English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 282
Total Replies: 230 205
Total Views: 82 387 153
topics: 10 832
replies: 124 989
views: 38 861 111
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Hoe swaar gaan ons sleep met díe nuwe waens

replies: 46
views: 669
08 Oct 2019 @ 19:47:16 pm
Zap
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 29 Sep 2019
Experience: 10 years

Díe nuwe speelgoed is nice maar hoeveel swaarder gaan ons nog sleep? 

Ek gesels met drie fabrikaate en al drie praat van 3 ton op hul groot bielie. Wat sê julle?

Outdoor show

Use the present, it’s a gift.
Geniet vandag, môre is net ń droom en gister slegs n herhindering.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 19:49:36 pm
Zap
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 29 Sep 2019
Experience: 10 years

Use the present, it’s a gift.
Geniet vandag, môre is net ń droom en gister slegs n herhindering.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 19:51:34 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6408
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Myne klaar verkoop sien swaar tye voor pensioen en pryse op die nuwe waans en oord pryse.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 19:55:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7852
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sal maar sien.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 06:24:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Díe nuwe speelgoed is nice maar hoeveel swaarder gaan ons nog sleep? 

Ek gesels met drie fabrikaate en al drie praat van 3 ton op hul groot bielie. Wat sê julle?

Outdoor show

Wel my ondervinding is as jou behoefte groot is en jy moet een van die groot waens koop moet jy sorg dat jy iets het wat dit kan sleep.

Wat vir my heel positief is van die saak is dat die vervaardigers besef dat hulle die korrekte gewigte op die karavane wat hulle bou moet aanbring.  In die verlede het Jurgens veral met dit geknou basies net sodat 'n mens met 'n kleiner voertuig ook 'n karavaan kan koop.

Dit het redelike moeilikheid veroorsaak toe 'n weegbrug naby Brits so 3-4 jaar terug begin het om karavane af te trek en te weeg.  Almal was oorgewig en moes dit regstel alvorens hulle kon verder ry.

So eerder die regte gewig dan weet die vermeende koper waarlik waarvoor hy hom in laat.

Die oorspronklike eienaar wat Sensation gebou het, het op 'n skou genoem dat hy gebruik ligter materiale as Jurgens, om die Sensation te bou maar sy karavaan bly swaarder weeg. Sy gevolg trekking was dat Jurgens nie die korrekte gewigte weergee op die data plaatjies nie.  En toe is dit ook so bewys.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 06:25:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kyk moenie 'n fout maak nie.  Die waens is mooi maar jy moet seker maak jou sleepvoertuig is wetlike geskik om 'n "groot" wa te trek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 06:27:46 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1197
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Dan moet ons maar n Fordjie aanskaf................................Then the fight started

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 06:30:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dan moet ons maar n Fordjie aanskaf................................Then the fight started

Ha ha ha ha ha ha...........................................laughingsealedsurprisedtongue-out

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 06:52:02 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 880
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Bly maar by my klein Tourertjie. Klaar betaal, sleep maklik, en gerieflik genoeg vir my en die baas van die plaas....😂

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 09:04:37 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Dan moet ons maar n Fordjie aanskaf................................Then the fight started

Jammer om jou teleur te stel....die Fordjie kan nie iets van 3000kg wettig sleep nie (tipiese Ranger se Tarre is sowat 2100kg, so raai die Toy en Navarra is ook rondom dit). Kan nie dink aan veel voertuie wat daai groot waens sal kan sleep nie....dalk net (ingevoerde) F150 of F250

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 09:20:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek wil met jou verskil Jorg.  Hulle kan daai 3000kg wettig sleep.

Tans gebruik die weegbruê die sleep vermoë van die vervaardiger om wette af te dwing.  Hier is die Fordjie se sleep rating goed genoeg.

Sou die een of ander verkeers man besluit Hy gebruik die Tara wet om die verkeers reels af te dwing dan moet jy wat die 3 ton wil sleep net seker maak jy het addisionele remme aangebring op daai karavaan.

So die Fordjie kan verseker die joppie doen.  Hang af wie keer jou langs die pad voor.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 09:46:44 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek wil met jou verskil Jorg.  Hulle kan daai 3000kg wettig sleep.

Tans gebruik die weegbruê die sleep vermoë van die vervaardiger om wette af te dwing.  Hier is die Fordjie se sleep rating goed genoeg.

Sou die een of ander verkeers man besluit Hy gebruik die Tara wet om die verkeers reels af te dwing dan moet jy wat die 3 ton wil sleep net seker maak jy het addisionele remme aangebring op daai karavaan.

