English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 307
Total Replies: 250 380
Total Views: 83 153 050
topics: 11 433
replies: 137 648
views: 39 291 254
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Hoe eerlik is kampers en sommige engeltjies?

replies: 68
views: 1276
page 1 of 2
19 Feb 2020 @ 14:47:41 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Hierdie sal seker die korste draad of geselsie wees in die geskiedenis van hierdie forumcooltongue-out

Almal het altyd klagtes of goed wat jou buurman verkeerd doen.  Dis lekker om vinger te wys en die aandag op iemand anders as jouself te laat fokus.   Hiermee het die meeste van ons al mee vrede gemaak.  Nou my vraag aan al die kampers en engeltjies wat eerlik wil wees.

Wat doen jy op die kampeerplek wat jy weet jou buurman nie van sal hou nie?

Hoekom doen jy dit?

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 15:11:18 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1191
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Eintlik 'n moeilike vraag ......

Ek het een keer gevind dat die rook van my braai vuur na die bure se kant toe getrek het en hulle aangevat omdat hulle nie gekla het nie! Dadelik besluit om in die vervolg eerder my eie draagbare braaitjie te gebruik - makliker om te verskuif

Ook een keer gevind dat bure hulle staanplek so "oorbesit" het dat dit my staanplek verklein het. Klagtes by hulle en die bestuur het nie veel gehelp nie en toe my windseile so gespan dat hulle beswaarlik by hulle tent kon uitkom. Hulle is die volgende dag weg ... met 2 van my tentpenne!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 15:26:20 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Mooi Nico.   Nou Fiaat jy met jou buurman omdat hy nie met jou Faait nie.tongue-out Plaas jy hom oornooi vir 'n vleisie.  Humor is altyd welkom.

Jou voorbeeld van die grondgrype is goed gestel en beheer.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 15:56:53 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Zack beslis n moeilike een die. Hang af wie Langs jou kamp 

Ek doen nie iets spesifiek. Ek kamp n vark uit n hok uit en geniet myself. Ek het mos betaal om te gaan kamp en n break te vat. Ek het nie betaal, kilometers ver gesleep om te worry waaroor my buurman worry. Ek kamp ordentlik ook lekker en te hel met die res

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 16:39:33 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek moet eerlik sê....ek dink nie ek sal self lekker kamp as ek weet dìt waarmee ek besig is, iemand anders irriteer nie. 

Hierdie kwessie gaan ook weer tesaam met die feit dat ons mekaar as kampeerders moet respekteer

Ek dink die meeste van ons is so. Kyk maar byvoorbeeld soos die kwessie van gryswater. Met ons onlangse kamp het ek gesien hoe die manne dit opvang in n bak of met pype wegly na n put. Vir hulle sou dit baie makliker gewees het om dit nie te doen nie en water net daar te laat uitgaan. Ek is seker hulle sal nie lekker stort as hulle geweet het bure kyk jou skeef aan nie. 

Dieselfde met Nico hierbo....hy het seker nie sy vuur so baie geniet terwyl sy rook sy buurman gerriteer het nie, daarom het hy ander braai gebruik....hy het mede kampeerder respekteer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 16:42:33 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

My oorle' Ma het my haar engel genoem, SWAMBO ook toe ons jonger was (nou nie meer nie, wonder hoekom???). So duidelik kan ek niks nooit ooit verkeerd doen nie, en alles is kamp buurman se skuld....laughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 18:02:31 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2207
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Verlede jaar by van Zylspark het ek vuur gemaak met hout wat ek gekoop het wat toe nat was. Die arme mense op die terras voor ons wat bietjie laer is het daai rook gekry. Braaier probeer skuif maar die rook was erg. Hulle het ook wasgoed op 'n lyn gehad.

Sleg gevoel en die vuur nat gegooi en uitgesit Die man wat al die rook gekry het kom toe en gee my droë hout en toe voel ek eers sleg.  Hy sê hy sien die rook het my gepla en waardeer dit  dat ek die vuur uitgesit het daarom gee hy my die droë hout om te braai. 

