Aan my kant is dit 'n leef wyse wat saam met my ouers gekom het. Ons het van kleins af saam met hulle gekamp. My ma het 'n film kamera gehad wat sy "home movies" gemaak het van toe ons nog baie klein was.
Daar iewers is 'n ou film onder andere waar hulle met 'n ou Austin Healey (Spelling die land basies deur kruis het en ou Meiringspoort is ook daar op.
So ons as kinders kamp al vandat ons kan onthou.
Aan my wederhelfte se kant, het hulle altyd by Watervalle in die Kaap saam met haar ouers gaan kamp in tente. As kind het hulle daar in die rivier met kar tubes afgery en tussen die wit spoel klippe swem poele gebou.
So in my gesin is die kamp virus al van kleins af in ons se lywe. Het ook fotos waar my kids as babatjies op die strand kruip. So dra mens mos maar die kamp virus oor.
Ek en my vrou het self begin met tente many moons ago
My vrou en ek het albei groot geword by kus gebiede.
Sy in die Wes-Kaap, ek in die Oos-Kaap.
Gedurende vakansie tye het die familie van Transvaal gewoonlik kom kamp in ons omgewing en daarom het ek die geleentheid aangegryp om saam te gaan kamp.
Met ons verhuising GP toe en ons seun pas gebore, het my vrou en ek en seun die hotel, woonstel of chalet ding gedoen.
Nadat die seun op sy eie gegaan het, het my vrou en ek vir ons 'n 4-man Cabin tent aangeskaf met al die nodige kamp toerusting. Met die al die nodige kamp toerusting het ons vinnig uitgevind dat die ou 4-man tentjie ver te klein is.
Ons het toe 'n 16-man Lagoona tent aangeskaf waarna aantal kampeerders my tot raserny gedryf het omrede hulle graag so tent wil bekom.
Die laaste kamp met hom was by Weesgerus, waar ek die bes gegee het en toe besluit om hom sommer daar en dan te verkoop.
Ons bekom toe 'n 3-vertek tent wat vir ons voldoende was en ook groot genoeg om al die kamp toerusting te akkommodeer.
Na 'n paar kampe met hom, besluit ons die karavaan weg waarvan ons onseker oor was. Ons skaf toe vir ons 'n goedkoop 1981 Caravette 4 aan en sien die karavaan lewe is nogals interessant.
Na so 4-kampe met die C4 (ou Skorra), besluit ons om luukser en groter te gaan en geniet elke oomblik wanneer die tyd dit toelaat om te gaan karavaan kamp.
Indien die terrein of die tyd dit nie toelaat nie, word die tent vinnig gelaai en ons neem die pad natuur toe.
Tans het ons nooit weer teruggekyk na chalets of woonstel kampe nie en kamp nou al sedert 2002.
Ek het by die kus groot geword. As familie was ons mal oor visvang. Maar dit was te rof vir die vrouens. Om by die beste plekke op die wilde kus uit te kom was dit maar slegte paaie en kamp in 'n groot swaar ou weermag tent. Geen 4x4 --'n Morris Oxford nogal - en ons was klomp!. Baie keer deur 'n span osse uitgesleep.
Geen kragopwekkers, Engels, Snomasters, of son paneele ens- dit was droe ys parraffin lampe en vleis wat later 'n reukie kry! Later het ons gas lampe en gas vrieskaste gekry.
Maar ja ons het darem groot vis gevang - iets wat jonges vandag nie van weet nie.
As kind het ons nie gekampeer nie. Toe ek so tien jaar oud was, het ons aan die Natalse kus by familie 'n dag gaan deurbring wat by 'Toti in 'n Gypsey karavaan uitgekamp het. Ons het in 'n vakansiewoonstel gebly. Dit was vir my die wonderlikse ding en ek het myself beloof as ek groot is, gaan ek ook een hê. Ek het toe ek begin werk het, 'n paar keer in 'n tent gaan kamp en na ek getroud is, ook saammet my vrou. Toe ons jongste seker so drie jaar oud was, het ons ons Sprite Supersport gekoop, en ek het tuisgekom! Dit was net so wonderlik as wat ek my voorgestel het en die hele familie het saamgestem. Ons het maar die kinders grootgemaak met meestal uitkampvakansies en ons twee getroude dogter het ook hulle mans tot uitkamp bekeer en kamp gereeld met hulle gesinne. Vandag is ons nog steeds net so gaande hieroor en geniet ons Oystertjie terdeë.
