English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 519
Total Replies: 252 680
Total Views: 83 243 537
topics: 11 569
replies: 139 146
views: 39 339 901
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Hoe oud is hierdie Cadac stel?

replies: 12
views: 358
20 Sep 2020 @ 15:02:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dis die eerste keer dat ek so n Cadac stel sien. Weet iemand dalk hoe oud is dit....en wat die waarde sou wees?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2020 @ 15:17:23 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1587
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Praat onder korreksie,my broer het so n stelletjie gehad begin jare 1970

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2020 @ 16:36:57 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dit lyk in 'n goeie toestand, dis lyk of dit selde indien ooit gebruik is.  Ek sou raai die waarde daarvan sal nie juis hoog wees nie- slegs 'n tweedehandse waarde want dis nie juis 'n museumstuk wat versamelaarswaarde het nie. Dis moontlik dat gasverskaffers kan weier om dit te vul as daar enigsins gas lek en dan is die silinder niks werd nie.  Gaslampe is ook nie meer in aanvraag nie, LED's het dit vervang. Maar miskien is daar 'n sentimentele siel wat sal belangstel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 11:35:43 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek stem saam met wat Fred se maar,  daar sal altyd die versamelaar wees wat sy linkerarm sal gee vir so n volledige goed versorgde stel wat waarskynlik nie vrylik beskikbaar is nie. Vir daardie versamelaar sal dit gladnie daaroor gaan of die gasbottel bv nog diensbaar is of nie. Net maar my idee.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 14:44:11 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 852
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Eerste keer dat ek die sien

As ek na die bottle handel kyk lyk dit na die 60/70s

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 15:57:09 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Van ons eerste gas bybehore het bestaan uit 'n soortgelyke gasplaat, gaslamp en die veeldoelige plaat en rooster wat op die gasplaat pas. Gekoop laat 60's en het dit nog.  Ek skat die stel sal ook uit daai era kom.

Warren, 'n ou lid hier, versamel ou kamp toerusting. Ek glo nie hy sal die werklike waarde vir jou gee nie. Wat ek onthou is hy druk 'n pennie dat van Riebeek se ooge begin traan.smile

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 15:59:27 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 402
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

Hello Geert, I have never seen this equipment as a set in such a smart case, looks really nice. I still have and use when needed both the cooker top and the 100 candlepower lamp. I keep them in my skipper full time in case of power cuts.

The lamp is still in it's original box with price of R7.95.

Those with fancy vans that have inverters, generators  solar panels etc. etc. may not appreciate the "camping" value of your "Cadac" set, but for those of us who camp with Skippers and other basic camping gear, the value is not measured in Rands and cents.

Great Set !!!!

Stay safe

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 16:14:46 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Hello Geert, I have never seen this equipment as a set in such a smart case, looks really nice. I still have and use when needed both the cooker top and the 100 candlepower lamp. I keep them in my skipper full time in case of power cuts.

The lamp is still in it's original box with price of R7.95.

Those with fancy vans that have inverters, generators  solar panels etc. etc. may not appreciate the "camping" value of your "Cadac" set, but for those of us who camp with Skippers and other basic camping gear, the value is not measured in Rands and cents.

Great Set !!!!

Stay safe

Badger - my 100 candlepower lamp is also still in it's original box, but I even paid less than you. Mine costed R7,49 at PnP Hypermarket in 1976. And I still use it from time to time - especially when camping in Tsendze.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2020 @ 07:03:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dis die eerste keer dat ek so n Cadac stel sien. Weet iemand dalk hoe oud is dit....en wat die waarde sou wees?

Ek ken elk van die items daar binne.  Ek sal ook se dis van die 70 jare.  Die tassie as 'n stel in geheel lui glad nie 'n klokkie nie.  Het dit nog nooit gesien nie.

Aan die binne kant is daar teen die deksel iets vasgesit om 'n vatdoek of so iets in te sit so ook teen die kante vir die gas sleutel.  Ek sien daai rivets lyk amper dieselfde as die wat op die hoekke van die tassie gebruik is.  Dit is 'n teken dat die tassie spesifiek vir die doel gemaak kon wees.

Ek noem "kon wees", want die regte vervaardiger daarvan sou aan die buitekant versterkings ingesit het soos op die hoeke want daai rivets  is maar die swak punt op daai karton tipe materiaal.

Heel goeie idee om dit so te verpak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2020 @ 09:38:45 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4736
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Nice verseker n versameling stuk

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 07:46:04 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1510
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek sou raai dat dit ‘n beperkte aantal promosie aanbieding was vir ‘n spesifieke winkelgroep.

Ek was bevoorreg genoeg om in die laat sestigs deur die Cadac fabriek in Johannesburg te kon gaan. 
Op daardie stadium het hulle gasbottels, anders as die een op die foto, inskroef handvatsels gehad, asook ‘n brons boudjie wat oopgedraai kon word om te bepaal wanneer die bottel tot maksimum gevul was. Dit was die tyd toe jy nog self so ‘n bottel kon volmaak vanuit ‘n groter een mits jy die regte passtukke gehad het. Die gas is mos maar net ‘n vloeistof wat bloot met swaartekrag van die een na die ander houer kon vloei.  

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 07:52:31 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het 'n Cadac gasbottel van die vroeë 70er jare wat nog die inskoefhandvatsel en die geelkoperprop het.  Ek gebruik dit steeds maar het probleme om dit hervul te kry.  Plekke soos AFROX weier summier en ek moet dus maar privaat verskaffers soek.  Ek moet seker maar om veiligheidsredes van die ding ontslae raak.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2020 @ 13:23:41 pm
toppie4x4
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 12 Apr 2018

Sover ek weet is daar n vervaardigings datum onder op die ring wat ook gebruik word deur die gas hervullings plekke as n aanduiding of die bottel veilig is vir gebruik. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za