English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 832
Total Views: 82 286 148
topics: 777
replies: 12 447
views: 4 974 071
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Hilux D4D towing Exclusive.

replies: 36
views: 3920
21 Dec 2016 @ 20:23:23 pm
Otto
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 21 Dec 2016
Hallo almal.

Ek soek 'feedback' van die manne af wat Exclusives sleep, of gesleep het, met D/C Hilux of Fortuner D4D's. Ek oorweeg n ouer Exclusive teenoor n Palma.

Kamp Groete.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 06:15:55 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1279
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years
Welcome Hannes.
You will get some answers & input to this and many other topics here.
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 07:55:31 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Welkom.
Ek weet die Toyota sal dit kan sleep.
Maar wat is die ratio tussen sleepvoertuig en gelaaide gewig in die geval.
Wat is gelaaide gewig van exclusive, wat is tarra van sleep voertuig.
Maak wel seker of die Toyota se trekstang en fabriek spesifikasie, versekering in so n geval wettig is.
Volgens die tabelle agter in die C.& OL kan dit nie.

My twee sent.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 08:32:02 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Kyk net mooi, want party d4ds mag net 100kg sleep ongeag hul tarra


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 09:00:25 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2686
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
100 kg klink maar skraal vir enige D/C
Flip&Tilla is voltydse kampers wat met die 2.5 D-4D sleep en is baie gelukkig met die voertuig.
Kry die voetuie baie op die pad wat sleep en almal sleep met glimlag.
100 kg is net te min om te glo.
Miskien net die krywa sleep?
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 09:57:30 am
Swannie
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 127
Joined: 12 Aug 2015
Experience: 19 years
yIP net 100 kg
Jesus first, then all other people Jesus love's !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 09:59:56 am
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 227
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years
Otto, Sorg net dat die gewig-ding wettig is, dan behoort jy nie te sukkel nie. Ek het die Sensation Vee (swaarder as die Exclusive) met groot gemak met die Fortuner D4D gesleep, selfs met gemak teen Magoebaskloof uit, totdat ek die Sensation laat weeg het(leeg!) 1950kg! toe verkoop die Fortuner en kry die Prado D4D-wat 'n plesier met die outo-kas! In kort, as jy die gewig-toets slaag sal jy lekker sleep met die Hi-Lux!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 11:00:15 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 668
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Die gewig van ons D/C Tare is 1710Kg, redelik lig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 12:30:17 pm
Otto
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 21 Dec 2016
Baie dankie. My tare is 1775 kg en die Exclusive GVM 1750. Ek is meer besorg oor die sleep vermo.
Ek verstaan die wetlike aspek omtrent die gewig kwessie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 14:36:36 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Oky. Nous die gewig reg.
Eks nie n Toy man nie maar het in my omswerminge baie D4D's gesien met exclusives op die stert.
Die NM van die D4D is hoog genoeg. Exclusives sleep nie baie moeilik nie. Het myne destyds met n Cherokee 3.7 gesleep en sy tarra was 1950kg. Baie goed gesleep sonder drama.
Wat ek wel agtergekom het is die totale stabiliteit van die kombinasie. Heeltyd gevoel asof die cherokee nie die baas is nie. Ons het toe omgeruil na die Grand cherokee 2200kg. Was onmiddilik n baja groot verbetering. En nou sleep ons n nog swaarder wa.,,, net so lekker.
Lein se opgradering na n Prado was die regte ding om te doen.
Persoonlik glo ek dat die wa nie meer as 80% van die sleepkar moet wees nie. Maar dis ook nie juis prakties nie. In my geval 90%.
Hoekom vra jy nie die verkoopsmense van die exclusive vir n toetsrit met die wa agter die D4D nie. Dan voel jyself of dit oky is ve jou.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 15:16:13 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Hallo Otto. Jy kan, maak net seker jy mag. Kyk maar net na jou voertuig se sleepspesifikasies in sy boekie. In Suid-Afrika het die owerhede dit goed gedink om die gelaaide gewig van die woonwa as maatstaf te gebruik en dit mag nie die leë tarra gewig van die sleepvoertuig oorskry nie. Pasop vir forums van oorsee. Hulle "kerb weight" wat gebruik word is dus nie dieselfde as ons tarra gewig nie. Jy gaan appels met pere vergelyk.

