English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 555
Total Views: 82 434 455
topics: 408
replies: 3 969
views: 1 475 642
Talk about the current road conditions throughout the country

Hoe lyk die pad

replies: 5
views: 4667
20 Feb 2015 @ 14:49:18 pm
Chompie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 17 Feb 2015
Experience: 19 years
Hi julle het iemand onlangs die Harrismith, Ladysmith, Greytown, Kwadukuza pad gery of sal dit beter wees om N3 te ry, ons sleep met 'n Terios en is bang vir vreeslike gebergtes
Charmaine Sadler
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2015 @ 14:56:35 pm
Anonymous

Chompie, ry maar eerder die N3 vir jou en jou gesin se veiligheid. Ek weet nie of jy verwys na die alternatiewe roetes nie, maar as dit so is stel ek voor betaal maar eerder tolhek gelde en kom veilig by jou bestemming. 

Hoekom ek so sê is dat die alternatiewe pad na Ladysmith onvoorspelbaar is, twee van my vriende het verlede jaar Desember noodlottig dood verongeluk op daardie alternatiewe roete.

Vertrou ek beantwoord jou vraag

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2015 @ 15:29:55 pm
Chompie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 17 Feb 2015
Experience: 19 years
Die alternatiewe roete is 45km nader maar ek weet ons paaie is in 'n gruwelike toestand dit is hoekom ek eers net wil seker maak. Baie jammer oor jou vriende DK dit is baie hartseer.
Charmaine Sadler
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2015 @ 16:34:22 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Ons ry altyd met die N4 na Johannesburg voor ons dan met die N3 Natal toe gaan. Ek weet dit is 'n groot ompad, maar watter premie plaas 'n mens op veiligheid? Op 'n snelweg beweeg bykans al die voertuie in dieselfde rigting teen min of meer dieselfde spoed. Dit is daardie kop aan kop botsings wat noodlottig is.

Daar is min of geen slaggate op 'n snelweg nie. Een ordentlike slaggat kan al die besparing van 'n korter roete ongedaan maak.

Op 'n snelweg is dit makliker om hulp te verkry, hetsy nooddienste of insleepdienste. Selfs om 'n plek te kry om veilig af te trek kan 'n nagmerrie wees.

Probeer op 'n enkelpad verby 'n groot vragmotor kom as daar baie verkeer van voor af kom.

Waar daar 'n keuse is tussen 'n snelweg en 'n gewone pad,veral 'n besige een, sal die snelweg altyd wen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2015 @ 20:10:20 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 390
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 46 years

Gereeld daai kortpad met die bakkie gery, maar sal nie daar sleep nie.

 

Flip

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2015 @ 10:44:15 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Vat die N3 het laas naweek N3 gery lekke hoofpad hou net by die spoedgrens soos aangedui
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required