English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 235
Total Replies: 248 775
Total Views: 83 113 047
topics: 4 483
replies: 30 552
views: 17 427 227
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 429
replies: 29
views: 17 353 145

IDEAL CARAVAN PARK FOR THE CAMPER

replies: 30
views: 12789
01 Oct 2014 @ 07:42:32 am
amastene
New Member
37% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 01 Oct 2014
HI, I WANT TO OPEN A CARAVAN PARK..

WHAT WOULD YOU AS A CAMPER CONSIDER TO BE A PERFECT CARAVAN PARK?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 07:45:56 am
Anonymous

Exactly the same as Weesgerus.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 08:34:53 am
Anonymous

Contact Admin, they have many many years of experience in running and grading of parks.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 09:57:48 am
The RETIRED Boring Camper
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2355
Joined: 01 Jan 2007
Experience: 51 years

Hi Ronel.

I have replied to you and sent you the specifications with regards developing a caravan park per e mail.

If you have any queries, please give me a call.

Regards.
This is how we spent the last fifteen years - working our buts off!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 10:08:51 am
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4232
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

Ronel welcome to the forum

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 10:50:58 am
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1545
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Ronel, welkom,soveel mense, soveel gedagtes.Serkte met jou ondersoek.Gee ook terugvoering as jy alles bymekaar het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 12:32:43 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Ronel welkom sien WIllie het jou al klaar gemail hy het al die  ondervinding van karavaan parke

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 14:13:20 pm
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Goeiedag Ronel,

Welkom op die Forum en geniet. Weet nie wat alles in Willie se "Raad en Wenke" opgeneem is nie maar hy is na my mening uiters kundig op die gebied en net 'n Bojaan leer uit sy eie foute. Hier is 'n klomp Ou Bojane wat alreeds al die foute gemaak het. Leer by hulle Hehehe.

Daar is egter na my mening 'n paar goedjies wat vir my oor die jare belangrik is/was/geraak het, en jou sukses of mislukking kan beteken.

Kampers is 'n maklike en ook moelike bende om gelukkig te hou.

Verseker jou staanplekke is groot genoeg vir verskillende tipes waens en ken hulle so toe aan kliente. Baie mense verkies genommerde staanplekke sodat jy vooraf weet wat jy kry. Julle sal dus gou optel watter plekke is "ongewild" en kan dan verbeterings aanbring.

Plant sommer vroeg reeds "vervangings" bome. 'n Oordentlike boom vat ten minste 10 jaar om behoorlike skadu te kan maak. Dink aan bladwisselend vir koelte in die somer en minder blare in die winter -- ek dink aan iets soos Wit Stinkhoute.

Moenie kortpaaie vat met Elektrisiteit nie. Sparktrisiëns loop die hele wêreld vol maar daar is beslisde standaarde vir die bedrading van woonwaparke en doen dit sommer die eerste keer reg anders raak dit duur op die langtemyn. 

Gryswater raak al meer van 'n issue - mens kry steeds kampers wat sy morsige stort en skottelgoedwater met 'n lang lys van "redes en verskonings" op die staanplek of op die bome en plante laat uitloop. Moenie jou ore uitleen nie, dis plein morsig. Voorsien vooraf dreins vir die water of versprei dreins oor jou park en dwing mense om gryswater sentraal weg te gooi. Oral in Europa is reeds wetgewing hieroor.

Swartwater -- Porta Potties, daar is niks so "on-lekker" as om die goed in 'n bestaande toilet te moet leegmaak of dan vang mens selfs Otters wat dit in die bad leegmaak met die verskoning "ma gebruik dit net vir Nr 1". Voorsien asb 'n spoelplek en spoelwater wat gekoppel is aan jou sentrale rioolstelsel maar nie binne 'n badkamer nie.

Beheer oor jou gaste -- Ek verseker jou, die meeste mense kamp om die natuur en "stilte" te beleef. Stilte beteken geensins geen lawaai nie, maar stel riglyne en reëls vir jou oord oor musiek en lawaai -- spesifiek tye -- EN DWING DIT AF. Dis jou park en jou gaste se kuierplek, moenie dat een of twee vrot appeltjies jou Oord se naam weggooi nie. Jy sal uit die posts hier kan vasstel watter oorde en ook om watter redes, hulle vermy word en waar en waarom mense by sekere oorde lekker kuier. 