Op dieselfde toer het ons by Karoo nasionale park gekamp en toe ons die oggend vroeg wou vertrek wou ek nie die movers gebruik nie oor die geraas. Swoeg toe om die wa te draai skreeu ons buurman vir my en sê hulle is wakker ek moet die movers gebruik. 

Al baie so gesit met lemonadetjie in die hand en bure beskou en gewonder wat ons doen wat ander mense pla.

Miskien my vroeg opstaan en koffie buite maak of my ysmasjien elke keer as hy ys uitgooi. Sit hom af in die aand want dit pla my.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 19:21:53 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4661
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Deur sy kamp stap gryswater llop op sy staan plek vuur rook 

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 20:42:26 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek het lank oor hierdie een gedink en gewonder wat ek doen wat dalk my kamp bure kan irriteer. Ja ek het minstens een waaraan ek sal moet werk. Toe ek vanaand hier in die kampterrein na die nuus op TV kyk toe wonder ek of my TV nie sommige van my bure irriteer nie. Ek is nie n groot TV kyker nie maar hou daarvan om saans die 7 uur nuus te kyk en Saterdae na die rugby. Dit is omtrent al dan is die TV dood. Nou kan ek dit seker baie sag sit maar ek is by dit alles half doof. Vanaand het ek gewonder of ek nie dalk net na die onderskrifte moet kyk en die klank afsit nie. Ai man hoe nou gemaak. Help asseblief.

Aan my kampbure wie ek hiermee irriteer vra ek groot verskoning.......ek werk aan die probleem.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 06:36:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek dink iets wat ek doen is hard praat.  Ek is half doof en praat dan baie hard.  Dit kan verseker 'n probleem wees vir ander kameerders as ons in die aande nog laat om die konka vuur kuier.  Sal bietjie aandag gee daaraan.

 

Dan gebruik ek ook eerder my eie rondskuiwende braaier om rook na ander mede kamreeder te verhoed.

Die Land grab without compensation het my ook al oorgekom by Dube. Moes ook die Shadenet Lapa opslaan om te keer dat iemand hul tent onder my rally kom opslaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 08:27:59 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9557
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek gaan plak by ander en eet hul chips en biltong.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 08:35:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek gaan plak by ander en eet hul chips en biltong.

 

laughinglaughinglaughing

Dis hoekom ek alles bêre as jy aangestap kom................................laughinglaughingtongue-outtongue-out

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 08:43:37 am
Oppies
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 02 Nov 2017
Experience: 11 years

My kinders kan partykeer nogal luidrugtig raak, dan moet pappa of mamma maar bietjie hard praat. Natuurlik met die kampopset trek klank nogal ver. Dit veral as 'n ouer paartjie langs ons kamp. Met onlangse kamp by Klein Kariba was die apies lastig gewees. Ons het op die  staanplek by die karavaan ingang gestaan regoorkant die klein toilet. Vroeg oggend stap ek oor toilet toe, staan net in die toilet, hoor 'n gegil. Agtog, hoop nie dis my kinders nie. En ja toe was dit hulle. Die apie het onder die syl kom inloer toe ek uit was toilet toe. Praat later die dag met medekampers, ja hulle het hulle gehoor gil.  Ek het in die tyd 'n klein geyser aangekoop by Makro, juis vir as die oordkombuis opwas geriewe nie skoon is of ver is. Ek het 'n Y-splitter op die kraan gesit, maar my kampbure kon nog steeds die kraan gebruik. Het die ook vooraf met hulle bespreek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 08:59:30 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 779
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Kom ons sê net, party goed sê mens te hard dat die bure dit moet hoor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 09:04:24 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Kom ons sê net, party goed sê mens te hard dat die bure dit moet hoor.

Skerp Jannie.   Noem 'n voorbeeld.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 09:20:42 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek betaal my kampkoste en voel daarom ek het die reg om volgens my behoefte, die plek te gebruik en te geniet.  Maar die ou langs my ook.  As hy sy staanplek oormatig 'geniet' gaan ek aanstoot neem, so ek plaas myself maar in sy posisie. 

