English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 284
Total Replies: 230 267
Total Views: 82 390 821
topics: 779
replies: 12 491
views: 4 979 076
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Hoogte van karavaan wanneer gehaak

replies: 23
views: 3690
01 Feb 2017 @ 10:46:16 am
Loretha
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 01 Feb 2017
Experience: 11 years
Ons het n Colt Clubcab bakkie en ons sleep n Jurgens Expo. Wat is die regte hoogte van karavaan? Gelyk of neus effens gelig?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 11:08:58 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

Hi there Loretha

Wellacome to our neck of the woods...

The correct nose height should be 400 mm from the ground to the top of the ball.

But the towing attitude of the van should be level or slightly nose DOWN..............

WHEN LOADED

Regards Warren

 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 11:22:05 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4256
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years
Why must the nose of the van be down and not up.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 11:41:31 am
Dieter
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 25 years

Why must the nose of the van be down and not up.

Weight distribution, you want the weight at the front and not the back.

https://www.youtube.com/watch?v=4jk9H5AB4lM

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 11:57:52 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

Hi D...

Also, no smackaroo the back over a hump....

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 12:56:44 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Loretha, die karavaan soos gesê, moet gelyk na verkieslik neus laer gesleep word.  Die rede is dat in die posisie, die wind bo-oor die karavaan dit effens afdruk en daar 'n effense lugleegte onder die karavaan ontstaan.  Dit hou die karavaan stewig op die pad.  As dit darenteen neus-in-die-lug loop, ontstaan daar 'n vakuum bokant die karavaan se dak en 'n verhoogde druk onder die karavaan veroorsaak.  Saam veroorsaak die twee kragte dat die karavaan al ligter op die pad loop soos die spoed toeneem wat die reeds onstabiele karavaan nog meer onstabiel en gevaarlik maak.  Dit het ook die gevolg dan die trekvoertuig harder moet werk wat die brandstofverbruik opstoot omdat teen die lugleegte bo en die verhoogte druk onder moet veg.   Daar is ook die moontlikheid dat in uiterste toestande, die dak deur die vakuum bokant dit, afgeruk kan word.  Sommige karavane se dakke is dikker agter en dunner voor sodat, as die karavaan presies horisontaal loop, die dak onder effense druk moet wees.

Dus, neus effens laer is goed, neus in die lug is baie verkeerd.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 13:52:57 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

Ta Fred I've also learnt something else....

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 14:40:52 pm
Dieter
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 25 years

Loretha, die karavaan soos gesê, moet gelyk na verkieslik neus laer gesleep word.  Die rede is dat in die posisie, die wind bo-oor die karavaan dit effens afdruk en daar 'n effense lugleegte onder die karavaan ontstaan.  Dit hou die karavaan stewig op die pad.  As dit darenteen neus-in-die-lug loop, ontstaan daar 'n vakuum bokant die karavaan se dak en 'n verhoogde druk onder die karavaan veroorsaak.  Saam veroorsaak die twee kragte dat die karavaan al ligter op die pad loop soos die spoed toeneem wat die reeds onstabiele karavaan nog meer onstabiel en gevaarlik maak.  Dit het ook die gevolg dan die trekvoertuig harder moet werk wat die brandstofverbruik opstoot omdat teen die lugleegte bo en die verhoogte druk onder moet veg.   Daar is ook die moontlikheid dat in uiterste toestande, die dak deur die vakuum bokant dit, afgeruk kan word.  Sommige karavane se dakke is dikker agter en dunner voor sodat, as die karavaan presies horisontaal loop, die dak onder effense druk moet wees.

Dus, neus effens laer is goed, neus in die lug is baie verkeerd.

Nee ek is jammer, ek stem nie saam hiermee nie. 

So as ek vinnig genoeg ry dan gaan my karavaan begin "float" agter my? My brandstof verbruik sal sommer dadelik verminder! Ek grap net!

Die Swift groep van die UK het so paar jaar terug navorsing gedoen oor karavaan aerodinamika en die resultate is baie interessant. Die verslag is hier.

http://assets.swiftgroup.co.uk/swift-group/miscellaneous/CFD_study.pdf

Op hierdie Youtube animasie kan jy duidelik 'n vakuum agter die karavaan sien. Ons almal het dit al ondervind wat die stof sit altyd agter op jou karavaan/motor.

https://www.youtube.com/watch?v=karGqjCZOV8

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 14:43:52 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5626
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Dankie. Dankie.
Warren met jou en Fred gaan ons n caravan academy begin.
Ons het nou al julle twee vir dosente.
Die ouens wat paaas kry n graad in caravaning.