Ablusieblokke --  genoeg en gereelde warm water is seker die belangrikste. Die behoorlike en kundige uitleg van storthokkies. Dink aan Mammas met heel klein rakkerkies. Plek vir haardroëers en tieners wat ure "paint en polish" weg van die "normale" badkamerverkeer.

Opwasplek vir skottelgoed en daai vervlakse CADAC braaiskottels. Die goed pas in geen normale wasbak nie en mors jou van jou pens tot tone nat as jy die ding probeer skoonkry. Wasplek vir wasgoed is 'n laer prioriteit maar 'n beslisde vereiste.

Dink dis nou eers my Bojaanlys en kom ons loer wat sê die anner Kampmaters.

Groete en sterkte

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 14:32:29 pm
Anonymous

Baie goeie voorstelle Andre, wens meer oorde wil dit toepas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 14:38:36 pm

Stem saam met jou punte wat jy gestel het, Andrè.

Ek verskil slegs met een reël van jou stelllings, i.e. ''Staanplekke Groot Genoeg'' vir verskillende tipe waens en ken hulle so toe aan kliente.

Die mensdom is 'n snaakse kreatuur, ek dink dieselfde soos jy, maar jy kry wel kliente wat sal verwag as 'n kampeerder met 'n Penta, Exclusive of Classique ens. groot staanplekke kry en jy bv. met 'n C4, Tent, Tiny Sherpa of Scout ens. 'n baie kleiner staanplek kry, heelmoontlik afgeskeep gaan voel en alreeds sal daar dan wrywing wees tussen kampeerder en oord bestuur.

Gelukkig is ek nie een van hulle nie, maar jy kry hulle.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 15:51:23 pm
amastene
New Member
37% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 01 Oct 2014
Hallo mense,
Dankie vir die vriendelike aanvaar. Baie dankie vir die terugvoering.

Soos ons mensies maar is, verskil ons behoeftes, en ek weet ek sal nie aan almal sin kan voldoen nie, maar ek wil prober.

Ons het n pragtige stukkie grond teen die olifantsrivier, waar jy kan visvang, jou boot kan launch, nyalas en blesbokke wat teen die draad loop, ens.
Ons bemark dit nie omrede ek eers presies wil weet wat is ander kampeerders se behoefstes.
Ek is een van daai wat nie teveel gepla is oor "fancy" goed nie, n lekker koelte boom,skoon terrein, skoon badkamers,en die gelag van mense om n ou vuurtjie, maak my naweek.

Ek wil dus weet hoe kan ek aan jou as kampeerde se behoeftes voldoen?

Groete
Ronel

Ek wil

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 16:11:25 pm
Anonymous

Ronel, nou praat jy my taal, as jy kan visvang daar kom ek definitief 'n besoek aflêLaughing en daarby nog al die wild ook, mens kan vir niks meer vra as dit nie.

Soos jou beskrywing is van kamp, is dit die manier hoe ek en my familie hou van kamp, maar bygesê, alles hang nie net van een kampeerder af nie, mens moet kyk na ander kampeerders se behoeftes ook.

Sterkte met die projek, hoop jy sal ons gereeld 'n ''update'' gee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 20:55:48 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Ronel sterkte met jou oord die olifantsrivier bekend vir sy mooi kurpers my ma bly nog in Phalaborwa so maak ek dan n draai ook by die rivier. Ronel maak so paar bosstaanplekke vir n ou soos ek wat vannie bos hou sien die ouens het reeds goeie raad gegee
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2014 @ 21:50:43 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9398
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ronel, welkom op die forum.

het self al aan die gedagte gedink, of om die twee wat in die noorde tekoop is oor te neem,

maar dit gaan inmeng met my aftrede en dan kan ek nie gaan toer nie, wil ook nie na ander se probleme luister nie.