'n Paar jaar gelede het drie pasklaar matrikulante die huis langs ons gehuur waar ons vakansie gehou het.  Die tweede aand daar het ontrent die hele stranddorp se jong mense daar opgedaag en tot laat lawaai gemaak.  Ek het die polisie gebel wat vinnig kom stil maak het.  Na die tyd het die matrieks se leier om verskoning kom vra en my daarop gewys dat hulle betaal het vir die huis en gekom het om hulleself te geniet.  Maar dieselfde met ons.  Hulle het daarna steeds partytjie gehou in die aand maar sodra ons ligte afgeskakel het om te gaan slaap, het hulle ook stil geraak.  Ons het die waardeer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 09:27:08 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

'n Dierbare oom het gesmag na geselsskp en het gereeld by die ablusies rondgehang. As hy jou in die hande kry kom jy nie weg nie. Kon dit nie oor my hart kry om hom kort te knip nie. Het maar geknyp as ek hom daar gewaar.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 09:35:16 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1482
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek beskou myself as bedagsaam teenoor my mede kampeerders. Indringer diere tel nie onder hulle nie.

Die kere wanneer my mede kampeerders nie gedink het ek is oulik nie was wanneer ek volgens hulle onbedagsaam teenoor diere opgetree het. 

In die Riverside kampterrein by Stilbaai het ek 'n geelslang wat by 'n rondavel wou insluip onthoof. Die slangbeskermbrigade het my verguis.

In die Augrabies kampterrein het ek die ape wat die kos uit my bord wou gryp met 'n waterpistool met 'n geurige inhoud bygekom. Die oorsese bure het gedink dit is verkeerd.

In Kasane het ek die mak vlakvarke wat by die buurman se tent wou inbreek agter 'n kosreuk aan met my kettie gepeper. Hulle het padgegee, en van die bure het beswaar gemaak.

Ek kan nog so vyf of ses insidente opnoem waar ek gereken het ek tree korrek op t.o.v. indriger diere, maar mede kampeerders was van 'n ander mening.

By Beachview buite Port Elizabeth het ek gekleurde balonne wat met vrugtesap besmeer was aan die tentpale gehang om die apies te verwilder. Dit het op my "gebackfire" want elke keer wanneer 'n niksvermoedende aap 'n ballon byt en die ding bars in sy gevreet het hy op die plek geskyt. Moes die tent was voor opslaantyd.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 09:45:34 am
Anonymous

Ons is eintlik die baie stil tipe wat die bure dalk ons verkeerd oordeel en dink dat ons dink dat ons beter is, maar in werklikheid is dit hoegenaamd nie so nie en som ons dan heeltemal verkeerd op.

Ons is ook nie die tipe wat daarvan hou om 'n intieme vriendskap met bure te ontwikkel nie omrede ons nie daarvan hou dat ons bure gedurig oor ons drumpel trap nie en so wil ons ook nie 'n oorlas vir hulle wees nie.

Hou dit by 'n ordentlike groet en maak so af en toe 'n grappie of begin 'n kort gesprekkie net om te wys dat daar geen onvriendelikheid of kwade gevoelens is nie.

Ons is nie luidrugtig nie en as ons praat, praat ons sag selfs as daar ietwat van 'n klein woord wisselingtjie is agv 'n klein misverstand.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 09:49:26 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Skerp Jannie.   Noem 'n voorbeeld.

Kamp een jaar by Balito.  Elke oggend dan begin die mense se kind vroeg oggend met 'n gesanik.  Jy weet daai huil maar dis nie regtig huil nie dis so aansit huil.  En dit hou vir ure aan tot die Pa of Ma opstaan en die kind besig hou.

Een oggend het ek seker te hard gesê............ "Man gee dit kind iets om oord te huil  dan kan almal verder rustig in lê"

Was die laaste keer gewees die gesanik ons gepla het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 12:11:30 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Ek is seker maar oorsensitief, maar nie ek of my vrou hou daarvan om ander mense te na te kom nie. Ons sal eerder onsself inperk. Met dieselfde asem wil ek ook sê dat ek die selfde van my mede-kamper verwag, maar dit gebeur nie altyd nie. Hy/sy gee heel dikwels nie om hoe hulle optrede op ander mense beïnvloed nie.