So die Fordjie kan verseker die joppie doen.  Hang af wie keer jou langs die pad voor.

Weet die Ford kan 3500kg sleep (vervaardiger syfer), so ook party ander bakkies, maar dis steeds nie wettig nie (behalwe natuurlik as die 3000kg wa sy eie vakuum remme het wat ook 'n retrofit op die sleep voertuig vereis - verstaan die elektriese remme wat in Oz en die VSA gewild is is nou onwettig in die RSA). Maar ek dink meeste mense hier sal nie so iets koop nie en dus is ons aangewese op inloop remme. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 09:53:24 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1714
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Daar sal sekerlik altyd 'n mark wees vir hierdie groot waens, maar ek is van mening dat die mense juis vanweë onder andere die brandstofpryse gaan hou by kleiner waens en ook boswaens. Ek is verheug oor die mense wat die energie en vaardigheid om die ou dames (karavane) op te koop en te vernuwe. Ons het al van hulle gesien wat in die oorspronklike toestand gerestoureer is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 09:53:56 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 113
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 43 years

Hulle gebruik Tarra nie sleep vermoë .Anders kan jy n groot masjien in n klein bakkie inbou as dit oor sleep vermoë gaan .Hulle het iemand wat ek ken geweeg en daar het hulle uit en uit op Tarra gegaan .As jy geld het om so swaar karavaan tekoop dan moet jy geld hê om die regte sleep voertuig ook tekoop .Die Sahara karavana is tans ook so swaar .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 10:46:01 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Daar sal sekerlik altyd 'n mark wees vir hierdie groot waens, maar ek is van mening dat die mense juis vanweë onder andere die brandstofpryse gaan hou by kleiner waens en ook boswaens. Ek is verheug oor die mense wat die energie en vaardigheid om die ou dames (karavane) op te koop en te vernuwe. Ons het al van hulle gesien wat in die oorspronklike toestand gerestoureer is.

Heeltemal reg, maar ek dink nie die (baie klein?) mark vir sulke groot/swaar waens is groot genoeg vir 'n vervaardiger om te kan bestaan nie? Was verbaas toe die Destination mense (dink dis dieselfde mense wat oorspronklik Sensation gebou het) met daai hengse groot Destination weer begin woonwaens bou het...dis mos amper soos om  eerste die top luukse voertuig te begin produseer eerder as die kleiner budget ene. Maar dalk lees hulle die mark anders?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 11:30:26 am
JeffA
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 31 Jul 2019
Experience: less than a year

Ek weet nie of ek gemaklik sou wees met my gesin in 'n voertuig met 3 ton agter my nie. Daardie is hel swaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 11:57:37 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek voel ook soos Uli.  Al het die sleepvoertuig genoeg krag klink dit nie veilig om iets te sleep wat jou voertuig se masse met 50% oorskry nie.  Alles wel solank dit goed gaan, maar as daar 'n krisis kom, kan dinge lelik skeef loop. Meganiese perde wat gemaak is om sleepwaens te sleep wat baie swaarder as die perd is, en wat nie wiele in die middel van die sleepwa het nie,  knipmes soms, hoeveel temeer nie 'n bakkie wat 'n groot karavaan sleep nie.  Dan het die bestuurder van die sleepvoeruig ook  ie noodwendig die insig of die opleiding om die treintjie te hanteer nie.  Ek is telkens verbaas as 'n ou met 'n kragtige sleepvoertuig en 'n baie groot karavaan, netso vinnig as ek ry met my voertuig alleen.  As jy hom sou konfronteer sou hy sê hy weet wat hy doen, maar my vraag is dan, nou waarom doen jy dit dan?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 12:04:23 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1756
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Goeie ding wat hier aan die gebeur is. Diesel voertuie soos Ford, jeep, land Rover en ook net die VX Landcruiser V8 sal die job redelik doen met diesel engins grote 3.0 plus. Die nuwe Ford   2.O  sal die job doen maar gaan hard moet werk met sy 500 nm. Ander brands sal hulle engins moet refine om nog aktief in die mark te wees. Nou sal jy ook sien hoe pop die engins wat red bull ingejaag is met chips en remapping.

Bottom-line het ons nie regtig sleepvoertuie vir die grote karavane.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 13:16:33 pm
Wetkit
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 84
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 39 years

Help my reg, asb, maar met EB liksensie mag my GCM (Gross Combined Mass) nie 3,500kg oorskry nie.