Op skool in Oos Londen maar by die Voortrekkers aan gesluit. Baie kampe gedoen ................sonder tente. Of dit nou reen of nie....kamp sal ons kamp.
Baie jare nadat ek getroud is het ons weer begin kamp. Eers tente geleen by vriende, toe tente gekoop. En net toe die Lorrie begin lyk soos hierdie Zim bakkies wat hier by Polony City verby ry, toe koop ek my eerste wa. 1992 Gypsey Caravette 5 (dis waar Grumpy vandaan kom) Lekker wa.......moes hom nooit verkoop het nie.
Terloops, my ouers het nooit gekamp nie. Inteendeel, hulle het nooit vakansie geneem nie. My stiefpa het n slaghuis gehad in Oos Londen. Vakansie tye was die slaghuis se "Spiek tye"
Back in the late 1970s my father had a VW 1600 Kombi and tent combo.
- Green Heart Caravan Park somewhere along the south coast of KZN.
I can only remember the beach had massive rocks and was only good for his sea fishing.
Us kids did not have a sandy beach or rock pools to play in, unless we walked further South or something.
But his fishing was great at the time, so we ate fish most nights while camping.
It was the time when that song "Radio Ga Ga" came out by Freddie Mercury
Ons het laasjaar n gemeente naweek by Weesgerus gehou. Daar was kampeerders en chalet bewoners gewees. Ons het n hele sirkel bespreek. Ons het die gemeenskaplike braais ensovoort dan sommer in die sirkel gehou...so die chalet bewoners moes afkom soontoe. Die een ou wat in chalet gebly het kon nie glo hoe gesellig dit was in die karavaanpark en hoe die mense lekker saam kuier en geniet nie. Hy het sò baie daarvan gehou...hy het nou vir hom ook n karavaan aangekoop. Soos ek sê: kampering is aansteeklik!
Vriende van ons het ook vir eers saam met ons gekamp en in die Add-A-room geslaap. Daarna het hulle self 'n ou klein Sprite aangeskaf. Later opgegradeer na 'n Swing toe en tans Kamp hulle met 'n Jurgens Classique.
Nog 'n bewys dat kamp aansteeklik is.
Ons het in baie maar soos in baie moeilike omstandigehede begin kamp.
Dit het begin met 'n 4-man cabin tent. Ons het bespreek by 'n oord aan die suid kus gedurende 'n Desember.
Met die aankoms by die oord, het alreeds 'n gly gekry in die plek. Die ontvangs het geruik na gebrande bacon wat die ontvangs dame besig was om vir haar te maak. Die ontvangs was uiters onnet, maar ongelukkig alreeds vooruit betaal en so moes ons maar neem wat na ons toe kom.
Die staanplekke was chaos en onnet, dan wil ek nie eens praat van die ablusies nie. Jy is te versigtig om net jou voete afte spoel.
Die eerste nag begin die wind erg te waai met reën buie. Die volgende dag besluit ons, ons ry meert Uvongo se kant toe uit en soek vir 'n ander oord. Ons val toe vas in die verkeer.
Omrede ons al voorheen in 'n chalet gekamp het by Caravan Cove, kontak my vrou hulle. Twee staan plekke beskikbaar. Ons neem een teen 'n plaas se prys. Daardie hele 2-weke reën dit aanhoudend, maar ons het gekamp.
Ons 2-de kamp met 'n 16-man Lagoona tent by Weesgerus, dieselfde ding. Baie mooi weer in die oggend, maar agtermiddag begin dit onophoudend reën dat die modder deur die tent se grondseil suiwer, maar ons het gekamp tot ons tyd verstreke was.
