English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 519
Total Replies: 252 681
Total Views: 83 243 724
topics: 11 569
replies: 139 147
views: 39 339 977
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Iets positief uit die Lockdown vir jou? Kamp liefde het my deur dit gebring..

replies: 7
views: 197
3 days ago @ 20:04:52 pm
Samster7
New Member
77% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 17 Oct 2020
Experience: 22 years

Goeie dag mede kamp mense. ek wil graag met julle deel. Al het die grendelstaat die mederheid negatief beinvloed was ek op gedwonge verlof geplaas en die eerste 2 maande wat ons binne muurs moes bly onsettend na kamp verlang. Die wat ons nerens heen kon en mag gaan het nie en ook net vir die noodsaaklikke was ek vas gedruk tussen 4  mure en nie geweet wat ek met myself kon aanvang nie. Ek het toe n dag besluit om te probeer n webtuiste bou vir al die ander gesoute kampeerders soos myself wat mense kamp gedoere, dienste kan koop en verkoop en n platform waar oorde hulle kort kennisgewing "specials" met ons kan deel deur die advertensies self the plaas en afhaal. Bygese het niks geweet van die ervare nie en maar gan lees en geleer en so by n punt begin n webtuiste aan mekaar sit. So doende het dit my weke lank elke dag baie besig gehou en wat eers amateur uitgekom het nou maande later baie trots op die bevordering van die tuiste en te sien hoe geniet die mense my projek . Dit het my gehelp deur die grendelstaat kom en positief bly. Die projek is alles n fondasie van die liefde van kamp en al kon ons nie kamp nie tog my geinspireer hom naby die leefstyl te bly. Het iemand anders ook so positiewe dingetjie om te deel uit wat regtig n moeilike jaar was?

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 09:26:58 am
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 852
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Welkom

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 09:54:02 am
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 185
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Welkom by hierdie forum familie - hier word kamp gadgets raad liefde en alles rondom kamp gedeel en ook nou en dan n bietjie simpatie empatie en ook n raps oor die vingers gedeel as dit noodsaaklik raak.   Ek is nog n groentjie en kan bevestig dat ons n boswa met al sy toebehore apart deur hierdie forum verkoop het en ook weer n karavaan aangeskaf het met raad en ondervinding van al die hardebaarde op hierdie forum - party se reply was sommer op die forum ander het sommer ge wattsapp of gebel en so vriende gemaak met vreemdelinge. Baie veiliger en betroubaar as facebook junkmail ens want glo my op hierdie forum sal jy gename of geshame word - iemand ken jou !!!    Op n ander persoonlike trant het 2020 baie sleg begin met die afsterwe van my ma 6 jan en ook met covid se inperkings wat ons almal gedink het kan onmoontlik wees dat die wereld tot stilstand gedwing kan word maar alle eer aan Hom is ons as gesin in oorvloed geseen met ons situasie rondom werk en kon ons ook vir ander voorsien meer as ooit tevore.   Julle wat sukkel swaarkry ook emosioneel prys God ons gaan as beter mense daar deurkom.   Lekker kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 10:41:57 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Welkom Sam.

Omdat ek nog altyd lief is vir tuinmaak en nou 'n kompleks bly het ek nie baie plek om in die grond te krap nie. Gedurende die grendel tyd het ek op die internet Bonsai vrugtebome gesien en dit het het my aangespoor om te probeer. 

Met oplees en te vra het ek uitgevind dat daar ook dwerg vrugte bome bestaan en dit is wat ek nou doen.

So dwerg vrugte bome is nou my stokperdjie. Om 'n klein vrugte boompie te sien wat vol vrugte is, is vir my baie mooi. Het al selfs begin om bome te ent en hoop dit gaan werk. 

Nog baie om te leer maar die grendel tydperk het my 'n nuwe belangstelling gegee en kan nie wag vir die resultate nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 12:27:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9753
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom, vertel ons meer.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 14:46:31 pm
Dolrik
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 94
Joined: 02 Apr 2016
Experience: 35 years

Waar is jou projek te vinde

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 16:30:36 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1587
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Welkom by ons groot kampfamilie,gesels saam en geniet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 07:51:41 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4736
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Welkom gesels lekke saam met inperking het ek agter gekom kamp is koning

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za