Na jou 2,100kg vir n lee tipper, los dit net 1,400kg vir wa en vrag oor.

Dis hoe ek die storie verstaan.

Ek wens ons vervaardigers wil meer van die "slides" gebruik maak, soos met Mobi lodge.

Dit maak kompak vir sleep, maar baie spasie vir staan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 14:38:53 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek dink eerder jy mag die Gross Vehicle Mass (GVM) nie oorskry nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 16:08:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13795
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is nie n off-roader kenner nie,  maar om 3Ton agter jou te sleep oor rotse, rowwe paaie en styltes klink vir my nie baie ideale kombinasie nie. Sekere 4x4's sukkel reeds solo oor klippe en rowwe terein, wat nog as jy 3ton agter haak?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 19:07:33 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4253
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hulle gebruik Tarra nie sleep vermoë .Anders kan jy n groot masjien in n klein bakkie inbou as dit oor sleep vermoë gaan .Hulle het iemand wat ek ken geweeg en daar het hulle uit en uit op Tarra gegaan .As jy geld het om so swaar karavaan tekoop dan moet jy geld hê om die regte sleep voertuig ook tekoop .Die Sahara karavana is tans ook so swaar .

In hoe mate en deur wie word die sleep vermoeë bepaal sou jy 'n sterker masjien insit. 

Ek was ook onder die indruk dat die Tare van jou voertuig kan nie by 'n weegbrug bepaal word nie so hulle sal dan op e-natis se Tare moet werk en jou wa weeg. 

Die weeg sertifikate wat ek gesien het wat ook hier geplaas was werk duidelik vanaf die GCM en dan gewig per as en dit moet binne die aanvaarbare gewigte wees met geen oorskrei dings meer as die 5 tot 10% wat toegelaat word. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 20:23:57 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Kyk as jy elkgeval so karavaan koop is jou sleepvoertuig gewoonlik massief elkgeval. En as jy dit kan bekostig dink ek nie brandstof maak saak nie.

Onthou net, die groot bielies is nie vir die gemiddelde manne nie, dis hoekom dit die groot bielies is, vir die groot manne wat kan.......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 05:56:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek is nie n off-roader kenner nie,  maar om 3Ton agter jou te sleep oor rotse, rowwe paaie en styltes klink vir my nie baie ideale kombinasie nie. Sekere 4x4's sukkel reeds solo oor klippe en rowwe terein, wat nog as jy 3ton agter haak?

Jy is reg Geert.  Mens dink nie altyd verder as net die nou en hede nie.  Nou sleep ek die 3 ton huis toe maar more wil ek daai gewig met  als gepak deur die sand sleep.

Kyk 'n Off road Mobilodge behoort great te wees om mee te kamp.  Dis 'n Off-road wa buiten sy gewig soos ons hier bespreek is dit 'n hoë profiel karavaan.

Hoe gemaklik sleep jy hom deur die bosse van die bosveld wat beswaarlik die hoogte van die karavaan is wat nog van onder deur hulle ry.  Dis ietsie kleins maar het 'n invloed op jou roete beplanning.

So kan ons seker baie goed noem.  Maar die gewig van 'n wa is dalk die grootste bepalende faktor as jy 'n wa koop vir jou kamp behoeftes.

Maak 'n beslissing en leef daarmee......................tongue-out

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 07:18:15 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7852
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

As hierdie groot swaar waens nie verkoop nie, is daar nie n omset in besigheid nie.

Dus gaan die maatskapy ook totniet gaan as die uitvoer mark hom nie ondersteun nie.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 07:31:31 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Soos baie van ons op die forum sleep ons nou al baie jare n karavaan. Jare terug het ek n Gypsy 4 en my pa n Gypsy 5 gesleep. Ek het myne met n Cressida 3.0 gesleep en my pa met sy Cressida 2.8.  Al die pad Durban toe op die ou pad met lekker opdrandes en steil afrdrandes. Daai tyd het ons gedink dit was groot karavane en die Cressidas van daai tyd het dit met gemak gedoen. 

Vandag sit n Ford figo diesel amper meer Nm uit as wat n 3 l straight 6  of  V6 uitgesit het daardie tyd.  Maar ons weet dat jy nie n Gypsy 5 met n Figo moet sleep nie.  Die groote van n engine is wel belangrik hoe grooter / swaarder die karavaan is. Dit gaan nie oor die spoed optel en spoed hou nie, vir my gaan dit eerder oor hoe grooter die engine hoe meer help so engine om spoed te beheer op n steil en baie lang afdrande.  Die 3.2  engine van Ranger wat ek gery het, het beter "backpressure" gehad as die nuwe 2L Bi Turbo en, as ek gesleep het, het ek minder die remme gebruik met die 3.2 as met die 2l. Maar teen n opdrande, tel die 2l vinniger spoed op en hou die 2l beter spoed. 