In my geval sleep ons 'n 2003 Exclusive, bvm 1700 kg, met 'n 2012 Diesel4Dummies Fortuner wat maar 'n tarra van 1765 kg het. Die kombinasie is baie meer stabiel as die Penta wat ons vroeër gehad het, vanweë die dubbelas. Die voertuig sleep nou op 178 000 km soos wat dit nuut gesleep het. Dit het elke jaar meerdere lang ritte kus toe ingesluit, soos na Natalia en Hartenbos.

Daar is baie doemprofete wat met allerhande statistieke sal probeer bewys jy kan nie. Daar is inderdaad baie mooier en kragtiger sleepvoertuie wat op papier jou Hilux erg ore sal aansit. Onthou net jy sleep op die pad, nie op papier nie. Baie boere en myne koop die Hilux, want hulle sukkel om hulle te breek. Jy sal gemaklik teen 100km per uur kan sleep en kan byhou teen Van Reenenspas uit. Wat meer het jy nodig?https://www.aa.co.za/services/technical-services/legal-advice/legal-questions/how-do-you-know-if-you-are-towing-legally-in-south-africaij.html

Sleep veilig en geniet dit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 19:57:39 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Kyk net mooi, want party d4ds mag net 100kg sleep ongeag hul tarra

ag tog, tikfout... 1500kg... baie d4ds kan net 1500kg sleep volgens hul spesifikasies van toyota..

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 20:00:26 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Baie dankie. My tare is 1775 kg en die Exclusive GVM 1750. Ek is meer besorg oor die sleep vermo.
Ek verstaan die wetlike aspek omtrent die gewig kwessie.
kyk agter op jou haak of spesifikasie daar is? Anders in jou handleiding... ekt self fout gemaak voorheen... ek is n groot toyota fan oor hul betroubaarheid en, maar kyk ook na realiteit

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2016 @ 13:47:03 pm
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
Die slep gaan jy genoeg krag h. Die gewigte is die probleem, kyk ne tarra, bvm en gcm. Tel die sleep voertuig se bvm en die van die wa bymekaar, die totaal moet minder as die gcm wees. As jou tarra minder as jou gvm van die wa is dan is jy ok. Wees mar versigtig wat jy laai. Jurgens het oor hul ware gewigte gelieg dus kan jy maklik oorlaai wees.
Sterkte.
You only live once on earth, live life as if there is no tomorrow.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2016 @ 13:49:12 pm
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
Wou nog s wil jy n vier bed h , of is dit die badkamer? Dan kan die Clasique ook werk.
You only live once on earth, live life as if there is no tomorrow.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2016 @ 15:05:57 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Die slep gaan jy genoeg krag h. Die gewigte is die probleem, kyk ne tarra, bvm en gcm. Tel die sleep voertuig se bvm en die van die wa bymekaar, die totaal moet minder as die gcm wees. As jou tarra minder as jou gvm van die wa is dan is jy ok. Wees mar versigtig wat jy laai. Jurgens het oor hul ware gewigte gelieg dus kan jy maklik oorlaai wees.
Sterkte.

Hennie jy het seker bedoel "As jou tarra meer is as jou gvm van die wa is dan is jy ok"  Dan sal mens binne die wet sleep.

In hierdie geval is Otto binne die wet.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2016 @ 18:39:58 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek kan nie verstaan hoe jy in wet sal wees as NET na tarra vs GVM gekyk word nie.. al weeg jou kar 3000kg tarra en 3500kg GVM, en jou  karavaan is net 1000kg, as jou sleepvermoe net 500kg is, dus jou GCM 4000kg en jy wil n penta van 1500kg sleep, is jy tog onwettig.. ek kan nie glo ons bly vashaak net op tarra nie.. as jou tarra van voertuig en gvm van karavaan reg is, is dit NIE n waarborg jys wettig NIE


