English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 468
Total Replies: 252 181
Total Views: 83 215 051
topics: 11 537
replies: 138 854
views: 39 326 547
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Hoe eerlik is kampers en sommige engeltjies?

replies: 68
views: 1276
page 2 of 2
28 Feb 2020 @ 08:02:53 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ons hou van n lekker oord in seisoen soos bv Weesgerus as die kinders speel en die mense hulleself geniet.

In die Wildtuin moet dit stil wees, finish en klaar.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 08:19:37 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3452
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die geluid van klein kinders wat speel, pla my gladnie, trouens dis vir my mooi.  'n Kind wat hoorbaar speel is 'n kind wat nie voor 'n rekenaar sit en vet word nie.  En 'n karavaankamp kon wel spesiaal vir kinders gemaak gewees het, nie vir 'n klomp grommelpotte nie.  Ek wonder of al die klakouse, toe hulle kinders was, mooi soet tot sewe uur soggens gedurende vakansie, stil in die bed gelê het en of hulle ouers dit van hulle verwag het. Sommige mense kla ook oor voëls wat hulle vroeg wakker maak.  Komaan mense- wees bly daar is nog natuur oor.

Die ou klomp klakouse behoort maar eerder nooit uit hulle aftree-oorde te kom en die ander jong en jonk-van-gees-mense se pret kom bederf nie.  Ek aanvaar daar is dit seker doodstil sodat Ouma en Oupa se slaap nie dalk versteur word nie.  As jy verplig voel om te slaap, en sukkel om dit te doen, doen jy dit in elkgeval te veel.  Binnekort sal hulle tog vir 'n lang tyd rustig kan slaap.  Intussen, kry 'n lewe en geniet dit!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 08:46:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16115
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Als wat julle sê is 100% waar.  Kinders moet speel en hulle self geniet.  Dis tog die rede waarom die gesin kom kamp het.  Maar ek kan jou 'n brief gee dat daar Pappas en Mammas is met die woelige klein kinders wat ook graag regtig wil rus op 'n kamp naweek.  So boetietjie moet hom self geniet ek stem maar nie ten koste van ander se genot nie.  Wat is die  moeilikheid om hom net 'n uur later op die skop scooter te laat klim.  Vra maar net.... ................. dit gaan mos maar oor neem ander kamp gebruikers ook in ag.  Soos wat hulle weer vir boetietjie die res van die dag sal verdra op sy scooter.

Oor die algemeen besoek ons oorde wat stil en minder gewild is of wat voorsiening maak vir die kinders wat kan baljaar by die swem en speel areas entjie weg van die algemene kamp areas. 

En as ek by 'n besige oord bespreek soos ATKV se Natalia of Klein Kariba dan is ons "mind set" so dat dit baie besig gaan wees en ons neem verlief daarmee.

Ons hou van n lekker oord in seisoen soos bv Weesgerus as die kinders speel en die mense hulleself geniet.

In die Wildtuin moet dit stil wees, finish en klaar.

 

Ja ek kan verstaan by sekere oorde skep die oord se ligging eintlik die atmosveer en  gelukkig is dit die tipe mense wat van so atmosfeer hou wat daar kamp en maklik by die atmosveer inval.  Ja jy kry die uitsondering op die reël, maar hulle is in die minderheid.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 08:53:02 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 547
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Die geluid van klein kinders wat speel, pla my gladnie, trouens dis vir my mooi.  'n Kind wat hoorbaar speel is 'n kind wat nie voor 'n rekenaar sit en vet word nie.  En 'n karavaankamp kon wel spesiaal vir kinders gemaak gewees het, nie vir 'n klomp grommelpotte nie.  Ek wonder of al die klakouse, toe hulle kinders was, mooi soet tot sewe uur soggens gedurende vakansie, stil in die bed gelê het en of hulle ouers dit van hulle verwag het. Sommige mense kla ook oor voëls wat hulle vroeg wakker maak.  Komaan mense- wees bly daar is nog natuur oor.

Die ou klomp klakouse behoort maar eerder nooit uit hulle aftree-oorde te kom en die ander jong en jonk-van-gees-mense se pret kom bederf nie.  Ek aanvaar daar is dit seker doodstil sodat Ouma en Oupa se slaap nie dalk versteur word nie.  As jy verplig voel om te slaap, en sukkel om dit te doen, doen jy dit in elkgeval te veel.  Binnekort sal hulle tog vir 'n lang tyd rustig kan slaap.  Intussen, kry 'n lewe en geniet dit!

Fred.   As kind het my pa my al 6 uur uit die bed gejaag om te kom grassny op Saterdae.   Dit was 'n plesier vir my on iets saam met my pa te kon doen.  Sondae staan ons 'n bietjie later op vir kerk.  Laatslaap vir my is 'n minuut oor ses.   Ek spot altyd my twee seuns dat laatslaap vir lui mense is.   Nog 'n bietjie sluimmer en nog 'n bietjie slaap en siedaar.   Selfs op vakansie kom ek al terug van die viswater in die omgewing van 7 uur.  Desember maande staan ek 4 uur op drink koffie en gaan van vis.   Nou en dan sal ek weer op die karavaanbed gaan le vir 'n rukkie maar ek is eerlik niks pla my nie.  Al waneer ek tot laat lê is waneer dit reen.   Ek is mal oor reen op 'n karavaan dak.  Ek het vir 12 jaar langs 'n rivier gebly waar almal wil kuier tot die son opkom.  Alles saam met harde musiek.  Ek het gou aangepas en as die skuifdeur toe is slaap ek deur enige lawaai.    

