English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 220
Total Replies: 248 483
Total Views: 83 105 253
topics: 11 375
replies: 136 304
views: 39 261 420
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Hoekom rate lede nie oorde nie?

replies: 29
views: 405
18 Mar 2020 @ 20:20:07 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek lees baie op die forum van lede wat oorde besoek, dan hou ek die ratings dop om te lees hoe hulle die oord ervaar het, maar baie keer gebeur dit dat lede glad nie die oorde rate nie. Ek weet dis nie verpligtend nie, maar is daar n rede? Dis tog lekker as ons saam n goeie databasis kan opbou.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 20:48:14 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Geert. Dit is nogal n proses om n goeie rating te doen en daar hang nie regtig n wortel voor aan die stok. Ek doen van tyd tot tyd maar ek dink as n oord n goeie rating geniet Kan hulle ten minste die skrywer van die rating kontak en bedank of die negatiewe komentaar met jou bespreek

 Jy doen die moeite om te rate hulle Kan die moeite doen om jou te erken vir jou insettinge.

Tog Maar free advertising bit hulle.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 21:32:49 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 153
Joined: 26 May 2017
Experience: 3 years

Ek vra ook daai vraag, Geert. Rating vir Tankwa Karoo is laas in 2015 gedoen: ek is seker iemand het meer onlangs daar gekamp.  Ek verstaan dit vat tyd, maar asseblief, veral voltydse kampers, gee terugvoer.  

Bak oor, die terugvoering is eintlik vir jou mede-kampers en dan sal jy sommer baie dankie's kry.

Naweek kampers, julle moet asseblief ook "rate". Baie nuwe kampers volg die leiding wat hulle op hierdie forum kry. Wanneer mens begin kamp, is jy maar bang jy eindig in 'n "gat".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 21:41:15 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Ek stem saam dit help die mede kamper om n opinie te vorm van n kamp plek. En nou en dan kry jy ook n gelukkie soos ek laas maand wat n pasta pot gewen het vir die moeite.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 22:55:12 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5803
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Met my terugkeer was die voorwaarde ek sal net komentaar gee sou ek so voel.  Geen verdere deelname.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 00:26:42 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Meerkat.

Guilty as charged. Ek vat gewoontlik shortcuts om info op n oord te kry. Maar die regte ding om te doen is om n eerlike rating te doen. 

Soos jy se, dis vir ons kamp maatjies

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 06:49:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Eerstens moet julle onthou dat die lede hier op die forum is 'n baie klein getal van die totale kamp gemeenskap daar buite.

Ek het saam met ons kerk 'n kamp bygewoon laas jaar en nie een van die 15 ander kampeerders het eers geweet van CP.com nie wat nog van die Resort rating stelsel wat hier is.  Ek het almal vertel daarvan en die voordele wat dit bied en tot op hede het nie een van hulle hier by die forum aangesluit nie.  Ek weet nie of hulle die Web blad dalk besoek het nie maar by die forum aansluit sien ek hulle nie.

Dus vir 'n oord om ge-"Rate" te word moet iemand wat hier op die web blad kuier eintlik by daai oord gaan kamp.

Kyk dan verder wie is maar oor die algemeen betrokke hier op die web blad.  Eerstens is daar seker hits van mense wat toevallig hier val,  andersins is dit dieselfde 10 -15 mense oor en oor.

  Nie eers die volle top 50 lede is so aktief soos ons "regulars" nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 06:55:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek glo en vertrou ADMIN doen wat hulle kan om die Web blad te adverteer dis waarom hulle by die skoue teenwoordig is en so aan.

Ek het dit al voor heen genoem dat dit ons wat hier op die forum is wat beste reklame gaan wees vir "ONS" forum en Web blad.

Ons is die mense wat met elke kamp in noue kontak kom met die kampeerders daar buite asook die verskeie oorde.  Ek wil my self verstout om te sê dat ons deur die dashboard vir admin moet laat weet en dan stuur hulle vir jou van die "Resort Rating" pamflette wat as jy by 'n oord se ontvangs instap en daar is nie van dit nie vra jy toestemming om 'n paar op die toon bank te laat.  Kan dit selfs aan mede kampeerders uit deel.