Ek het net verlede week vir 'n oom by Drakensville gevra om sy stort en wasbakwater na die drein te kanaliseer want dit dam op by ons kraan en asblik en dan loop dit onder my buurman se tent is. Hy het dit toe reggemaak na 'n vuil kyk en kortaf antwoord.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 13:01:26 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja baie gaan van die veronderstelling uit moet nie aan ander doen wat jy nie aanjouself gedoen wil hê nie.

Maar daar is dalk iets wat jy doen wat jy eintlik onbewustelik doen weens gewoonte of so iets.  Soos met my ek praat baie hard.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 13:23:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek beskou myself as bedagsaam teenoor my mede kampeerders. Indringer diere tel nie onder hulle nie.

Die kere wanneer my mede kampeerders nie gedink het ek is oulik nie was wanneer ek volgens hulle onbedagsaam teenoor diere opgetree het. 

In die Riverside kampterrein by Stilbaai het ek 'n geelslang wat by 'n rondavel wou insluip onthoof. Die slangbeskermbrigade het my verguis.

In die Augrabies kampterrein het ek die ape wat die kos uit my bord wou gryp met 'n waterpistool met 'n geurige inhoud bygekom. Die oorsese bure het gedink dit is verkeerd.

In Kasane het ek die mak vlakvarke wat by die buurman se tent wou inbreek agter 'n kosreuk aan met my kettie gepeper. Hulle het padgegee, en van die bure het beswaar gemaak.

Ek kan nog so vyf of ses insidente opnoem waar ek gereken het ek tree korrek op t.o.v. indriger diere, maar mede kampeerders was van 'n ander mening.

By Beachview buite Port Elizabeth het ek gekleurde balonne wat met vrugtesap besmeer was aan die tentpale gehang om die apies te verwilder. Dit het op my "gebackfire" want elke keer wanneer 'n niksvermoedende aap 'n ballon byt en die ding bars in sy gevreet het hy op die plek geskyt. Moes die tent was voor opslaantyd.

Ek sou graag die balonne met die ape wou gesien het...ek dink ek sou lekker saam gelag het🤣😅🤣

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 13:44:31 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sou graag die balonne met die ape wou gesien het...ek dink ek sou lekker saam gelag het🤣😅🤣

Ek stem vir daai een.  Ek sou dit regtig geniet het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 11:57:08 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek het 'n bietjie meer humor verwag. tongue-out

Wat ek regtig kan aflei is dat ons forum lede ware opregte gemanierde kampers is.   Well done.

Veral die mense wat hulle self sal indoen ten koste van iemand anders.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 12:52:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het 'n bietjie meer humor verwag. tongue-out

Wat ek regtig kan aflei is dat ons forum lede ware opregte gemanierde kampers is.   Well done.

Veral die mense wat hulle self sal indoen ten koste van iemand anders.  

Ek het weer n gedink n faaaait😜

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 13:07:48 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Nee ou Geert.  Daar word net gefaailt as jy Ford en Toyota in een sin gebruik. 

Ou Frikkadel moet maar vir anonymous instaan as ons wil faait.  tongue-out

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 13:24:17 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 561
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ons is ook bedagsame kampers en probeer niemand pla nie.

My enigste tekortkoming is die lewer wat erge druk uitoefen op die dun, of is dit nou dikderm en dan onstaan daar n gas vacuum hier naby my stuitjie wat meer BAR per squire milimeter het as die stoom van n ou kolevreter oppad Kaap toe met 50 trokke vol klip.

Dis gewoonlik as ek n middag uiltjie knip wat die gasse so kort kort ontsnap en as n mens slaap is jy mos non corpus mentus en geen klank pla jou so dat jy wakker skrik nie.

Hoor maar net by die Tannie wanneer ek uitgerus uit die wa klim dat die bure baie stiller is tydens hulle UNO kaart game.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 13:28:22 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Lekker windgat.  innocent

Dis een manier om jou buurman stil te kry.   