Ons kamp nogsteeds onophoudend en ek dink dit sal moeilik wees om daarvan af te sien.
'n Kollega het woonwa gesleep en menige klubkampe gedoen en ek kon nooit verstaan wat met die man en sy vrou verkaaerd is om te kamp nie, dit was vir my 'n totaal vreemde ding. Ou Piet het my later oortuig om ook woonwa te sleep met die goeie raad om te begin met 'n oordentlike sleepvoertuig.
So het ek 1973 'n Ranchero 500, V8 aangeskaf en begin met 'n Travelite woonwa. Eerste toer was vanaf Witbank na Pongola, St Lucia, Uitspan Caravan Park, King Fischer Caravan Park. Die Ranchero na 8 jaar verkoop toe brandstof beperkings baie erg word. Skaf toe 'n VW Kombi aan maar dadelik V6 Ford masjien laat installeer en sleep toe 'n Sprite Sunway. Kapers (nou nie Kapenaars) het te lief geword om die Kombies te kaap en moes ek weer deurloop in Louis Trichardt terwyl ons op Tshipise gekamp het. Volgende dag in Musina 'n 2001 Toyota 30KZTE raakgeloop en die Kombie ook daar verkoop. Die Toyota sleep steeds maar nou 'n Sprite Super Sport wat ek in 1992 aangeskaf het.
Nog nooit spyt dat ek begin het om woonwa te sleep en oordentlik te kamp nie.
Dit het in 1959 met 'n groot Voortrekkerkamp in Oos Londen begin. Bell-tente en kombersrolle op die grond/gras. Dit het baie gereën en daar was sulke laang erdwurms in die tente. Alles was nat maar die gogga het gebyt.
Daarna in die Weermag in enigiets geslaap, van grondseil tot karavaan, steeds het die gogga geklou.
Het later tente geleen en toe gekoop - steeds lekker gekamp. Later ook 'n daktent op toer deur Namibië. Nog later met 'n sleepwa en daktent verskeie ervarings, maar die lyf wou nie meer die rondrits hanteer nie en het nou 'n Sprite Splash waarmee ons kampeer.
Dit bly 'n fees en gaan nog lekkerder word wanneer ons die langpad vat vir 'n paar maande.
Dag mense ek het vroeg in my lewe die onder vinding gekry om te kamp en jare later met my nuwe vrou het die kamp gogga my totaal gebyt want my liefste vroulief is 'n buite lewe mens en ons het met tent vir 4 begin tot ons die agt man tent en toe die gypsy karavet 5 karavaan en nou die Sprite Sprint karavaan en nou die dag 'n sterker hak laat aansit na ons toer kaap toe en terug met 'n 750 kg hak met 'n 1.100 kg moes karavaan moes dit hak by ingeneur firma plaaslik bou vir die Mahindra Bolero wat hulle moes skep van die een wat daar op was en dit moes aanpas en verleng onder die agterkant. Alles het 9 ure gevat en ja dit kan tot so 3000 kg hanteer nou koste was R5500 en op die ou ent R5000 gekos na werk klaar gedoen was. Ons gaan die hak nou einde van die maand die hak toets as ons na Chelmsford toe gaan vir die naweek naby Newcastle. Met die gevolg is ek en my vroulief ou kampers met my vrou se ondervinding met kamp in die kinder tyd en my eerste ervaring is ons twee 'n gedugte span saam en die leer saam met vroulief kan ons nie wag om te gaan kamp nie.
Tot later en mense genet die kamp lewe en die natuur, ons beplan 'n volgend toer na wie weet waar.
Groete almal.
My ouers was groot kampers
En dit was vet pret ongelukkig het ek nie daarmee voortgegaan en my manlief het die gogga weer laat herleef en Jene ek besef nou weereens hoe ek stagneer het nou is Daar weer n huppel in my Stap my bloed is rooi en nie meer pink maw ek LEWE weer
Wat n voorreg en dankie vir die forum my lief dankie dat jy saamkom en saam geniet
Het as kind saam die familie gereeld gaan visvang by Van Der Walt en Strijdom se plaas by Vaaldam. So in n tent gebly of sommer in die ope lig geslaap.
