Jan, fantasties - baie dankie !
'n Paar vrae :-
Ek moet jou gelukwens - welgedaan !
Dankie Janack.
Verskil die Fabrikaat, Reeksnaam en Voertuigbeskrywing op die nuwe registrasie sertifikaat van die oue?
Met verwysing na punt 3. Gee Hi Q 'n brief ter bevestiging van die bande of die as die dra vermoe? Ek glo dit is die laaste maar wil net seker maak.
Alles goed en wel, fankie... maar ons gaan steeds staan by weegbrug?
Dankie Jan. Ek het eintlik verwys na die gegewens op die sertifikaat en wat op die E-Natis stelsel vasgele is.
Dit is interesant dat geen bevestiging van die as se dra vermoe nodig is nie. Ek aanvaar die as se dravermoe op die plaaitjie gelyk of meer is as die GVM.
So die woonwa is nog steeds
Fabrikaat = Jurgens
Reeksnaam = Palma
op die serifikaat?
Nog iets wat pla is, is die woonwa nou as 'n kode 3 = rebuild geklassifiseer? Kan seker dit nie sien op die sertifikaat nie. Moet seker op die Natis stelsel kyk.
Jammer vir al die vrae.
Jammer Jan, Het vergeet jy is nie tuis nie.
Die gegewens op die sertifikaat is vir my meer deurslaggewend. Wag op jou terugvoer wanneer jy weer tuis is.
Groete.
Jan, ek het geen agenda nie.
My bekommernis is die volgende. Indien die woonwa as Kode 3 = Rebuild geklassifiseer word dan mag dit ander gevolge he, naamlik
- versekerings probleme
en - verkryging van finansiering deur 'n voornemende koper die dag ek wil verkoop.
Vir die rede wil ek net seker maak waarvoor ek my inlaat indien ek ook die GVM verhoog.
Ek het ook al op 'n ander draad hieroor gesels.
Ek verstaan jou dilemma. Jy het geen keuse gehad nie.
Groete
Jan, baie dankie vir al jou antwoorde, ek hou hier dop,want oor twee weke gaan ek ook my Penta laat herweeg ens.
Anton
Wat sê die plaatjie ?
Ek het diselfde op my 1984 Jurgens. Ek wonder net wat wys op die stelsel? Want as hy daar ook nul wys dan gaan ek net eenvoudig vir my an ander plaatjie laat maak en dan opsit. Want hoe gaan hulle dan anders bewys?
Jan, baie dankie vir al jou antwoorde, ek hou hier dop,want oor twee weke gaan ek ook my Penta laat herweeg ens.
Geweet ons gaan die ding tussen ons uitgesorteer kry.
Dit vat net bietjie tyd en toets en vroetel. Nou net om te hoor of die fabrikaat en reeksnaam dieselfde gebly het.
Jorg
As hulle jou aftrek is dit jou probleem.
Ons karavaan is geweeg en by lisensie kantoor het hulle my na die Toets sentrum verwys, daar het die ou gevra ek moet die karavaan inbring want hoe ander moet hy seker maak war is die bande en aste se dra vermoë. Dit is gedoen en die toets geslaag, kan links agter se rem so bietjie opstel was die versoek. By lisensie was die betrokke dame nie beskikbaar nie maar is versoek om môre 08:00 daar te wees. O die toets gronde se koste was die standaard koste van R347.00
Die veranderings op Natis is gratis.
Jorg
Ja maar jy moes dit nagegaan het ?
Ek het dit gedoen want ek wil nie so lank daar staan nie, ek wil gaan kamp.
Jorg, ongelukkig is dit soos om teen donderweer te p%&p, hulle gaan jou daar by daai weegbrug hou tot jy ingee. Hoe meer jy jou gaan verset, hoe verder gaan hulle soek.
Ek het regs advies in gewin ivm gewig van my wa, prokureur sê as hy Jurgens se dokumentasie bestudeur, maak hulle growwe foute, maar, is ge"cover" deurdat hulle sê, jy moet jou kos by bestemming gaan koop, tent, pale moet sleepvoertuig toe. ens ens ens.
Jorg, ongelukkig is dit soos om teen donderweer te p%&p, hulle gaan jou daar by daai weegbrug hou tot jy ingee. Hoe meer jy jou gaan verset, hoe verder gaan hulle soek.
Ek het regs advies in gewin ivm gewig van my wa, prokureur sê as hy Jurgens se dokumentasie bestudeur, maak hulle growwe foute, maar, is ge"cover" deurdat hulle sê, jy moet jou kos by bestemming gaan koop, tent, pale moet sleepvoertuig toe. ens ens ens.
Jorg
Ja maar jy moes dit nagegaan het ?
Ek het dit gedoen want ek wil nie so lank daar staan nie, ek wil gaan kamp.
Jorg, ek mag natuurlik heel verkeerd wees, maar ek wonder of die Tarra, in julle geval, en ook Herman sin, nie dalk reeds toelaat vir 'n sekere payload nie, maw, die ware Tarra is bv dalk 250kg onder die gegewe data, en dat die "Tarra" nie reeds die GVM is nie?
Danie
Ek is in Pretoria, vra Admin my e-pos dan stuur jy vir my een.
Jan
Ek glo jy sal die regte vortuig van jou keuse kry wat se Tare meer as 1600kg is, hoe hoë die Tare van die voetrtuig hoe beter want jy wil nie hê die stert moet die hond swaai nie, in jou geval moet die Palma nie die sleep voertuig rond swaai nie.
My persoonlike keuse sal verkieslik een wees wat "AWD" is vir beter padhou vermoë, nie 'n 4 x 4 nie.