Dis vir ons baie makliker om die forum te adverteer as vir ADMIN om dit te doen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 07:02:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Laastens het ons wat deel was van die beplanning vir die "Resort Rating" aan ADMIN aanbeveel dat ons dit aantreklik moet maak om die oorde te kom rate hier op die forum.  Dit is die rede vir die prys trekking as jy 'n oord gerate het.

Ek dink net die prys trekking moet ook deel uitmaak van die pamflette wat mens by ontvangste kan los of uit deel.

Ek self is nou nie 'n ou wat sal rondloop met 'n klomp pamflette in my hand nie.  Maar 'n pakkie daarvan op 'n tafeltjie met 'n vertoon bordjie naby die tent kan vele vermag.

So gaan ons goeie insette kry met die Resort Rating stelsel.  Want daar is nie 'n ander stelsel daar buite waar die gebruiker van 'n oord die kans kry om terugvoering te gee oor 'n sekere oord nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 07:17:34 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek dink daar is baie wat van die resort rating gebruik maak. Op n stadium kon mens sien hoeveel lede hier geregistreer was {Nie net vir forum nie} Destyds was dit al oor die 60,000 lede. As mens heelbo in die banner kyk, wys daar hoeveel mense op die huidige stadium op hierdie website rondloer.....en hoeveel fiesies na die website toe gegaan het en hoeveel via n ander websit hier geland het. Getalle is soms groot, dan weet mens hulle loer elders as die forum, want views is dan steeds stadig. Hulle moet dan seker op advertensies en oord ratings rond loer? As mens ratings lees, is die meeste terugvoerders onbekend en mense wat nie aan forum deel neem nie. Dis hoekom mens soms kry dat iemand iets hier sê vir die eerste keer, maar reeds lid is vir 4/5 jaar....hulle is geregistreer seker vir ander doele op die website.

Ek stuur gereeld vir mense links aan as hulle vra hoe n oord is, soos Leon noem was die website vir hulle heeltemal onbekend. Maar dis dan sinneloos om n link te stuur aan iemand waar n oord 2015 laas ge-rate is soos Meerkat hierbo verwys, terwyl van ons al die oord besoek het intussen....daarom beveel ek aan om te rate.....hoe meer mense rate hoe suksesvoller en akurater raak so n stelsel  

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 07:46:26 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1136
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek reken ek "rate" getrou. En die rede daarvoor is omdat ek nogal baie waarde daaruit put wat andere van 'n betrokke oord dink. Ek het selfs 'n Excel "spreadsheet" (wat ek gereeld opdateer) met 'n samevatting van die "ratings" op hierdie webblad. Die oordeel van andere t.o.v. oorde/parke wat ek nog nie persoonlik besoek het nie, is vir my nogal van belang. Ek oorweeg slegs om 'n onbekende park/oord te besoek indien sekuriteit sowel as ablusies minstens 4 uit 5 op die "ratings" ontvang het.

Maar in dieselfde asem wil ek noem dat om bloot net te "rate" sonder om toepaslike kommentaar te lewer, ook bykans niks beteken nie. Ek lees graag andere se kommentaar oor wat hulle hetsy positief of negatief ervaar het. Soms kry die oord 'n puik "rating", maar volgens vorige besoekers is die pad daarheen nie goed nie. So-iets laat my tweekeer dink of ek dit wil besoek

En alhoewel dit nie daaroor gaan nie, het ek al 'n Snappy Chef induksiestoof as prys ontvang vir die feit dat ek "ratings" doen. Ek moedig elkeen aan om hulle volledige "ratings" gereeld te doen. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 08:52:35 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Some is dit maar n Klug spul.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 09:50:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek dink daar is baie wat van die resort rating gebruik maak. Op n stadium kon mens sien hoeveel lede hier geregistreer was {Nie net vir forum nie} Destyds was dit al oor die 60,000 lede. As mens heelbo in die banner kyk, wys daar hoeveel mense op die huidige stadium op hierdie website rondloer.....en hoeveel fiesies na die website toe gegaan het en hoeveel via n ander websit hier geland het. Getalle is soms groot, dan weet mens hulle loer elders as die forum, want views is dan steeds stadig. Hulle moet dan seker op advertensies en oord ratings rond loer? As mens ratings lees, is die meeste terugvoerders onbekend en mense wat nie aan forum deel neem nie. Dis hoekom mens soms kry dat iemand iets hier sê vir die eerste keer, maar reeds lid is vir 4/5 jaar....hulle is geregistreer seker vir ander doele op die website.

Ek stuur gereeld vir mense links aan as hulle vra hoe n oord is, soos Leon noem was die website vir hulle heeltemal onbekend. Maar dis dan sinneloos om n link te stuur aan iemand waar n oord 2015 laas ge-rate is soos Meerkat hierbo verwys, terwyl van ons al die oord besoek het intussen....daarom beveel ek aan om te rate.....hoe meer mense rate hoe suksesvoller en akurater raak so n stelsel  

Stem saam dat as die ratings aktief is raak dit meer waardevol.  Ek praat onder korreksie dat jy mos net 'n oord kan rate as jy lid is van die forum.

So ons moet meer lede werf om deel te raak hiervan.

Darem kan iemand wat net die web blad "view" toegang hê tot die ratings.  Of hulle dit gebruik weet ons nie.  ADMIN kan dalk daai info verskaf.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 09:55:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dalk moet die resort rating prys eerder gegee word aan 'n bestaande lid wat die meeste nuwe forum lede per tyd perk gewerf het.

Want hoe meer lede hoe meer moontlike ratings.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 10:07:59 am
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 389
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 15 years

Met my terugkeer was die voorwaarde ek sal net komentaar gee sou ek so voel.  Geen verdere deelname.

Ek  bietjie baie dom maar verstaan nie die plasing nie moet n mens n voorwaarde stel as jy wil deelneem aan  die groep?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 10:21:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Tjaart daar was omstadighede gewees waarom Willem weg is en nou met sy terugkeer het hulle aan hom seker voorwaardes gestel soos hy dit noem.

Ek dink 'n moontlike algemene voorwaarde vir al mal is .................................... dalk om die vrede te bewaar....laughinglaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 10:40:49 am
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 389
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 15 years

Tjaart daar was omstadighede gewees waarom Willem weg is en nou met sy terugkeer het hulle aan hom seker voorwaardes gestel soos hy dit noem.

Ek dink 'n moontlike algemene voorwaarde vir al mal is .................................... dalk om die vrede te bewaar....laughinglaughing

Dankie nou verstaan ek het sy plasing dan verkeerd vertolk 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 17:25:16 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5803
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Tjaart daar was omstadighede gewees waarom Willem weg is en nou met sy terugkeer het hulle aan hom seker voorwaardes gestel soos hy dit noem.

Ek dink 'n moontlike algemene voorwaarde vir al mal is .................................... dalk om die vrede te bewaar....laughinglaughing

Nee hulle het nie vir jy voorwaardes gestel nie, behalwe ek mag nie jy inligting hier bekend maak nie.

Dit was my persoonlike voorwaarde gewees.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 17:34:15 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5803
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Nee hulle het nie vir jy voorwaardes gestel nie, behalwe ek mag nie jy inligting hier bekend maak nie.

Dit was my persoonlike voorwaarde gewees.

Indie soek, tik in WilSur en rol dan af na die onderste pos 2013.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 22:37:00 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1451
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek sal die vraag beantwoord met my persepsie nadat ek die vraag oordink het.

Dit is nie regtig van belang vir die Forum bestuur nie. 

Daar word 'n ere rol bygehou vir meeste insette, wat normaalweg belangrik is vir advertensie tarief vasstelling. Belangrik vir Forum bestuur.

Met oord terugvoer is daar nie sodanige aansporing nie, wat waarskynlik die rede is waarom bestuur nie op aanmoedigende aksies om meervoudige terugvoer aan te moedig fokus nie. 'n Gelukkige trekking tel nie hieronder nie.

