Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21906 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17689 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6140 |
Bostoe | 5447 |
BrianB | 5226 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3215 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2566 |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2148 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1990 |
Swanie | 1855 |
Nico | 1758 |
steamer | 1694 |
Hennie Botha | 1670 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1235 |
Louvan | 1228 |
RichardJ | 1131 |
Gerden | 1113 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 844 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 767 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 591 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 426 |
Harv | 424 |
Andre Smit | 416 |
Rare Breed | 415 |
1Pierre2 | 382 |
LEEN | 381 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Herman | 336 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Dieter | 265 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 195 |
BigG | 182 |
Trev1 | 181 |
Hoe kry afgetrenes hulle dae om?
Ek is van mening dat die grootste straf wat 'n afgetrede persoon kan oorkom is om niks te hê om te doen nie, en die hele dag te hê om dit in te doen.
Ek het genoeg stokperdjies om my elke dag besig te hou, en ek geniet dit terdeë. Elke aand wanneer ek die lig af sit dan besluit ek wat ek die volgende dag gaan doen.
Ek is lief vir buite kosmaak, hengel, veral vlieghengel, fotografie, houtwerk (ek maak goeters vir verskillende markte waar ek nie self hoef te sit nie), fietsry, kampeer, en natuurlik YouTube en Google. Inteendeel, ek spandeer miskien te veel tyd voor my rekenaar of op my iPad. Ek kyk baie min TV.
As ek terug dink aan die dae voor 1973, dan onthou ek hoe ons destyds ons tyd verwyl het. Ons het "window shopping" gedoen, oor en weer vir pêlle gekuier, tuin gemaak, sommer net gaan rond ry, baie inry toe gegaan en boeke gelees. Ek het nou nog baie Louis La'Mour boeke hier erens. En toe kom TV en jy sit voor die kassie van toetspatroon af tot die vlag waai, en daar waai die "window shopping", die oor en weer gekuier, want jy maak inbreuk op mense se TV kykery, en selfs die boek lesery ly daar onder.
O ja, en ons het baie gaan rond ry, sommer net om uit te kom. Ek kon my Auto Union se tenk met 'n twee rand noot vol maak. Aan die einde van hierdie maand gaan diesel miskien met R 2-50 per liter op, en dan kos my tagtig liter tenk R 200 meer om vol te maak, wat die rond ryery haas onbekostig maak, altans, vir my. R 200 was baie meer as my maandelikse sakaris toe ek begin werk het nadat ek geswot het.
Ek is dank die Vader bly dat ek nie genoeg tyd het vir alles waarmee ek my wil besig hou nie, want wanneer ek aan mense in oue tehuise of versorgingsoorde dink raak ek bang dat die dag dalk mag aanbreek dat ek niks het om te doen nie, en die res van my lewe het om dit in te doen!
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
Ai my vriend, nou praat jy ..ek is ook besig so met die pensionarisstatus saam!
Ek het 'n redelike goed toegeruste werkswinkel. My vrek gesukkel toe ons die huis in Gauteng verkoop het om alles hierby ons meenthuis in te pas, (moes selfs die deur van die huis na die garage verskuif om my draaibank in te kry!!), maar dit was gedoen.
Hou my besig met allerhande goed - hou daarvan om te peuter .... as iets nie werk nie, moet die reggemaak of vervang word.
Ry ook fiets - het 7 gehad toe ons in Parys aankom, maar uiteindelik 5 verkoop. Net my bergfiets en my "hybrid" (eintlik my kampfiets) oorgehou. Grondpaadtjies in ons omgewing WIL gery word. Doen party maande meer kilometers met die fiets as met my ander rygoed saam!! Was my karre (3 van hulle - elk het sy eie doel) ry rond met my motorfiets, werk so bietjie in die tuin, lees graag en ja, die tyd snel so verby. Braai so 4 - 5 keer per week, kamp met "Awol" ens. Finansies dwing ons deesdae om nie te ver te gaan kamp nie, maar ons probeer steeds om daardie deel aan die gang te hou.
Baie, BAIE dankbaar vir goeie gesondheid, geen skuld so ons gaan aan en geniet die lewe.
Ek moet dus erken dat ek nie weet waar ek voorheen die tyd gekry het om te gaan werk nie!
Pieter op jou vraag is my antwoord MAKLIK.
Ek dink as jy genoeg gehad om jou besig te hou buite werksure toe jy nog gewerk het, sal steeds genoeg hê na aftrede. Ek ken mense wat gedurende werksjare nie juis iets anders as hulle werk gehad om die tyd mee te verwyl nie en allerhande groot planne vir hulle later jare gehad het. Geen van hulle het aangename aftree jare gehad nie. Soos met alles maar, hoe meer jy oefen, hoe beter word jy daarmee. Dit geld ook vir vryetydsbesteding
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
I don't have enough hours in the day.
I reload and shoot. I have numerous projects on the go at any one time. Do daily shopping for fresh goods. I go fishing. Do maintenance around the home.
The past 4 days have been consumed making a Cold Frame to start my new chilli seedling in as well as my Black Monkey Thorn and Yellow Fever Tree Bonsai's. Nearly finished with the frame will be done by Friday. Sanding the entire thing and now painting, just need to fit the clear sheet to the lid and then I am done.
Preparing to take my one grandson shooting on the 02/09/2023 which he wants as his birthday present. Just me and him. 6 calibers that need rounds, targets than need preparing etc.
Then must complete my cartridge case annealer. Must start shaping and fitting my new Walnut rifle stock and getting that nice London Oil Finish to it. Need to build dedicated bases for my modelling lathe and milling machine and upgrade the speed controllers.