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2016 @ 18:58:34 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ek kan nie verstaan hoe jy in wet sal wees as NET na tarra vs GVM gekyk word nie.. al weeg jou kar 3000kg tarra en 3500kg GVM, en jou  karavaan is net 1000kg, as jou sleepvermoe net 500kg is, dus jou GCM 4000kg en jy wil n penta van 1500kg sleep, is jy tog onwettig.. ek kan nie glo ons bly vashaak net op tarra nie.. as jou tarra van voertuig en gvm van karavaan reg is, is dit NIE n waarborg jys wettig NIE



Ek stem saam met jou. Maar vir n vertrek punt kyk jy na die ratio. DAN
Begin jy ellimineer.
Voertuig vervaardiger se nee
GCM nie reg
Bestuurslisensie ??
Etc etc etc
PUNT.

Daar moet n rede wees vanaf Toyota hoekom hulle n beperking sit op trek vermo.
Persoonlik dink ek hulle wil nie risikos loop nie want dit is skadelik vir hulle produk.
Dis waarskynlik een rede hoekom hulle sukses vol is.

Dan dit is nie hoog op die agenda nie, maar een of ander slimjan gaan n versekerings eis bevraag teken,. Nous jy in die moeilikheid. Wat maak jy. Versekering soek n rede om nie te betaal nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2016 @ 19:44:35 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Die wetlike vereiste is bloot dat die tarra van die sleepvoertuig die bvm van die woonwa moet oorskry. Die sleepvermoë is die voertuigvervaardiger se spesifikasies wat bepaal word deur die enjin en ratkas se vermoë om die massa te kan hanteer. Indien jy die sleepvermoë in die voertuighandleiding oorskry, gaan die vervaardiger jou nie help met waarborgeise nie. Die sleepvermoë het niks met die wettigheid van die kombinasie te doen nie.

Sommige vervaardigers soos Toyota is doelbewus konserwatief. Die aanvanklike sleepvermoë van die 3.0 D4D Hilux en Fortuner was relatief laag, maar is later opwaarts aangepas.

Die probleem is dat sekere versekeraars, gewoonlik die wat die laagste premies adverteer, eerder redes soek om eise af te keur as om te betaal. Met 'n slim prokureur kan hulle die eis afkeur na 'n ongeluk en probeer aanvoer jy was nalatig, want die vervaardiger sê dan jou voertuig kan net 'n sekere gewig hanteer en toe gaan sleep jy iets swaarder. Dit is nie te sê hulle argument gaan slaag nie, maar het jy as individu die finansiële vermoë om so 'n groot maatskappy aan te vat met litigasie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2016 @ 19:55:21 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek kan nie verstaan hoe jy in wet sal wees as NET na tarra vs GVM gekyk word nie.. al weeg jou kar 3000kg tarra en 3500kg GVM, en jou  karavaan is net 1000kg, as jou sleepvermoe net 500kg is, dus jou GCM 4000kg en jy wil n penta van 1500kg sleep, is jy tog onwettig.. ek kan nie glo ons bly vashaak net op tarra nie.. as jou tarra van voertuig en gvm van karavaan reg is, is dit NIE n waarborg jys wettig NIE

As dit is soos die syfers hierbo wat jy moontlik net 500kg kan sleep met 'n tare van 3000kg dan koop eerder 'n ordentlike kar - hahaha

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2016 @ 22:30:05 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Die wetlike vereiste is bloot dat die tarra van die sleepvoertuig die bvm van die woonwa moet oorskry. Die sleepvermoë is die voertuigvervaardiger se spesifikasies wat bepaal word deur die enjin en ratkas se vermoë om die massa te kan hanteer. Indien jy die sleepvermoë in die voertuighandleiding oorskry, gaan die vervaardiger jou nie help met waarborgeise nie. Die sleepvermoë het niks met die wettigheid van die kombinasie te doen nie.

Sommige vervaardigers soos Toyota is doelbewus konserwatief. Die aanvanklike sleepvermoë van die 3.0 D4D Hilux en Fortuner was relatief laag, maar is later opwaarts aangepas.