Sterkte en sal julle ondersteun.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2014 @ 11:03:37 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Welkom by ons Ronel. Ek glo die info wat jy hier gekry het gaan baie help. Die wat willie gestuur het, is goed nagevors, hy het al 'n paar parke ontwerp en het ook 'n paar bestuur. Hy is ook betrokke met die gradieering van parke

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2014 @ 06:58:16 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15970
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sekondeer als dit wat Andre genoem het. Met groot klem op die stilte. Daar is oorde wat stil tye het maar dit begin eers 23H45. Dan 'n oord waar dit al 21h00 afgedwing word.

Elke persoon se behoefte verskil, jou reels en die manier van hoe jy dit afdwing gaan bepaal watter tipe kampeerder by jou gaan kom kuier.

Omaramba het reeds naam as 'n raaserige, woelige kuier oord. Waar 'n plek soos Bosfontein en Bosveld oase baie rustig is.

Als hang van jou bestuur af.

Sterkte met die idee. Hou ons op hoogte asb.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2014 @ 12:17:35 pm
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Sorry Ronel,

Ek het jou behoefte totaal en al verkeerd verstaan. Ek was onner die indruk jy wil 'n karavaanpark begin maar nou lei ek af jy het 'n plek waar die papgooiers kan kom uithang.

Nou Ja -- dadelik verander die hele prentjie. Kyk -- hille is mos eintlik nie moeilik nie. Soek net 'n plekke waar hy in vrede onner mamma se pantoffelregering kan uitkom om 'n duitlike dop te steek.

Papgooi is deel van die misleidingsplan.

Skedewee is nie belangrik nie want waar kry hy dan plek om daai sambreel op te slat wat hy voor laasjaar by ABSA se afsluitingsfunkie gesteel het.

Toilets is ook nie 'n probleem nie. So skewe besigheid van sinkplate so 150m van die rivier af met 'n deur met een skarnier sal doen. Die houtbank se planke moet net nie te oud wees nie want dit trek hare uit. 

Toiletpapier verskaf jy uit 'n ou telefoonboek wat jy met 'n ketting en 'n 6mm sinkskroef teen een van die kante vasmaak anners dra hulle die boek weg om by die huis te gebruik. Dis sagter as koerantpapier en nie so glad soos die HUISGENOOT se blaaie nie.

Braaiplekke is ook nie 'n uitdaging nie want daai manne weet van planmaak.Gooi net so hier en daar 'n paar klippe uit om sy rooster uit die kole en weg van die grond af te hou. Plat op die grond op die enigste stukkie gras sal hy gaan braai en sy empties neergooi.

Ablusies is oorbodig. Wie stort nou oor 'n visnaweek want as jy Sondagmiddag na seep ruik gaan mammie sê "jy lieg jou vark> Jy was nie naby 'n vis nie."

Rommel/Asblikke ook totaal en al onnodig. Plaas blikke waar jy wil hê die gooiers moenie vullis stort nie. Die res van jou oord gaan egter soos 'n varkhok lyk. 

En laastens - vir die van julle wat dink ek is onner die prop, sarkasties of probeer snaaks wees.

Gaan kyk gerus na van die plekke langs die Vaal, Bronkies en Murray Park in Springs voor jy my uithaal.

Hehehehe

Geniet julle naweek

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2014 @ 12:36:48 pm
Anonymous

Andrè, net een regstelling. Daar is 3-verkillendende kategorieë:-

1) Papgooiers = Lyn in die water met baie drank.Laughing

2) Vis vang = Vis stok sonder lyn, net drankSurprised

3) Hengel = Die wat die sport geniet en ernstig opneemWink

Gelukkig hengel ek nie by die Vaal, Bronkies of Murraypark nie.Tongue out

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2014 @ 20:36:19 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

Andrè, net een regstelling. Daar is 3-verkillendende kategorieë:-

1) Papgooiers = Lyn in die water met baie drank.Laughing

2) Vis vang = Vis stok sonder lyn, net drankSurprised

3) Hengel = Die wat die sport geniet en ernstig opneemWink

Gelukkig hengel ek nie by die Vaal, Bronkies of Murraypark nie.Tongue out

DK,

Dan is daar ek.

