English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 482
Total Replies: 234 509
Total Views: 82 525 700
topics: 10 933
replies: 127 570
views: 38 950 328
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Honne, katte en kampe

replies: 27
views: 470
10 Apr 2019 @ 16:26:22 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2040
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek self het honde. Hulle bly by die huis en iemand kyk na hulle en my voël.

Ek het saam mense gekamp wat hul honde saam gebring het. Nie lank toe kom kla iemand n hond het binne sy tent gestro&t.

Nou kyk as dit ek was sou ek n gasket geblaas het. Hoe was jy jou net op die grond en gras waarop jy staan. Daar's nie n manier dat jy dit net gaan opskep. Of course gaan daar iets oorbly en stink.

Hoe beheer jy honne en katte. Jy kan nie. Steek jy jou kop uit jou tent blaf hulle vir jou katte is stil en dluip doos n dief in die nag in jou tent en steel jou eet goed. Ad hulle daar pee dan vrot dit sl mask jy wat. ai jy dit met n tou vas is daar weer die anti cruelty bende op jou. So is hierdie nie n resep vir n boks geveg.  As ek mense moet betaal om na my diere te kan omsien vir die bedagaamheid tert oor mede kampers kan ander ook.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 16:39:40 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 370
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 14 years

Ek is n groot diere liefhebber maar het nie meer honde of katte nie want as n mens langer as n week weggaan sit jy met n probleem. Die probleem is alhoeveel keer op n die FB kampgroepe geopper maar volgens almal wat kamp maak hulle skoon agter hulle Honde wat nie die geval is nie As gevolg van die probleem sal ek nooit weer by een van die gewildste oorde gaan kamp nie Moes vir 4 dae keer dat die buurman se honde nie in my tent inkom nie Die Oord het eenvoudig my inskrywing op hulle FB page gedelete en ook nie op my vrae geantwoord nie Jammer om te se maar die Sogenaamde Hondekinders is n probleem en hulle eienaars ontken dit want volgens almal maak hulle skoon agter die sogenaamde Kinders Sal graag wil weet vanwanner af is n Hond n Kind. Verstaan die sogenaamde hondkinders is hulle sekuriteit want niemand sal by hulle tent komsteel nie maar hulle sogenaamde Hondekinders kom doen hulle besigheid in jou gebied. 

Regter waar dit is n probleem en bly n probleem 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 16:44:22 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8371
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Ek self het honde. Hulle bly by die huis en iemand kyk na hulle en my voël.

Ek het saam mense gekamp wat hul honde saam gebring het. Nie lank toe kom kla iemand n hond het binne sy tent gestro&t.

Nou kyk as dit ek was sou ek n gasket geblaas het. Hoe was jy jou net op die grond en gras waarop jy staan. Daar's nie n manier dat jy dit net gaan opskep. Of course gaan daar iets oorbly en stink.

Hoe beheer jy honne en katte. Jy kan nie. Steek jy jou kop uit jou tent blaf hulle vir jou katte is stil en dluip doos n dief in die nag in jou tent en steel jou eet goed. Ad hulle daar pee dan vrot dit sl mask jy wat. ai jy dit met n tou vas is daar weer die anti cruelty bende op jou. So is hierdie nie n resep vir n boks geveg.  As ek mense moet betaal om na my diere te kan omsien vir die bedagaamheid tert oor mede kampers kan ander ook.

Dit het een jaar met my gebeur dat ek in n spons doing getrap het laat nag terug van die toilet af. 

Die volgende oggend het hulle my geken. 

Hondjie heel naweek in wa en nie gesien nie. 

Nou word die arme hond gestraf oor sy mense se origheid om hom saam te ry. 

Nee Los hulle by die huis. 

 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 17:14:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14458
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is ook baie lief vir diere....maar verkies dat hulle tuis bly.

Was laas by n oord waar ape was. 3 staanplekke van ons af was n hond wat gedurig vir die ape blaf wat dan in die boom sit. Dit was nogals irriterend 6am in die oggend....

Was eintlik vreemd gewees, want ek lees altyd kamp honde blaf nie🤔

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 17:22:16 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5191
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek dink dan moet mens maar nie kamp nie...

Desember het my buurman by my tent kom "pee" in die middel van die nag.. Min wetend dat ek toe buite lekker sit en vir hom kyk. Nou ja, toe staan ek op en sy gesig was wit.