Must complete my RC Place build, another grandson project.
Must fit my new SS Hard Drive to my Laptop and add the extra 8mB RAM.
Going to start walking soon as exercise, just bought some dumbbells to work my upper body.
Need to fit new control cables to my boat to get ready for summer fishing.
There are many more on the list.
One too many wasted sunsets, one too many for the road.
Ons was nou vir 30 dae by eiland gekamp ek kan maar doen met die leef styl
Haak daai wa kamp bly koning
My vroutjie sien my bitter min, ek vang heeldag vis
One is never too old too learn
Hoe kry afgetredenes hulle dae om?
Maklik!! Ek is al meer as 8 jaar amtelik afgetree. Ek het nog nooit enige noemenswaardige stokperdjies gehad nie. M.a.w. ek het niks wat my besig hou in daardie verband nie. Maar ek en my beter helfte kamp graag (soms vir 3-4 maande aaneen), besoek ons kinders en kleinkinders, speel rolbal en jukskei, hengel van tyd tot tyd saam met my seun by Hentiesbaai, kuier die wêreld oor (via Google) - aag noem maar op. Geen vervelige oomblik nie.
Ek weet nie wat van my vorige plasing geword nie, maar ek sekondeer met Chris.
Ons geniet ons aftrede en is besig elke dag: 24/7 en ons is "Permies".
Nogsteeds soos voorheen, beplan ons die jaarlikse vakansie, bv: Maart, April of September???, maar nooit binne seisoen nie.
Ons beplan begin September, maar wag op brandstof heffing.
Gerdien, hoe spandeer julle die binne seisoen tydperke?
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
Jy moet maar vroeg ingooi. Die voorspelling is dat petrpl dalk met R1.40 per liter sal styg en diesel met R2.70. Toe ek hier laat 60's begin petrol ingooi het (gellings) het dit maar sowat 10sent per liter gekos. Maar my salaris was maar R110 per maand.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Jy praat waar woorde Fred. In 1967 het ek op'n Vrydag met R 10 in my sak van Jhb af Pretoria toe gery, my meisie gekry, Durban toe gery en op pad steak burgers in Escourt ge-eet, in Durban by my suster oorgebly, Sondag weer op pad terug steakburgers ge-eet, Pta om terug Jhb toe , gerook, bier gedrink en kleingeld oor gehad van die R 10. Deesdae spandeer ek maandeliks 25% meer aan vooraf betaalde elektrisiteit vir ons huis as wat my jaarlikse salaris toe was. Ek het 'n Auto Union gery wat nuut minder gekos het as genoemde maandelikse elektrisiteitsaankope.
Voor 1973 het ons gedink "inflation" het net een betekenis gehad, en dit was om bande op te pomp!
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
Dit is "peak seisoen" en die gees is dan hier onbeskryflik met al die vakansie gangers.
Geen geraas na 22h00 word toegelaat nie asook nie harde musiek nie.
Hallo, ons is nog gelukkig om te kan loop. Waar ookal ons staan loop ek seker 2 ure, elke tweede dag, tussen die diere. Eenkeer n week ry ons uit om te gaan verken. Ons begin nou ons 4de jaar op die pad. Ons is nou by ons 22ste park. Geen tyd om verveeld te wees nie. Dit was KZN, ons verken nou die Vrystaat. Groetnis
Jong jy soek na al die onbekende parke. Daar is altyd plek en hul jaag nie die pryse op nie.
Ek kan ook noem, ons staan van November tot Januarie.
Was al by Glensheiling, Nottingham Rd. Bus baby lodge in Hluhluwe, Kwarie caravan park en Battlefield caravan park, Dundee, oor n Desember.
Groetnis
Dit klink baie interessant. Julle is dus deeltydse "permies"ð
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Tans is ek nou klaar na 2 dae se spandeer aan my voertuig met skoon maak na die Augustes winde om al die plaas grondpaaie se stof uit te kry.
Daarom noem ek, "Permies" is nie net van opstaan, ontbyt en agter oor sit nie omrede jy begin met jou daaglikse beplanning.
Vrydae is my agter oor sit en word kalm.
Maandag word die wa en sytent aangevat vir "Springclean" wat my minimum Å week sal neem indien nie langer nie, daarom is daar altyd en elke dag Å "Joppie".
Verveligheid is daar nooit as jy afgetree is nie.
Moontlik by die huis sal dit jou verveel, maar met lang termyn kamp is daar nie tyd om verveel te raak nie.
Ek doen net wat ek wil wanneer ek wil en as ek nie wil nie dan doen ek .. uhm ... f ol. En .. as ek nie van die dag hou nie dan verander ek sy naam ... maklik!!
'n Vriend wat afgetree is, het 'n bordjie op in sy kuierplek wat lui: "Ek moet niks!"
'n Afgetredene se vrou vra hom wat hy vandag gaan doen en hy antwoord "Niks". Sy sê maar dis wat hy gister gedoen het en hy sê "Ek is nog nie klaar nie".
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Capie (Riaan) welcome to and enjoy the forum
Dievraag in die onderwerp is eintlik bietjie negatief. As jy jou dag probeer omkry, is jy in die ouderdomsgroep wat die bybel van sê jy het geen behae meer in jou lewe nie. Ek dink ons moet eerder probeer om die dag te rek eerder as om dit om te wens. Kry iets wat jou oogewonde maak en waarna jy uitsien, al is dit ook iets wat nog ver in die toekoms lê soos om n vakansie vir oor n jaar te beplan. Ek, soos seker ander wat mense probwer oorreed, leef nie altyd iit wat hulle verkondig nie, maar n mens moet immers probeer.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven