English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 250
Total Replies: 229 801
Total Views: 82 366 000
topics: 10 819
replies: 124 808
views: 38 852 608
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Hoe werk die Ice Craft se gas yskas om hom aa

replies: 7
views: 11696
16 Oct 2012 @ 11:41:21 am
Christo en Annelie
New Member
66% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 16 Oct 2012

Ek het 'n ou Jurgens Manjefiek gekoop om op 'n lekker plekkie in die bos onder 'n afdakt te parkeer. MAAR My gas Ice Craft se verf is af om te sien hoe om hom aan te skakel, my gas is reg gekoppel. Ek kry dat die aansteker werk en self die vlammetjie wys maar die oomblik wat ek die heel linkerkantste rooi knoppie los gaan die vlammetjie dood.

Doen ek iets verkeerd of is iets stukkend? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2012 @ 14:12:37 pm
HarryOpieTremspoor
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 147
Joined: 17 Feb 2012
Experience: 45 years

Welkom Annelie, as ek nie verkeerd is moet jy die rooi knop vir so 10 tot 15 sekondes nadat jy die vlam aan ge"skiet" het inhou sodat die "detector" warm genoeg word om te sien daar is vuur anders "dink" die "detector" daar is nie vuur en sny die gas toevloei af.  Dit is 'n veiligheid megenisme om te verhoed dat gas vrylik vloei (en nie verbruik word) wat gevaarlik vir mense is.

Indien dit steeds nie werk nie is daar goeie kans dat die "detector" die lewe verlaat het.  Dit behoort nie te veel werk te wees om hom te vervang nie.  Die meeste werk kan wees om die yskas uit te haal waar hy in gemonteer is en weer daana terug te sit.  Dis ook dan die kans vir goeie "exhaust service" op die yskas.

Hoop dit werk so vir jou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2012 @ 15:16:55 pm
Christo en Annelie
New Member
66% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 16 Oct 2012

Harry

Dankie maar help net nog asb.

Daar is ook 'n knop wat kan draai, as ek reg uitmaak lyk dit asof daarop staan 0 C 6 5 4 N 3 2 1 in die rondte op die knop geskryf. 

Kan jy nie dalk onthou op watter nommer moet die knop gedraai wees vir die gas nie?

Verder doen ek als reg soos jy dit noem, ek is nog net onseker van die ronde draai knop.

Dankie

Annelie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2012 @ 15:40:28 pm
Neill and MArg
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1424
Joined: 02 Oct 2010
Experience: 44 years

Hi Annelie, You need Frans to explain to you about a gas fridge that has stood. You have to turn the fridge upside down and carefully tap the gas pipes with a rubber hammer to loosen the cristals that have formed. He explained it to me a while ago. Can't remember all he said. 

  If you are around frans Hi, the lady needs help.

Regards MArg

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2012 @ 17:22:16 pm
Nico
Titanium Member
81% Profile Strength
Posts: 626
Joined: 01 Jul 2005
Experience: 46 years

Annelie,

Die ronde knop behoort nie jou probleem te wees nie. As ek reg onthou (het jare terug ook 'n Jurgens met so 'n yskas gehad) dan is die 0=af, C=koudste, N=normaal en die ander nommers dan maar net tussenin stellings met 1=warmste. As als brand en dan doodgaan as jy los, hou jy dalk nie die knop lank genoeg in nie. Probeer sommer vir 'n minuut of twee (veral die eerste keer), en los dan. As hy steeds doodgaan is jou probleem waarskynlik die hitte-sensor, of soos Harry hom noem, die "detector".

Hoop jy kom reg.

Die raad van Marg is as die vlam wel brand, maar die yskas wil nie koud word of bly nie.

Nico

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2012 @ 06:50:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Annelie die raad sover is onverbeterlik. Die detektor wat van gepraat word is so lang pennetjie wat regop staan en teen aan die vlam is solank jy die knop in hou. Maak seker die pennetjie is so geplaas dat hy deur die vlam warm gemaak word. Sy punt moet ten minste aan die vlam self raak. (Dit kan dalk nodig wees dat hy vervang moet word, gelukkig nie 'n plaas se prys nie) 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2012 @ 08:17:08 am
Duncan
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1412
Joined: 06 Apr 2010
Experience: 38 years

Where are you Annelie ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2019 @ 08:02:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Daar is tans n Ice Craft kis vrieskas onder classifieds vir R750....sou iemand belang stel

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required