remme vuurwarm geword het. Ek kan net byvoeg na 1 uur se ry sonder om te rem was die wa se trommels nog  warmer as normaal.

Die krag van die wa wat stoot moet eers genoeg wees om die krag v d skokbreker te oorkom. Soos genoem is die krag meer as wat ek kan druk om hom te beweeg en 'n normale skokbreker kan ek maklik indruk.

 

Ek kan nou dan nie insien waarom die remme op die wa warm geword het nie, as die skokbreker nie nie ingedruk het nie, het jou wa geensins gerem nie, het hulle dus nie gewerk nie. Daar moet ander rede wees vir die hitte. My siening is hy het ingedruk, remme het gewerk, wrywing het hitte veroorsaak. Verder het hy ook nou stadiger gelos weens die swaar diens skokbreker en het hy langer as normaal aanhou rem vir verdere hitte opbou.

Ek verstaan dit ook soos Leon hierbo verduidelik het. Ek hou eerder by die standaard skokbreker, ek dink dit is beter as 6 wiele rem (enkel as karavaan) as net die 4 wiele van my motor.

Dis die rede vir inloop remme. Ses of agt wiele rem baie beter as net die vier van jou sleepvoertuig. So ek sal ook by die standaard een van n gegewe karavaan gewig bly sodat die wa my sal help rem veral teen n bergpas af.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2017 @ 00:39:38 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Leon ek dink iewers het jy my punt verkeerd verstaan. Wat ek probeer se is dat teen steil afdraendes werk die inlooprem wel en vandaar die warm dromme. Sou mens egter 'n normale skokbreker gehad het sou die remme meer gereeld en "harder" aan gekom het met nog 'n groter temp styging. Dalk kan iemand die moeite doen om te gaan voel aan die drom as daar teen 'n baie lang pas afgery is. Pasop net want dit sal baie warm wees.

Dit gaan geensins rondom net 4 wiele wat rem nie aangesien die wa wel sal rem maar eers as die vergrote krag van agter die swaardiens skokbreker weerstand oorskry.

As ek bv rem soos mens normaalweg in die dorp sou rem vir 'n robot - ek praat nie van op 'n robot afgejaag kom nie en jy sal dan stop na slegs een stop en jy voel aan die drom sal mens voel dit het warm geword so die remme werk reg. So kan mens ook as jy tot stilstand kom gaan kyk hoe ver het die skokbreker ingedruk en bepaal dat remming wel plaasgevind het. Ek het in die dorp 'n paar toetslopies gedoen en harder en harder gerem en gestop tot ek kon bepaal dat die skokbreker wel genoeg ingedruk is. Aan die anderkant as mens na 'n hele ruk se ry met min afdraende sou egalig stop bv op 'n gelykpad of opdraende en jy gaan voel aan die drom sal daar nie 'n temp styging wees nie wat aandui dat die remme nie vashou nie - net normale werkstemp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2017 @ 06:27:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Het nou weer jou eerste inset oor die swaar diens skokbreker gelees en verstaan nou wat jy bedoel het saam met die laaste verduideliking.

Jammer ek het jou eerste punt verkeerd verstaan my FOUT.

Is daar nou wel iemand met normale skokbreker wat wieldromme van die wa se hitte gevoel het voor 'n bergpas en daarna?

Ek gaan eerlik wees ek het nog nooit dit spesifiek voor en na n bergpas nagegaan nie. Dalk iets om te doen so vir interesantheid.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2017 @ 13:32:17 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Het nou weer jou eerste inset oor die swaar diens skokbreker gelees en verstaan nou wat jy bedoel het saam met die laaste verduideliking.

Jammer ek het jou eerste punt verkeerd verstaan my FOUT.

Is daar nou wel iemand met normale skokbreker wat wieldromme van die wa se hitte gevoel het voor 'n bergpas en daarna?

Ek gaan eerlik wees ek het nog nooit dit spesifiek voor en na n bergpas nagegaan nie. Dalk iets om te doen so vir interesantheid.

Leon as jy na hierdie skets kyk sal jy sien wat my verduideliking is hoekom die remme wel aan is teen 'n 5 grade afdraende. Teen lae spoed (60) kan mens die windweerstand buite rekening laat. Ek gebruik 'n gewig van onder 1900kg vir die berekening. Die gravitasiekrag vir die 1400kg wa is 122kg. Trek dan die 40kg rolweerstand af en mens vind dat jy 82kg se drukking het wat deur die wa op die sleepvoertuig toegepas word. Tesame moet mens die 40kg v d normale skokbreker aftrek en jy sit met 42kg wat suiwer die remme sal aktiveer. Namate die remme geaktiveer is word hierdie krag minder tot die trekkrag/remkrag in balans is. Die remme sal egter aan wees terwyl mens teen 'n konstante spoed teen die afdraende afry.

Hierdie 5 grade is nie 'n steil afdraende nie. Hierdie pas het afdraendes wat meer as 10 grade is.

As ek uit die bus val sal enige verduideliking waardeer word.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2017 @ 10:59:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jip dis soos ek gesê het. Die remme aktiveer wel of jy swaar diens skokbreker het of nie. Die enigste verskil is dat die tyd wat die remme neem om te aktiveer tussen gewone skokbreker en die swaar diens een verskil net.  Want ek sien dit so, dat die swaar diens een moeiliker in druk as die gewone maar indruk gaan hy.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2017 @ 12:06:42 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Weet iemand dalk.
Het die groot waens soos Elegance. Fabriek BVM 1850 kg uitgekom met swaardiens shock.

En dan, ek voel knaend by elke brandstof stop plek of die dtomme warm is. Dws so elke 3/400 kilos. Dromme bly koud, tenminste kouerig, ek kan maklik dasraan vat. My remme werk wel want as ek hard rem en los dan voel ek hoe rem die wa. Glo my remskoene gaan ook n ewigheid hou op die wa. Die Jeep so voor remblokke het noual 145000 kilos op. Agterstes op 141000 ..
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required