In die weermag tydperk het ek nie die vooreg gehad om in n bungalow te bly so tent lewe was die ding en toilets was ook in n tent of agter n bos.
Daarna het ek met n Venter trailer wat se kante ek verhoog het sodat my deep freeze en my 8 man tent daar kan inpas. Paar jaar kamp gelos toe skaf ek my n karavaan aan. Nog nooit spyt daar oor.
Het as kind saam die familie gereeld gaan visvang by Van Der Walt en Strijdom se plaas by Vaaldam. So in n tent gebly of sommer in die ope lig geslaap.
In die weermag tydperk het ek nie die vooreg gehad om in n bungalow te bly so tent lewe was die ding en toilets was ook in n tent of agter n bos.
Daarna het ek met n Venter trailer wat se kante ek verhoog het sodat my deep freeze en my 8 man tent daar kan inpas. Paar jaar kamp gelos toe skaf ek my n karavaan aan. Nog nooit spyt daar oor.
Vertel bietjie waar jy in die weermag was? Ek dink ek sal dit nogals geniet om te weet.
Dennis manne gaan my stenig dies van die draad af.
4 SAI, Berede Potch, Swaspes, Moot Komando.
Bak oor, ons as family het by Strijdom se Plaas in die 70's gekamp met a tent en lekker vis gevang daai dae. Die tent het nie 'a built in ground sheet' gehad en as dit gereen het was dit a bietjie van a nat besiheid. Toe koop my Pa later die Musketeer.
My pa wou die kamp ding doen toe ek nog in die huis was en het n nuwe groot 2 vertrek tent gekoop. Maar met die eerste kamp het hulle ongelukkig uitgereen en dit was vir my ma n slegte ervaaring. Met die tent terug in die sak was dit vir hulle die einde van kamp vir hulle. Ek het ook maar soos baie van ons genoeg tyd in 16x32 tente spandeer. Kamp was dus nie n probleem nie en het toe die tent by my pa oorgeneem. Ek is later getroud en my vrou het dit geniet om saam te kamp so het ons baie lekker tye in die tent van pa rond gehad met vrou, kinders en honde. Later het ons begin karavaan kamp maar toe die kinders uit die huis is het die behoeftes verander en tyd het n probleem geword. Wegbreek vir kamp het min geword en dan moes ons ook nog alleen kamp maak toe het ek dit maar verkoop. Kamp kon egter nie uit die bloed nie en dit was nie lank nie en ons het maar weer n tent aangeskaf. Later maar weer n kleiner en goed ingerigte karavaan, man nou kamp ons lekker.
My pa wou die kamp ding doen toe ek nog in die huis was en het n nuwe groot 2 vertrek tent gekoop. Maar met die eerste kamp het hulle ongelukkig uitgereen en dit was vir my ma n slegte ervaaring. Met die tent terug in die sak was dit vir hulle die einde van kamp vir hulle. Ek het ook maar soos baie van ons genoeg tyd in 16x32 tente spandeer. Kamp was dus nie n probleem nie en het toe die tent by my pa oorgeneem. Ek is later getroud en my vrou het dit geniet om saam te kamp so het ons baie lekker tye in die tent van pa rond gehad met vrou, kinders en honde. Later het ons begin karavaan kamp maar toe die kinders uit die huis is het die behoeftes verander en tyd het n probleem geword. Wegbreek vir kamp het min geword en dan moes ons ook nog alleen kamp maak toe het ek dit maar verkoop. Kamp kon egter nie uit die bloed nie en dit was nie lank nie en ons het maar weer n tent aangeskaf. Later maar weer n kleiner en goed ingerigte karavaan, man nou kamp ons lekker.
Tans sit ons met dieselfde probleem. Toe ons seun nog in die huis was, was ń wegbreek geen probleem nie.
Nou dat ons al ń geruime tyd alleen is, is die wegbreke beperk. Die tyd laat dit eenvoudig net nie toe om net weg te breek nie.
