English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 573
Total Views: 82 435 514
topics: 4 416
replies: 29 727
views: 17 351 741
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 455
replies: 296
views: 17 254 663
Inanda Dam & Resort - Msinsi Resorts
KwaZulu-Natal, Durban
1
Total Ratings: 1
1   
0
Rated: 01 Jan 2018
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Inanda Dam & Oord Gekose Oord

replies: 4
views: 74
02 Oct 2019 @ 15:32:11 pm
CaravanParks.com
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2758
Joined: 01 Jan 1999
Experience: 46 years

Inanda Dam & Oord - Hillcrest, KwaZulu-Natal
Kamp & Leef Gekose Oord

Slegs enkele kilometers anderkant Hillcrest, ‘n voorstad van Durban, is die vallei van ‘n Duisend Heuwels. Daar kan u direk inry in Suid-Afrika se sport en besigtigings geskiedenis by Inanda dam en -oord. Hierdie plek het legendaries bekend geword as die tweede, verpligte oornag stilhouplek vir die Dusi Kano-maraton. Afgesien van sport en baie ander uitdagende vermake, het ons ook aanloklike piekniekplekke vir dagbesoekers met pragtige uitsig oor die dam, met zebra, wild en voëlbesigtiging terwyl u ontspan.

Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.

Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm

Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.

"Find a job you love, then you will never have to work again!"
The CaravanParks.com Team
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 06:30:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Toe ek nog 'n tjokkertjie was het ons met ons eerste April vakansie trip oppad Umhlanga Rocks Caravan Park eers by my Pa se tannie gestop in Durban.

Toe ons daar weg trek moes my Pa die pad vind Umhlanga toe.

Ons het toe op ge-eindig in die area "Valley of a Thousand Hills".  Bultjie op en bultjie af  het ons baie lank gery aan die 25km tussen Durban en Umhlanga Rocks.

My ouers het 'n groot grap van die Valley of a thousand hills trippie gemaak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 12:10:19 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 649
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Dis vreemd, maar ek was seker nou al by enige plek suid van die Kongo, 'n paar maal. Maar ek het nog nooit vakansie gehou in of naby Durban nie. Ek het al 'n projek in Richardsbaai gehad, maar het glad nie gehou van daai taai warm weer nie. Ek het al 'n Paasnaweek in 'n hotel gespandeer omdat dit 'n promosie was wat ons gebruik het, maar dit was NAG! Ek het gesweer ek sit nooit weer my voet daar nie, ek het nog nooit gesien hoe 'n see ontaard in 'n massa bewegende mense waar ek nooit my lewe in sal waag nie. Dit was soos n horror-movie wat nooit ophou nie.

Ek moet tog eendag 'n draai gaan maak daar by julle Sharkies, dalk verander ek my opinie.      

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 14:29:18 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis vreemd, maar ek was seker nou al by enige plek suid van die Kongo, 'n paar maal. Maar ek het nog nooit vakansie gehou in of naby Durban nie. Ek het al 'n projek in Richardsbaai gehad, maar het glad nie gehou van daai taai warm weer nie. Ek het al 'n Paasnaweek in 'n hotel gespandeer omdat dit 'n promosie was wat ons gebruik het, maar dit was NAG! Ek het gesweer ek sit nooit weer my voet daar nie, ek het nog nooit gesien hoe 'n see ontaard in 'n massa bewegende mense waar ek nooit my lewe in sal waag nie. Dit was soos n horror-movie wat nooit ophou nie.

Ek moet tog eendag 'n draai gaan maak daar by julle Sharkies, dalk verander ek my opinie.      

Soos jy Danie was ek nog nooit op die Suid Kus naby die ou Transkei area gewees nie. Naaste wat ek daar aangekom het was een keer in Port Shepstone.

Jare terug is ek mee gedeel dat dit een van die mooiste gedeeltes is in ons land.

Sal ook moet plan maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 15:35:18 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2024
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Julle weet nie wat julle mis nie. laughing

Pragtige kampeerplekke en beste weer in die winter. Hierdie jaar nog nie eens trui gedra nie. 

Inanda dam is die oornag plek vir die tweede dag van die Dusi kanoe wedloop. Daai dam is groot na 'n harde dag se roei. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required