Vandag se kare, met al die nuwe tegnologie, maak net beter en veiliger sleep voertuie en darom kan jy groter en swaarder karavane sleep met dieselfde  (of eerder beter)  veiligheid as 20 jaar gelede. Jy moet natuurlik net seker maak jou sleep kombinasie is wettig en dat jy beslis veiligheid eerste sit.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 08:02:19 am

Daai groter engine is vir my baie belangrik...... BAIE belangrik, daarom sal ek bly 3.2 verkies of soortgelyk. Jy kan letterlik met daai engine die bult uit idle. Jy het idling torque en dit maak groot verskil.... En die engine werk nie so "hard" soos bv 'n 2L met 2 turbos ens nie.

Ek bly by die gesegde van "There is no replacement for displacement"..

Gee my dan eerder die 3.2 mt biturbo... ;-)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 08:55:48 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

"Onthou net, die groot bielies is nie vir die gemiddelde manne nie, dis hoekom dit die groot bielies is, vir die groot manne wat kan......."

En dit is presies die probleem.  'n Ou koop 'n groot voertuig, of 'n vinnige voertuig en skielik dink hy hy het nou skielik ook die vermoë om die voeruig te beheer.  Dit van nie 'n "groot" man om goed te bestuur nie, eerder 'n verstandige man. Dis nie die bo-arm spiere wat 'n goeie bestuurder maak nie, maar die "spiere" tussen die ore.  Elke man maak mos homself wys hy weet beter as almal, terwyl almal dalk dink sy optrede spreek van die ingesteldheid van 'n idioot.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 10:14:42 am
Zap
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 29 Sep 2019
Experience: 10 years

Ons hou van ons Conquerer Commander en ons het al wyd getoer, Bots, Namibia en meeste passe in SA. 
Van persoonlike ervaring kan ek getuig: om naby 3 ton te sleep is nie jou maat nie.

So het ons in Namibia vanaf White Lady tot die Ugab Riviermond gereis. Die wat daai tog mee gemaak het sal verstaan, met so swaar wa, buig ons die trekstang. Dis die oorsprong van my belangstelling in die onderwerp.

Use the present, it’s a gift.
Geniet vandag, môre is net ń droom en gister slegs n herhindering.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 11:18:20 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Genade Quint, het jy ander teespoed gehad?

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 11:41:23 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis nou eienaardig.  Het jy enige idee waarom die stang gebuig het- was die gewig op die haak dalk besonder hoog?  Die donker deel teen die haak lyk amper of daar gesweis is- is dit dalk die rede?  As die metaal baie warm geword het, sou dit sy temper verloor het, wat daartoe aanleiding kon gegee het.  Die wa se GMW word as 1800 aangegee wat tog nie te swaar is nie. Dit kan tog nie net die trek en stoot aksie gewees het nie.  Die koppeling is dieselfde as wat ons 1984 Sprite Supersport ook gehad het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 13:06:41 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Genade Quint, het jy ander teespoed gehad?

Daar is die bewys wat ek nou die dag van gepraat het.... Die stange buig...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 13:08:13 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ons hou van ons Conquerer Commander en ons het al wyd getoer, Bots, Namibia en meeste passe in SA. 
Van persoonlike ervaring kan ek getuig: om naby 3 ton te sleep is nie jou maat nie.

So het ons in Namibia vanaf White Lady tot die Ugab Riviermond gereis. Die wat daai tog mee gemaak het sal verstaan, met so swaar wa, buig ons die trekstang. Dis die oorsprong van my belangstelling in die onderwerp.

Ek moet net tyd kry om my ander fotos te soek, want dis nie die eerste conqueror wat ek dit sien doen nie, alhoewel dit nie tot conqueror beperk sal wees nie, is dit op die waens wat ek dit sien en fotos van geneem het...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 13:33:14 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis van die tipe herstel werk waarvan ek vroeer gepraat het.

Daar is mense daar buite wat 'n off-road karavaan kan gebruik hoor.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 20:59:49 pm
Johan Stander
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 03 Sep 2019
Experience: 25 years

Dit is regtig 'n mooi wa, maar vir my is dit amper te mooi. Ek kan netsowel my hele huis saam sleep. Miskien is dit die antwoord vir "full timers", maar mens moet so bietjie gerief opgee as jy gaan kamp. Dis in elk geval net my 5c. Almal het maar hulle eie redes.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 21:39:55 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1756
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Manne ek dink die karavane is soortgelyk as wat ons gesprek oor elektriese motors was. 

1. Karavane te groot vir meeste van ons sleep voertuie.                  2. Karavane te mooi en te groot om op meeste van ons sanderige, klein staan plekkies te staan.    3.Wil nie weet hoe die karavane gaan lyk na een kamp.

Ons is nie Europa of Amerika. Hier by ons moet die oorde n geweldige transformasie deurgaan voor jy kan stop met so n outjie. En wat gaan dit ons dan kos ? 

Alreeds is kampering n baie duur storie waar gaan dit eiendig.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 22:13:11 pm
Zap
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 29 Sep 2019
Experience: 10 years

Genade Quint, het jy ander teespoed gehad?

Nee wat, ons het die wa deeglik laat toets trug tuis voordat ons weer n moeilike tog aangepak het. 

Ja, n boswa is gebou om gebruik te word. Ons tog op die D2342 om die Brandberg naby die asemrowende welwitchias is verantwoordlik vir die skade op die trekstang. Ons het so 7km hier veeby gery en n lelike padverspoeling raakgery. Ongelukkig was ek voor en het in dié valstrik beland.

So sien ons die allermooiste van ons wêreld. Ons toerusting moet ons daar kry. Om op te sien of om weg te skram omdat n mens miskien skade mag lei beteken vir my myns insiens dat jy die verkeerde toerusting aangeskaf het. So ek vra myself of die nuwe waens die Namib kan aandurf. Gaan die onderstel ongedueurd daarvan afkom as daar moelikheid kom....  want dit gaan gewis.

My “gut feel” is dat daar nog eers n paar  avontuure vir die nuwe waens voorlê alvorens daai vraag beantwoord word.

Na als gedoen en gesê is, is hiedie die herhinderinge waarmee ons sit. Amper poskaart mooi:

Use the present, it’s a gift.
Geniet vandag, môre is net ń droom en gister slegs n herhindering.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 22:19:42 pm
Zap
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 29 Sep 2019
Experience: 10 years

Use the present, it’s a gift.
Geniet vandag, môre is net ń droom en gister slegs n herhindering.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 07:08:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek stem saam. As jy 'n 4x4 koop moet jy hom darem gebruik daarvoor maar dis 'n leke opinie en ander kan verskil daarvan.

Ek verkies om eerder 4x4 in die duine te gaan ry as om deur dongas en gate te ry.  Dis maar waarvan ek hou.  

Was ook daar in die groot duine van die Namib. Dit is onvergeetlike  ervarings wat elke mens met twee hande moet aangryp as die geleentheid voorkom.

Kommende Desember wil ek vir JIN darem Vleesbaai toe vat.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 07:55:11 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Die ou wat daai waens koop en die sleepvoertuig gee nie om wat die kampkoste is nie.. Hy geniet dit net en betaal met 'n smile.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 08:47:40 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Die ou wat daai waens koop en die sleepvoertuig gee nie om wat die kampkoste is nie.. Hy geniet dit net en betaal met 'n smile.....

Ek se ook dit is hoekom Quint sy kombinasie gekoop het.

Was net nuuskierig of hy ander skade ook opgetel het agv die gebuigde trekstang.

Soveel mense het hierdie tipe kombinasies en gebruik dit nie ten volle nie. Die "Sandton 4 x 4 brigades".

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 11:02:02 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 616
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek het reeds diskreet genoem dat ek al sedert die oerknal ge-4x4 het na enige plek suid van die Kongo. Dese dae bestaan ons 4x4 ritte maar na Mabuasehube en dalk Moremi, mens kan dalk redeneer dat 4x4 nou onnodig is.

MAAR, ek moet erken dat ek baie veilig voel met die permanente 4x4 van die Fortuner wanneer ek daai wa agter my het Dit laat 'n man met 'n bietjie meer gerustheid wanneer die pad nat is of wanneer 'n man teen 'n pas afry.  