Die probleem is dat sekere versekeraars, gewoonlik die wat die laagste premies adverteer, eerder redes soek om eise af te keur as om te betaal. Met 'n slim prokureur kan hulle die eis afkeur na 'n ongeluk en probeer aanvoer jy was nalatig, want die vervaardiger sê dan jou voertuig kan net 'n sekere gewig hanteer en toe gaan sleep jy iets swaarder. Dit is nie te sê hulle argument gaan slaag nie, maar het jy as individu die finansiële vermoë om so 'n groot maatskappy aan te vat met litigasie?

ek verskil.. sleepvermoe is direk verwant aan GCM op dataplaatjie en dis vas volgens voertuig.. as jy voertuigmassa oorskry, net soos jurgens n gegewe GVM voorskryf en jy dit oortree, is jy oorlaai en dus n gevaar vir almal op die pad en dus onwettig. Gaan kyk dieper in verkeerswet, jy moet binne voertuigspesifikasies bly. Punt. Mens kyk nie net na 1 wet niw, jy kyk na alle wette van toepassing..

Volgens my kenni toe ek hilux d4d wou koop, was hulle net gemagtig om 1500kg te sleep, so ook met baie land cruiser 76 reekse... die bt50 manual se boekie se 3350kg, maar MazdaSA reken slegs 1800kg max en bt50 tarra is 2100kg... toyota RAV4 het 1500kg tarra, maar slegs 1000kg sleepvermoe agv bepekte GCM...

As jy GCM oorskry, oortree jy reeds een of 2 padwette.

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2016 @ 22:33:47 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

As dit is soos die syfers hierbo wat jy moontlik net 500kg kan sleep met 'n tare van 3000kg dan koop eerder 'n ordentlike kar - hahaha

 

as jy wel in so geval is, ja, beter kar kry om veilig te pas by behoefte... ek self wil nie naby 1800kg kom met sleep nie, maar sal nog fleetline laat weeg.. vir nou, laai ek meeste maar in bt50 en hou karavaan so leeg as moontlik.. net my tent en movers en battery oorskry reeds die toelaatbare gewig.. so ek haal binnekort gasbottel en ook sommer die gasstoof uit, erens sal gewig verminder..

Toevallig geweeg, tent sonder pale is reeds 43kg!!

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2016 @ 08:52:31 am
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Die Hilux is 'n bakkie wat geklassifiseer is as 'n goedere voertuig. Daar is dus sprake van 'n bruto kombinasie massa ("gcm"). Die sleepvermoë is dus gewoonlik daardie massa minus die bvm van die sleepvoertuig.

Interessant genoeg is die regulasie m.b.t. bruto kombinasie massa nie van toepassing op Fortuners nie. Vir een of ander duistere rede het die owerhede dit goed gedink om daardie regulasie net van toepassing te maak op goedere voertuie, nie op passasiersvoertuie en SUV's nie. Sien die stukkie onder "According to the towing law" in hierdie artikel: http://www.caravansa.co.za/articles/august-2016/item/2278-towing-the-line

Die 2012 Fortuner waarmee ek sleep se sleepvermoë word aangedui as 2100 kg (Die outomatiese model is 2000 kg). Uit 'n wetlike oogpunt mag ek nie enigiets sleep waarvan die bvm 1765kg oorskry nie, synde my voertuig se tarra gewig, tensy die sleepwa toegerus is met 'n diensrem. Dit is iets heel anders as die inloopremme wat ons ken op woonwaens. By die Hilux is dit dus belangrik, net soos by enige ander bakkie, om die bruto kombinasie massa behoorlik te oorweeg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2016 @ 09:03:01 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Mens kan nie caravansa artikels as die wet opneem nie, hulle het alhoeveel inligting uitgelaat of mis gehad.. die fisiese wette moet deurgegaan word, en eks seker jy gaan sien die GCM beperk alle voertuie, ALMAL... as jou voertuig een van due is wat 2000kg sleepvermoe het is ek bly, want ekt talle toyotas gesien wat net 1500kg sleepvermoe het en dit het my verbaas omdat ek verwag het toyotas moes meer kon sleep.. 