Ek vertel toe maar dat die ablusie letterlik langs my karavaan is, dus net 1 an syne af weg... Kyk.. Daai man het nie geweet of hy kom of gaan nie. So ek weet nie of die hond self die probleem is nie, ek dink dis algemene bedagsaamheid. Want as jy omgee vir jou kamp bure, sal jy nie dat jou hond rondloop en by ander gaan mors nie. Want mense doen dieselfde, so hoe los jy so mens by die huis??? 

Ek dink jou pyn sit by verkeerde plek, dis ongelukkig nie die hond se skuld nie. 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 17:40:41 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Ek dink dan moet mens maar nie kamp nie...

Desember het my buurman by my tent kom "pee" in die middel van die nag.. Min wetend dat ek toe buite lekker sit en vir hom kyk. Nou ja, toe staan ek op en sy gesig was wit.

Ek vertel toe maar dat die ablusie letterlik langs my karavaan is, dus net 1 an syne af weg... Kyk.. Daai man het nie geweet of hy kom of gaan nie. So ek weet nie of die hond self die probleem is nie, ek dink dis algemene bedagsaamheid. Want as jy omgee vir jou kamp bure, sal jy nie dat jou hond rondloop en by ander gaan mors nie. Want mense doen dieselfde, so hoe los jy so mens by die huis??? 

Ek dink jou pyn sit by verkeerde plek, dis ongelukkig nie die hond se skuld nie. 

Ai Brommer, ek het nou lekker gelag vir jou staaltjie. Vrek ongeskikte en onbedagsame ou daai maar ook vrek snaaks. Mens kan nie dink dat iemand so-iets kan doen nie. Ek hoop jy't hom sommer heel aan die begin gepla, want ek dink hy sou afgeknyp het van die skrik.

Verder stem ek saam oor die troeteldiere, hulle hoort by die huis.

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 18:12:11 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 414
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Party mense se kinders is meer ongeskik as wat 'n troeteldier ooit kan wees. So,  kom ons wees bedagsaam en los die kinders by die huis.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 18:12:18 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1382
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek dink dan moet mens maar nie kamp nie...

Desember het my buurman by my tent kom "pee" in die middel van die nag.. Min wetend dat ek toe buite lekker sit en vir hom kyk. Nou ja, toe staan ek op en sy gesig was wit.

Ek vertel toe maar dat die ablusie letterlik langs my karavaan is, dus net 1 an syne af weg... Kyk.. Daai man het nie geweet of hy kom of gaan nie. So ek weet nie of die hond self die probleem is nie, ek dink dis algemene bedagsaamheid. Want as jy omgee vir jou kamp bure, sal jy nie dat jou hond rondloop en by ander gaan mors nie. Want mense doen dieselfde, so hoe los jy so mens by die huis??? 

Ek dink jou pyn sit by verkeerde plek, dis ongelukkig nie die hond se skuld nie. 

Daai buurman moes geweet het hoe jy oor 'n Fordjie voel en wou net sy opinie "gee" :) LMGA Daai ou het seker alles terug in sy broek in geskrik:) Maar nou ja as die pressure innie rooi is kan een staanplek weg se ablusie soos 'n 1000 myl wees...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 18:27:02 pm
Anonymous

Ons puggy se verblyf, kos meer as my 2-week staanplek by Weesgerus, maar tenminste weet ons sy/hy is onder goeie sorg.

Vorige kamp was hy/sy saam, maar aan die bandjie en weet presies wanneer hy/sy kwaad aangejaag het.

Die hy/sy beteken: Ons glo nie aan teel en geld maak nie. Sy was reggemaak voor teeltyd.

Gelukkig het ek geen probleem gehad oor "moan-gatte" nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 19:09:25 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5191
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Daai buurman moes geweet het hoe jy oor 'n Fordjie voel en wou net sy opinie "gee" :) LMGA Daai ou het seker alles terug in sy broek in geskrik:) Maar nou ja as die pressure innie rooi is kan een staanplek weg se ablusie soos 'n 1000 myl wees...

Kyk die volgende oggend was dit verskonings en die ou het baie sleg gevoel. Maar as jy in die kamp jou nood wil verlig, dan doen jy dit op jou eie staanplek.....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 06:34:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14756
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ook 'n groot diere liefhebber. En die twee wors honde van my dogter het diep in ons harte gekruip.  As my dogter saam kamp gaan daai woefers saam.

