English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 531
Total Replies: 252 826
Total Views: 83 250 250
topics: 11 577
replies: 139 237
views: 39 343 369
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Hulp nodig met kamera

replies: 26
views: 7642
15 Mar 2016 @ 09:58:46 am
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 31 years
My kamera agter die karavaan werk perfek solank die kar se masjien nie loop nie. Die sleutel kan in die aan posisie wees en daar is nog 'n beeld; sodra ek die masjien aanskakel verdwyn die beeld en die "no signal" nota kom op die skerm, die skerm bly aan; blou beeld. Na ek die masjien aanskakel bly die beeld op die skerm vir so 2 sekondes dan verdwyn die beeld. Die kamera kry sy krag van die karavaan agterligte; die ligte is aangeskakel terwyl ek die hele oefening doen. Die skerm kry krag van die sigaretaansteker in die voertuig. Raad aub, ek het agter in die tou gestaan met die uitdeel van die tegniese kwaliteite.
Groete.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 10:05:45 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek het net voor jou gestaan in die ry,

Leon of Willem sal weet.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 10:24:25 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Hi Koos,

Ek het my kamera self geinstalleer en het krag probleme gekry - daardie tyd gedink ek toets alles en het dit gewerk met drade tot ek dit in die aansteker se plek in druk.

Toe ek dit toets met 'n meter sien ek ook krag voor die aansteker, maar nie na nie.

Toe tref dit my met 'n maai se slag - die draad wat ek gebruik het is deur 'n selfoon laaier wat die krag verminder vanaf 12v na iets soos 'n halwe volt. Natuurlik haal ek toe die binne deel van die selfoon laaier uit en is my probleem opgelos.

 

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 10:41:13 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Weet ook nie wat beteken "auto elec." nie maar het ook myne self gedoen.

Gesukkel met die "wire less" installasie en toe dit uit gegooi en die kamera kry nou sy krag van die karavaan se battery (permanent)  Vir doe skerm het ek dierekte krag van iewers getap.

Jammer, dit is nie maklik van hier waar ek sit nie, maar kyk na die eenheid wat by die sigaret aansteker inprop weet my GPS werk van hom af en soms as hy dood is druk ek net weer die ding in en dan is hy weer op die lug.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 11:21:08 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Was ver voor Chuck in die tou.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 12:17:22 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Goed Koos.

Jy sal weet dat die karavaan se Neg of earth kom van twee plekke 1. die wit draad in die ligte plug draad en 2. die visiese aard aan die voertuig deur die haak.

Beide die is nie baie goeie koppelings nie die eerste is die drade baie lank tot by die ligte en kamera en die tweede maak eintlik kontak soos hy wil wat die haak is nie altyd stewig vas nie.

Ek het die spaar punt no 2 in die plug gebruik vir die krag na die kamera toe en het net so veel probleme gehad. My beeld het so weggegaan en terug gekom en dan aan en af geflikker as ek flikkers gebruik. Hoekom gebeur dit? Om rede die draade so lank is en die konneksie elkegeval baie weerstand het gaan die krag vloei gewoonlik na die item wat die minste stroom trek JOU LIGTE.  So dis dan wat die kamera nie werk nie of in mygeval aan en af sit as ek die flikkers gebruik. Onthou buite die battery  vloei die elektrone van Neg na Positief. Dus al die karavaan ligte werk deur die wit draad AARD maar elke een het sy eie positiewe draad. Dit veroorsaak die stroom verdeling na die maklikste komponent toe.

Beste is

Maak soos Willem en koppel die  kamera op die karavaan se batery ek sal 'n skakelaar in sit hy het nie die kamera by hom is permanent aan. Of

Trek 'n dubbel wit flex draad (+ en -) deur van die kamera af tot by die AUX plug agter in die laai ruim van jou Ranger.

Vandat ek dit gedoen het, het ek nooit weer kameras gehad wat nou werk en dan met volgende sleep net probleme gee nie.

