English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 482
Total Replies: 234 541
Total Views: 82 528 770
topics: 141
replies: 2 175
views: 50 966
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Hou maar dop vir roes

replies: 12
views: 346
28 Sep 2019 @ 18:16:44 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

My Exclusive se aircon is drie jaar gelede op die stert gemonteer en ek ervaar absoluut geen probleme hiermee nie. Maar terwyl ek vandag onder die wa gespook het met die vloer-probleem, het ek opgemerk die aircon se raam onder die wa het roesmerke op. Ek het dadelik die roes behandel en die raam oorgeverf.

Toevallig het ek gister my Patfinder se 5 Cooper bande laat roteer en sommer ook die wielsporing laat doen.  Terwyl die kar op die hyser is, loer ek onder rond en merk toe ook dat die standard Nissan trekstang roesmerke op het.  Ek sal in volgende week die spaarwiel laat sak en dan ook die roes aanspreek en die sleepstang onder die kar, oor spuitverf.

Beide hierdie gevalle het ek toevallig opgemerk omdat dit onder die voertuie was. 'n Mens moet maar hiervoor dophou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 19:13:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14463
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ja....mens moet maar kortkort deurgaan en ek dink op n karavaan moet mens direk aandag gee aan foute. Ek het dit gister weer gesien toe ek daai buite skakelaar vervang het....as daai skakelaar water kry sonder sy dekseltjie, loop daai water direk binne in jou karavaan se kaste....dis oor die manier hoe vervaardigers hom ingesit het. Ek het nou drade verleng en gat gebruik wat vir daai doel is, so hoort nie meer so maklik te gebeur nie, maar soos jy sê....kyk maar, dit kan jou baie drama spaar. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 20:14:28 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8371
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Goed omte weet.

Dankie vir die oë rek.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 21:53:59 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5191
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Toemaar, deesdae koop jy 'n voertuig sommer klaar met roes en dan vertel hulle vir jou dis normaal... Hint: Mazda BT-50...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 22:45:21 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4157
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Lennie surprised  thanks I'll look under my Pathy tomorrow  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2019 @ 06:53:09 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Ja, dis belangrik om jou oog op die klas van goed te hou. Wanneer enige van my voertuie, om watter rede ookal op 'n "vehicle lift" in 'n werkswinkel opgehys word, is ek onder in en gaan als na. (Gelukkig het ek 'n baie goeie werktuigkunige, en gee hy nie om nie.) Ek kyk na die uitlaatstelsel, binnekant van bande, kyk vir skade aan onderstel soos duike, gate en los boute en ook rem pype (lekke, ens) en drade wat dalk hang. Is self nou nie 'n werktuigkundige nie, maar dra wel heelwat kennis van die soort dinge. Op dié manier is jy dadelik bewus van enige probleme, en kan daaraan aandag geskenk word.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2019 @ 16:02:24 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1758
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dankie vir die raad. Dit is die laaste waarna ons kyk. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 06:56:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja dis verseker 'n goeie ding onder die sleep voertuig ook in te kruip so nou en dan.  Maintenance doen wondere oor die lang duur.

Ja....mens moet maar kortkort deurgaan en ek dink op n karavaan moet mens direk aandag gee aan foute. Ek het dit gister weer gesien toe ek daai buite skakelaar vervang het....as daai skakelaar water kry sonder sy dekseltjie, loop daai water direk binne in jou karavaan se kaste....dis oor die manier hoe vervaardigers hom ingesit het. Ek het nou drade verleng en gat gebruik wat vir daai doel is, so hoort nie meer so maklik te gebeur nie, maar soos jy sê....kyk maar, dit kan jou baie drama spaar. 

Geert, hoe het jy toe daai skakelaar kassie uitgekry? ? ?  Dit was seker 'n mission?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 06:59:20 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14463
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ja dis verseker 'n goeie ding onder die sleep voertuig ook in te kruip so nou en dan.  Maintenance doen wondere oor die lang duur.

Geert, hoe het jy toe daai skakelaar kassie uitgekry? ? ?  Dit was seker 'n mission?

Ek het op daai draad vertel hoe ek reggekom het....hoop daai inligting kan vir ander manne van waarde wees vir dié wat so onseker soos ek was

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 07:09:51 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Sal 'n ogie gaan gooi daar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 15:43:36 pm
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 701
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Toemaar, deesdae koop jy 'n voertuig sommer klaar met roes en dan vertel hulle vir jou dis normaal... Hint: Mazda BT-50...

En ander knak weer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 16:32:35 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2594
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek moet sê ek het dekades laas 'n voertuig gehad wat geroes het.  Dit was 'n Peogeot 504 en hy het oral geroes, selfs die verkoeler, en dit in Pietersburg waar die klimaat droog is.   My Kombi het ek verkoop toe hy amper 30 jaar oud was, en die enigste plek waas roes sigbaar was, was aan die uitlaatspruitstuk. Ek het die indruk dat voertuie deesdae goeie roesbeskerming het.  Miskien is daar sommiges wat roes, waarvan ek nie weet nie, maar ek dink Pieter se stelling is 'n bietjie growwe veralgemening.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 23:00:53 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1622
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Dankie vir hierdie 'headsup' oor roes. Iets wat mens selde verwag en daarom ook nie na kyk nie.

Sal sommer more onder die wa in (met my weggesteekte sixpack) asook die sleepvoertuig om te kyk na roes onder.

Dankie vir díe een.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required