Nie caravan and outdoor life, getaway, weg en al hul bieke of enige artikel kan ernstig oogeneem word nie, het dit nou al talle keer gesien.. kry 1ste handse inligting en wees seker dat ons almal veilig is


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2016 @ 09:35:02 am
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Brommer, jy is korrek. In hierdie geval was die skakel geplaas omdat dit akkuraat was. Regulasie 239 verwys na bruto kombinasie massa in die geval van minibusse, busse, trekkers en goedere voertuie.

Terloops, 'n minibus word gedefinieer as 'n motorvoertuig wat meer as 9 passasiers en nie meer as 16 nie, kan vervoer. Dit is voor almal met Kombis, Vitos, ens, hartaanvalle kry. Toe ek nog 'n Vito gehad het, wou 'n verkeerskonstabel wat probeer vis het vir omkoopgeld my probeer oortuig dat omdat dit 'n minibus is, moes ek 'n "PDP" gehad het. Hy is bloot daarop gewys dit is 'n mikrobus.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2016 @ 09:49:06 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Nog n interesante punt is die manier wat hulle jou weeg.
My swaer op Witbank se pel werk by die Sanral weegbrug ..... ek dink by middelburg tolhek...
en hy vertel n ander storie. Eerstens word die totale sleep ding geweeg, dan die agterwiele van die sleepkar met die sleepwa.
Ek weet nie hoe presies werk hierdie aannames nie maar as ek so luister moet jy as jy jou sleepkar vol goed laai, ook so laai dat die gewig versprei is en hulle weeg met jou en die passasiers. (Di vet oom sal moet minder eet. )

Ek wens iemand wat presies weet wil dit in eenvoudige afrikaans verduidelik.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2016 @ 09:52:17 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Hans, ek sien jys van Middelburg.
Sal jy kan uitvind..... en terug rapporteer.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2016 @ 12:56:23 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Nog n interesante punt is die manier wat hulle jou weeg.
My swaer op Witbank se pel werk by die Sanral weegbrug ..... ek dink by middelburg tolhek...
en hy vertel n ander storie. Eerstens word die totale sleep ding geweeg, dan die agterwiele van die sleepkar met die sleepwa.
Ek weet nie hoe presies werk hierdie aannames nie maar as ek so luister moet jy as jy jou sleepkar vol goed laai, ook so laai dat die gewig versprei is en hulle weeg met jou en die passasiers. (Di vet oom sal moet minder eet. )

Ek wens iemand wat presies weet wil dit in eenvoudige afrikaans verduidelik.


Maat van my werk by die weegbrug tussen Witbank en Middelburg. Sy terugvoer is as volg.

Jy trek op die skaal dan. Sleutel die amptenaar die voertuig se besonderhede in.

GCM, GVM, Front axle load, Rear Axle load asook die karavaan se GVM

Die skaal het die vermo om aal die aste se gewig appart te meet soos wat jy op die skaal staan.

Oorskry jy voorste as.......... Boete no 1.
Oorskry jy jou voertuig se agter as......... Boete no 2.
Oorskry jy die karavaan se as........ Boete no 3.
As die fisiese gewig van die karavaan op daai stadium die sleep vermo van jou voertuig oorskry........... Boete no 4.

Die boete is 'n gegewe want jy het reeds die wet oortree soos wat jy gery het tot by die weegbrug. Nou moet jy die voertuie in die parkeer area gaan stop en die oorlading regmaak alvorens jy toegelaat word om verder te ry.

Somtyds is dit moontlik veral in 'n geval waar die sleep voertuig 'n bakkie is dat jy die ekstra oorgewig van die karavaan agter op die bakkie kan laai dan is die karavaan ligter en jy oorskry nog nie die bakkie se as massa las grens nie.

Dan kan jy weer verder ry.

NB! ! ! ! !

As die Tara van die "Tuner" 25kg meer is as die GVM van die Exclusive. Dan is jy net op papier reg met die sleep gewigte. Ek is bereid om my kop op 'n blok te sit as jy daai Exclusive fisies gaan meet gaan dit die Tara oorskry en dit s ek as gevolg van Jurgens se geknouery met die korrekte karavaan gewigte.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2016 @ 13:20:07 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Johan (Oom Koos), tot tyd en wyl hulle gaan begin om woonwaens af te trek, gaan ek nie die een wees wat slapende honde wakker maak nie. Almal het maar hulle suspisie oor hoe die vervaardigers hulle gewigte bepaal het. Ek self ry met 'n bykans leë wa en koop selfs kruideniersware by die bestemming. Die bagasie en enigiets wat swaar mag wees, lê in die Fortuner se kattebak. Daardie onnodige twee agtersitplekke word uitgehaal want dit weeg vrek swaar en stel baie ruimte beskikbaar.