5) Vis vang = 8 vis stokke, almal sonder lyn, GEEN drank, net boek, die lag van die jakkals, die klap van die brandende hout, sterre en stilte Niemand vir kilometers...

Perhaps that's why I so suck at fishing? But man.... It's so darn hard to do anything once the chill-toppie-chill, bug's bitten...

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2014 @ 10:13:50 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5804
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

André wie het op jou bal getrap om so te voel ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2014 @ 20:30:29 pm
Lyster
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 08 Dec 2013
Experience: 60 years

Andre, dit wat jy noem is vir ons ook na aan die hart. Wens die oorde by ons, Wes Kaap pas dit toe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2014 @ 21:05:52 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9398
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Die bos is nog die beste,

lekker stil met die naggeluide.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2014 @ 07:56:00 am
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

André wie het op jou bal getrap om so te voel ?

Hi Willem,

Nee man, Andre'tjie was net Vrydagmiddag lus om bietjie aan die "hengelaars" se Achilles tendons te kou.

Ignoreer daai post in totaliteit as jy ook lus is om 'n park te begin. hehehe.

Hoop Ronel kom reg met haar parkie vir die visvangers. 

Sulke plekke raak skaars en die wat nog bestaan word verniel of gaan agteruit.

Geniet die week

Andre

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2014 @ 08:32:34 am
Anonymous

Hehehe goeie beskrywing Andre

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2014 @ 08:36:15 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3103
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Ek gaan eerlik wees.

Ek weet 1 wurm maak die hele appel vrot.

As ek n oord navors vir n naweek en hulle adverteer visvang dan los ek die oord onmiddelik. Die eerste gedagte wat by my opkom is Durban se strande waar die manne visvang. Vuil, hoeke, vrot aas ne vislyn wat die hele wereld rond le.

Ja die vissermanne gaan my nou kruisig, "die oord is catch and release" ja ja ja.

Ek het altyd visgevang by "Something Fishy". Dit ruik altyd skoon en daar is geen hoeke wat in my kaalvoetjies sal steek nie. Nou doen Ocean Basket dit vir my. Gelukkig nooit waneer ek kamp nie.

So Andre kry my Vote hier.

So Ronel, as jy warmwater swembad het. Mooi plekkie waar die vrouens kan neusies poeier (van hulle MOET mooi lyk vir vannaand se braai) en goeie sekuriteit het, is jy op die regte pad. Min of meer waar is jou plek? 

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2014 @ 09:10:05 am
Anonymous

Ek onttrek maar eerder uit hierdie topic!!!!!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2014 @ 09:38:08 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5804
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

LMGA

LOL

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2014 @ 11:16:04 am
bokkie
Silver Member
66% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 15 Dec 2012
LIGGING LIGGING en nogmaals LIGGING , STERKTE en baie daarvan !:)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2014 @ 07:33:28 am
New to camping
New Member
55% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 10 Dec 2012
Definitely good ablution facilities. Also no music allowed at camp sites. A person goes camping to get away from the noise. We have also found that alot of caravan parks dont really have attractions e.g. super tube, zip line something fun for the whole family to enjoy.
Good luck.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2014 @ 11:46:24 am
Renaldo
New Member
96% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 26 Sep 2014
Experience: 6 years
Agree with good ablution facilities and something to do, but would add scenery as well as layout of campsites (water and electricity points). Spent the weekend at Hartbeeshoek and our site's point were badly placed - very frustrating.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2014 @ 11:56:56 am
Anonymous

Ek hou ook meestal verby die visvang oorde, maar wil darem noem, ek het die naweek terwille van my skoonseun na Rietspruit Dam Oord gegaan, geen lawaai word toe gelaat nie, alle kampeerders het hulle gedra soos wat mens van ordentlike kampeerders verwag.

Oorde wat al meer en meer aftrek geniet, is juis die stil oorde wat netjiese staanplekke, skoon ruim ablisie fasaliteite het, en veiligheid van mens en toerusting.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za