Hi Fred of Warren begin n nuwe draad. CARAVAN ACADEMY
Vra inskrywings gelde en as ons genoeg geld gemaak het, koop ons n caravanpark vir al die forumiete met specials vir die manne wat exams geslaag het.

:-):-):-):-):-):-):-):-):-):-):-):-)
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 14:45:03 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5626
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Ons het n Colt Clubcab bakkie en ons sleep n Jurgens Expo. Wat is die regte hoogte van karavaan? Gelyk of neus effens gelig?


Sorry,, welkom op die forum.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 15:08:39 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4256
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Weight distribution, you want the weight at the front and not the back.

https://www.youtube.com/watch?v=4jk9H5AB4lM


Dankie vir die links. Ek sal later gaan loer. Ek is geneig om saam met Fred te stem. Wat mens wel staties kan toets is dat die druk=gewig op die bal dieselfde sou wees of die sleephoogte 350=neus af of 400=gelyk of 450=neus op is.

Sien hier is slim mense so ons leer die heeltyd soos ons dinge probeer uitpluis.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 15:08:56 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dieter, die lugleegte agter die karavaan is verskillend van die wat bo (neus-op) of onder(neus-af) vorm. Daaraan kan jy niks doen nie- dit het te doen met die vorm van die karavaan wat nie juis vaartbelynd is nie. 'n Motor het dit ook maar daar kan die aerodinamika aangepas word om dit so klein as moontlik te maak.

Ek het vinnig na jou link gaan kyk en ek sien nie dat dit die kwessie aanspreek nie so ek verstaan nie waarom jy op grond van die artikel nie met my saamstem nie.  Die artikel  gaan bloot oor 'n meer aerodinamiese vorm vir 'n karavaan. Hoekom stem jy nie saam nie?

Wat jou grappie betref (ek aanvaar dit as sulks): Dit sal beslis nie jou motor se inset verlaag as die karavaan wel sal begin sweef nie (wat nie sal gebeur teen 'n spoed wat die motor kan behaal nie).  Op daardie teoretiese tyd sal jou kar dêm hard werk om die massa lug onder die karavaan deur te druk en die gedeeltelike lugleegte bo die karavaan te oorkom wat voldoende is om hom te laat sweef.

Johan, ek probeer nie wysneusig wees nie- dis net "common sense", maar ek waardeer jou humor, soos altyd. Warren is duidelik die ou met die werklike kennis en ek stel hom voor as professor van die akademiewink Ek het al baie van hom, en van jou, geleer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 18:02:53 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 38 years
Loretha, welkom op die forum
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 18:13:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13808
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Miskien kan die manne wat drop plates ook help.....is daar beter stabiliteit in die sleep van jou karavaan nadat jy die drop opgesit het?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 18:44:03 pm
Loretha
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 01 Feb 2017
Experience: 11 years
Miskien kan die manne wat drop plates ook help.....is daar beter stabiliteit in die sleep van jou karavaan nadat jy die drop opgesit het?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 19:09:03 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Loretha, Jy gebruik die drop plate net as dit nodig is om die karavaan reg te laat loop soos ek hierbo beskryf het.  Ek dink dit sal waarskynlik nodig wees op julle voertuig wat nogal hoog is.  Daar is heelwat drade oor die onderwerp op die Forum.  Die belangrikstes wat lede al genoem het, is dat jy 'n behoorlike dik een moet gebruik. Ek het meer as 30 jaar met een gesleep sonder moeilikheid, maar ek lei van wat ander lede sê dat daar risiko's is dat die vashegtingsplaat van die raamwerk kan skeur, so julle moet miskien maar by 'n kenner soos 'n karavaanhandelaar gaan kers opsteek, veral as julle dalk 'n lange met meer as vier gate moet gebruik. Dit kan nodig wees om versterkings te laat aanbring. Moet tog nie die karavaan neus-in-die-lug sleep nie!  Behalwe dat dit verkeerd is, lyk dit heel snaaks en amateuragtig, veral as die kombinasie so van voor af aankom.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 19:23:54 pm
Loretha
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 01 Feb 2017
Experience: 11 years
Baie dankie almal. Ons het eers met tent gekamp en nou 5jr met karavaan. Ons kamp nou nie so dikwels want plekke is maar duur.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 07:37:41 am
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 525
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

https://www.youtube.com/watch?v=Dgmo5w7ddVw

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 09:00:04 am
Loretha
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 01 Feb 2017
Experience: 11 years
Swannie jou foto maak my nou net lus vir kamp. Kan nie wag vir die 20ste Feb. Dankie vir almal se insette oor die karavaan se hoogte en dankie dat ek kan deelwees van julle span. Ek sien mens leer baie hier
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 09:03:48 am
Dieter
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 25 years

Dieter, die lugleegte agter die karavaan is verskillend van die wat bo (neus-op) of onder(neus-af) vorm. Daaraan kan jy niks doen nie- dit het te doen met die vorm van die karavaan wat nie juis vaartbelynd is nie. 'n Motor het dit ook maar daar kan die aerodinamika aangepas word om dit so klein as moontlik te maak.