Die weegbrugpersoneel keer vragmotors af en taxis asook bakkies wat hierdie waentjies gehaak het wat so 3 verdiepings hoog gelaai is. Daardie waentjies het meestal nie inloopremme nie en mag nie 750 kg of 50% van die sleepvoertuig se tarra oorskry nie.

Indien genoeg manne by 'n weegbrug gaan weeg en bevestig dat die vervaardigers nie die volle waarheid oor gewigte verkondig het nie, gaan hulle begin om woonwaens af te trek. Daar is nie 'n manier dat ek dan gewigte gaan verander en 'n swaarder sleepvoertuig aanskaf nie. Die blote frustrasie om by elke weegbrug tussen al die vragmotors te wag, sal veroorsaak dat ek die wa verkoop. Ek sal dalk vir my eie gemoedsrus by 'n privaat toetsstasie gaan weeg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2016 @ 16:32:30 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4452
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
So n ou moet jou huiswerk doen anders kan jy moelikheid optel
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2016 @ 22:45:41 pm
Otto
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 21 Dec 2016
Baie dankie aan almal se insette. Ek waardeer dit.

Ek het volgens my spesifikasies n 1775 Tara op die Hilux, en ek het volgens my hak se spesifikasies 90kg en 2000kg. My Hilux se handleiding spesifiseer 2000kg maksimum sleep gewig (Alhoewel ek aanvanklik verstaan het my limitasie in SA is 1775). My probleem is egter die GVM met die Exclusive. Dit is al wat my wetlik verhoed.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Dec 2016 @ 18:32:02 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

@Leon.

Oorskry jy voorste as.......... Boete no 1.
Oorskry jy jou voertuig se agter as......... Boete no 2.
Oorskry jy die karavaan se as........ Boete no 3.
As die fisiese gewig van die karavaan op daai stadium die sleep vermoê van jou voertuig oorskry........... Boete no 4.

Baie dankie vir 'n goeie uiteensetting v d boetes.

Kan jy dalk boete 3 bevestig dat dit slegs is as jy die karavaan se as gewig oorskry en nie die GVM nie. Die as het mos 'n groter waarde as die GVM v d karavaan.

Verder sal dit goed wees om te weet op watter boetes (1-4) word die 5% en 10% toleransie toegelaat voor die boete in werking tree. Dit kan gemoedsrus verseker.

Dan is daar seker nog die boetes waar die bande se dravermoë oorskry word wat meestal op die karavaan kan wees en nie die motor nie.

Jammer vir die kaap v d plasing.

Groete.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec 2016 @ 12:24:21 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7617
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Kry n Ford.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec 2016 @ 12:25:31 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7617
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Welkom op die forum.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec 2016 @ 16:17:54 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
100 kg klink maar skraal vir enige D/C
Flip&Tilla is voltydse kampers wat met die 2.5 D-4D sleep en is baie gelukkig met die voertuig.
Kry die voetuie baie op die pad wat sleep en almal sleep met glimlag.
100 kg is net te min om te glo.
Miskien net die krywa sleep?

Edge die 100kg is die gewig op die bal en die sleepstang wat ek na gekyk het vir Toyota DC was gemerk 2000kg om te sleep.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec 2016 @ 16:41:51 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years


Edge die 100kg is die gewig op die bal en die sleepstang wat ek na gekyk het vir Toyota DC was gemerk 2000kg om te sleep.
dit was n tikfout omdat my tablet nie reg die 5 getik het in 1500kg

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec 2016 @ 16:46:41 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

dit was n tikfout omdat my tablet nie reg die 5 getik het in 1500kg

 


Geen probleem Brommer. Ek moet se sorry ek het dit gemis waar jy dit vroeer reggestel het.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required