Dan bespreek ons maar by 'n plek wat woefers toe laat.  Dis maar net 'n kort naweek so ons beheer die woefers maar nougeset, maak skoon en tel op as hulle gemors het en hou hulle stil om nie ander te pla nie.

Dis so een kamp in 'n jaar.  'n  Woef raak slegs 'n pyn vir 'n ander kampeerder as sy baas nie beheer oor hom het nie.  Die woef is net 'n pyn as hy sy "DINGE" doen waar hy nie moet nie en as hy onnodig lawaai.

Kry ek so woef by 'n kamp plek maak ek 'n aanmerking klip hard "Sodat die eienaar dit duidelik kan hoor" dat ek hom gaan uithaal met my kettie en dan plaas ek ook die kettie oop en duidelik op die kamp tafel langs my waar ek sit.  Kyk daai hond word soos goud bewaar terwyl ek daar kamp.

Moet net vir Almal sê ek sal regtig nie die woef skiet nie, maar ek gaan so aan oor die hond se doen en laate die eienaar weet dit nie.

As hond steeds 'n probleem is sal ek dit aanmeld by Oord bestuur.  Steeds 'n probleem koop ek 'n Soaker water geweer van daai wat jy so op pomp en skiet hom daarmee.  Seer sal hy nie kry nie maar hy sal net groot skrik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 07:57:52 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Het genoeg probleme met honde wat aanmekaar blaf in ons omgewing, wat nog van opsit daarmee tydens kamp?? Nee wat. Dan kla ek ook baie vinnig. My hond gaan kennels toe, kos wel 'n klompie, maar word goed versorg. Ook baie lief vir diere, en het al kampeerders met honde gesien, maar hulle was altyd goed opgepas en bykans nooit het ek hulle hoor blaf of tjank nie.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 08:05:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14756
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Het genoeg probleme met honde wat aanmekaar blaf in ons omgewing, wat nog van opsit daarmee tydens kamp?? Nee wat. Dan kla ek ook baie vinnig. My hond gaan kennels toe, kos wel 'n klompie, maar word goed versorg. Ook baie lief vir diere, en het al kampeerders met honde gesien, maar hulle was altyd goed opgepas en bykans nooit het ek hulle hoor blaf of tjank nie.

Dit is waar wat jy noem Joe.  Die woefers wat ons al by kampe tee gekom het was goed beheer en het nie eintlik gepla nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 08:43:37 am
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2040
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Al die name vir honne en katte is baie interessant. Ek glo n graaf is n graaf. Dis nie te sê as jy die dier parlour toe stuur is hy nou ons kind, onse ou poeksie. As ek byvoorbeeld in sy landmyn trap of soos al gebeur het my vleis van die braai af vreet is dit n brak en klaar. Dan moet daai brak baie wyd om my beweeg of n goeie medical aid he. Al my buurman reguit gesê hier is my lys van vleis wat op my braai was. Klim in jou kar en ry slaghuis toe my vuur is besig om dood te gaan. Nee wat en sorry mense ek weet vir sekeres is dit n netelige onderwerp maar as jy jou diere wil saam vat gaan kamp by by die Zoo. Daar is ander kampers wat duur betaal het, petrol, staanplek, groceries, en nog meer wat nie wil gepla word deur rondloper katte, honne wat blaf en pla. Wil juis daarvan wegkom. Ek het juis Desember gesien hie n kat van n kamper mense se tente besoek. Jy kan nie n dier beheer as dit n nuwe en vreemde omgewing is.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 09:28:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14756
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Elke persoon het maar sy opinie oor die diere wat saam kamp.  As 'n hond iemand anders pla is dit omdat sy eienaar nie beheer oor die hond het nie.

Die kere wat die "worse" saam ons gekamp het, het ander mense hulle net gesien en nie eers gehoor nie.  

Die woef is nie die probleem nie maar die eienaar.  Ek respekteur jou siening daaroor en stem dat niemand tydens 'n kamp gepla wil word deur 'n geblaf van iemand anders se skoot hondjie nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 10:21:24 am
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2040
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Leon jy klink soos n bedagsame mens. Ander mense gee nie n duit om. En hoe hou n mens n wegbreek as jy heeltyd agter honne en katte staan. Maar natuurlik ons is almal nie dieselfde ander is dalk meer kalm as wat ek is en geniet dit. 