Ek het vinnig na jou link gaan kyk en ek sien nie dat dit die kwessie aanspreek nie so ek verstaan nie waarom jy op grond van die artikel nie met my saamstem nie.  Die artikel  gaan bloot oor 'n meer aerodinamiese vorm vir 'n karavaan. Hoekom stem jy nie saam nie?

Wat jou grappie betref (ek aanvaar dit as sulks): Dit sal beslis nie jou motor se inset verlaag as die karavaan wel sal begin sweef nie (wat nie sal gebeur teen 'n spoed wat die motor kan behaal nie).  Op daardie teoretiese tyd sal jou kar dêm hard werk om die massa lug onder die karavaan deur te druk en die gedeeltelike lugleegte bo die karavaan te oorkom wat voldoende is om hom te laat sweef.

Johan, ek probeer nie wysneusig wees nie- dis net "common sense", maar ek waardeer jou humor, soos altyd. Warren is duidelik die ou met die werklike kennis en ek stel hom voor as professor van die akademiewink Ek het al baie van hom, en van jou, geleer.

As jy mooi kyk na die PDF dokument op bl. 9 sal jy sien waar die hoë druk/lae druk vorm as daar gesleep word, rooi is hoe druk, groen is lae druk. Soos jy kan sien vorm die meeste druk op die karavaan aan die voorkant, en nie op die dak omdat die neus laer is nie. So daar is GEEN druk wat die karavaan teen die pad druk nie, net sy eie gewig. Die omkeer sal ook so wees, daar mag dalk net meer druk wees op die voorkant van die karavaan omdat sy neus bietjie hoër is. Die bietjie lae druk wat in groen aangedui word bo op die dak is nie sterk genoeg om die dak af te ruk nie, inteendeel, as jy na die Youtube link kyk sal jy sien dat die meeste lae druk agter die karavaan is, en ek het nog nooit gehoor van enige karavaan wat se agterste paneel af geruk is deur die laagdruk stelsel nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 09:48:44 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

My ondervinding en logika het nog altyd getoon dat die "drag" op die karavaan meer 'n probleem is as die wind weerstand.

'n Werks hoof Eric Essmann het eendag met so gesels vir my gesê, kyk na vliegtuie se vorms.

Lae spoed, soos pasasiers vliegtuie is die neus rond en die stert word dunner.

Hoë spoed veg vliegtuie is die neus skerp en die stert maak nie saak nie.

Daarom moet meer aandag aan die stert van 'n karavaan gegee word as die voorkant.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 10:10:56 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2700
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Groter wiele en kleiner wiele op karavaan sal seker ook verskil maak aan die 350 - 400 en 450 mm, sowel as die van die sleep voertuig.
Die belangrikste ding is dat die karavaan effe neus af gesleep word en dat die karavaan reg gepak word itv die gewig.
Die drop plaat moet ook reg of sterk genoeg wees vir jou spesifieke kombinasie en gewig. Ek sou s dat hoe meer gate, hoe meer "support" teen die lengte van die drop plaat moet wees.
Ndien daar enige speling is, sal "metal fetigue" form, wat katastrofies kan eindig.
My 2 zuptas werd, Warren.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 10:31:59 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dieter, Ek glo nie ons stry oor die feite nie.  Ek dink ons stem saam dat neus-af die korrekte is- nie waar nie?  Die res is bloot akademies.  Ek stem saam dat dit baie onwaarskynlik is dat die dak afgeruk sal word, maar dit is steeds teoreties moontlik as die verlaagte druk bo die dak voldoende sou wees- dit is immers die rede waarom 'n vliegtuig se vlerk instaat is om die vliegtuig in die lug te hou.  Ek stem ook saam dat die verhoogte druk voor en die verlaagte druk agter baie groter faktore is as dieselfdes bo en/of onder die karavaan.

Maar dis lekker om idees uit te ruil. As ons oor alles sou saamstem, sou die wêreld darem 'n baie vervelige plek wees.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Feb 2017 @ 19:59:14 pm
Eugene
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 01 Feb 2017
Welkom Loretta. As die karavaan gehaak is moet die neus effens lear wees as die sleephak. Sodra jy begin ry sal die wind weerstaan die wa se neus lig totdat hy gelyk is. Om n wa neus op te sleep sal op die lang duur die A raam beskadig.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required