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 14:46:38 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1482
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Lekker windgat.  innocent

Dis een manier om jou buurman stil te kry.   

Altemit kom die die bure van Vlaandere of Amsterdam af, en toon hulle bloot respek vir die buurman wat luid hulle huistaal besig. surprised

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 14:48:28 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 561
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Altemit kom die die bure van Vlaandere of Amsterdam af, en toon hulle bloot respek vir die buurman wat luid hulle huistaal besig. surprised

innocentlaughing

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 18:58:27 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1819
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ek het lank oor hierdie een gedink en gewonder wat ek doen wat dalk my kamp bure kan irriteer. Ja ek het minstens een waaraan ek sal moet werk. Toe ek vanaand hier in die kampterrein na die nuus op TV kyk toe wonder ek of my TV nie sommige van my bure irriteer nie. Ek is nie n groot TV kyker nie maar hou daarvan om saans die 7 uur nuus te kyk en Saterdae na die rugby. Dit is omtrent al dan is die TV dood. Nou kan ek dit seker baie sag sit maar ek is by dit alles half doof. Vanaand het ek gewonder of ek nie dalk net na die onderskrifte moet kyk en die klank afsit nie. Ai man hoe nou gemaak. Help asseblief.

Aan my kampbure wie ek hiermee irriteer vra ek groot verskoning.......ek werk aan die probleem.

Piet, as ek mag.

Kry vir jou herlaaibare blue tooth oorfone wat jy dan alleen kan luister en die tv klank afsit.

Jy is baie bedagsaam.

Ons kyk glad nie tv nie en moet alewig na ander se tv's luister.

Ek staan daarvoor dat oorde oorfone vir tv verpligtend maak!

As ons met lank kamp by Eiland kamp, gaan staan ek soms nuustyd op 'n sekere punt waar ek dan nuus luister in 'surround sound'!

Terug na hierdie draad.

Wat ons gewoonlik doen as ons klaar kamp gemaak het, is om na die bure te stap en te gaan voorstel. Ons vra dan dat hulle asb sal praat indien daar enigeiets is wat pla. Hulle bied gewoonlik dan ook as sodanig aan. Dan is almal ewe gemaklik en beheers.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 12:10:27 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Piet, as ek mag.

Kry vir jou herlaaibare blue tooth oorfone wat jy dan alleen kan luister en die tv klank afsit.

Jy is baie bedagsaam.

Ons kyk glad nie tv nie en moet alewig na ander se tv's luister.

Ek staan daarvoor dat oorde oorfone vir tv verpligtend maak!

As ons met lank kamp by Eiland kamp, gaan staan ek soms nuustyd op 'n sekere punt waar ek dan nuus luister in 'surround sound'!

Terug na hierdie draad.

Wat ons gewoonlik doen as ons klaar kamp gemaak het, is om na die bure te stap en te gaan voorstel. Ons vra dan dat hulle asb sal praat indien daar enigeiets is wat pla. Hulle bied gewoonlik dan ook as sodanig aan. Dan is almal ewe gemaklik en beheers.

 

Ek het reeds van die oorfone.  Ma kla gereeld dat die tv te hard is laat aand wanneer sy wil slaap.

Hulle werk heel goed. Net jammer jy kan nie twee stelle met TV koppel nie.  Dan sal dit in totaal stil wees al kyk ek en ma TV as ons kamp.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 15:40:06 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1819
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ek het reeds van die oorfone.  Ma kla gereeld dat die tv te hard is laat aand wanneer sy wil slaap.

Hulle werk heel goed. Net jammer jy kan nie twee stelle met TV koppel nie.  Dan sal dit in totaal stil wees al kyk ek en ma TV as ons kamp.  

Leon

My skoonseun het 3 stelle oorfone via bluetooth op hulle tv gekoppel.

So meer as een is moontlik. Moet seker net die nodige bluetooth 'dongle' kry om meer as een te koppel.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 18:49:13 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Hoe eerlik is kampers en sommige engeltjies ?