Baie kampe kom daar n bokkie selfs ongekende voëls verskillende diertjies by jou kuier wat in die stad nie gesien word en dis mos hoekom ek kamp. As daar honne is gaat dit mos nie gebeur. Selfde met katte en voëls. Honne en katte ontneem en beroof ander kampers van baie. Dalk ongesiens maar wel.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 15:56:00 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 544
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Ek het geen probleem indien 'n kampeerder sy troeteldier saam neem nie.....MAAR die kampeerder moet deurgaans in beheer van sy troeteldier wees en die dier moet opgelei wees.

Ek dink daar is meer onbedagsqame kampeerders sonder troeteldiere as die met troeteldiere. Hoeveel se TV's blêr nie as hulle 'n program kyk nie, dan praat ek nie eers daarvan as hul rugby kyk niee. Hoor en sien kan dan maar vergaan. Almal is nie rugby liefhebbers nie. Ek wil nie na 'n ander kampeerder se TV of musiek lui9ster nie. Almal se musieksmaak verskil ook.

Dan kry jy nog diegene wat wie weet tot watter tyd van die nag kliphard sit en geselss en lag....dit is mos sy reg want hy het mos betaal vir die tydperk om homself te kan geniet. Almal is nie naguile nie.

Bak Oor as jou dier opgelei is, sal die diertjies en voëltjies steeds by jou wa kom kuier. As kinders met hul fietse en skopfietsies rondry en hardloop en speel, steur hulle meer die diertjies en voëls.

Ek gaan spreek die onbedagsame kampeerder direk aan hetsy oor sy troeteldier, musiek of stoute kinders. Indien dit nie help nie, volg die roete na die bestuur.

Ongelukkig kry jy altyd by enige oord jou onbedagsame kampeerder. Kyk maar net na ablusie geriewe wat onnet/vuil gelaat word en dan praat ek nie eers van die skottelgoedwas geriewe nie.

Het nou bietjie van die punt af gedwaal, maar dit gaan vir my oor bedagsaamheid op alle gebiede.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 20:15:47 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2040
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Meer mense moet op kamp laat opsit by die kamp vuur. Ghitaar vat, sing en musiek maak om die kamp vuur. Die stilte tye is wat ons nie wil hê. Hoekom betaal en ry na n ouetehuis. No ways nie vir my. Ek hou absoluut matigheid voor oë. Ken my bure in die saak. En ek het n fees van n kamp. Ek maak dit lekker, sonder drank. Ek sit juis nou en beplan my karavaan se klank stelsel. Ek geniet elke dag wat God my met sy genade gee ten volle. Daar wag n baie lang stilte vir ons almal. Dit is nie my skuld as karavane bo op mekaar staan. As ek musiek luister, rugby en tv kyk doen ek dit. As my musiek keuse pla dit jou eie op, dis mos maklik. As ek kamp kan ek nie vroeg slaap, glad nie. Vrou al lankal kooi toe. Nou moet ek chop sticks met myself speel. Kom ons wees redelik, kamp tyd is fees tyd waar jy ontspan en jou self los maak( in perke ) geen manier dat ek honderde kilometer ry na n aftree oord waar ons agt uur in die bed moet wees, almal stil maak en slaap.

 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 21:02:10 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 414
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Ek vat nie my troeteldiere saam nie, maar dit is vir my onverstaanbaar dat 'n persoon kan verwag dat ander kampeerders gelief moet neem met sy geraas, maar 'n probleem met mense se diere het. So geirriteerd soos wat jy met diere is, is ander dalk met jou geraas wat jy maak. Party mense gaan kamp juis vir bietjie stilte en waardeer dalk nie jou pogings om 'n Idol te word nie.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 21:44:12 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2040
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Die gesprek begin nou persoonlik raak en ek glo ander geniet dit nie. Ek is glad nie geiriteerd met diere maar daar is n tyd en plek vir alles soos met my tv en soos met musiek. Jy kan nie in musiek se Bollie trap. Musiek kom steel nie jou vleis op die braai. Musiek jaag ook nie die kinders op hul fietse en byt na hulle. Musiek gee lewe bring herinneringe, gee n glimlag en n geleendheid om by jou vrou in te haak en op die grond seil in jou tent n walsie te doen. Musiek haal die drip uit ons uit. Eerlik het ek nog nooit iemand gekry wat kom kla het nie maar wel saam kom tv kyk en gesels. Ek hoef nie probeer om n idol te wees wil ook nie. Op my manier self derduisende rande gemaak met optredes. Landswyd en tot in buurlande. Soms drie keer per week. Het niks om te bewys aan niemand ek geniet net wat ek doen ek geniet my kamp en sorg altyd dat my mense om my ingedagte gehou word en ook hul weg breek geniet

Anders as honne en katte kan ek die TV en musiek sagter sit tot so mate dat almal gelukkig is.