Dit het puik gewerk en ek het my Classique so verkoop met monitor vir die nuwe eienaar. En hy werk steeds puik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 12:24:55 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Wanneer ek my nuwe wa kry. Gaan ek Telefoon draad deur trek vanaf die kamera tot by die haak van die karavaan met 'n 4 punt "Male component plug" op.

Punte is :

2 x vir die RCA video plug (Middle feed and earth)

2 x vir die 12V krag toevoer vir die kamera (Neg en Pos)

Die krag vir die kamera op die "female plug" sleep voertuig kant sal ek tap van die AUX plug agter op die laai ruim van die ranger.

As daai "component plugs" stewig in mekaar pas en goed werk, behoort die koppeling tussen nuwe wa en Ranger netjies te lyk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 12:27:11 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 31 years
Dankie vir al die raad. Gaan die kamera op die karavaan se battery koppel; sal laat weet wat die uitkoms is.
Bly om darem te hoor Jin en Edge het voor my in die tou gestaan met die uitdeel slag dus het hulle darem nog iets gekry; agter in die tou was als al uitgedeel.

Groete.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 12:35:40 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

koos pasop net dat jy die karavaan battery nie verkeer koppel nie. Die rede ek dit noem is dat die  RCA video cable tussen die Kamera en monitor kan optree as n  serie koppeling. Dit wil sê voertuig se 12V plus die Karavaan se 12V is 24V.

As jy dadelik sien die beeld gaan swaart ontkoppel onmiddelik en draai die drade net om. Daar behoort nie skade te wees nie want meeste monitors het 'n "overload safety" in gebou. Maar dis nie altyd die geval met die kameras nie.

So wees net versigtig.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 12:37:09 pm
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 46 years
Dan is dit julle donners wat voor my ingedruk het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 12:54:53 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Dan is dit julle donners wat voor my ingedruk het.

Haha, ek was tweede laaste, jy het voor ons in gedruk.
Dankie Leon nou het ek ook iets geleer.
Maar jy sal nog eendag myne doen.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 21:04:11 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Is reg JIN ek sal draai maak. Op die stoel sit en jou mooi vertel wat om te doen. Jy fikser as ek, want jy gym elke aand ek trap net fiets stap op treadmill en roei bietjie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 21:24:23 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Is reg JIN ek sal draai maak. Op die stoel sit en jou mooi vertel wat om te doen. Jy fikser as ek, want jy gym elke aand ek trap net fiets stap op treadmill en roei bietjie.

Kan nie help om dit te sê nie, Leon, vergewe my.   "Boonop hou sy GIRL hom fiks, hy sorg dat hy fiks bly".laughing  Maar fiets trap en roei is ook sommer heel goed genoeg, harde werk daai twee goed.smile

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2016 @ 22:42:04 pm
Anonymous

Met Ford Mazda kry jy nogal daai issue.. ekt nou basies my krag direk van kar se battery. Geen issue meer nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2016 @ 07:04:05 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1655
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 33 years

Ek was n dag laat vir daai ry so julle weet wat my kennis is. Hehehe sal maar by willem gaan kuier as ek my kamera gekoop het

 

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2016 @ 13:13:22 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Kan nie help om dit te sê nie, Leon, vergewe my.   "Boonop hou sy GIRL hom fiks, hy sorg dat hy fiks bly".laughing  Maar fiets trap en roei is ook sommer heel goed genoeg, harde werk daai twee goed.smile

 



Chuck moet altyd oefen en fiks wees.

Dankie Freda

Never knows your "Luck in a Big City".

Dankie Leon, het net die regte stoel vir jou, hoop net jy bly wakker in hom.







