English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 031
Total Views: 82 377 422
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 422
Share all those nice recipes with everybody...

Hoe maak nens makriel gaar

replies: 11
views: 4309
05 Mar 2017 @ 14:56:49 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years
Ek wonder wie kan raad gee rondom die gaarmaak van makriel. Ons sal dit in die konveksieoond wil probeer.Dit nog nooit probeer nie.
Gebruik mens enige spesiale speserye.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2017 @ 08:19:12 am
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 35 years

More Danie - kyk bietjie op die website. Jan Braai resep, lyk heel lekker. Seker jy kan aanpas vir die oond.

http://braai.com/recipes/how-to-braai-a-mackerel/

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2017 @ 09:09:37 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ek het uitgesien dat iemand Danie antwoord.   Ek ken nie makriel of 'n konveksie oond nie.  Al wat ek weet is dat makriel mos 'n olierige vis is.  

Al wat ek weet van vis in 'n oond doen, smeer hom met 'n bietjie olyfolie, speserye en miskien bietje botter en bak in 'n bakplaat.   Iemand het wel eendag vir my gesê jy moet die bakplaat eers goed warm maak voor jy die vis daarop neerlê sodat hy dadelik begin bak en nie op 'n koue plaat eers staan en watertrek nie.   Die pan moet ook bietjie gesmeer wees en as jy die vis neersit moet jy eintlik hoor hy "sizzle" dadelik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2017 @ 12:12:27 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Freda baie dankie. Ons het gelees dat 2min is al wat nodig is op 'n plaat en gedink dit klink biekie min. Sal met my kok vroutjie met trail en error uitvind.

Julle kan gerus weens die lae krag verbruik 'n konveksieoondjie probeer. Die kos is baie sappiger as wat dit in 'n gewone oond gedoen word. Ons het die een wat 'n skerp halogeen lig gebruik vir die hitte so mens kan sommer sien aan die aan en afsit v d lig of die oond se timer klaar getime het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2017 @ 13:46:45 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years
Makriel is een van die lekkerste visse om te rook. As jy dus 'n rookapparaat het - vlek die vis oop vanaf die rugkant en laat die maaggedeelte die twee helftes aanmekaar hou (soos wat jy met galjoen doen). Afhangende van die grootte van die vis, gooi jy growwe sout lekker dik op vir sowat 30 - 45 minute. Spoel die sout af. Laat die ergste water 'n bietjie afdrup ('n wasgoedlyn werk goed as die vis met die pensgedeelte oor die draad hang (5 min). Weereens afhangende van die grootte van die vis (en jou hitte), rook jy dit vir ± 10 minute. Ek verkies om dit te laat koud word voor ek dit eet, maar sommige mense verkies hul gerookte vis warm.

Gerookte makriel op 'n toebroodjie?? Jy klop dit moeilik.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2017 @ 13:47:57 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Danie, as ek nog in my groot huis was, sou ek dit ook al oorweeg het.  Maar met die kombuis in my meenthuis, het ek nie plek om te veel los implimente neer te sit op beskikbare spasie nie.   Dis mos maar jou lot as jy die dag afskaal.   smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2017 @ 14:59:29 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Makriel is een van die lekkerste visse om te rook. As jy dus 'n rookapparaat het - vlek die vis oop vanaf die rugkant en laat die maaggedeelte die twee helftes aanmekaar hou (soos wat jy met galjoen doen). Afhangende van die grootte van die vis, gooi jy growwe sout lekker dik op vir sowat 30 - 45 minute. Spoel die sout af. Laat die ergste water 'n bietjie afdrup ('n wasgoedlyn werk goed as die vis met die pensgedeelte oor die draad hang (5 min). Weereens afhangende van die grootte van die vis (en jou hitte), rook jy dit vir ± 10 minute. Ek verkies om dit te laat koud word voor ek dit eet, maar sommige mense verkies hul gerookte vis warm.

Gerookte makriel op 'n toebroodjie?? Jy klop dit moeilik.

Chris ek het ongelukkig nie 'n beroker nie so sal maar in oond of in 'n pan moet gaarmaak. Dankie in elk geval vir jou resep met die makriel. Sal met trail en error probeer.

@Freda - ek eis om te dink aan die dag van afskaal. Al is dit net ek en Sue in die groot huis is dit tog lekker die spasie en als wat mens opgaar - en glo my ek kan opgaar :) Gelukkig werk Sue naby aan die huis en ons meestal tuis so dis nog iets ver in die toekoms in om te trek. Natuurlik is dit ongelukkig baie werk om skoon te hou.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2017 @ 19:20:11 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Stem met Chris, die Makriele was altyd gesien as net n lastige vissie as Kabeljoue daar is.
Totdat ek n paar gerook het, maar moet vars gedoen word, baie olierige vissie.
Danie, sit die extractor aan, plat ysterpot met saagsels onder in, vis op n rakkie. Huis kan dalk soos stroois ruik vir n paar dae, maar die moete werd.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2017 @ 20:36:29 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2692
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Galjoen doen ons in rooster wat opstaan langs die vuur, sodat die vet/olie kan afdrup. So gaan hy stadig aan, dan trek jy net vel af en vis is lekker sappig.
Ons doen 'n hele ribbitjie die selfde. Bietjie suurlemoen sap en spiserye. Sit die rooster op klip regop met graaf wat handvatsel regop hou net langs die kuier vuur, voor ander vleis gebraai word, of net so vir die twee van ons. Na lekker kuier en 'n paar draaie is hy sappig en sag. Indien jy hom bietjie ktisp wil hê, soos die vrou, dan sit jy hom paar minute bo oor die kole.
Geniet...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2017 @ 22:53:50 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Baie dankie aan almal vir jul resep vir makriel. Sal dit probeer. Iemand of almal se resep sal perfek werk :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Mar 2017 @ 07:38:31 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 371
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years
'n Roker is net die ding, maak daai vissie darem maar lekker gaar, maak nou nie saak watse vis nie! Het eendag sommer karp (varswater vis)gerook en die familie het gedink dis seevis. Kon nie genoeg kry nie!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Mar 2017 @ 08:17:20 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Die draad het my nou die dag laat besef ek is lus vir vis.   Mens eet te veel vleis as jy kamp.   Colin het gister ingery Baai toe, toe vra ek hy moet vir ons vis gaan koop.  Hy het teruggekom met stokvis filette, lieflik vars, sommer nog so pienk en deurskynend.  Net gewoonweg in die pan gebak, tog te lekker gewees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required