Die profiel inligting hier langsaan bied die ideale geleentheid om aan te dui hoe mededeelsaam 'n lid is t.o.v. oord inligting. As dit Posts kan aandui kan dit sekerlik oord terugvoer ook aandui. 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 11:35:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sal die vraag beantwoord met my persepsie nadat ek die vraag oordink het.

Dit is nie regtig van belang vir die Forum bestuur nie. 

Daar word 'n ere rol bygehou vir meeste insette, wat normaalweg belangrik is vir advertensie tarief vasstelling. Belangrik vir Forum bestuur.

Met oord terugvoer is daar nie sodanige aansporing nie, wat waarskynlik die rede is waarom bestuur nie op aanmoedigende aksies om meervoudige terugvoer aan te moedig fokus nie. 'n Gelukkige trekking tel nie hieronder nie.

Die profiel inligting hier langsaan bied die ideale geleentheid om aan te dui hoe mededeelsaam 'n lid is t.o.v. oord inligting. As dit Posts kan aandui kan dit sekerlik oord terugvoer ook aandui. 

Enigste "wortel voor die donkie" is die maandelikse prys vir rating wat gedoen is.  Dis 'n aanspoor middel vir my om 'n oord te rate bo en behalwe die voordeel wat almal daar uit trek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 12:05:32 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 723
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Middag manne, jare gelede, toe ek nog by Drive Out was het daar ook 'n behoefte ontstaan om 4x4-roetes te gradeer. (Te rate) Kort daarna het ons die Weg-tydskrif begin en dieselfde gedagte is ook daar uitgespreek. 

Dit bly 'n moeilike kwessie. Hoekom? Elke kampplek MOET weselik met 'n ANDER kamp vergelyk word voordat jy 'n idee van "rating" kan kry. Byvoorbeeld, is Die Eiland beter as Tsipise? En is Tsipise beter as Klein Kariba?

Sien wat ek bedoel? Jy moet EEN kamp as 'n maatstaf hê waarmee ALLE ander kampe gemeet word voordat jy kan punte gee. Jy MOET dan sê dat (weer byvoorbeeld) Tsipise 10 uit 10 kry en meet daarvandaan af. 

Maar : Dan is daar ook verskillende gevalle. Trek jy 'n groot karavaan of n kleintjie? 'n Groot karavaan pas nie by Laer Sabie in nie, maar Laer Sabie is tog 'n heerlike kamp! 'n Groot karavaan pas heerlik in by Ebb and Flow. Kry Laer Sabie dan 6 uit 10 en Ebb and Flow 10 uit tien terwyl die klein karavaan-ouens vir beide kampe dalk 10 uit tien gaan gee.

Daarom het ons destyds besluit om liewer weg te bly van punte-graderings. Ons het eerder gebly by blote beskrywing, met 'n algemene verwysing. Jy kan byvoorbeeld noem dat Laer Sabie 'n pragtige kamp is met wonderlike diere, maar dan net noem dat jy dalk eers moet uitvind of jou karavaan daar sal inpas.

Dis nie soos MOTORS nie, in daardie geval is dit redelik maklik.

Ek stel, persoonlik, eerder belang in kampe se NEGATIEWE aspekte sodat ek dan self kan besluit of ek soontoe wil gaan. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 13:37:19 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1136
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Dansan het geskryf:

Ek stel, persoonlik, eerder belang in kampe se NEGATIEWE aspekte sodat ek dan self kan besluit of ek soontoe wil gaan. 

Dit is waarom ek graag wil sien dat mense so volldig moontlik kommentaar lewer oor hulle ervaring. Kom ek noem 'n voorbeeld - ek het vir Bass Lake Lodge 'n uitstekende "rating" gegee, want hulle verdien dit. Maar terselfdertyd het ek dié pragtige plek 'n "Thumbs down" gegee omdat ek die pad na die oord in 'n swak toestand ervaar het. Ek sal met graagte weer in hierdie puik oord gaan oorbly. Maar die pad daarheen weerhou my daarvan.