As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2016 @ 13:28:26 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Help aseblief, ek kry nie die ry nie. En my vingers is so handig soos 10 groot tone. My skerm is ook soos my fliker ligte, hy werk dan werk hy nie embarassed. Die raad hier behoort te help. moet net die moed skep om te begun.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2016 @ 16:03:56 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2031
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek het my installasie self soos volg gedoen :-

  • My kamera en monitor is gekoop by Top CCTV hier in die Kaap
  • Hulle het my ook voorsien van 'n 20m spesiale kabel, video en krag met "conectors"
  • Ek het die kamera agter by die karavaan gemoteer, die kamera krag en kamera video aan die 20m kabel gemonteer en dit onderdeur die wa geneem tot 'n halwe meter verby die haak op die A-raam
  • In die Pathfinder het ek die montor kabel-prop agter die sonskerm gemonteer, dit agter die voorste venster-pilaar deurgetrek tot onder die stuurwiel.  Daar het ek die monitor kabel gekoppel aan krag wat saam aan en af skakel met die sleutel. 
  • Die video kabel (met sy eind-koppelstuk) het ek onder die Pathfonder deure se koesyn gevoer om dan uit te kom by die trekstang agter. Krag vir die kamera het ek opgetel agter die 12V kragsok (vir 'n yskas) en dit ook deurgevoer tot by die sleepstang

Hier is twee fotos:-

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2016 @ 12:30:43 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Nou ja toe kyk net hoe netjies lyk dit. 

Len ek stelvoor jy kry 'n soort rubber proppie of wat vir elk van die punte want die korosie in die kaap kan mos lelike pyne veoorsaak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2016 @ 17:47:30 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

El het ook die RCA koppeling gebruik maar myne het gegroed nou gaan ek die 6mm "headphone" koppelings gebruik, die stereo een kan sommer vir die 2de kamera ook werk.

Hier is die RCA op die Ford.

 Dit is wat ek nou gaan gebruik

  

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2016 @ 14:21:44 pm
Anonymous

Hier is die koppel stukke wat ek nou gebruik, die male en female knip in mekaar, en dan "secure" jy dit met skroef "nut".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2016 @ 14:23:53 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Sal laat weet as ek myne klaar het en hoe dit werk.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2016 @ 17:27:05 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2031
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek sou graag wou weet of Koos Mol se aanvanklike probleem opgelos is.  Ek sou sê dat as hy die kamera se 12V krag ( positief EN negatief) direk met twee drade van 'n battery (karavaan of sleepvoertuig s'n) af bekom, gaan sy probleem opgelos wees.

Koos, laat weet ons of jy reggekom het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2016 @ 18:09:21 pm
Anonymous

Ek het dit ook so gedoen en was opgelos, so syne behoort ook

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2016 @ 16:00:37 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 31 years
Lennie, jammer ek het nie vroeer terugrapporteer nie. Ek het toe Leon se raad gevolg (dankie Leon) en die krag vanaf die sok op die bak van die Ranger getrek. Die kamera het goed gewerk al die pad van Pta tot op Swadini. Sal net gewoond moet raak aan die blou lyne, sal later die kamera vervang met een wat nie die blou lyne wys nie. Ek wil ook die proppe vervang met ordentelik goed, sal dit maar so met die tyd doen. Ek moet se dat dit darem lekker is om met die kamera te sleep, amper so lekker as om die wa met die movers te skuif. Twee "moets" as jou finansies dit toelaat.
Groete en veilig kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2016 @ 15:03:33 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Bly jy is uitgesorteer Koos.  Verder stel ek voor jy byt net so bietjie vas voordat jy 'n ander kamera kry.

Laat iemand agter die karavaan staan met die kamera aan en skuif hulle nader of weg totdat hulle voete aan die stadia lyne raak. Gaan meet nou daai afstande.

Net die feit dat jy nou weet wat die afstand is van karavaan tot by die lyne gaan jy hulle begin gebruik en dis nie lank nie dan is jy gewoond daaraan en sal jy nie sommer 'n ander kamera koop nie.

Dus, gee die lyne kans en dan maak jy jou finale beslissing.

N.S.

Net voordat ek my Classique verkoop het, kon ek hom tussen die afdak se regop paal en 'n ander voertuig in terug stoot en dan ook stop op die presiese plek waar hy voorheen gestaan het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2016 @ 20:12:13 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 31 years
Gaan so maak, dankie Leon.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za