As dit by baie manne se karre/sleepvoertuie kom jok hulle erger as my tande trekker.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 21:34:42 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1482
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

My ervaring is weer dat party ouens se sleepvoertuie fantasties lig is op brandstof gegewe die gemiddelde spoed wat hulle aan hulle brandstofverbruik koppel. Ek het op 'n ander draad genoem dat dit wat skrywers bedoel en dit wat lesers verstaan nie altyd dieselfde is nie. Miskien bedoel daardie ouens dat hulle poog om die genoemde spoed te handhaaf, wat baie, baie verskil van die werklikre handhawing van sodanige gemiddelde spoed.

Om die punt te illustreer, ek het een jaar met my vrou se BMW by die Vaal tolplaza weggespring en waar ek kon 140 gery volgens die GPS. Toe ons by Bloemfontein aankom was die gemiddelde spoed op die GPS net-net onder die 120. Ons het niks gesleep nie. Die punt is, om oor een kilometer 'n gemiddeld van 140 te handhaaf is een ding, om dit oor sê drie honderd plus kilometer te doen is 'n perd van 'n ander kleur.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2020 @ 12:58:20 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1819
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Gelukkig is elke man se saak, sy saak.

As iemand 'bylas' vir geloofwaardigheid, dan is dit sy saak.

Wat ek met die inligting of gesprek doen, is my saak.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 12:53:45 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1482
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

As ek die onderwerp effens mag verander - wat doen bure wat my ontsettend afp*s?

Iemand wat, nadat hulle braaivleis ge-eet het, die bene in die kole gooi. Dit is nommer EEN, die grootste sonde. Naas dit is daar 'n klompie irritasies, mat niks klop die stank van daardie bene wat verbrand word nie. 

Ek veronderstel die krematorium se uitlaatgasse moet na iets soortgelyks ruik! 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 13:07:25 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

As ek die onderwerp effens mag verander - wat doen bure wat my ontsettend afp*s?

Iemand wat, nadat hulle braaivleis ge-eet het, die bene in die kole gooi. Dit is nommer EEN, die grootste sonde. Naas dit is daar 'n klompie irritasies, mat niks klop die stank van daardie bene wat verbrand word nie. 

Ek veronderstel die krematorium se uitlaatgasse moet na iets soortgelyks ruik! 

Ek het nog nooit so daaraan gedink nie.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 13:14:02 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Wat my ongelukkig maak is iemand wat nie teruggroet nie.  Ek sal aanhou probeer en dan probeer om op te hou om hom te groet.   Dit kry ek nooit reg nie.  Ek is geleer om te groet kos niks en jy moet almal groet.

So 'n persoon som ek vinnig op as 'n snop.  Ek het so 'n buurman vir 3 jaar gehad en in die tyd kon ons mekaar nooit vind nie.  As ek stil sit en dink wonder ek of hy sy eie familie al gevind het.  cool Jy kry die gevoel hy dink hy is beter as jy. 

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 13:17:07 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

As ek die onderwerp effens mag verander - wat doen bure wat my ontsettend afp*s?

Iemand wat, nadat hulle braaivleis ge-eet het, die bene in die kole gooi. Dit is nommer EEN, die grootste sonde. Naas dit is daar 'n klompie irritasies, mat niks klop die stank van daardie bene wat verbrand word nie. 

Ek veronderstel die krematorium se uitlaatgasse moet na iets soortgelyks ruik! 

  1. Iemand wat sommer deur of oor my staanplek stap terwyl daar paadjies is om te gebruik.
  2. Iemand wat sy sigaret stompie by die braai ingooi terwyl ek vleis braai.
  3. Iemand wat sy bier oor die vleis uitspuit vir geur as daar vleis gebraai word.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 13:20:46 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 561
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

  1. Iemand wat sommer deur of oor my staanplek stap terwyl daar paadjies is om te gebruik.
  2. Iemand wat sy sigaret stompie by die braai ingooi terwyl ek vleis braai.
  3. Iemand wat sy bier oor die vleis uitspuit vir geur as daar vleis gebraai word.

Daai eerste twee maak my ook die wetter in, veral die stompie in die vuur terwyl ek braai.