Sou ek niks van die pad noem nie, kan andere dink dat alles is 5-ster - wat inderwaarheid nie die geval is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 14:12:05 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1451
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Leon, met respek, ek is seker jy sal my toelaat om 'n verskillende mening te huldig.

Ek kan nie insien dat 'n Snappy Chef of iets dergeliks die enigste aansporing kan wees vir die gehalte terugvoer waarin ek belang stel nie. Terugvoer vir wen doeleindes, ja, maar nie dit wat ek wil weet nie. Daar word gereeld verwys na die wortel van alle kwaad. Erkenning waar 'n finansiële waarde betrokke is laat my wonder oor die integriteit van sodanige terugvoer vir deelname met 'n wennersprys. 

Dansan, ek stem saam dat gradering ideaal teen 'n gegewe maatstaf objektiewe vergelyking kan bevorder. Omskrywings van wat ervaar was is vir my baie meer waardevol as 'n nommer op 'n skaal, want met 'n beskrywing van fasiliteite of omgewings ervarings kan verskillende behoeftes en vereistes in oorweging geneem word, wat my in staat kan stel om met die beoordelaar te identifiseer al dan nie. Ek hou veral van die vraag: "as jy drie goed kon verander om jou ervaring te verbeter, wat sou dit wees?"  Dit wat jy graag verbeter wou sien word mos hiermee aangespreek.

Nommer toekenning stimuleer nie my gedagtes nie. Ek is seker daar is 'n klomp deelnemers hier wat met briljante "uit die boks dink" idees wat deur bestuur verwelkom sal word voor 'n dag kan kom, wat nie lede kan lok om oord resensies te lees met goeie gevolg.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 14:15:16 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5803
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek het jare terug  my eie gradering gedoen (en somege was baie vies vir my) en later het van die ouens vir my hulle waarneming gestuur en ek het dit dan gelaai op 'n Excel blad.  Ja dit was omslagtig maar tog het dit vir my gewerk.

Het destyds met Willie, Prof. Neels en die Tourism Grading Council wat die die ster gradering gedoen het vergader en ook met Dries gesels.

Wat vir my lekker was is dat jy kan filter op elke input soos warm swembad, ens.

So het die verwerkte data gelyk.
So het die verwerkte data gelyk

Dit was waar jy die inligting ingesleutel het.

Dan het dit al die inligting bevat waar jy moet kies tussen 1-10



Elke afdeling was gemeet teen 'n gewig, sou die gewig opskuif het al die vorige punte toegeken ooreenstemmend verander.

Voorbeeld: sou ek almal 9 gee dan het die punte so gelyk.

As jy een punt die benut het nie of dit was nie vantoepassing nie het jy hom oop gelos.

Dit is ook nie moontlik om deur die selfde oor 10 in te sleutel die voortou te gee nie.

Daar was baie wat gereeld vir my hulle ervarings gestuur het, ek het so 180 op die lys toe ek dit gestaak het.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 17:37:42 pm
RichardJ
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 303
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Thanks for the nudge Geert.

I have now completed the my first rating.

 

I wanted to get a broader experience of resorts to be able to set 'my' standard as mentioned by Danie.

 

After my trip in June last year I attempted to do a rating, did lots of typing then it all disappeared... hence I had not tried since. The forum and rating system does not appear to have a "save draft" function.

 

Rating of the rating system... number of days would be better expressed as number of nights? I was at the KNP on 2 days, 1 night, 16 hours in total. Then on the summary page "Sites is in Afrikaans...." yes this is my normal critical self.....which makes rating a stressful task, especially when applying adjectives (which could have different meaning to different people) Value, although each topic I rated good, I believe that for an overnight stop it is a little expensive compared to say Reyneke Park. The ablutions are rated but not the kitchen/washup section. Porta Potti / grey water disposal not rated.

My rating was up very quickly. The date of visit is not mentioned....therefore how do we know how old or what season the visit was ...

I see there is a list of contributors and resorts rated.