Albei my vrou en ek beklee sleutel posisies en daarom is verlof minimum en as daar tyd is vir wegbreek, is jy genoodsaak met ń selfoon permanent in jou sak.
Soms het ek gewonder of dit regtig nodig is om ń karavaan te besit.
Dit gebeur maar nog met ons ook soos wat jy dit beskryf maar ons maak deesdae tyd dan kamp ons maar vir die naweek naby die huis of werk in geval mens uitgeroep word. Ek steek maar die selfoon in die sak en antwoord net dringende oproepe dit wat kan oorstaan sien ek maandag na om.
Maak tyd is al wat ek kan se ons tydsaam alleen is ongelooflik kosbaar van paddaboutjies (ons woonwa) ontslae raak aikona kwaliteit tyd saam dis wat sy ons gee 💐
Maak tyd is al wat ek kan se ons tydsaam alleen is ongelooflik kosbaar van paddaboutjies (ons woonwa) ontslae raak aikona kwaliteit tyd saam dis wat sy ons gee 💐
Ons kamp juis komende naweek tent voor die groot kamp met die wa by Weesgerus gedurende April.
EK hoop en vertrou julle geniet die tydjie saam lekker rus
Kamp bly kamp. Of dit nou kort of lank is. In 'n tent of in 'n sensasie van 'n wa. Solank ons net kan kamp.
Kon noodgedwonge sedert Oktober 2018 tot nou, behalwe vir vinnige 8 dae by Drakensville in Februarie, nie kamp nie.
Ek en die vrouw sit nou beide met ontrekkingsimptome. Dit is regtig onaangenaam.
Maar, ons tyd kom van April af, "come hell or high water" Eiland toe sal ons gaan.
Ek het in 1964 begin kamp.
Ek was ge-kys met 'n vreeslike oulike girltjie wie se ouers met 'n tent gekamp het. Ek was dol verlief en hulle het by Rustenburg Kloof gaan kamp. Ek het myself saamgenooi, maar haar pa het gesê ek kan my kos op sy vuur gaar maak, maar vir die res was ek op my eie.
Ek het 'n Auto Union (DKW) gehad, en al genade was om die passasiersitplek se rugleuning los te skroef sodat ek 'n bed kon maak in die karretjie. Geld vir kampeer toerusting het ek nie gehad nie. Haar ma het gelukkig gesorg dat ek nie honger ly nie.
Na die Auto Union het ek 'n Mini stasiewaentjie gekoop, want ek kon 'n stretcher bo-oor die sitplek rugleunings staan maak, en het verder saam met hulle gekamp.
Ons is in '69 getroud, en het van '70 af met 'n karavaan gekamp. Dit was 'n Jurgens waarvan die binne ligte nog met gas gewerk het.
Hoe het Oupa gesê? "Jeug is tog 'n wonderlike ding. Wat 'n jammerte dat dit op jong mense vermors word!"
Dit is Junie 1969 :
Ek werk in 'n bank en staan op troue in Augustus. Ek word onverwags verplaas na die bank se Inspeksie-afdeling waar ek op 23-jarige ouderdom die assistant van die inspekteur word. Dit beteken geen vaste domicilium nie en permanent rondreis deur die land, insluitend die destydse Suidwes-Afrika. Die tradisie was dat sodanige personeel in hotelle tuisgaan en die jong mannetjies was gewoonlik nie getroud nie. Wat nou ?
Beide ons ouers was nie kampeerders nie en 'n week voor my troue koop ons 'n splinternuwe Sprite GT woonwaentjie wat ek van voorneme was om met my Ford Anglia 1200 te sleep. Ons is toe sommer vir ons wittebrood na die Natalse Noordkus toe met die klein Sprite en hier het ons karavaan-kampeer-ervaring begin.
Ons het Suid-Afrika en Suidwes-Afrika platgery met hierdie kombinasie en na 50 jaar staan daar nog altyd 'n karavaan op ons erf !
Hier staan ons tweetjies by ons karavaantjie net voor ons eerste kampervaring :-
Lennie, jy roep nou ou dae terug. Veral die in die kar slaap, solank "girl" in die omgewing is trotseer jy enige iets. Goeie ou dae, nie dat vandag sleg is nie, praat van jonkheid.