Hierdie laat my terug dink aan baie kere wat ek vir ons senior mense optredes gedoen het gratis om hul te vermaak en plesier te bring. Dan is daar van die senior mense wat kort kort kom vra sit sagter. Naderhand is die musiek so sag dat jy nie die noot kan hoor om by te bly. Grap dit is wat dit is dan pak jy maar op en dis verby. Dit is hoekom ek verwys het dat kampe nie ouetehuise is. Nie een persoon wat n kamper is al is die persoon 90 is gekant teen iemand wat die lewe geniet. Want dit is hoekom hy of of sy in n kamp is. 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
11 Apr 2019 @ 22:23:41 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5191
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ja wel sekere mense en hul musiek laat my kleintjies nie slaap, so miskien is my kinders ook nie welkom by kamp nie? Want die wat so raas en kuier en musiek maak laat my gesin versteur word in hul rus.... Ek gaan kamp ook met my kids al is hulle 3maande oud, so wie is nou in die verkeerde plek? Ek wat wil rus en vrede he by kamp of jy wat wil kuier en musiek maak en jouself geniet en laat raas? Miskien bring die musiek nie bollie op my voete maar pla my en kinders se ore as ons wil rus.... Weereens is die woord van bedagsaamheid maar die belangrikste. Elkeen is vry om te geniet hoe sy kampervaring moet wees, dink net aan watter koste vir iemand anders?


👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 22:48:13 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2040
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Kinders is wat n kamp maak. Daar is niks mooier as die kinders hulself uitleef, lag skree en speel. Sonder kinders is n kamp dood. Daar is nie n kind wat nie van musiek en TV hou.

As dit ek was. Staan ek op en sê vir die mense wat geraas maak ek het n baba of baie jong kind of vrou voel nie te lekker sit dit asb sagter en ek is baie seker problem solved as dit nie n klomp dronk gaaie is. Ons kampers is n spesie op sy eie en ek is oortuig daardie mense sal net daar sagter. Ek sal beslis.  Drink sommer koffie daar. As dit dronkies is sort hulle uit en klaar.

Ek maak seker ek kamp by ordentlike kampe. Al my kamp jare nog net een keer klomp dronkaards by Badplaas gekry. Sekuriteit het dit reg gestel. Verder nog nooit n probleem gehad

 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 23:02:05 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2040
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek sluit my kant van die draad af. As n kamp terrein fencing met n hekkies gehad het waar jy kan in kamp bring maar die honne. Los katte by die huise. Loop elk geval rond en gaan vreet anner se kos. Sal ok wees. Kry iemand om na jou diere by die huis te kyk. So word jou huis en diere opgepas.

Jammer as ek n paar mense warm onder die kraag het. Maar dit is soos dit is. Net soos rook in die publiek onbedagsaam is ( kos los die fight vir n ander draad) is troeteldiere in n kamp onbedagsaam. Ek sê wat ek moet se. Nie wat ander wil hoor.

 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2019 @ 07:19:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14756
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon jy klink soos n bedagsame mens. Ander mense gee nie n duit om. En hoe hou n mens n wegbreek as jy heeltyd agter honne en katte staan. Maar natuurlik ons is almal nie dieselfde ander is dalk meer kalm as wat ek is en geniet dit. 

Baie kampe kom daar n bokkie selfs ongekende voëls verskillende diertjies by jou kuier wat in die stad nie gesien word en dis mos hoekom ek kamp. As daar honne is gaat dit mos nie gebeur. Selfde met katte en voëls. Honne en katte ontneem en beroof ander kampers van baie. Dalk ongesiens maar wel.

Bedagsaamheid is seker maar die kode woord hier. En dit is van toepassing op alles in en om die Kamp area.

Ons het begin met die troetel diere en het intussen nog 'n paar ander dinge by genoem wat krapperig kan raak. Ek moet by sê dat ek die dinge wat genoem is baie min ervaar.  En dan die plekke waar dit voorkom vermy ons maar net.

Weens my doofheid is ek geneig om baie hard te praat en sal my "fonetjies" in hou tot laat in die aand. Dan sal ek julle nie weer pla nie.