 

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 17:43:48 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2168
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek het nog nooit n oord "gerate" nie omdat ek van mening is dat jou persoonlikke gevoel n baie groot rol speel wat moontlik onregverdig op n oord kan reflekteer. Kom ek verduidelik. Paar jaar gelede was my broer in n ernstige motorongeluk en land in n koma in n Port Elizabeth hospitaal. Ons was op pad Hartenbos toe vanaf Gauteng en dit was net na die skole in Gauteng in Januarie begin het. Ons het toe n keuse van 2 oorde in PE om oor te staan om my broer te besoek voordat ons sou aanskuif Hartenbos toe. Ek bel eerste Pine Lodge omdat hy vir my meer gerieflik nader aan die hospitaal sou wees. Ek vra of die oord se pensionaris tariewe dan reeds in werking is. Die dame bevestig dit en gee my n prys vir die paar dae teen pensionaris afslag. Ek bespreek en betaal dadelik die volle bedrag oor. Twee dae later die aand voor ons ry bel die bestuurder my. Hy deel my mee dat ek hulle manipuleer om net n pensionaris bedrag te betaal en dat hulle afslag eers twee weke later begin. Toe ek hom se dat ek net betaal het wat sy dame my meegedeel het raak hy ongeskik en se sy is nuut daar en kan nie pryse maak nie. Ek was die skurk in die verhaal en sonder omhaal van woorde kanselleer die bestuurder my bespreking en stuur my volle bedrag terug. Dit was ongevraagd en onsmaaklik. Ek bel toe "The Willows" en kry daar plek en ook teen pensionaristarief. Jaar na jaar daarna staan ons steeds jaarliks daar by "The Willows" en geniet dit terdee. Trouens ons is nou al n paar vriende wat mekaar daar ontmoet op pad na Hartenbos. Met die kampterrein by Pine Lodge was niks verkeerd nie maar as ek hom moes rate sou dit nie goed gewees het nie as gevolg van n ongeskikte bestuurder. Dit was persoonlik maar hulle het terselfdertyd n klompie kampeerders vir ewig afgeskrik. Partykeer is dit maar net te persoonlik en daarom rate ek nie. Ek besef mens moet objektief bly en elke aspek oorweeg maar mens bly maar mens. Nogtans geniet ek die ander se ratings en gebruik dit dikwels in my keuses. Kortom en vertrou hulle oordeel meer as myne.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 21:18:20 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 569
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Hmmm

Weet nie wanneer ek ‘n kampplek weer mag gradeer nie, is dit ‘n maand, ‘n jaar of dalk nooit weer nie.

Toe ek dieselfde kampplek na twee jaar weer wou gradeer kry ek ‘n boodskap dat ek die kampplek nie wéér mag gradeer nie, geen tydperk word genoem nie.

Ek skryf vir die “administrator”, na jare het ek nou nog nie ‘n antwoord ontvang nie en ek weet steeds nie wat die wag-periode is nie.

Weet enige iemand hoe dikwels dieselfde oord gradeer mag word?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 21:56:50 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 153
Joined: 26 May 2017
Experience: 3 years

Dit is juis hoekom elke kamper moet gradeer: wat vir my belangrik is, maak dalk nie so erg vir jou saak nie. As ons almal na elke besoek gradeer, sal ons 'n geredelike gebalanseerde mening van 'n oord kry. Jy hoef dit teen niks te meet nie. Het die oord vir jou gewerk, al dan nie en was dit lekker? Elke gradering is belangrik. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 22:50:23 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 385
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

I am in agreement with many opinions voiced in the above comments. and think that like all things the rating systems need to  be reviewed periodically. Not that I see anything at all that could be improved with the rating system used in this case.

The fact is that the only problem with this system could be seen as the low number of campers that actually do ratings. Our question should be , how do we persuade and encourage more campers to make full use of " Rating " to improve the camping experience for everyone?

One Issue comes to mind. I belong to 2 or 3 other camping related groups on other social media networks where a large percentage of the postings made relate broadly to camping and caravaning in one way or another.  Would it be possible, legal, acceptable etc. and of any value to those groups as well as CP.com to individually or otherwise promote the rating of resorts using the CP.com facility on these groups ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za