Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Idiomatiese uitdrukkings
Toe ek nou pas die uitdrukking 'die pot mis sit', gebruik in 'n ander draad, toe besef ek hoegepas in sommige gevalle en hou ongepas in ander gevalle, sulke uitdrukkings is. 'n Uitdrukking wat my telkens laat gril is 'my hande is afgekap'. Magtie, dis darem afskuwelik en ek kan die verstaan waarom ons sulke uitdrukkings gebruik nie. 'My hande is gebind' dra tog dieselfde boodskap met minder geweld.
Die Engelse het vir die pot mis sit, 'n interessante uitdrukking naamlik 'getting hold of the wrong end of the stick' wat nogal grafies en snaaks is. Vroeër jare voor toiletpapier beskikbaar was, het hulle blykbaar 'n stok met iets sags aan een kant soos skaapwol, gebruik, die sagte punt in water gedruk en dan die nodige daarmee gedoen. Kan jy jou nou voorstel hoe 'n fout dit sal wees om die stok aan die verkeerde end beet te kry!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
ek het jarre terug by 'n Plek in die Natalse Midlands gewerk, Engels en Duits was voorkeur taal.
Een oggend word geraporteer
"Their is a hole in the fence at the scrap yard"
ons hoof van sekuriteit antwoord toe
"I wil go and look into it"
tweede insident wat snaaks was
die maatskapy het van toilet papier verskaffer verander, die mense het gekla oor die toilet papier wat baie hard was. Die verskaffer het die produk verander.
in die opvolg vergadering toe word die volgende op die situasie geraporter oor die nuwe toilet papier
"On the hole it is not to bad"
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Ek sukkel nou al vir jare om n Engelse term vir "klopdisselboom" te vind.
"Knockshafts" is die naaste wat ek daaraan kom.
You'll never never know if you never never go
Het hierdie op watchup gekry: Die afrikaanse woord vir "pin" soos op google maps is "plekspykertjie", dit moet natuurlik nie verwar word met "spykerplekkie"
Kamp groete
Kobus & Ada
Skrik ek my gataf............ Hoop net nie n Moffie tel hom op nie....
Al weer oppad iewers heen.

Knockshaft klink heel goed. Tussen Nederlands en Afrikaans is daar ook 'n groot moontlikheid vir verleentheid, en nie net aan die Afrikaanse kant nie. "Aftree" is byvoorbeeld 'n taboe onderwerp in Nederlands. 'n Hollander het aan my verduidelik dat 'n haan wat nie meer sy plig teenoor die henne kan doen nie, het afgetree.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Ek sukkel nou al vir jare om n Engelse term vir "klopdisselboom" te vind.
"Knockshafts" is die naaste wat ek daaraan kom.

Direk vertolk is
Klop - Knock
Disselboom - Tongue
Maar duidelik kom ons nie by dieselfde betekenis uit as ons dit saam gebruik nie Knocktongue.
Ek gebruik sommer "Chapperig" vir beide Engels en Afrikaans. Ek het gevind dit het dieselfde betekenis in heelwat ander tale.
Met my werk in die buiteland het almal verstaan as ek se chapperig en ek wys "thumbs -up" saam met dit.
Nie lank nie dan gebruik hulle dit ook.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !


Knockshaft klink heel goed. Tussen Nederlands en Afrikaans is daar ook 'n groot moontlikheid vir verleentheid, en nie net aan die Afrikaanse kant nie. "Aftree" is byvoorbeeld 'n taboe onderwerp in Nederlands. 'n Hollander het aan my verduidelik dat 'n haan wat nie meer sy plig teenoor die henne kan doen nie, het afgetree.

Darm het jy Al gesê jy is afgetree.....
Moet maar hulp vra...
Al weer oppad iewers heen.

Dit help so veel soos groete stuur.
Volgens die Afrikaanse idioom Chuck
Jy?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die duim in die lug, asook die kenmerkende "0" wat jy vorm met jou vingers om te wys iets is "OK", word in Griekeland as 'n baie seksistiese teken gesien. So, selfs dít kan groot probleme veroorsaak ............

Ek sukkel nou al vir jare om n Engelse term vir "klopdisselboom" te vind.
"Knockshafts" is die naaste wat ek daaraan kom.

Wanneer ding nou regtig voor die wind gaan, dan loop dinge mos nou klopdisselboom.
'n Vertaling vir “klopdisselboom” kan dus “plain sailing” wees.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Om 'n idiomatiese uitdrukking te vertaal sodat dit dieselfde betekenis en gevoel het, is nie altyd maklik nie. 'n Vendasprekende kollega van my wat goed Afrikaans kon praat, was op 'n dag gefrustreeds met die sin so iets gelui het soos " Die gebruik van helikopters (om 'n brand te blus) het goeie vrugte afgewerp" Hy wou weet hoekom vrugte op die brand gegooi is, veral nog siende dat dit goeie vrugte was. Moeilik om te verduidelik waar die uitdrukking vandaan kom!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