Ai Lennie hoe verlang ek nou terug na daardie dae. Ek en Susan se eerste karavaan was ook n Sprite GT. Van glasvesel gemaak. Ons het hom met n destydse Cortina 1600 bakkie gesleep. Ons was brandarm en was op Frankfort (OVS) gestasioneer. Elke Desember het ons 30 km verder by die Jim Fouche vakansieoord by die Vaaldam gekamp met die GT. Die verlof was min en ek moes daagliks inry Frankfort toe om te gaan werk en vanmiddag terug om verder te kamp. Naweke was ek heeltyd daar. Ek sou enigiets gee om dit vandag terug te kry........maar nou ja.
Piet wat praat jy. Myself en van my kollegas het baie by Jim Fouche gebly as gevolg van werks omstandighede. Een jaar is dit so droog dat die beeste wei waar water moet wees en dan paar maande later is water tot by rondawels. Lekker man, lekker
Piet, net ingeval jy vergeet het hoe lyk die binnekant van die Sprite GT, kyk hoe lekker slaap ons tweetjies hier binne-in die GT, 50 jaar gelede !
Lennie jy laat n man hard dink
Daardie fotos is amazing en kosbaar. n Kamera is n wonderlike ding en word so as algemeen aanvaar in vandag se tyd.
50 Jaar se memories vasgevat verewig. Ek en my vroutjie het laat getrou maar ek maak seker my kamera werk elke keer
En in daardie tyd hak jy jou karavaan Sommer met n Anglia. Niks ge kilowat en Newton meter
Dit is goeie ou dae, Onvervangbaar.
Pragtige fotos Lennie. Iets wat my opval is die horlosie en ring aan die regterarm en hand.
Was dit mode, of is die foto van die verkeerde kant van die negatief ontwikkel.
Ek sal moet diep grou om te kyk of ek fotos/skyfies het van ons eerste tent waarmee ons die ou Suidwes getoer het in 1973.
Ja, ek dra nog steeds my horlosie aan die regter arm en daardie einste goue ring met die swart steen was my "kys"-ringetjie en ek dra dit vandag nog ! Die foto is dus heeltemal reg geplaas.
Daardie Anglia en Sprite GT het al vier windrigtings in Suidwes-Afrika geloop, tot bo in die noorde by Etosha, wes tot in Wavisbaai en oos tot by Gobabis. Ook natuurlik in Windhoek en dan in die suide, Mariental, Keetmanshoop en Karasburg.
Ai man, wonderlike tye en geleenthede wat oor ons pad gekom het.
Just talking about old photos & slides, I made a stupid mistake back in the late 80's on our first Cape Tour in our new 2nd hand Pooky 2, in that I bought slide film instead of photographic and the only record I have of that trip is in slide form.
Does anyone know if I can have these converted to print or USB stick these days?
There are people that convert photos, negatives, slides and 8 mm film to digital. Seen it advertised but cannot think where at the moment. Try shops like Photo First to give you guidance. Maybe they do it.
Steamer, years ago I bought a small USB film & slide scanner called Ion Power Scan. Can't remember where, when and at what price, but it works like a dream. I found the exact product here :-
Hope this helps.
Thanks Hendrik & Len. Time I dug them out and took a visit down memory lane.
Dis die karavaan, dis sy skuld wat my heeltemal op die kamp bandwagon gesit het. My eerste outjie.
Sprite Super Sport 1996
Ma en Pa kamp nou alleen sonder aanhangsels so hoe gouer julle di Wildebeest Kalfie op classifieds vir my bemark hoe gouer kan ons ook n regte egte karavaan kry wat ons verder self kan hanteer sonder hulp.
Ma en Pa kamp nou alleen sonder aanhangsels so hoe gouer julle di Wildebeest Kalfie op classifieds vir my bemark hoe gouer kan ons ook n regte egte karavaan kry wat ons verder self kan hanteer sonder hulp.
2016 Jurgens Fleetline R200 000 nou beskikbaar