Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22084 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17816 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6275 |
Bostoe | 5480 |
BrianB | 5363 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2715 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2152 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1871 |
Nico | 1773 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1690 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1467 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1268 |
Gerden | 1260 |
Louvan | 1255 |
RichardJ | 1180 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 857 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Willie54 | 445 |
1Pierre2 | 435 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 367 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 187 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
mplester | 157 |





Hoe om ou silikon te verwyder vir stortpan herseel
Hi
Is daar 'n chemiese middel wat ek kan aanspuit om die Silikon van die Exclusive se stortpan te verwyder dat ek die stort oor kan seel met Siklafix.
Ek sien op Google daar is baie, maar ek is bang dit beskadig die laminering op die stort mure - dan het ek verseker bollie aangejaag.
Neem n klein "Scraper" en skraap paneelpan egalig los.
Haal hom uit en verwyder oortollig silikoon egalig uit met "Scraper".
Krap oortollig uit so diep as moontlik.
Gebruik "Parrafien" lap en maak nate ordentlik skoon asook die paneel wat uitgehaal is.
Laat n ruk staan en neem n nat "Chamois" en maak ordentlik skoon.
Laat dit staan tot droog en voel en kyk vir oortollige silikoon.
Spuit n dun lagie Sika onder die nate voordat paneel teruggeplaas word.
Plaas paneel terug in posisie en druk ordentlik vas.
Neem "Masking tape" en plak op paneel +/- 2mm vanaf die kant.
Doen dieselfde teenoorgesteld aan stort kante se panele.
Druk Sika egalig uit en gebruik wysvinger en vryf egalig in vir gelykheid.
Verwyder Masking tape egalig.
Doen paneel tot paneel/slag
Moet nie alles probeer ineen doen nie, want dan gaan jy "Bollie" aanjaag.
Ek skryf Sika nie af nie, maar het bevind dat Soudaflex beter werk en is bekombaar by "Paint Tech".
Mede lid van CP: Leon het baie meer kennis op herseel, maar hoe ek verduidelik is hoe om te doen het hy my "Wys" gemaak.
Sterkte met Joppie, ek het my ex-Penta binne en buite so herseel sonder enige water lekke en na 5-jaar van permanent kamp was Soudaflex nog stewig.
Daar is nie 'n vinnige manier nie. Ek het wel gevind dat as jy die skraper met parafien lap smeer kry jy die skraper makliker tussen die pan en kant panele in. Jy kan ongelukig nie die pan uithaal nie, jy moet die skraper en ek gebruik ook die lemmetjie van 'n mat mes maar versigtig tussen die panele indruk en die silicone of sikaflex verwyder.
Sodra die duk stukke verwyder is kan jy die parafien lap hard op die orige dun sikaflex vry en dit sal dan daai laaste stukkies en dun gedeeltes verwyder. Baie belangrik is die sukses van die herseel joppie hang van die skoonmaak proses af. Nuwe sikaflex seel nie op of oor ou sikaflex nie selfde met silicone. Dit lyk asof dit seel vir n week daarna sal jy die onaangename takie weer moet aanpak.
As jy al die sikaflex afgekrap en afgevryf het vat thinners of Acetone en vee al die oppervlaktes liggies af om van die parafien se vetterigheid/olierigheid ontslae te raak. Plak weerskante van die laste die maskeerband met ongeveer 4 tot 5mm spasie tussen die tape. wend die sikaflex aan. Maak gelyk, ek gebruik my vinger en spoeg en trek die tape so gou as moontlik af. So kry jy 'n netjies seel las.
Belangrik is:
1. Verwyder alle ou sikaflex of silicone, ALLES.
2. Haal die parafien olierigheid DEEGLIK af.
3. Moenie lank wag om die tape af te trek nie. Die bo laag van die sikaflex SET vinnig en as jy die tape dan aftrek kom van die sikaflex wat moes gebly het saam.
4. Hoe skooner die voorbereiding hoe meer suksesvol is die seel werk.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Soudaflex of Sikaflex?
Ek maak maar altyd gebruik van die Sikaflex want dit verweer nie so vinnig nie want dit is meer UV bestand as ander produkte. As die buite werk is hy net so goed vir binne.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dankie Leon en Gerrie. Waardeer die aanwysings.
Ek het ook met KP van Durban, mobile caravan repairs, gepraat en hy bevestig daar is nie 'n shortcut nie, slegs Elbow grease.

Ek het ook met KP van Durban, mobile caravan repairs, gepraat en hy bevestig daar is nie 'n shortcut nie, slegs Elbow grease.

Dit is waar. Sodra die dik silicone of sikaflex af is help die parafien om die dun gedeeltes af te vryf.
Maar dit bly arbeid intensief.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Leon, weet jy of die pan uitkom as alle Silikon verwyder is, want die kant van die pan agter by die bankie, daai een gaan baie moeilik verwyder en dan om mooi skoon te ,aak want die pan skuif half onder die bankie se glasvesel in.

Leon, weet jy of die pan uitkom as alle Silikon verwyder is, want die kant van die pan agter by die bankie, daai een gaan baie moeilik verwyder en dan om mooi skoon te ,aak want die pan skuif half onder die bankie se glasvesel in.

Ne nee, jy sal nie daai pan kan uithaal nie. Ek het op 'n tweedehanse pan gesien by karavaan diens plek dat die pan ook aan die vloer vas gesikaflex is. Daar was sikaflex aan sy onder kant. So ek glo dis met almal so.
Ek het my huidige Exclusive se vloer pan en mure geseel laas jaar. Jy sal sien as jy die skrapertjie indruk dan kom dit redelik los en jy kan die dik stukke gemaklik by kom. dis om die dun fyn sikaflex uit te haal. Ek het 'n T-shirt lap om die skrapertjie gevou en dit nat gemaak met parafien en so in die gleuf waar die mure en pan bymekaar kom alles af en uitgevryf. Dit werk gemakliker want jy het dan 'n handvatsel.
As alles afgevryf is gebruik acetone om die parafien olie laag te verwyder. Daar is nie verf in daai area nie so die acetone maak geen ander skade nie. Dan is dit net weer sikaflex aanwend en jy is klaarr.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