Ek verstaan tog as iemand wil laatslaap want my vrou geniet haar laat slaap op vankansie.  Daar is plek vir altwee.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 08:53:03 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek gaan nou nie name noem van oorde nie, maar sekere oorde is te "besig" en nie my cup-a-tea nie en ander oorde het lekker kultuur so al asof my dam se eende daar uithang.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 08:54:40 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3452
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons kamp sedert ons aftrede net buite seisoen wanneer daar maar min of geen ouers met kinders so maak nie, en ek moet sê, ek mis die lewe wat kinders na die kamp bring.  Dis miskien daarom dat ek bietjie krities is oor mense wat kla oor kinders wat speel, al is dit ook vroeg soggens.  Die kampe voel soms soos ouetehuise-onder-die-bome.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 09:01:19 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 547
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Julle maak my sliminnocent

As ek weer 'n knorrige buurman langs my kry gaan ek die volgende doen.

Ek gaan gratis pannekoek en lekkers gee vir kleintjies wat met hulle skop scooters kom kuier voor 6 uur in die oggend.  Die pannekoek sal langs sy slaapkamer venster gemaak word.tongue-outtongue-outkiss

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 09:10:02 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3452
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis 'n plan!wink As die kinders hom nie wakker maak nie, sal die reuk van die pannekoek dit doen.  Gaan hy daaroor ook kla? 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 09:12:46 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 547
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Die kindertjies kan dit afsluk met RedBulllaughing

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 09:14:49 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

  Die kampe voel soms soos ouetehuise-onder-die-bome

Beter Kan dit nie gese word nie. Ons almal is elke dag toegesluit in tronke, sekuriteits hekke, vensters, alarms en as ons vry in n oord kamp met vars lug Dan will ons daarvan ook kla en n issue van maak.

Alles honkey sorry as jou buurman by die huis 7.30 op n Saterdag of Sondag begin gras sny, blowers, weed eaters, die lot.

Laat iemand net bietjie gesellig wees op kamp of n kind wat nie Kan wag om in die oggende uit die karavaan te bars om vry te wees dan is daar nou perde want dit is nie die korrekte gedrags kode.

Hoe ver het ons regtig verlore geraak in mens wees ? Gaan dit nodig raak om Vir die eerste 7 dae kinders, skoonma by die huis te Los sodat ons eers mens Kan word en hulle Dan kamp toe laat kom.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 09:29:53 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3452
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink nou net daaraan dat dronkgatte wat tot laataand luidrugtig raserige partytjie hou, my meer irriteer as kinders wat vroegoggend hulle scootertjies ry.  Hoewel ons gelukkig nog nie veel sulkes in karavaankampe teëgekom het nie.  Nou wonder ek ook skielik:  Is daar dalk 'n verband met die laat-paartie mense en hulle behoefte om tot laat die volgende dag hulle roes af te slaap wat die kinders wat vroeg speel, terroriseer?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 09:43:50 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 979
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ek dink nou net daaraan dat dronkgatte wat tot laataand luidrugtig raserige partytjie hou, my meer irriteer as kinders wat vroegoggend hulle scootertjies ry.  Hoewel ons gelukkig nog nie veel sulkes in karavaankampe teëgekom het nie.  Nou wonder ek ook skielik:  Is daar dalk 'n verband met die laat-paartie mense en hulle behoefte om tot laat die volgende dag hulle roes af te slaap wat die kinders wat vroeg speel, terroriseer?

Ek voel ook dieselfde. Die meeste van daai laat slapers is mense wat met seer koppie wakker word, aangesien die vorige aand lekker geparty is.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 12:42:49 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 547
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Net toe ek die forum weer opgestart kry, toe is almal weer stil.cool

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 12:49:09 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Zack. Ken jy daai storie van Stiller water diepe grond, onder draai .....

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 08:23:11 am
KD
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 28
Joined: 17 Oct 2019

I just have to ask. If campers carry an arsenal for unwanted animals. What is in the war chest for the odd Toyota or Ford ?  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 09:27:58 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4458
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Now that you mention it. I wish i had a weapon for that Toyota bakkie at Pretoriuskop.

Before the gates open you would hear the distinctive sound of the Toyota starter and then the clap clap as it stands and idles waiting for the owners to return from the toilets. And away it goes, leaving a cloud of smoke for the other campers to inhale.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 15:10:24 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 547
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek wonder hoeveel van ons "eerlike kampers" het al 'n dagbesoeker ingesmokkel (Kind of grootmens) of verneuk met die verblyf betalings? 

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2020 @ 17:15:07 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 821
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

interesante post  wys mens maar ons almal sien die wereld van ons eie kant af en dit hang ook af van waar ons staan om te kyk

 

vang nou eers op maar baie interesant

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 2 of 2
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za