Ek is ook een van julle wat nie sommer 'n drie-ton wa agter my sal haak nie, ek dink dit gaan maar kners wanneer jy op die N1 ry teen 110km per uur en daar is 'n sestig-ton meneer agter jou is wat dalk 120 wil ry en hy daai wa van jou so 'n drukkie van agter gee.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 11:27:47 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Dansan ek stem saam met jou oor die permanente 4x4.  Dit is en bly 'n plus punt van die Forturner en ander voertuie soos die X5

Wat betref die sleep van 3 ton teen 110 km/h is moeilikheid soek.  Ek sleep ongeveer ook so 3 ton as ek skiboot sleep en kan bevestig dat oor 100km/h begin jy ongemaklik raak.  Dis beter om veiliger stadiger te ry as om te probeer byhou by ander verkeer. 

Met swaar sleep kom meer gereelde stop rustye vir die nagaan en afkoel van bande en jou voertuig se motor veral in somer maande wat hoe temperature het.  Ek stop maar so elke 150km en gaan alles goed na en vat 'n vinnige rus.  Ek vervang ook gereeld my Anti Freeze op my verkoellerstelsel van die voertuig. Elke bietjie help. 

Sleep se goue geheim is "Moet nie haastig raak as jy sleep nie"  

Hoe swaarder jou karavaan of boot is wat jy sleep hoe meer moet jy aanpas by spoed en pad en omgewings omstandighede. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 11:40:06 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

'n Boot op 'n sleepwa is aansienlik meer stabiel as 'n karavaan met sy wiele in die middel van die wa.  As dit dus ongemaklikm is met 'n boot teen 110 k/u, klink dit vir my onverstandig om so vinnig met 'n swaar karavan te sleep.

Wat karavane betref, lyk dit my daar is twee benaderings: Minimalisties en huis-ekwiwalent.  Eersgenoemde is wanneer jy uitkamp soos met 'n tent, net bietjie gemakliker.  Die tweede is as jy sover moontlik poog om soveel gemak van die huis in die karavaan te dupliseer.  Nie een is reg of verkeerd nie- jy kies wat reg is vir jou.  Ons het jare met 'n konvensionele sesbed karavaan gekamp, nou wel steeds met die minimum wat die lewe op die pad moontlik maak, maar sowat vier jaar gelede oorgeslaan na minimalisties.  Nou kan ons gemaklik sleep net wanneer ons wi, so vinnig as wat ons will of waarheen ons wil en ons voel dis bietjie meer van 'n avontuur- "roughing it" soos die Engelse sê, hoewel dit nie regtig 'n rowwe bestaan is nie. Die Skipper is wel nie 'n 4X4 wa nie, maar dit kan goeie grondpaaie vat wat ons nie met 'n gewone karavaan sou waag nie, en dis die ergste wat ons in elkgeval wil doen.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 11:53:33 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Ek persoonlik dink karavaan bouers kan maar gerus gaan leer by die boot manne. 

As ek reg onthou is my boot trailer alleen in die omgewing van 900kG geweeg op 'n weegbrug sonder die boot en toetusting.   Dis amper 'n 1/3 van die totale gewig.  Meeste van die swaar bote het ook olie aste en breer Klas C bande wat help met die gewig. 

Ek is ook 'n ondersteuner van 'n swaar sterk onderstel op karavane.   Swak onderstelle is die oorsaak van baie van die probleme soos kaste en panele wat lostrek om nie eers van die skroewe wat loskom te praat nie. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 12:16:19 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 616
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Shoe Zack, 900 kg! Dis 'n meneer-treiler! Dis seker 'n lekker boot as hy 1,8 ton weeg, waar gaan vang jy?

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 12:32:52 pm
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Dansan met die nuwe COF (Certificate of Fitness) wil hulle he jy moet die boot en trailer appart weeg.  Dan kan jy maklik optel as jou boot se floatation materiaal water trek of inkry.  Ek het geweet hy is swaar want twee mense moet hom skuif maar was ook verbaas by die weegbrug.  Na die jare kom ek ook agter 'n sterker trailer is die moeite werd.  My vriend sin het gebreuk in Mozambiek laas jaar naby Barras.  Hy was vir twee dae gestrant en moet wag vir 'n sweismasjien.  Eerder swaarder en sterker as lig en swak gebou.

Ek het 'n ouer swaar romp wat deur Z Craft gebou is. Deesdae gebruik bootbouers nuwer sterker materiale om die rompe ligter te maak maar gelukkig hou meeste van hulle maar by goeie swaar trailers.  

Ons vang maar by Richardsbay die meeste.  Dis 'n lekker veilige plekkie met alles by jou.  PE is 'n lekker plekkie vir Ligte Gerei Boot.   Om die waarheid te sê is daar maar min vis deesdae in die see en almal sukkel om iets gevang te kry.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required