Nog nooit geruik dat iemand bier oor sy vleis gooi om dit te geur nie, het al self bier gemors om erge vlamme te blus met n vet lambs rib.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 13:22:56 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Zack jy is heeltemal reg. n Persoon wat nie terug groet is daar groot fout met hulle en as hy of sy dink hulle is beter as ander en sal nie terug groet will ek net se "fout"

Jys nie beter, jys ongemanierd, ongepoets en kry jou kinders jammer. So n persoon het nie kamper bloed en is onwelkom.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 16:29:57 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1819
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

  1. Iemand wat sommer deur of oor my staanplek stap terwyl daar paadjies is om te gebruik.
  2. Iemand wat sy sigaret stompie by die braai ingooi terwyl ek vleis braai.
  3. Iemand wat sy bier oor die vleis uitspuit vir geur as daar vleis gebraai word.

Stem saam. Dis groot krapperighede die.

Ek sal net bylas die hoender wat al 04:30 opstaan en teen 05:00 sy maat hardop roep om op te staan. Dis ook hy wie gou moan as die kinders speel wanneer hy sy middagslapie moet vat.

Ek lê in in die oggende. My hele lewe lank vroegerig opgestaan om 'n ander ou se geldmaakmasjien te bewerk. Ek wil nou wakker word as ek klaar geslaap het. Slaap nie deur die dag nie.

As ek wou vroeg opstaan, sou ek gaan boer het, en ek het nie gaan boer nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 18:14:08 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1482
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

So vyf en dertig of meer jaar gelede het die kleintjies wat van voor half ses af met hulle plastiese scootertjies of skopfietsies op die sement en plaveisel lawaai het my moer vroegoggend suur gemaak. Ons het na die skopfietsies as poepholletjies verwys, want elke kleintjie het een gehad wat saam gery het kamp toe.

In elk geval, noudat ons nie meer binne seisoen hoef te kamp nie kan ons ongestoord laat slaap. Laat soos in sewe uur, wanneer die koffieketel aan die gang gesit word, en daarna word die dag rustig in paaiemente aangevat. Wat 'n wonderlike luilekker bestaan!

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 23:05:49 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

As ek na hierdie draad kyk wonder ek. Gaan ons kamp om vry te wees, ontsnap van die malle gejaag, bietjie Los te raak en selfs uit te haak en regtig genot uit die kamp te kry. Maak pelle, groet mense, wees spontaan en maak die beste van wat ook al die kamp na jou toe gooi, braai vleis, vang vis, kwaliteit tyd saam die kinders, hardloop skree, lag en mens te wees weg van daaglikse snobisme, afguns, agter af ge buitery, skinder en nog meer.

Of slaan ons karavaan en tent op om te kyk wat doen ons buurman verkeerd, wip ons g&t en bederf ons eie pret om beneuk vir die wereld te wees. Ek dog ons moet die stad agterlaat as ons weg breek. Gun elke persoon sy plesier, niemand van ons is en dink dieselfde. Dit is wat ons mensdom uniek maak en God so lief Vir ons is. 

Dalk moet daar self ondersoek gedoen word wat kamp werklik is of wat n ouderling saam trek is.

Lewe is kort. Leef en laat leef. Niemand is perfek, wys verdraagsaamheid, wys omgee en so sal jy dubbeld terug ontvang en jou wereld om jou nie net n kamp nie sal n ander plek wees.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 05:30:48 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

So vyf en dertig of meer jaar gelede het die kleintjies wat van voor half ses af met hulle plastiese scootertjies of skopfietsies op die sement en plaveisel lawaai het my moer vroegoggend suur gemaak. Ons het na die skopfietsies as poepholletjies verwys, want elke kleintjie het een gehad wat saam gery het kamp toe.

In elk geval, noudat ons nie meer binne seisoen hoef te kamp nie kan ons ongestoord laat slaap. Laat soos in sewe uur, wanneer die koffieketel aan die gang gesit word, en daarna word die dag rustig in paaiemente aangevat. Wat 'n wonderlike luilekker bestaan!