Vra byvoorbaat omverskoning as ek iemand laat aand gepla het want ons sit maar tot laat om die vuur en kuier veral in die winter.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2019 @ 07:56:42 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 544
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Indien 'n woonwa of staanplek met klankdigte mure toegerus is, bring dan maar jou klankstelsel saam. Jou musiek het al jou gehoor aangetas. Maak gebruik van oorfone as jy jou musiek wil geniet. 

Indien jy 'n bedagsame kampeerder is, sal dit nie vir my nodig wees om jou te gaan versoek om jou musiek sagter te sit omrede ek 'n baba het nie. Ek wil in die aand rustig sit en die naggeluide van die natuur om my geniet. In die stad hoor ek genoeg lawaai en ek kan by my huis na wille keur musiek luister.

Netso is dit nie nodig vir enige kampeerder om my te kom vra om my hond se bollie te kom optel of van sy staanplek te kom verwyder nie. My hond blaf ook nie vir mense en jaag kinders wat op fietse ry nie.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2019 @ 09:18:43 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 271
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Verdraagsaamheid is 'n werkswoord---Ek was nog altyd onder die indruk dat kampers vriendelike mense is wat die lewe geniet.  ( NB....   Die Ford manne is vriendelike kampers) 

Dit wil voorkom of sommige kampers eerder op kampplase moet gaan kamp waar daar niemand langs jou is vir 500m nie.  Die onderwerp het begin oor honde en katte op kampe.  Die volgende klagte gaan seker wees my kentucky smaak anders as jou braaivleisvuur oor my staanplek waai. 

Komaan manne die lewe is te kort om oor alles te kla.   Vryf 'n bietjie jou buurman se hondtjie en gaan gee vir jou lawaaierige buurman 'n musiek versoek.   Die kamplewe raak lekkerder as jy en jou buurman oor die weg kom.    

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 19:30:56 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14756
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Verdraagsaamheid is 'n werkswoord---Ek was nog altyd onder die indruk dat kampers vriendelike mense is wat die lewe geniet.  ( NB....   Die Ford manne is vriendelike kampers) 

Dit wil voorkom of sommige kampers eerder op kampplase moet gaan kamp waar daar niemand langs jou is vir 500m nie.  Die onderwerp het begin oor honde en katte op kampe.  Die volgende klagte gaan seker wees my kentucky smaak anders as jou braaivleisvuur oor my staanplek waai. 

Komaan manne die lewe is te kort om oor alles te kla.   Vryf 'n bietjie jou buurman se hondtjie en gaan gee vir jou lawaaierige buurman 'n musiek versoek.   Die kamplewe raak lekkerder as jy en jou buurman oor die weg kom.    

 

Ha Ha Ha daai musiek versoek gaan tien teen een gesien word as 'n skimp dat sy musiek te hard is................. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 22:19:34 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5191
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

So nege jaar gelede kamp ek en my vrou en die hondjie in die berge oor Desember, Kerstyd...

Hondjie redelik jonk en ons het nie kinders gehad nie en self nog baie jonk met die Expo karavaan en die Renault nog daai tyd.

Ekt aanvanklik vreeslik gesukkel met die hondjie as die kinders verby hardloop. Dan storm sy en blaf en haar tou ruk al my pale onder die tent uit.

Ek weet nie wat my daaraan laat dink het nie, maar ek vra die kinders wat toe bal speel naby ons of ek net gou die bal kan leen. Ek maak toe die hondjie heeltemal los van die toue. Skop die bal en sy jaag dit een keer en die kinders hardloop saam. Net daar hou die hond toe wragtag op met die jaagtogte en blaffery..

Toe los ons haar van die leibande en toue af en verder geen issues gehad nie. Was eintlik baie interessante ervaring. Toe sy heeltemal vry is, jaag sy toe niemand nie en bly maar net by ons.

By Queenburgh was dit wel anders, kyk daar het sy maar aan die toutjies gebly en het slegs vir die tuinier probeer blaf of jaag, maar verder was sy eintlik baie soet. Jy kry wel die ou wat verby stap en die hondjie terg... Dan as die hond storm los ek haar maar, want die ou het mos maar geterg en daarvoor gevra. Maar as so persoon weg is, dan is sy weer kalm. Ons het wel nie veel mense om ons gehad toe nie.

Om jou troeteldiere na plekke te kan saamneem is 'n plesier en ek wens ek kon die einste ou brakkie weer laat saamkamp, sy is nou net oor 9 jaar oud en redelik rustig. Daar is ongelukkig net te veel op ons kerfstokke nou.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required