Snaaks genoeg....alhoewel dit die meeste kampeerders irriteer, pla hierdie scooters my nie veel nie....al is dit so vroeg in die oggend.....dis maar vir my deel van kamp. Dis ten minste n kind wat speel en homself geniet. n Ding wat my weer irriteer is n tjankende kind....veral diè wat nie eintlik regtig tjank nie, maar meer uit verveeltheid, en wat my dan nog warmer {Eintlik die warmste} maak is as die ouers niks daaraan doen nie....hulle net los. foot-in-mouth

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 07:41:52 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek het met niemand 'n probleem as hy homself regtig ten volle geniet nie.  Daar is niks lekkerder om te hoor hoe lag 'n klein kind uit sy maag nie.  Jy wil amper begin saamlag.  Dis waaroor kamp in die eerste plek lekker is of veronderstel om lekker te wees.  Almal moet hulle self geniet.

Dis my topic so ek kan maar 'n bietjie stir.cool

Jy kry lekker kampe waar almal hulself geniet en die kamplewe uitlewe en dan kry jy kampe waar kampeerders te veel tyd het on st*rnt uit te dink tesame met huisgemaakte eie reels.  Wat my lag egter vinnig laat verdwyn is waneer 'n self aangestelde polisieman in die kamp sy reels wil kom afdwing.  Dis waarom daar geskrewe kamp reels is.  Dis waar ek moeilik raak oor my stukkie grond wat ek huur en sy neus vir hom gaan toedruk vir 'n baie lang tydperk.  In sommige gevalle sal ek vir hom 'n gratis gryswater drankie aanbied in 'n liter glas net om vinnig sy dros te les sodat hy van sy eie reels vinnig gaan vergeet.

Ons almal is engeltjies maar soms is daar 'n donker wolk wat oor enige kamper trek.  Nie almal het "kaniewarry" pillitjies nie.tongue-out   

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 07:49:38 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ek hou nie daarvan om te doen wat ek verwag van my buurman om nie te doen nie. Ek hou nie van geraas op sekery plekke soos die Wildtuin en boskampe nie. My grootste kommer is gewoonlik hoe my gesnork die buurman pla. Blykbaar het ek nou al n paar keer die tentpale behoorlik afgesaag. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 08:00:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

So vyf en dertig of meer jaar gelede het die kleintjies wat van voor half ses af met hulle plastiese scootertjies of skopfietsies op die sement en plaveisel lawaai het my moer vroegoggend suur gemaak. Ons het na die skopfietsies as poepholletjies verwys, want elke kleintjie het een gehad wat saam gery het kamp toe.

In elk geval, noudat ons nie meer binne seisoen hoef te kamp nie kan ons ongestoord laat slaap. Laat soos in sewe uur, wanneer die koffieketel aan die gang gesit word, en daarna word die dag rustig in paaiemente aangevat. Wat 'n wonderlike luilekker bestaan!

Ek het nie 'n probleem met die scootertjie as sulks nie ek het 'n probleem met die feit dat Pa en Ma toelaat dat boetietjie vroeg oggend in 'n kamp met die ding gaan rond ry sodat hulle bietjie later kan lê en nie nodig het om op te staan om vir boetietjie besig te hou nie.

Op die manier pla boetietjie die ander mede kampeerders wat bietjie later wil slaap as die vroeg oggende gedurende die week.  Ek sou rof weg geskat sê 'n okay tyd vir boetietjie om op sy scooter te klim is omgewing van 07H30.

Dan is 99% van die kamp darem al wakker al lê sommige mense nog.  As daar 'n boetietjie is wat so vroeg in die oggend lawaai maak.  Sê ek vir hom hy moet gou vir pappa gaan roep om sy scooter te kom haal.  Daai pappa het eers omgewing van 10h00 daai scooter kom haal.

En as dit dan nou gebeur dat daai pappa 'n groot boer van 130kg is en 'n humeur net korter as 'n mm.  Dan is dit nou maar so.  Feit is daai Pappa weet dan steeds waaroor dit gaan al lê ek in die hospitaal.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 08:02:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die een keer wat ek dit gedoen het, het die mede kampeerders om my handegeklap toe die Pappa sy kind se scooter kom haal het.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za